......
“In sekere opsigte sal daar met ’n skerper oog gekyk word dat daar by die regulasies gehou word. Daar sal byvoorbeeld tussen agtuur saans en vyfuur soggens ’n aandklokreël geld.”
......
Diegene wat gehoop het hulle gaan baie groter vryheid geniet wanneer vlak 5 van die grendelstaat Vrydag tot vlak 4 verlaag word, kan ’n onaangename verrassing te wagte wees.
Behalwe klein toegewings soos oefening onder streng voorwaardes en ’n dampie vir die rokers wie se sigarette op is, sal daar voorlopig nie veel toegewings vir Jan Publiek wees nie. Die grootse pluspunt is dat die land se ekonomie weer stadig maar seker aan die gang kan kom, maar ook dit is drupsgewys en sal in fases geskied.
In sekere opsigte sal daar met ’n skerper oog gekyk word dat daar by die regulasies gehou word. Daar sal byvoorbeeld tussen agtuur saans en vyfuur soggens ’n aandklokreël geld. Die aandklokreël word as bykomende maatreël ingestel sodat mense nie na werk draaie loop nie, het die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, die naweek gesê.
......
“Die dra van ’n gesigmasker sal ook van Vrydag af verpligtend wees. Die verkoop van sigarette sal weer toegelaat word. Die verkoop van alkohol sal steeds onwettig wees.”
......
Vir diegene ouer as 60 lyk die prentjie vorentoe nog donkerder as vir die jonger geslag. Die ouer geslag moet hulle gereedmaak vir ’n hele paar maande agter slot en grendel as dinge nie drasties verbeter nie.
Die nuwe maatreëls wat verlede Donderdag deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is, is omvangryk en steeds van die strengste in die wêreld. Die President sê ouer persone en diegene met onderliggende siektetoestande moet sover moontlik tuis bly en bykomende voorsorgmaatreël tref om hulself te isoleer.
#COVID19 | DOWNLOAD: Schedule of Services to be phased in as per the COVID-19 Risk-adjusted Strategy: https://t.co/F2iwMXUJCd #CoronaVirusSA pic.twitter.com/qtQMCiyCXc
— Presidency | South Africa 🇿🇦 (@PresidencyZA) April 25, 2020
Suid-Afrikaners moes voor 12-uur Maandag hulle kommentaar indien op die regering se risiko-aangepaste strategie vir die COVID-19-inperkingstyd.
Ingevolge die strategie sal sekere ekonomiese sektore toegelaat word om hulle bedrywighede te hervat. Dit sal egter aan streng maatreëls onderworpe wees. Suid-Afrikaners wat nie noodsaaklike werk doen nie, sal steeds by die huis moet bly behalwe as hulle kos of ander noodsaaklike middels soos medisyne moet gaan koop.
#COVID19 | Risk Adjusted Strategy #CoronaVirusSA https://t.co/d5eHZGn8FU
— Presidency | South Africa 🇿🇦 (@PresidencyZA) April 25, 2020
Die dra van ’n gesigmasker sal ook van Vrydag af verpligtend wees. Die verkoop van sigarette sal weer toegelaat word. Die verkoop van alkohol sal steeds onwettig wees. Eers van vlak 3 af kan alkohol volgens die konsepregulasie verkoop word, en dan slegs tussen agtuur soggens en twaalfuur die middag van Maandae tot Woensdae.
’n Virtuele mediakonferensie deur die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, en die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, wat Maandag sou plaasgevind het, is uitgestel tot later die week. Die ministers sou terugvoering gee oor hul planne vir onderrig wat weens die inperking ontwrig word.
Volgens ’n verklaring is die vergadering uitgestel in afwagting op besluite wat later vandeesweek deur die nasionale taakspan geneem sal word. Die nuwe datum en tyd is Donderdag 30 April om 10h00.
Minister @DrBladeNzimande and Minister of @DBE_SA Angie Motshekga will brief media on Thursday, 30 April 2020 at 10h00 on work done in their respective portfolio in relation to #Covid19SA #StayAtHomeSA #LockdownSA pic.twitter.com/OnBcqNA7TO
— HigherEduTrainingZA (@HigherEduGovZA) April 29, 2020
Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) het die regering intussen gevra om seker te maak Suid-Afrikaners word deur die onderskeie wetstoepassingseenhede met respek behandel.
......
“Ingevolge die strategie sal sekere ekonomiese sektore toegelaat word om hulle bedrywighede te hervat. Dit sal egter aan streng maatreëls onderworpe wees. Suid-Afrikaners wat nie noodsaaklike werk doen nie, sal steeds by die huis moet bly behalwe as hulle kos of ander noodsaaklike middels soos medisyne moet gaan koop.”
......
Die RGN het ’n opname onder 19 000 Suid-Afrikaners gedoen om te bepaal hoe hulle deur die pandemie geraak word. Die studieleier, Priscilla Reddy, sê hoewel 74 persent van die respondente nog nie enige interaksie met wetstoepassers gehad het nie, het 14 persent van dié wat wel met hulle in aanraking was, gesê dat hulle op ’n onbeskofte manier behandel is.
’n Opname deur Victory Research wat in die Sondagkoerante Rapport en City Press gepubliseer is, toon dat steun vir die verlenging van die inperking ná 30 April dramaties gedaal het. Veral swart Suid-Afrikaners meen die inperking rig meer skade aan as goed. Ses uit tien swart Suid-Afrikaners sê hulle het nie genoeg geld om langer as drie weke se inperking te oorleef nie.
Volgens die opname geniet Ramaphosa ten spyte daarvan steeds oorweldigende steun van wit sowel as swart Suid-Afrikaners vir die wyse waarop hy die krisis bestuur. Hy geniet selfs groter steun onder die land se minderheidsgroepe as onder swart Suid-Afrikaners. Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, geniet ook die vertroue van die meeste Suid-Afrikaners oor sy hantering van die krisis.
Lees ook
Buro: MvH