Tweespraak met Danie Marais #2: "Die idee is dus om ’n ewewigtige, kaleidoskopiese beeld oor die taalgeskiedenis te gee"

  • 0
...
“Die idee is dus om ’n ewewigtige, kaleidoskopiese beeld oor die taalgeskiedenis te gee deur, onder meer, te kyk na die mense en gebeurtenisse wat ’n beduidende invloed op die vorming van Afrikaans gehad het.” ~ Tweespraak met Danie Marais
...
Deel 2

Lees deel 1 hier. | Lees deel 3 hier.

Yves: Aan de Universiteit van Stellenbosch heb je het eerste jaar literaire theorie gevolgd in de M.A.-opleiding Kreatiewe Skryfkuns, onder de begeleiding van Marlene van Niekerk, en je schreef aan een roman “oor ’n fiktiewe alt. country band” met de werktitel Die warm trane. De roman is niet voltooid. De graad zelf heb je niet behaald door persoonlijke omstandigheden. Met S.J. Naudé voerde ik in deze reeks op Voertaal een gesprek over dergelijke schrijfopleidingen voor beloftevolle schrijvers. De meningen over het nut hiervan zijn nogal verdeeld. Moet een universiteit naast de bestaande ‘slypskole’ en ‘skryfskole’, schrijfacademies dus, een academische vorming in creatief schrijven aanbieden? In een panelgesprek aan de Universiteit in Stellenbosch, met Willem Anker, Antjie Krog, S.J. Naudé en Alfred Schaffer, heb je je in de hoedanigheid van moderator over deze kwestie niet expliciet uitgesproken. Hoe bepalend was het mentorschap van Van Niekerk voor de ontwikkeling van het schrijfwerk? Je had in 2011, toen je de studie aanving, al twee bundels uitgegeven. Heeft de creatieve schrijfcursus het schrijven en de compositie van Solank verlange die sweep swaai (2014) in sterke mate mee bepaald? Je bent intussen zelf actief als lector die manuscripten van collega-auteurs begeleidt. Welk is het devies dat je startende literaire auteurs doorgaans meegeeft?

Danie: Kursusse en ’n graad in kreatiewe skryfkunde is nuttig omdat jy leer hoe om met kritiek om te gaan en ook dat skryf in die eerste plek gaan oor lees en herskryf. Dis ’n geweldige bonus om iemand met kundigheid en gesag te hê wat vir jou gereeld, met goed beredeneerde terugvoer, sê ’n stuk werk is eenvoudig nog nie goed genoeg nie.

Maar jy gaan alleen iets uit so ’n graad of kursus kry as jy reeds obsessief oor lees en skryf is.

John Gardner, onder wie Raymond Carver Kreatiewe Skryfkunde studeer het, sê iewers in sy On Becoming a Novelist (1983) dat om ’n boek te probeer te skryf is om te probeer om iets baie moeilik reg te kry, tensy dit al is wat jy wil doen, want in daardie geval sal alles anders nog moeiliker wees.

My raad sou dus wees: Lees, luister, kyk en slurp alles in soos ’n besetene. Soos Raymond Carver dit in sy gedig ‘Kafka’s Watch’ stel: “I have a job with a tiny salary of 80 crowns, and an infinite eight to nine hours of work / I devour the time outside of the office like a wild beast.”

Probeer verstaan hoe die boeke, gedigte, flieks, TV-reekse en liedjies werk wat jou blik verstel en jou laat brand om self te skryf. Gaan soek en verslind soveel moontlik van die werk wat jou skrywers- en kunstenaarshelde beïnvloed het. Dis soos ’n speurtog op die spoor van alle kuns wat noodsaaklik vir jou emosionele en intellektuele oorlewing is.

Probeer van alle leer- en publikasiegeleenthede gebruik maak waartoe jy toegang kan kry: skoolkoerante en studentekoerante, klein tydskrifte, webwerwe, slypskole ens.

