Toyota US Woordfees 2020 het die grootste Nederlandse aanbod nóg by die Woordfees, met die grootste verskeidenheid van genres ‒ van populêre tot ernstige letterkunde, fiksie tot niefiksie tot poësie!
Hier onder is items op volgende jaar se US Woordfeesprogram op Stellenbosch (6–15 Maart 2020) met ’n Nederlandse en Vlaamse komponent.
- Hier is die volledige program van US Woordfees 2020 in PDF-formaat.
SKRYWERSFEES
BOOSHEID IN ’N VROU SE HAND
MISDAADFIKSIE
Lize Spit, Anel Heydenrych en René van Zyl gesels met Jono Amid
Aangebied deur Penguin Random House en Wenkbrou; moontlik gemaak deur SASNEV
Hoe kyk ’n vrou na boosheid? Jono Amid soek antwoorde by die jong Belg Lize Spit, wat op 27 haar wegholtreffer, Het smelt, gepubliseer het wat die yskoue wraaktog beskryf van ’n jong vrou wat 13 jaar ná ’n traumatiese insident met skoolboelies na haar tuisdorp terugkeer. Saam met haar gesels Anel Heydenrych oor Die afloerder, haar nuwe sielkundige riller ná Malhuis, en pastoriemoeder René van Zyl oor Die Alfa-dokument, waar onnoemlikhede in die naam van godsdiens gepleeg word.
6 MAART 15:30
60 min | Boektent
R65 | R85 by die deur
Regs: Lize Spit (Foto: Whyilovethisbook [CC BY 3.0], via Wikimedia Commons)
CONNY BRAAM: WITBOOI, MY OUERS EN EK
GESKIEDENIS
Aangebied deur Protea Boekhuis; moontlik gemaak deur SASNEV
In Ek is Hendrik Witbooi maak die Nederlandse Conny Braam gebruik van die uitgebreide korrespondensie van die Nama-vryheidsvegter Hendrik Witbooi om te probeer vasstel hoekom ’n 80-jarige in die Kalahari steeds die wapen sou opneem teen ’n koloniale onderdrukker. Sy vertel van haar soeke na antwoorde, maar ook hoe haar ouers op die Tweede Wêreldoorlog gereageer het, en haar eie betrokkenheid by Operasie Vula in Nederland. Daarna gee sy ’n steelkyk in die navorsing van haar opvolgboek oor Witbooi en hoe sy nasate tydens die Tweede Wêreldoorlog gevange geneem en Auschwitz toe gestuur is.
9 MAART 11:30
60 min | Upstage@Drostdy Teater
R65 | R85 by die deur
DOMESTIC NOIR: BEHIND CLOSED DOORS
MISDAADFIKSIE
Deborah Steinmair, Lize Spit en Mira Feticu gesels met Christy Weyer-Loedolff
Aangebied deur LAPA; moontlik gemaak deur SASNEV
Een Afrikaanse, een Vlaamse en een Nederlandse skrywer vertel hoe die al hoe gewilder “domestic noir”-genre (of verhoudingsrillers) vir húlle met die tydsgees praat. In As jy van moord droom skryf Deborah Steinmair oor ’n middeljarige vrou, wie se dogter op ses gesteel is maar op 26 weer voor haar staan – oorgewig, vlotter in Chinees as Afrikaans, verslaaf, woedend, en hulle moet opnuut ’n woordeskat vind. Lize Spit se Het smelt, geskryf op 27, is ’n wraakroman oor ’n jong vrou wat 13 jaar ná ’n verkragting deur skoolboelies terugkeer na haar tuisdorp, terwyl die Roemeens-gebore Mira Feticu in Al mijn vaders skryf oor ’n akademikusvrou en haar man, wat die hoofverdagte is wanneer sy verdwyn. Christy Weyer-Loedolff, die vrou agter die nuwe Ceres krimifees, vra hulle uit.
