Deel 1
Lees deel 2 hier.
Met de bijzondere roman Kamphoer (2014), het tragische levensverhaal van Susan Nell, heeft Francois Smith zijn literair debuut gemaakt. Het boek is in Zuid-Afrika bewerkt voor toneel en ook verfilmd. Riet de Jong Goossens vertaalde de roman in het Nederlands (Een schuldig leven. Verkracht in de Boerenoorlog, Athenaeum-Polak & Van Gennep, 2015) en Naòmi Morgan in het Frans (Fille à soldats, Actes Sud, 2021). Na de uitgave van Die kleinste ramp denkbaar (2020), waarvoor aandacht was in Nederland (https://www.zuidafrikahuis.nl/product/die-kleinste-ramp-denkbaar-van-francois-smith/), publiceerde de auteur de korte road novel Die getuienis (2021), vertaald door Robert Dorsman als De getuigenis. Het boek is met financiële steun van PEN Afrikaans uitgegeven door Zirimiri Press (2024). Op de Belgische radio, in het programma Pompidou op Klara, heeft Christophe Vekeman de roman vorig jaar besproken. Ook in de podcast De nieuwe contrabas en op de website Tzum kwam de vertaalde roman ter sprake.
Francois Smith is docent Kreatiewe Skrijfkuns en Afrikaanse letterkunde aan de Universiteit van die Vrystaat (Bloemfontein) en werkt al vele jaren als vertaler en redacteur/mentor van Zuid-Afrikaanse schrijvers. Een uitgebreid overzicht van het literaire werk en de kritische ontvangst in Zuid-Afrika is op LitNet verschenen: https://www.litnet.co.za/francois-smith-1964/. Op de literaire brug tussen Afrikaans en Nederlands neemt Smith een sleutelpositie in. Niet alleen zijn twee literaire teksten vertaald in het Nederlands en ook bijzonder gunstig gerecenseerd in de Lage Landen. Daarenboven is de schrijver vertrouwd met de Nederlandstalige literatuur waarover hij in colleges en lezingen spreekt in Zuid-Afrika.
...
“Met Kamphoer was die vernaamste vertaalstruikelblok die feit dat die Bybel (glo) vir Nederlanders in ’n vreemde boek geword het.” (Francois Smith)
...
Yves: De vertalingen van Kamphoer en Die getuienis zijn in Nederland verschenen. In hoeverre was je betrokken bij het vertaalwerk ondernomen door Riet de Jong Goossens en Robert Dorsman? Kreeg je inspraak in het vertaalproces of hebben beide vertalers vooral autonoom, helemaal op eigen houtje, de boeken vertaald? Zijn Riet Goosens en Robert Dorsman mediatoren die met jou vertaalproblemen bespreken? Of andersom: tracht je als schrijver zelf controle te houden over het werk in een andere taal dan de brontaal?
Francois: Ek kan onthou dat ek met die vertaling van Kamphoer meer inspraak gehad het, of ten minste oor ’n aantal kwessies geraadpleeg is. Robert Dorsman het op eie houtjie gewerk. Ek het van hom ’n enkele navraag gehad wat nie soseer met vertaling as sodanig te make gehad het nie, maar met wat ’n mens ’n kontinuïteitskwessie kan noem. Maklik opgelos. Geen beswaar nie, en dit lyk ook vir my na ’n heel goeie vertaling. Die uitdaging was om in die Nederlandse ekwivalent ’n bepaalde sosiolek vas te vang en daarin het dit geslaag.
Met Kamphoer was die vernaamste vertaalstruikelblok die feit dat die Bybel (glo) vir Nederlanders in ’n vreemde boek geword het – in elk geval veel meer as vir Suid-Afrikaners, Afrikaanssprekendes spesifiek. Dit is min of meer vergelykbaar met die mate waarin Nederlands vir Afrikaanssprekendes ’n vreemde taal geword het. Dit was daarom veel makliker om in die oorspronklike Afrikaans die Bybeltaal wat Susan Nell onthou het, die taal van die Statenbijbel, as vreemd voor te stel. Die omgekeerde was nie so maklik nie, want ten eerste sal min Nederlanders die passasies as komend uit die Bybel herken, en ten tweede is die verskil tussen moderne Nederlands en 18de-eeuse Nederlands nie so opvallend nie. Dalk moes die vertaler Latyn probeer het? Ek gee voorbeelde van ’n gedeelte waarin dit na my mening net vir die mees Gereformeerde Nederlanders sal blyk dat die Statenbijbel in die jong en erg getraumatiseerde Susan se gedagtes saampraat:
In Kamphoer (bl 64):
Die Here sal my uit sy mond spoeg. Hoer is my naam! En uit sy mond kom ’n tweesnydende swaard en zijn aangezicht was gelijk de zon schijnt in haar kracht, gelijk de zon schijnt in haar kracht.