Vir my eie skryfwerk was eerste publikasiegeleenthede in die destydse Vlugskrif, Meander Poëzie Magazine en PoësieNet op LitNet van deurslaggewende belang. Dis waar ek die eerste keer reaksie gekry het van buite my kring van familie en vriende. En dis hoe belangrike, stimulerende skrywersvriendskappe ontstaan het.

Een van hierdie skrywervriendskappe is met Alfred Schaffer, wat soms na homself as ‘Die Buiteblik’ binne die landskap van die Afrikaanse letterkunde verwys. Hy is een van die eerste digters met aansien wat my werk begin bevorder het, en daarvoor sal ek hom ewig dankbaar wees. Hy het my ook die groot waarde van daardie buiteblik gewys. Dis noodsaaklik om jou letterkunde ook vanuit ander letterkundes te beskou. Dit wat algemeen aanvaarde kriteria en modes in die literatuurbedryf van jou moedertaal is, word dikwels heel anders in ander letterkundes beskou.

...
“Daar is, byvoorbeeld, vertaalde werk van Tommy Wierenga (Joe Speedboat), Arnon Grunberg (Tirza), Hugo Claus (Die verdriet van België) en gedigte van Herman de Coninck wat hier ’n bitter beperkte leserskap bereik het.” ~ Danie Marais
...

Yves: Jouw belezenheid is indrukwekkend. Zijn er bepaalde Nederlandstalige schrijvers wier werk je hoog schat of waarvan je vindt dat zij in Afrikaans een publiek behoren te hebben? En andersom: wie zijn voor jou de jonge stemmen in Afrikaans die in de Lage Landen ruchtbaarheid moeten krijgen?

In jouw privébibliotheek tref ik onder meer Annelies Verbekes debuut Slaap! (2003) aan (met opdracht van de schrijfster). Zijn er méér auteurs in de Lage Landen die je om een of andere reden volgt?

Danie: My indruk is dat daar buite die taaldepartemente en kultuurbevorderingsinstansies, soos SASNEV en die Van Ewijck-stigting, en die uitruilgeleenthede tussen Suid-Afrika en die Lae Lande wat daardeur ontstaan, min algemene belangstelling oor en weer tussen die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde is. En dit is jammer.

Van uitgewers verneem ek boeke wat uit Nederlands in Afrikaans vertaal word, verkoop nie juis nie. Daar is, byvoorbeeld, vertaalde werk van Tommy Wieringa (Joe Speedboot, vert. Zandra Bezuidenhout, 2012), Arnon Grunberg (Tirza; vert. Lina Spies, 2015), Hugo Claus (Die verdriet van België; vert. Daniel Hugo, 2020) en gedigte van Herman de Coninck wat hier ’n bitter beperkte leserskap bereik het.

’n Skrywer wat plaaslik ’n meer beduidende aanhang het, is Tom Lanoye. ’n Hele aantal van sy romans, sowel as verskeie van sy toneelstukke, is in Afrikaans vertaal, en sy Mamma Medea (2001), Koningin Lear (2015) en Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston (2017) is hier opgevoer en met dawerende applous van kritici begroet. Die feit dat Lanoye ’n huis in Kaapstad en daarmee saam ’n groter teenwoordigheid in Suid-Afrika het, en ook self baie in die plaaslike letterkunde belangstel, sowel as sy vriendskap met Antjie Krog, speel sekerlik ’n rol. Antjie het ook Mamma Medea en Koningin Lear in Afrikaans vertaal.

Tom Lanoye en Alfred Schaffer (Foto's: Izak de Vries)

’n Keur uit Alfred Schaffer se vroeë poësie is in Afrikaans vertaal en gebundel in die bloemlesing Kom in, dit vries daar buite (2013). Ook sy fantastiese, veelbekroonde digbundel Mens Dier Ding is in Afrikaans beskikbaar. In akademiese kringe hier word sy werk deeglik bespreek en binne die literêre sisteem weet mense watter belangrike tussenganger hy tussen die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde as vertaler en kundige is, maar ek wens meer poësieliefhebbers wil hom hier ontdek. Dit sou wonderlik wees as sy jongste bundel, wie was ik. strafregels, ook in Afrikaans vertaal kon word. Sy werk is nie maklik nie, maar ek dink dit sal vir digters hier waardevol en inspirerend wees om te sien wat hy alles binne die digkuns doen. In ons poësie is daar niemand wat soos hy skryf nie.

