Foto: verskaf
Het jy dit ook agtergekom? Iets is anders aan 2020 ...
Ja, vir (ámper) die eerste keer sedert 1975 het die Jongerenprojek nie vanjaar plaasgevind nie! ’n Mens kan ook van niks meer seker wees nie – of om dit meer positief te stel: dit verg ’n wêreldwye pandemie om die JP te keer.
Tog het elke wolk ’n silwer randjie: ons as organiseerders het nou wel tyd vir iets waaraan ons lankal dink – ’n Jongerenprojekboek! Ter viering van die 45ste bestaansjaar wil ons ’n pragboek saamstel uit JP-deelnemers en -betrokkenes se ervarings.
Natuurlik gebeur so ’n boek nie vanself nie, en boonop nie net deur die organiseerders nie.
Of jy nou ’n deelnemer, gasouer of ander betrokkene was, dis jóú herinneringe en wedervaringe wat in die boek moet staan – jy moet dit nog net aan ons stuur.
- Laat hoor dus van jou, per e-pos aan jpnetwerksa@gmail.com;
- of per SMS, WhatsApp-, Signal, of Telegram-boodskap aan (+27) 82 324 4123;
- jy kan ook bloot die vorm by hierdie skakel invul: https://forms.gle/g3sMMbXg8GfeUPKd9.
Versprei hierdie boodskap wyd en syd onder al die JP’ers waarvan jy weet, hetsy deelnemer, organiseerder, gasouer of ander betrokkene. Ons sien uit om van jou te hoor!
Lees ook:
België-studie-uitruil en die Jongerenprojek: ’n onderhoud met Aletta Simpson