Hierdie passasie lyk só in Een schuldig leven (67):
De Here zal me uitspugen. Hoer is mijn naam! En uit zijn mond komt een tweesnijdend zwaard en zijn aangezicht was gelijk aan de zon die schijnt in haar kracht, gelijk de zon schijnt in haar kracht.
Yves: Er zijn méér vertalingen van jouw werk. Naòmi Morgan, collega Franse letterkunde in Bloemfontein, heeft Kamphoer in het Frans vertaald in opdracht van de prestigieuze uitgeverij Actes Sud, Dominique Botha vertaalde in het Engels: The Camp Whore (2017). Opmerkelijk is de wijziging van de titel in het Nederlands en het Frans. De Jong Goossens koos voor Een schuldig leven, Morgan voor Fille à soldats. Was jij betrokken bij die ingrijpende wijziging van de titel die in het Afrikaans krachtiger en ook confronterend Kamphoer is?
Francois: Die vernaamste rede is dat die woord “kamp” in Europa ’n heeltemal ander konnotasie as in Afrikaans het. In Europa roep die woord onmiddellik die doodskampe van die Tweede Wêreldoorlog op. In Suid-Afrika is daardie konnotasie nie so voor die hand liggend nie, en vir die Afrikaanse leser lê die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog dalk vlakker in die geheue. Ek vermoed ook dat die verbinding van “hoer” (’n woord wat talle lesers, my ma ingesluit, nie durf uitgespreek het nie) met “kamp” in Afrikaans ’n skokwaarde het wat dit nie noodwendig in Europa sal hê nie.
As ek tussen die vertaalde titels sou moes kies, sou ek die Franse een kies, met sy implikasie van ’n man-vrou-verhouding waarin daar geweld sowel as ’n gekompromitteerde romanse geïmpliseer word, maar dan met die vrou (prostituut?) wat eerste genoem word – dit is háár verhaal. Ek hou daarvan.
...
“Hoewel die taalverwantskap erg verwaarloos geraak het, is daardie verwantskap daar en bly Nederlands vir Afrikaanssprekendes ’n poort tot Europa en Afrikaans vir Nederlanders ’n poort tot Afrika.” (Francois Smith)
...
Yves: Hoe relevant is het voor Zuid-Afrikaanse (Afrikaanstalige) schrijvers dat literaire teksten niet alleen in het Engels worden uitgegeven maar ook in het Nederlands? Er zijn behalve het opmerkelijke taalverschil en de linguïstische verwantschap tussen Afrikaans en Nederlands cultureel en poëticaal uiteenlopende discoursen. Ik voeg er meteen aan toe: ook wel maatschappelijk en historisch toenemende onwetendheid over Zuid-Afrika in de Lage Landen.
Francois: Die maklike antwoord is dat dit natuurlik belangrik is, en dan wel om die voor die hand liggende rede dat dit die mark vir Afrikaanse skrywers vergroot. My ervaring is egter dat dit geen geldelike gewin meebring nie. Niks nie. Maar tog is dit is vir my belangrik om in Nederlands vertaal te word, en nie net om die prestige daarvan nie. Hoewel die taalverwantskap erg verwaarloos geraak het, is daardie verwantskap daar en bly Nederlands vir Afrikaanssprekendes ’n poort tot Europa en Afrikaans vir Nederlanders ’n poort tot Afrika. Die twee tale lê in mekaar se onbewuste, en ek dink dit is belangrik om daardie onbewuste lewend te hou deur dit voortdurend ’n uitlaatklep te gee. Vertaling, wedersyds, is een van die vernaamste maniere om dit te doen. Die tale is nie meer wedersyds algemeen toeganklik nie, daarom móét daar vertaal word. Dit is vir my belangrik om nie net ’n Angel-Saksiese blik op die wêreld te kry nie, en Nederlands is dan die naaste familie wat ons het. Ons moet daardie band koester.
Wordt vervolgd.
Lees ook:
Tweespraak met Peter Verhelst: Over het "wye en droewe land"

