Deel 1
Lees deel 2 hier. | Lees deel 3 hier.
Literair omnivoor, kosmopolitisch denker, wandelend encyclopedie en citatenkunstenaar, vertaler, rock-journalist en festivalorganisator, scenarist van televisieprogramma’s en krantenredacteur van boekenbijlagen. Tal van labels zijn van toepassing op de veelzijdige, welbespraakte en energieke Danie Marais. Naast een opleiding rechten (Stellenbosch) studeerde hij Duits, wiskunde en filosofie (Carl von Ossietzky Universität, Oldenburg). Dit jaar verscheen bij NB Uitgewers, bijna twintig jaar na zijn debuut In die buitenste ruimte (2006), de dichtbundel Ek en jy bestaan nie (2024). Het boek ontving de afgelopen maanden bijzonder gunstige reacties. Danie Marais maakte zijn entree in de Afrikaanse poëzie met een debuutbundel die is bekroond met zowel de Ingrid Jonker-prijs, de UJ-prijs als de Eugène Marais-prijs. In 2009 is Al is die maan ’n misverstand uitgegeven en vijf jaar later Solank verlange die sweep swaai. Een selectie met muziekkritieken is een decennium geleden gebundeld in Pruimtwak en Skaduboksers (2014). Verder heeft hij bloemlezingen samengesteld, zoals met Ronel de Goede Nuwe stemme 4 (2010). Hij werkte als interviewer van het literaire luik van Woordfees in Stellenbosch, waar ook Nederlandse en Vlaamse schrijvers zijn gespreksgenoten waren, en een tijdlang was hij bestuurder van PEN Afrikaans, een organisatie waarvan hij nog steeds deel uitmaakt. Momenteel is Danie Marais aan de slag als freelancer. Hij treedt op als gespreksleider, publiceert geregeld rubrieken over muziek en werkt thans met Erns Grundling aan een televisiedocumentaire over de complexe geschiedenis van Afrikaans, de taal die in 2025 precies honderd jaar een ambtelijk statuut heeft in Zuid-Afrika. De samenstelling van de documentaire is een politiek gevoelige onderneming en vergt intensieve arbeid. De filmcrew was te gast in de Lage Landen voor opnames, onder meer in het Academiegebouw in Gent en het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam.
Het werk van Danie Marais krijgt ook aandacht in de Lage Landen. Vertalingen van gedichten zijn opgenomen in Hotel Parnussus. Poëzie van dichters uit de hele wereld, uitgegeven naar aanleiding van het festival Poetry International in Rotterdam (2007). In juni 2007 stond hij zelf op het podium van Poetry International. Onder meer door zijn veelvuldige contacten met schrijvers in Zuid-Afrika, zoals Alfred Schaffer en journalist Fred de Vries, is hij vertrouwd met de Nederlandstalige literatuur. Hij was presentator van onder meer Tuin van Digters in het Breytenbachsentrum (Wellington), de plek waar ik de schrijver wellicht voor het eerst ontmoette, en fungeerde ook een tijdlang als gespreksleider van het literair programma van Woordfees. Gedurende zeven jaar was Marais coördinator van de filmafdeling van Woordfees.
Voor het interculturele verkeer tussen Afrikaans en Nederlands is de schrijver een bevoorrecht gesprekspartner. De literaire actor bekleedt velerlei functies in het prismatisch transnationaal gesprek: vertaler, dichter, recensent, interviewer, documentairemaker. Een van de eerste stappen als dichter (in 1997) heeft Marais overigens gezet in het Nederlandse poëzietijdschrift Meander.
Yves: Waar komt de specifieke belangstelling voor de Nederlandstalige literatuur vandaan? Wellicht heeft de aandacht met méér te maken dan uitsluitend zoiets vaags als taalverwantschap tussen Afrikaans en Nederlands.
Danie: My belangstelling in Nederlands en Nederlandse letterkunde is eers ernstig in die 90’s geprikkel. Ek het van einde 1993 tot 2002 in Duitsland gewoon – eers in Oldenburg en later in Bremen, beide naby aan die Nederlandse grens. In daardie jare was ek gereeld in Nederland op besoek by familie of vriende in Amsterdam, Leiden, Rotterdam, Groningen en Nijmegen.
Die belangrikste kontak vir my belangstelling in spesifiek die letterkunde was in 1995 toe my neef Jean Jordaan ’n jaar lank aan sy MA aan die Universiteit Leiden gewerk het. Jean het daar bevriend geraak met die toe nog bloedjong digter Alfred Schaffer. Via hierdie vriendskap het Alfred nuuskierig geraak oor Suid-Afrika en het hy ’n uitruilsemester aan die Universiteit van Kaapstad gedoen. Hier het hy verlief geraak op die land en sy aanstaande vrou, Karmen.