...
“Jonger Afrikaanse skrywers wat ek graag onder Nederlandse lesers se aandag sal wil bring, is: Ashwin Arendse, Lynthia Julius, Loftus Marais, Churchil Naudé, Pieter Odendaal, Ryan Pedro, Jolyn Phillips, Bibi Slippers en Nathan Trantraal.” ~ Danie Marais
...

Van mense soos jy, Yves, Alfred Schaffer en Ingrid Glorie, die voormalige organiseerder van die Festival voor het Afrikaans, asook die Week van de Afrikaanse roman, verstaan ek die belangstelling in Afrikaanse letterkunde in die Lae Lande is ook beperk tot ’n relatief klein groepie ingewydes – met die uitsondering van Antjie Krog, Breyten, Deon Meyer en Marlene van Niekerk. Ingrid sê wel ook dat diegene wat die Afrikaanse letterkunde wel ontdek, veel uit hierdie boeke put omdat dit “oor iets gaan” – met ander woorde, draai om ’n veel onstuimiger, wilder en gevaarliker wêreld as dié in Nederland of België. In Suid-Afrika kry jy ’n akute vorm van byna al die planeet se grootste sosio-politieke uitdagings.

Uit gesprekke gedurende ’n besoek aan die Lae Lande gedurende Julie en Augustus vanjaar was ek bly om vas te stel dat Ronelda Kamfer se werk, in vertalings van Alfred Schaffer, besig is om opgang te maak in Nederland en België.

Ander jonger Afrikaanse skrywers wat ek graag onder Nederlandse lesers se aandag sal wil bring, is: Ashwin Arendse, Lynthia Julius, Loftus Marais, Churchil Naudé, Pieter Odendaal, Ryan Pedro, Jolyn Phillips, Bibi Slippers en Nathan Trantraal.

Nederlandse digters wat my geroer en beïndruk het, is digters wat ek via of Poetry International of besoeke aan Suid-Afrika ontmoet het: Mustafa Stitou, Rogi Wieg (ek was baie jammer om te hoor dat hy sy swaar stryd teen depressie verloor het), K. Michel, Anneke Brassinga en Kreek Daey Ouwens.

Ek en Ouwens het ontmoet, beide baie senuweeagtig, toe ons moes voorlees in Rotterdam by Poetry International in 2007. Sy het in 2014 ’n bundel Blauwe hemel gepubliseer waarin sy ’n ‘meneer Danie’ as karakter gebruik het. Sy het in ’n kosbare brief aan my geskryf dat ek daardie benoude aand vir haar soos ’n jonger broer gevoel het en haar senuwees laat kalmeer het. Dit was vir my so hartverwarmend om hierdie bundel van haar te ontvang met ’n ‘meneer Danie’ op soek na liefde en ’n lewe.

