Jy kan maklik ’n vakansie in België met die hulp van ’n goeie reisagent reël. Jou verblyf, vervoer en een maaltyd, dikwels ontbyt, is gedek.
Al waaroor jy jou hoef te bekommer is heerlike kos soos mattentaart, skemerkelkies en watter besienswaardighede om te sien.
Om na België te emigreer sal jy egter ’n helpende app of twee nodig hê.
Hier is my aanbevelings om jou voete te vind.
Jou nuwe huis = Immoweb

Jy kan besluit of jy wil huur of koop, en die geskikte plek op hierdie app vind. Die app word daagliks bygewerk en bied vir jou duisende moontlike tuistes.
Kan ek bespaar op my inkopies? Wat gaan ek eet? = myShopi en Deliverloo
myShopi

Deliveroo

Vervoer = AllBikesNow, MIVB-STIB en Cambio
AllBikesNow

MIVB-STIB (STIB in Frans, MIVB in Nederlands)

Cambio

Hoe lyk die weer? = AccuWeather

Taal = Duolingo

’n Bietjie kuns en kultuur
Hoewel jy die eerste week of wat jou voete wil vind, sal jy een of ander tyd jou nuwe land wil ontdek. Hier is ’n kort opsomming van moontlike apps wat jou aan die mooi in België kan bekendstel:
Monument Tracker
Monument Tracker is ’n goeie manier om ’n stad se geskiedkundige plekke te ontdek met behulp van ’n gids.
Brussels Guide & Tours

Wenke van dié wat weet
Die South Africans in Belgium Facebook-groep het ongeveer 1 900 lede wat daagliks oor hul nuwe lewe in die noorde gesels. Hulle deel hul ervaringe, bied raad oor moontlike struikelblokke, of gesels sommer met mekaar oor gedeelde ervarings.
Onlangs het ’n nuwe lid byvoorbeeld gevra: “Wat wens julle het julle geweet toe julle na België verhuis het?” Na gelang van die antwoorde, het ons die volgende wenke saamgestel. (Vrywaring: Hierdie wenke is saamgestel deur middel van subjektiewe menings; toets gerus en moet dit nie as wet aanvaar nie.)
- Pak genoeg Simba-sout-en-asyn-tjips en Mrs Balls-blatjang in.
- Kruidvat kan jou gebruiklike Corenza en Linctagon vervang.
- Bring jou tee saam, jy mag dit dalk mis.
- Moenie dink omdat die tale so ’n noue verwantskap deel, jy slegs op Afrikaans kan staatmaak nie. Leer ’n bietjie Duits, ’n groet in Frans en vra: “Hoe gaan dit” in Vlaams.
- Skuif jou bankkennisgewings na jou e-posadres – jou SMS’e daag glad nie by jou op nie of word vertraag.
- Die Belge neem hul bier ernstig op. Moenie bier in ’n verkeerde glas bedien nie – moet byvoorbeeld nie ’n Leffe in ’n Duvel-glas bedien nie.
- Foto’s: Pixabay.com
Bronne
Lees ook
10 apps om jou reis na/verblyf in Nederland makliker te maak
Vind jou voete in Nederland met die South Africans in The Netherlands Facebook-groep
Buro: MvH