In hierdie tyd het ek hard begin probeer om gedigte te skryf. My neef het ’n klein poësiebladjie, Vlugskrif, in Stellenbosch uitgegee. Hierin het van sowel my as Alfred se vroeë gedigte verskyn. Jean het my ook aangemoedig om gedigte vir die Nederlandse aanlyn poësietydskrif Meander in te stuur. Hulle het een keer ’n maand ’n Afrikaanse gedig geplaas, waarvan Alfred die Afrikaanse woordverklarings behartig het.
Ek het dus deur Alfred, met wie ek later goed bevriend geraak het, en die Meander-nuusbrief begin om gereeld Nederlandse poësie te lees en het daarmee saam ook meer intiem met die Nederlandse psige kennis gemaak. Omdat ek vlot leer Duits praat het, kon ek Nederlands makliker lees as voorheen. Duits was vir my dikwels ’n brug na Nederlandse woorde wat nie in Afrikaans gebruik word nie.
As jy Afrikaans grootgeword het, is Nederland en haar letterkunde ’n parallelle universum. Ek het my gedurig afgevra wie ek sou gewees het indien ek in Nederland of Duitsland grootgeword het. Binne Europa het dit vir my sin gemaak om ’n Gen X slacker te wees met ironie as die enigste oortuigende antwoord op ’n luukse maar frustrerende, beklemmende situasie – die gevoel dat die Weste seker nou die meeste gemak en vrede in die geskiedenis geniet, maar tog sukkel jy om betekenis te vind en voel verlam. Dit was of ek vasgekeer is in ’n legkaart wat reeds gebou is.
In Europa gedurende die 90’s het hierdie woorde van Douglas Coupland in sy roman Life After God (1994) my hard getref:
Life was charmed but without politics or religion. It was the life of children of the children of the pioneers – life after God – a life of earthly salvation on the edge of heaven. Perhaps this is the finest thing to which we may aspire, the life of peace, the blurring between dream life and real life – and yet I find myself speaking these words with a sense of doubt. I think there was a trade-off somewhere along the line. I think the price we paid for our golden life was an inability to fully believe in love; instead we gained an irony that scorched everything it touched. And I wonder if this irony is the price we paid for the loss of God.
Dit was vir my tot ’n groot mate waar in Nederland en Duitsland, en dis ’n lewensgevoel wat sterk uitdrukking gevind het in die kontemporêre letterkunde van beide lande in daardie tyd.
Maar in Suid-Afrika was die oorlewingstryd steeds fel en ironie duidelik onvoldoende as verdedigingsmeganisme teen ’n skisofrene wêreld waarin elke individu gevorm word deur en in reaksie tot soveel vrees, dogma en radikale politiek. Dit was ook ’n tyd van hoop, Madiba magic en ingrypende veranderinge. Baie mense het steeds soos pioniers en frontier people gevoel.
...
“Die kennismaking met Nederland en Nederlandse poësie was sowel ’n konfrontasie met myself en die ander selwe wat ek kon wees as ’n besef van die manier waarop taal en letterkunde, soos die ek, deur plek, landskap, politiek en die massapsigose van kultuur gevorm word.” (Danie Marais)
...
Ek het iets van hierdie gewaarwordinge, die gevoel dat my Suid-Afrikaanse herkoms my onherroeplik gekorrupteer het, probeer verwoord in die eerste strofes van my gedig ‘Aan ’n seegroen kombuistafeltjie’ in my debuutbundel In die buitenste ruimte (Tafelberg, 2006):
Dis weer
Jy sê en Ek sê
by ’n seegroen kombuistafeltjie
êrens aan die gatkant van die kosmos.
En ek sê dis Suid-Afrika –
dis net Suid-Afrika wat my nog al die jare
mal en klaar maak.
Ek sê van Suid-Afrika kan ek sê
soos Robert Lowell van ’n maniese episode
– “an attack of pathalogical enthusiasm” –
dat om met sulke verterende skoonheid en hopeloosheid
sulke vurige hoop en angs te gelewe het vir 22 jaar
my gekorrupteer het
en nog steeds alles hier
vir my relativeer tot
’n onnodige boehaai oor ditjies en datjies
***
Antjie Krog se gedig ‘Treinrit van Groningen na Amsterdam’ in haar mees onlangse bundel, Plunder (2022), verwoord kragtig waarvan ek praat.