Yves: Over de historische taalverwantschap tussen Afrikaans en Nederlands en het a-priori, waarover een redelijke consensus bestaat, dat Afrikaans een hybride en gecreoliseerde taal is met intercontinentaal linguïstische invloedsferen (Europa, Afrika, Azië) bereid je momenteel een documentaire voor. Aanleiding is dat in mei 2025 Afrikaans een eeuw het ambtelijk statuut bezit.  Taaldiscussies in Zuid-Afrika zijn altijd politiek geladen en dus gevoelige materie. Niet alleen taalwetenschappers voeren geanimeerde discussies over de herkomst, de geschiedenis en de toekomst van het Afrikaans. Kun je aangeven hoe je de uitdagende onderneming aanpakt, met aandacht voor uiteenlopende standpunten, welke jouw opvattingen zijn over die taalverwantschap? Vanwaar het belang om de biografie van een taal te schrijven die vandaag bijzonder dynamisch is, zoals blijkt uit de vele variëteiten, en daarenboven met voldoende kapitaal (media, festivals, universiteit Akademia) wordt ondersteund? Is Kaaps volgens jou een variëteit van het Afrikaans, net zoals Standaardafrikaans, of toch een taal op zichzelf zoals sommige taalkundigen beweren? Of misschien verzamelnaam van meerdere variëteiten die als Afrikaaps worden beschouwd. Kun je akkoord gaan met de stelling dat tussen (variëteiten van) Afrikaans en Nederlands sprake is van een voortschrijdende taalverwijdering. Hoe kijk je naar pogingen om bepaalde variëteiten van Afrikaans, Kaaps met name, te standaardiseren door bijvoorbeeld een woordenboek samen te stellen?

...
“Die 100-jaar-mylpaal is daarom wel ’n gulde geleentheid tot bestekopname en die beligting van kompleksiteite, historiese vergrype, mistastings, verspeelde kanse en nuwe geleenthede wat nodig is vir die uitbou van ’n meer inklusiewe taalgemeenskap. Ons moet die geskakeerde Griekse tragedie van ons taalgeskiedenis vierkantig in die oë kyk om met meer wedersydse begrip vorentoe te kan gaan.” ~ Danie Marais
...

Danie: Die dokumentêre reeks oor die geskiedenis van Afrikaans waaraan ek tans saam met Erns Grundling, Bonanza Films en verskeie ander konsultante werk, noem ons doelbewus Die stories van Afrikaans – meervoud.

In een van die vele onderhoude wat ons reeds gevoer het, sê Hein Willemse: “Ek het ’n vermoede dat die teorieë oor Afrikaans wat ontwikkel is oor die afgelope honderd jaar of meer, dikwels teorieë was wat slegs een soort geskiedenis, een soort prentjie wou skep, in plaas van ’n meervoudigheid van stories, ’n meervoudigheid van vertellings. Daarom is die kreoliseringsidee, byvoorbeeld, baie vroeg al reeds uitgerangeer ten gunste van die sogenaamde ‘spontane ontwikkelingsidee’ – die teorie dat Afrikaans spontaan ontwikkel het uit 17de-eeuse Nederlands”.

In die lig van wat Hein hier sê, is dit vir ons van kardinale belang om die taalgeskiedenis uit verskillende historiese hoeke te belig, veral ook uit daardie perspektiewe wat in die verlede deur die wit establishment misken is, sodat kykers dan self kan besluit watter menings en teorieë hulle oortuigend vind. In kommentare oor taalpolitiek op die internet kry ek dikwels die indruk dat baie mense net met een weergawe van ons taalgeskiedenis vertroud is.

Die herdenking van Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal in 2025 is dus uiteraard omstrede. Die suksesverhaal van Afrikaans se vinnige kodifisering en ontwikkeling tot taal met hoër funksies is onontwarbaar verstrengel met Afrikaner-nasionalisme, die onreg van Apartheid en die vele maniere waarop Afrikaanssprekendes van kleur uitgestoot en van hul moedertaal vervreem is.

Die 100-jaar-mylpaal is daarom wel ’n gulde geleentheid tot bestekopname en die beligting van kompleksiteite, historiese vergrype, mistastings, verspeelde kanse en nuwe geleenthede wat nodig is vir die uitbou van ’n meer inklusiewe taalgemeenskap. Ons moet die geskakeerde Griekse tragedie van ons taalgeskiedenis vierkantig in die oë kyk om met meer wedersydse begrip vorentoe te kan gaan.

Die idee is dus om ’n ewewigtige, kaleidoskopiese beeld oor die taalgeskiedenis te gee deur, onder meer, te kyk na die mense en gebeurtenisse wat ’n beduidende invloed op die vorming van Afrikaans gehad het. Ons lees en konsulteer wyd en deel in die reeks nuwe inligting en navorsing uit die afgelope paar dekades wat nie deel van ouer generasies se skoolkurrikula was nie.

