O, Amsterdam

  • 0

O, Amsterdam

van ’n tienersomer-romanse
na ’n hongerlustige backpackers-vry
so gaslight jy, O, Amsterdam, vir my

Nege jaar later, keer ek terug na jou
soekend na die opsitkers wat nog brand
die kortstondige vlam van andersheid
’n reis deur die bekende onbekende kA’lant

ek Vondel deur jou park
ek Rijk deur jou museums
ek Amstel deur jou dam
jou geskiedkundige veranderinge deur eeue,
verander iets binne my

O, Amsterdam
vroegoggend wandel ons hand aan hand langs jou gracht
jy duik my plat langs jou kuns
ek smul aan die stroop van jou vingers
aan jou historiese lippe hang ek, proe ek, smag ek
na daardie kalwerliefdeflikkering

Stadig,
met tyd,
wys jou krake
verflou jou grappe.
Soos ’n geliefde wat begin stink
stu jou sweet van die sypaadjies op

Red flags fladder in ’n bries wat tyding bring,
dan wapper in ’n onstuimige storm wat verlang
na die O, Kaap van my,
O, Kaapstad
Jóu, Hollandse boetie in die tronk
Mý, boy next door
tog so bekend, tog so aweh

Ai, Amsterdam
jou hartklop, jou glinster so aanloklik
maar die wonder woed deur my siel,
is dit nou die een vir my

Ek vergelyk jou met vorige soutpilare
en weet,
stelselmatig sal ek jou verwyt
   Vir jou son wat nie skyn oor kersfees
   Vir jou etenstafel wat nie bult onder ZA-geregte
   Vir jou tuinlose agterplaas
Dis nie jy nie, Amsterdam, dit is die Kaap, hy dein hier binne my

My bagasie is te klein om alles wat jy my gegee het in te pak
Ek pak jou lig, ek pak jou mooi, ek pak jou goed,
Maar groet, O, Amsterdam, sal ek moet
Voor jou laaste bietjie sjarme …

Tot in de pruimentijd

Letterkundetoer Julie 2023, te Nederland

 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

A post shared by Alma Rossouw ???????? (@almarossouw)

 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

A post shared by Alma Rossouw ???????? (@almarossouw)

Lees ook:

Die Eybers-dag – Letterkundetoer 2023

’n Menger-maler-mixer in Nederland

Kontrasterend

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top