Hier is die drie laaste strofes:
wat sou ek gewees het as ek hier grootgeword het daar
in daardie eenkanthuis vasgebou teen ’n skuur as dié
my daaglikse uitkykpunt was: natheid en klamheid, kristalkil
lig en mis en veilige sonloosheid my vroegste taal geskep het?
die verhaal van my land versomber met ’n dodelik skittering
by die geluid van mense wat roep uit ’n oond, dáár hoort ek
in hierdie grys stilte sou ek die meedoënloos ironiese
bitch gewees het wat ek (eintlik) is
***
Met ander woorde, die kennismaking met Nederland en Nederlandse poësie was sowel ’n konfrontasie met myself en die ander selwe wat ek kon wees as ’n besef van die manier waarop taal en letterkunde, soos die ek, deur plek, landskap, politiek en die massapsigose van kultuur gevorm word.
Die lirieke van Jacques Brel se ‘Mijn vlakke land’ was vir my bekend voor ek in Oldenburg in die plat Noord-Weste van Duitsland gaan woon het, maar dit was in die winters in daardie ‘Meeresklima’ (seeklimaat) waar die woorde se volle lading my getref het en ek dit die eerste keer verstaan het soos ’n dier koue en reën verstaan:
Wanneer de lage lucht vlak over het water scheert
Wanneer de lage lucht ons nederigheid leert
Wanneer de lage lucht er grijs als leisteen is
Wanneer de lage lucht er vaal als kleileem is
Wanneer de noordewind de vlakte vierendeelt
Wanneer de noordewind er onze adem steelt
Dan kraakt mijn land
Mijn vlakke land
***
“Wie sou jy gedink en geglo het as jy hier grootgeword het in die grootste wit enklave in Afrika en van kleins af die bot geloof in wit meerderwaardigheid, starre godsdiens en paranoia ingejaag is in die bewelmende ban van grootse natuurskoon?” (Danie Marais)
...
Ek het destyds gedink ek verhuis na ’n ander land en kontinent, maar dit het gevoel of ek my in die buitenste ruimte begewe het.
Uit gesprekke met Alfred Schaffer en Fred de Vries, twee skrywers wat al lank in Suid-Afrika woon en werk, lei ek af dat hierdie konfrontasie in die teenoorgestelde rigting ook iets is waardeur Nederlandse skrywers gaan wanneer hulle met Suid-Afrika, die Afrikaanse letterkunde en wit Afrikaanssprekendes gekonfronteer word – daardie verontrustende besef dat jy nie net iemand heel anders kon wees nie, maar waarskynlik sou wees. Vir ’n progressiewe Europeër is dit dikwels ’n ontstellende gedagte. Wie sou jy gedink en geglo het as jy hier grootgeword het in die grootste wit enklave in Afrika en van kleins af die bot geloof in wit meerderwaardigheid, starre godsdiens en paranoia ingejaag is in die bedwelmende ban van grootse natuurskoon?
Yves: Als polyglot lees je in de breedte, zowel fictie als non-fictie, met een uitgesproken voorkeur voor Saul Bellow. Ik liet mij vertellen dat je zelfs een levensmotto ontleent aan een van de romans van de Amerikaanse schrijver. Je verbleef negen jaar in Duitsland (van 1993 tot 2002), eerst als student in Oldenburg, later als au pair en zelfs als leerkracht op een lagere school in Bremen. Die interesse voor Duitse en dus ook Nederlandse literatuur is mogelijk toen ontkiemd. Kun je daar wat meer over vertellen?
Danie: Een van my lewensmotto’s kom inderdaad uit Saul Bellow se roman Herzog (1964): “Live or die but don’t poison everything”. Anne Sexton, ’n digter wat ek intensief gedurende die 90’s in Duitsland gelees het, se Pulitzer-bekroonde digbundel, Live or Die (1967), se titel is ook aan daardie aanhaling ontleen.
Aan die Carl von Ossietzky Universiteit in Oldenburg, ook in die 90’s, was Duits een van my hoofvakke, en dit het beslis ’n beduidende invloed gehad op my eie skryfwerk en die manier waarna ek na poësie kyk.
Ek het destyds, rondom 1998, my mondelinge eindeksamen afgelê oor die poësie en poetikale beskouings van Rolf Dieter Brinkmann – ’n radikale ikonoklas van die Duitse letterkunde van die laat- 60’s tot 1975, toe hy op 35-jarige ouderdom in Londen deur ’n motor doodgery is omdat hy die verkeer uit die ander rigting verwag het.
“As hierdie boek [sy enigste roman, Keiner weiß mehr, 1968] ’n masjiengeweer was, het ek julle almal afgemaai”, was ’n beroemd-berugte uitlating wat hy in November 1968 by ’n samekoms van die Berlynse Akademie van die Kunste gemaak het. Sy uitbarsting was tydens ’n podiumgesprek tussen Harald Hartung en Marcel Reich-Ranicki, wat lank as Duitse ‘Pous van die Letterkunde’ bekend gestaan het.
In die voorwoord tot sy digbundel Piloten (1968) [Vlieëniers], het hy in dieselfde jaar ’n ander graag aangehaalde, radikale uitlating oor die ‘ou digters’ van sy tyd gemaak: “Die dooies bewonder die dooies.”