9 MAART 14:00
60 min | Drostdy Teater
R65 | R85 by die deur
Regs: Mira Feticu
VEELTALIG SPEEL MET VERSE
POËSIE
Daniel Hugo, Benno Barnard en Annette Snyckers gesels met Andries Visagie
Aangebied deur Naledi en Modjaji; moontlik gemaak deur SASNEV
Tussen Daniel Hugo, Benno Barnard en Annette Snyckers glip gedigte moeiteloos deur Afrikaans, Nederlands, Engels en Duits. Vir sy vertaling van Benno se Die trouservies speel Daniel met Benno se Nederlandse tong-in-diekies aanslag en sin vir ironie in Afrikaans, terwyl Annette in haar debuutbundel, Remnants, Restante, Reste, weer self vertaler is tussen die Afrikaans van haar kleintyd, Suid-Afrikaanse Engels van haar tuiste en Duits van haar skoonma. Dikwels verskyn een gedig in al drie taalvariasies. Andries Visagie stel die vrae.
10 MAART 14:00
60 min | Adam Small Seminaarkamer
R65 | R85 by die deur
EK IS HENDRIK WITBOOI
GESKIEDENIS
Met: Conny Braam en Simon “Hemelbesem” Witbooi, in gesprek met Annemarié van Niekerk
Aangebied deur Protea Boekhuis; moontlik gemaak deur SASNEV
In 1884 trek Hendrik Witbooi en sy Namavolk noorde toe om weg te kom van die droë Kalahari-woestyn. Terselfdertyd stap die keiserlike afgevaardigde dr. Göring aan wal in die nuwe Duitse kolonie Suidwes-Afrika (vandag Namibië). In 2016 eis Namibië dat Duitsland die uitwissing van tienduisende Namas en Herero’s erken. Hoe behoort ons Witbooi te onthou? As vryheidsvegter of wrede krygsheer? Annemarié van Niekerk gesels met die Nederlandse Conny Braam, skrywer van Ek is Hendrik Witbooi, en ’n agterkleinseun van Hendrik: die Afrikaanse rapper Simon “Hemelbesem” Witbooi.
11 MAART 15:30
60 min | Boektent
R65 | R85 by die deur
SKRYWERS-LANGTAFEL
Met: Kabous Meiring en Loftus Marais as aanbieders
Kan ’n mens deur boeke met mekaar praat? Mekaar só beter leer ken; beter leer verstaan? Twaalf skrywers sit saam met gaste by ’n langtafel aan en gesels oor taal-, kultuur- en landsgrense heen. Met Anoeschka von Meck, die Nederlander Benno Barnard, Carina Stander, die Skot Damian Barr, Jolyn Phillips, China Mouton, Olivia M. Coetzee, die New Yorker Suketu Mehta, Fred Khumalo, Bibi Slippers, Marita van der Vyver en Fatima Dike.
Benno Barnard (Foto: Stramaturino [CC BY-SA 3.0], via Wikimedia Commons)
11 MAART 18:30 vir 19:00
150 min | De Volkskombuis Restaurant
R450 - R650
MY MOEDER SE MOEDER SE MOEDERTAAL
LETTERKUNDE
Met: Annemarié van Niekerk en Pieta van Beek
Moontlik gemaak deur SASNEV
My Mother’s Mother’s Mother is die grootste boek nóg oor Afrikaanse vroueliteratuur. Dit strek vanaf 17de-eeuse Nederlandse tekste geskryf op Suid-Afrikaanse bodem tot en met hedendaagse Afrikaanse letterkunde. Dié magistrale werk van byna 1 000 bladsye, wat in Amsterdam in ’n stampvol saal bekend gestel is, maak nou in Suid-Afrika sy buiging. Anastasia de Vries gesels met skrywers Annemarié van Niekerk en Pieta van Beek, waarna verskeie skrywers voorlees.
