Elsabé Brits

Elsabé Brits is ’n vryskut-wetenskapjoernalis.

Foto: Liza van Deventer

Klimaatskrisis – siektes, brande, vloede, hitte – reeds hier

Elsabé Brits Actueel 2022-09-01

"Die verandering in klimaat is reeds sigbaar en tasbaar vir ons. Aansienlik hoër temperature in verskeie wêrelddele, oorstromings, droogtes, storms en brande bedreig mense en ander lewe. ... Die klimaatskrisis is nie ’n probleem vir die volgende generasie in 2100 nie – kinders wat nou gebore word, sal dan leef. Wil ons ’n onleefbare woesteny aan hulle nalaat?"

Die wit Afrikaner se hardkoppige dwarstrekkery en wantroue in ’n entstof

Elsabé Brits Meningen 2021-09-20

"Die wetenskap het oor en oor bewys die entstowwe teen COVID-19 is veilig en effektief en voorkom hospitalisasie, ernstige siekte en die dood. Maar ’n groot groep mense wat hulself as Afrikaners beskryf, skop was. Hulle is weer vryburgers, trekboere, Voortrekkers en Bittereinders. Tot almal se nadeel."

Jongste naamsveranderinge: Waar is die vroue?

Elsabé Brits Meningen 2021-03-04

"Suid-Afrika het soveel ander merkwaardige vroue gehad, soos Maxeke. Ek sal myself nie daarstel om voor te stel wie vereer moet word nie, maar daar is ’n lang lys sulke vroue se name in my kop. Indien ons die verlede se foute wil regstel, moet ons ook die patriargie en die rol wat vroue in ons geskiedenis gespeel het, regstel. Dit is nog nie gedoen nie."

Die plek waar ons voorsate geleef het

Elsabé Brits Academisch 2020-12-18

"Suid-Afrika met sy talle spesies hominiede, en diere wat lank gelede op die grasvlaktes geleef het, was inderdaad een van die plekke waar ons voorsate geleef en, belangriker, oorleef het. ’n Erfenis wat steeds ontdek word."

Stories van duskant die Kasteel

Elsabé Brits Literatuur 2020-09-25

"In die hartjie van Kaapstad lê van die interessantste stories oor die eerste plase, geboue en die mense wat daar geleef en gewerk het. Jy moet net weet waar om te kyk en ’n bietjie gaan kers opsteek by dié met kennis oor plekke soos die plase wat destyds agter die Kasteel was – waarvan een uiteindelik Distrik Ses geword het."

Auschwitz-Birkenau: 75 jaar ná die bevryding

Elsabé Brits Geschiedenis 2020-01-27

Op 27 Januarie 2020 is dit 75 jaar nadat die reuse-konsentrasiekamp Auschwitz-Birkenau deur troepe van die Rooi Leër bevry is. ’n Doodskamp waarvan wêreldleiers baie bewus was en niks aan gedoen het nie. Maar voor dié bevryding en daarna het vele ander gebeure afgespeel waarvan daar eers later gehoor is, skryf Elsabé Brits.

Die mense wat ’n sterwende taal opgeteken het

Elsabé Brits Meningen 2020-01-02

In die 1870’s het die San-mense die dood van hulle taal in die gesig gestaar, maar drie mense het na hulle stories oor die sterre, die veld, diere en hulle lewens geluister. Vandag is dié nalatenskap ’n ryk erfenisskat, skryf Elsabé Brits.

Monument herdenk Kaapse rebelle

Elsabé Brits Geschiedenis 2019-11-12

By Laborie in die Paarl het vroue in 1900 twee keer van regoor die Kaapkolonie vergader om teen die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog beswaar te maak. Dit is ook hier waar een van die mooiste monumente wat die Kaapse rebelle herdenk, opgerig is, skryf Elsabé Brits.

Uit Afrika

Elsabé Brits Academisch 2019-09-27

"Lê jou voorsate of geskiedenis in die gragte van Amsterdam? Die VOC het dalk hier anker neergegooi en die grondslag vir Afrikaans gelê, maar ons genetika in die land is ’n karmenaadjie. Of hunker jy na ’n geromantiseerde weergawe van ’n handvol Britse en Franse setlaars? Die spore van ’n slawerny-nalatenskap loop ook deur die Afrikaner se stamboom. In sy gene sit die mense van die destydse Java van Batavië; die Koromandelkus van Indië met plekke soos Bengale en Galle, die kus van Malabar, Soematra en die jagter-versamelaars van Afrika."

Verified by MonsterInsights
Top