In Brinkmann het my voortvarende jeugdige self ’n weerbarstige sielsgenoot gevind. Hy was ook baie lief vir rock en popkultuur, en die wrewel wat hy teen die Duitse literêre establishment gehad het, was een wat ek deels oor die Afrikaanse toneel gevoel het.
Brinkmann het ’n saak uitgemaak vir konkrete poësie gestroop van retoriek. Vir hom het dit gegaan oor werk wat ’n fisies voelbare impak maak, en vir my was te veel van die Afrikaanse poësie in daardie stadium te beleefd en te veel oor vormvastheid begaan. Ek het ook ’n hekel aan natuurpoësie gehad wat geskryf is asof dit in ’n apolitiese vakuum geskep is.
Ek kon indentifiseer met dit wat hy oor sy Noord-Duitse kinderdae geskryf het, byvoorbeeld in ‘Sonntagsgedicht’ [Sondaggedig] – sowel binne die beklemming van Duitsland as die outoritêre stelsel en Christelik-Nasionale Onderwys waarmee ek in Suid-Afrika grootgeword het.
Hier is drie strofes daaruit wat my altyd bygebly het:
man sah einen Baum, der Baum war verboten,
man sah einen Zaun, der Zaun war verboten,
man sah eine Tür, die Tür war verboten,
man sah ein Stück Himmel, der Himmel war verboten,
man sah ein Spielzeug, das Spielzeug war verboten,
[…]
man hat mich die Schrecken des normalen Lebens
zu lehren versucht, und die Schrecken ihrer Bildung,
& sie haben selber beschissen & nicht
einmal ihr Tod hat ihnen gehört.
Afrikaanse vertaling:
mens het ’n boom gesien, die boom was verbode,
mens het ’n heining gesien, die heining was verbode,
mens het ’n deur gesien, die deur was verbode,
mens het ’n stuk hemel gesien, die hemel was verbode,
mens het ’n speelding gesien, die speelding was verbode,
[…]
mens het probeer om my die verskrikking van ’n normale lewe
te leer, en die verskrikking van hulle onderwys en opvoeding,
& hulle het hulself bekak & nie
eens hul dood het aan hulle behoort nie.
***
Die ander tema waaroor ek my eindeksamen gedoen het, was die letterkunde van die sogenaamde Neue Sachlichkeit [Nuwe Saaklikheid] van die Weimar-republiek (1918 tot 1933), met ’n spesifieke fokus op Berlyn. Dit het, onder meer, die werk van Bertolt Brecht, Alfred Döblin, Erich Kästner en Irmgard Keun ingesluit.
In hierdie letterkunde was dit weer eens die gestrooptheid en direk konkrete wat my aangespreek het. Ek kon my ook vereenselwig met die geweldig onstuimige oorgangstyd waaruit dit ontstaan het. Die Weimar-tyd met sy kombinasie van nuwe hoop en progressiewe idees in die skaduwee van dreigende fascisme het my baie meer aan die laat 80’s en 90’s in Suid-Afrika herinner as die na-oorlogse Duitse letterkunde.
Die manier waarop Brecht die menslike toestand in polities gelaaide werk vasgevang het – in poësie, drama en sy lirieke vir Kurt Weill, vernaam in die Die Dreigroschenoper (1928) [The Threepenny Opera], het ’n geweldige indruk op my gemaak.
Hans Magnus Enzensberger is ’n na-oorlogse Duitse digter waaroor ek, benewens Brinkmann, erg is. Ek het al enkele van sy satiriese gedigte vertaal en hou steeds baie van daardie asurde idee vervat in sy ‘Gedicht für die Gedichte nicht lesen’ [Gedig vir dié wat nie gedigte lees nie].
In dieselfde tyd het die die Belgiese digter Leonard Nolens my voete onder my uitgeslaan. ’n Vriend het sy klein 1980-bundel, Liefdes verklaringen (1990), vir my geleen, en gedigte soos ‘Kunstgeschiedenis’, ‘Kracht’ en ‘Kind’ was presies die soort toeganklike maar kragtige, bewussynsverruimende poësie wat ek graag wou skryf – verse wat jou dadelik aan die gorrel, hart of derms beetkry; uitgebreide metafore wat groot, onverwagse spronge maak.
Wordt vervolgd.
Lees ook:
Tweespraak met Danie Marais #3: Ek het ook begrip vir die woede waaruit hierdie standpunt kom
Huldigingsrede | Alfred Schaffer (Tuin van Digters-feesdigter 2021)
Tweespraak: Alwyn Roux en Yves T’Sjoen neem bestek van werksaamhede in 2024 en kyk vorentoe na 2025