12 MAART 12:30
60 min | Drostdy Teater
R65 | R85 by die deur
Regs: Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk
TO LOSE EVERYTHING: THREE INTERNATIONAL AUTHORS
IN DIE NUUS
Azille Coetzee gesels met Christy Lefteri, Suketu Mehta en Mira Feticu
Aangebied deur Jonathan Ball Publishers and Picador; moontlik gemaak deur SASNEV
Die meeste van ons het geen idee hoe dit voel om “alles” te verloor nie – jou land, jou familie, selfs jou taal. Christy Lefteri, die kind van Griekse vlugtelinge, het vir haar navorsing vir The Beekeeper of Aleppo tyd deurgebring in ’n Siriese vlugtelingkamp in Athene. Mira Feticu (Al mijn vaders) het haar familie agtergelaat toe sy van Roemenië Nederland toe getrek het, terwyl Suketu Mehta in 2015 vir die Pulitzerprys benoem is vir Maximum City, Bombay Lost and Found, sy verslag van sy kindertyd in Moembaai. Sy nuwe publikasie, This Land Is Our Land, dokumenteer immigrante se ervaring in Trump se vyandiggesinde Amerika. Azille Coetzee (In my vel) lei die gesprek.
12 MAART 15:30
60 min | Boektent
R65 | R85 by die deur
FRED DE VRIES: BLUES VIR DIE WIT MAN
NIEFIKSIE
Met: Andries Bezuidenhout
Tussen die blues van Amerika se Diep Suide en die traanrook van #FeesMustFall probeer die Nederlandse Fred de Vries deur middel van musiek verstaan wat dit beteken om wit te wees in ’n plek waar die verlede sinoniem is met vernedering vir soveel van jou landgenote. Andries Bezuidenhout gesels met hom oor sy Blues vir de witte man ná ’n paar kort uittreksels uit ’n dokumentêr oor omstrede Mississippilandmerke. (Hierdie dokkie, Monumental Crossroads, word twee keer gratis op die Woordfees Filmfees vertoon.)
12 MAART 15:30
60 min | Upstage@Drostdy Teater
R65 | R85 by die deur
Fred de Vries
LEEFSTYL: KUNSERVARING
ARGITEKTUUR: VLAANDERE VERSUS SUID-AFRIKA
Argitektuur in dié twee lande het dieselfde uitdagings, insluitend vernuwing, gehalte, duursaamheid, respek in verbondenheid en aandag aan die genius loci. Die Suid-Afrikaanse argitek dr. Rudolf Perold praat oor informele vermoëns, sy doktoraatsondersoek aan die Universiteite van Hasselt en Stellenbosch as ’n verkenning van gegronde argitektuur in ’n oorgang na volhoubare verstedeliking in Kaapstad en omgewing. Die Vlaamse argitek Jan Keymis, met ’n meestersgraad aan die Mandela Universiteit in Port Elizabeth, verduidelik die verskille tussen, asook die vooren nadele van onder- en bogrondse boukuns. Emeritus-prof. argitek Dolf Wieërs sluit af met ’n praatjie oor die rykdom van Afrikaanse en Nederlandse volkswysheid in gesegdes en idiome wat verband hou met bouwe en wone.
12 MAART 15:30 105 min (3 sessies van 35 min)
Adam Small Seminaarkamer | Gratis
SKRYWERSFEES
DIGTERSPARADYS: VERSE WAT GROOT MANS LAAT HUIL
POËSIE EN MUSIEK
Met: Loftus Marais as aanbieder, en musiek deur Frazer Barry
Aangebied deur Naledi, Queillerie en Human & Rousseau; moontlik gemaak deur SASNEV
Mark Haddon, skrywer van The Curious Incident Of the Dog In the Night-Time, het van Derek Walcott se “Sonnet XLIII” gesê: “... what moves me most profoundly is a feeling that language has somehow taken me beyond the boundary of language.” Kom luister na mans wat verse lees wat hul harte laat saamtrek, met Tribal Echo se Frazer Barry se weemoedige musiekbydrae. Met Kleinboer, Hennie Nortjé, Benno Barnard, Christo van der Westhuizen, Pieter Hugo, Nathan Trantraal, Tom Dreyer as wenner van die I wish I’d said-poësiewedstryd se Afrikaanse afdeling, Pieter Odendaal, Fanie Olivier en Loftus self.