Die kwessie of Kaaps ’n variëteit van Afrikaans of ’n eie taal is, is een van die twispunte wat in die reeks onder die loep geneem word. Ons vra verskeie kenners of hulle meen Kaaps staan nou teenoor Standaard-Afrikaans soos wat Afrikaans in 1925 teenoor Nederlands gestaan het.

Menings hieroor verskil heftig, en daar is twee aspekte wat gewoonlik oorweeg word: enersyds taalkundige aspekte van hoe ver Kaaps en Afrikaans in terme van woordeskat en grammatika verskil, en andersyds taalpolitieke kwessies soos die manier waarop een van die drie historiese variante van Afrikaans, Oosgrens-Afrikaans, ten koste van Gariep-Afrikaans en Kaapse Afrikaanse gebruik is as die basis vir die kodifisering van Afrikaans. Hierdie standardaardisering het ook met grootskaalse vernederlandsing van die taal gepaard gegaan.

...
“Of die taalverwydering tussen Afrikaans en Nederlands groei, is ook ’n moeilike vraag om te beantwoord. Aan die een kant is dit seker onafwendbaar omdat tale gedurig ontwikkel en verander, en Afrikaans en Nederlands is geografies baie ver uit mekaar.” (Danie Marais)
...

Ek het geen finale antwoord oor die kwessie nie, maar die ontploffing van letterkunde in Kaaps gedurende die afgelope twee dekades is ’n groot verryking vir almal wat dit met begrip kan lees.

Daarmee saam is dit ’n feit soos ’n koei dat taalpolitiek en mag altyd ’n beduidende rol in die erkenning van enige taalvariant speel. Die Jiddisje linguïs Max Weinrich se beroemde woorde word met rede nog gereeld aangehaal: “’n Taal is ’n dialek met ’n vloot en weermag”.

Maar nie Afrikaans of Kaaps het ’n vloot of weermag nie, en om ’n taal binne ’n meertalige bestel soos Suid-Afrika te laat gedy, waar die politieke wil ontbreek om moedertaalonderrig in die elf amptelike landstale, benewens Engels, ’n werklikheid te maak, speel beperkte befondsing ’n deurslaggewende rol. In hierdie opsig, soos die hoofredakteur van die WAT (Woordeboek vir die Afrikaanse Taal), Philip Louw, in ’n onlangse paneelgesprek gesê het, is dit van pragmatiese voordeel vir Kaaps om binne die eko-sisteem van Afrikaans te bly. Dit sou egter nie beteken dat skryfwerk en die meer uitgebreide optekening van Kaaps nie verder bevorder kan word nie. Kaaps kan ook binne hierdie eko-sisteem ’n veel groter rol en status binne skoolkurrikula kry.

Of die taalverwydering tussen Afrikaans en Nederlands groei, is ook ’n moeilike vraag om te beantwoord. Aan die een kant is dit seker onafwendbaar omdat tale gedurig ontwikkel en verander, en Afrikaans en Nederlands is geografies baie ver uit mekaar. Dit is ook sekerlik so dat Nederlandse lesers meer sal sukkel om ’n teks in Kaaps as in Afrikaans te volg.

’n Mens kan net hoop dat die kultuurbande wat steeds tussen die Afrikaanse en Nederlandse taalgemeenskappe bestaan, behoue sal bly en dat daar maniere gevind word om dit verder uit te brei.

Wordt vervolgd.

Lees ook:

Huldigingsrede | Alfred Schaffer (Tuin van Digters-feesdigter 2021)

Tweespraak met Danie Marais #1: "As jy Afrikaans grootgeword het, is Nederland en haar letterkunde ’n parallelle universum"

Tweespraak met Danie Marais #3: Ek het ook begrip vir die woede waaruit hierdie standpunt kom

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top