14 MAART 17:00
90 min | Boektent
R65 | R85 by die deur
ENA JANSEN: SOOS FAMILIE/LIKE FAMILY
LETTERKUNDE EN UITSTALLING**
Met: Ingrid Winterbach, Myrtle Witbooi en Clementine Mosimane (Poppie Nongena)
Beleef Ena Jansen se Soos familie/ Like Family (wat onlangs in Nederlands en Engels verskyn het), haar baanbrekersboek oor die rol van huiswerkers in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en letterkunde, in woord én beeld. Op 10 Maart gesels Ena met Ingrid Winterbach, Clementine Mosimane, wat Poppie speel in die film Poppie Nongena, en Myrtle Witbooi, algemene sekretaris van SA se grootste vakbond vir huiswerkers, SADSAWU. Vóór of ná die gesprek kan gaste hulle verkyk aan ’n unieke kunsversameling, byeengebring deur die Rupert Museum se direkteur, Robyn-Leigh Cedras, en Eliz-Marie Schoonbee, met baie – en meer – van die oorspronklike werke wat in die boek gewys word, soos dié van Zanele Muholi, Marlene Dumas en David Goldblatt. Daar is ook twee rondleidings met die kurators en Ena.
10 Maart 10:30 Gesprek | 60 min | Rupert Museum | R65 | R85 by die deur
6–15 MAART Tentoonstelling
11, 13 MAART 11:00 en 13:00 Rondleidings met kurators en Ena Jansen.
Bespreek by 021 888 3344.
Ena Jansen (regs) (Foto: Menán van Heerden)
VISUELE KUNS
**SOOS FAMILIE / LIKE FAMILY
Robyn-Leigh Cedras en Eliz-Marie Schoonbee (kurators: uitstalling en boekgesprek)
Van Irma Stern tot Marlene Dumas, David Goldblatt tot Zanele Muholi – die huiswerker is ’n belangrike figuur en tema in kuns én letterkunde. Ena Jansen se Soos familie/Like Family (wat onlangs in Nederlands en Engels verskyn het) bekyk die rol van dié tussengangers tussen wit en swart in veral die letterkunde, maar die boek bevat ook ’n bylaag afdrukke van bekende kunswerke wat gelei het tot hierdie unieke tentoonstelling. Kom geniet ’n koppie koffie of glasie wyn in die museum se splinternuwe koffiewinkel en bekyk kuns wat landwyd bymekaar gemaak is vir Soos famile/Like Family onder kuratorskap van die Rupert Museum se Robyn-Leigh Cedras en Eliz-Marie Schoonbee. Kom luister ook na die openingsgesprek tussen Ena, skrywer Ingrid Winterbach, Myrtle Witbooi van die huiswerkersvakbond (SASAWU), en Clementine Mosimane, wat die naamrol vertolk in die film Poppie Nongena.
6–15 MAART Tentoonstelling
10 Maart 10:30 Gesprek | 60 min | Gratis
11, 13 MAART 11:00 en 13:00 Rondleidings met Eliz-Marie Schoonbee en Ena Jansen, besprekings noodsaaklik 021 888 3344
Rupert Museum | Gratis
Lees ook op LitNet en Voertaal:
LitNet Akademies-resensie-essay: Soos familie deur Ena Jansen
My Mother's Mother's Mother: Monument voor de vrouwenstem uit Zuid-Afrika
Resensie: My mother’s mother’s mother deur Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk
Buro: MvH