Tweespraak van Alwyn Roux en Yves T’Sjoen
Deel 2
Yves: Hoe belangrijk schat jij een dergelijk onderzoeksproject in over culturele uitwisseling van literatuur en op termijn het ontwerp van een contactgeschiedenis van twee verschillende literatuursystemen en literaire culturen? Naast een historische taalverwantschap van Nederlands en Afrikaans is er een lange geschiedenis van literaire toenadering en verwijdering. Zie jij zelf markante verschuivingen in het literaire grensverkeer, zeker na 1994? Ik vang wel eens op dat de wederzijdse belangstelling tanend is, zeker vanuit de Lage Landen voor Zuid-Afrika en de Afrikaanse literatuur. Een andere keer lees ik bij Ingrid Glorie dat het Festival voor het Afrikaans een vervolg krijgt dankzij de inzet van het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam. Dan blijkt er toch weer voldoende nieuwsgierigheid en belangstelling te bestaan. Er zijn natuurlijk de leerstoelen Zuid-Afrika in Amsterdam en Gent, het Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika (UGent), congressen en lezingen, tal van instituten en verenigingen die zich toeleggen op het wisselverkeer en de contacten tussen Afrikaans en Nederlands (Zie: https://www.litnet.co.za/memoires-van-een-hoofmeisie/)
Alwyn: Kulturele uitwisseling van literatuur en ’n kontakgeskiedenis van letterkundige tradisies is besonder belangrik, Yves, veral binne die konteks van transnasionale literatuurstudie. Met spesifieke verwysing na Afrikaans en Nederlands kan mens sê dat kontakstudies nie bloot ’n akademiese oefening tussen twee literatuursisteme is nie, maar veel meer: dit dra by tot die bewaring van kulturele geheue en identiteit, en gee terselfdertyd vorm aan toekomstige samewerking. Dink byvoorbeeld aan instellings soos die Ernst van Heerden-versameling in die Poëziecentrum in Gent of die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam. Hierdie instansies bewaar argiefmateriaal vir toekomstige ondersoek en skep terselfdertyd ruimtes waar ondersoekers, studente en die breë publiek navorsing kan doen, boekbesprekings aanbied en kulturele uitwisseling bevorder. SASNEV in Pinelands is eweneens ’n uitstekende voorbeeld van hoe Nederlandstalige letterkunde en Afrikaans in dialoog bly en mekaar verruim.
Jy verwys na die geskiedenis van literêre toenadering en verwydering tussen die Afrikaanse en Nederlandse letterkundes. “Verwydering” dui spesifiek op die apartheidsjare tussen 1948 en 1994 toe kulturele en akademiese sanksies die kontak feitlik beëindig het. Ná 1994 het daar egter weer ’n geleidelike hernude toenadering ontstaan. Professor Wannie Carstens het my in Februarie 2025 in Amsterdam vertel hoe hy doelbewus voor die afskaffing van apartheid in 1994 bande met akademici in die Lae Lande probeer herstel het. Dit het hy gedoen juis met die gedagte dat die volgende geslag nie weer dieselfde skeiding hoef te beleef nie. Die geleentheid om byvoorbeeld ’n studietydperk in die Lae Lande deur te bring, is vir ’n meesters- of doktorsgraadstudent van onskatbare waarde.
Vandag is ons weer in die gelukkige posisie dat daar verskeie samewerkingsooreenkomste tussen universiteite in Suider-Afrika, Nederland en België bestaan, wat gerig is op taal- en letterkundige ondersoek. Hierdie bande spruit uit die breër soeke na ’n plek vir Afrikaans en Nederlands binne die internasionale akademiese landskap. Die Internationale Vereniging voor Neerlandistiek (IVN) onder die bekwame leiding van Anne Sluijs verrig uitstekende werk in hierdie verband, en die Taalunie, met Gunther Van Neste aan die stuur, bly van lewensbelang vir die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN).
Aan ons kant is dit noodsaaklik om deurlopend te besin oor wat die belange van SAVN-lede is – nie net binne taaldepartemente in Suider-Afrika nie, maar ook oor hoe die vereniging relevant gehou kan word binne die postapartheidskonteks. Watter plek het Nederlands in hierdie milieu? Een van die raakpunte wat Suider-Afrika verbind met die letterkundes van die voormalige Nederlandse kolonies, soos Indonesië, Suriname en die Antille, is die gedeelde postkoloniale erfenis. Hierdie gedeelde geskiedenis bied in ’n transtalige domein vrugbare moontlikhede vir die bestudering van ooreenkomste en verskille tussen literêre tradisies.
Jy verwys verder na die tanende en dan weer opvlammende belangstelling in die intertalige wisselwerking tussen Afrikaans en Nederlands. Die Festival voor het Afrikaans, soos Ingrid Glorie beskryf, is ’n goeie voorbeeld van ’n hernude impuls, een wat nuwe lewe gekry het deur die betrokkenheid van die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam. Die aanstelling van Susan Coetzee-Van Rooy as direkteur bring inderdaad nuwe energie in die geledere van Keizersgracht, en dit toon hoe bepalend leierskap kan wees in die herstel en uitbreiding van kulturele verhoudings.
Terselfdertyd wys Glorie in haar artikel op die uitdagings wat projekte soos hierdie in die gesig staar:
Maar commercieel was de Week van de Afrikaanse roman geen succes. Niemand kreeg betaald – de schrijvers niet, en ik ook niet… Zonder subsidies gaat het niet. Als je de positie van het Afrikaans wilt versterken, moet je ervoor zorgen dat die taal – bij monde van zijn schrijvers, artiesten en wetenschappers – ook internationaal meepraat.
Hierdie aanhaling beklemtoon die broosheid van internasionale projekte wat dikwels van individuele dryfkrag afhanklik is, sonder volhoubare institusionele steun. Dit is ook my indruk: dikwels word groot ideale en inisiatiewe gedra deur enkel persone – soos Glorie – sonder dat strukturele ondersteuning dit tot standhoudende projekte kan ontwikkel.
Nietemin is daar elke nou en dan tekens van versterking. Die IVN belê byvoorbeeld tans baie betekenisvol in die uitbou van die Neerlandistiek wêreldwyd. As voorsitter van die SAVN kon ek eerstehands sien watter impak die Taalunie se Impulsproject van die CnvAT-eksamens op die Neerlandistiek in Suider-Afrika gehad het: tien van ons dosente het hulle Nederlandse taalvlak verhoog deur hierdie inisiatief in 2025. Dit lei tot beter opleiding van studente op universiteite. Die IVN-wisseldosentskap het intussen ’n nuwe jaargang begin met dr. Agnes Andeweg (Universiteit Utrecht), wat pas haar lesingreeks van drie maand aan die drie Kaapse universiteite voltooi het. Projekte soos Brief en Repliek hou die dialoog lewendig – klein, maar betekenisvolle bydraes tot die beskrywing van ’n groeiende kontakgeskiedenis tussen Afrikaans en Nederlands.
Alle projekte hoef ook nie standhoudend te wees nie. Ek glo eerder in die opkoms van projekte tussen Afrikaans en Nederlands soos sampioene aan ’n boom, wat ná ’n seisoen verwelk, maar in ’n volgende seisoen weer verskyn.
Yves: Er is aan Zuid-Afrikaanse universiteiten en de Universiteit van Namibië al veel onderzoek verricht naar de aanwezigheid van Nederlandse en Vlaamse auteurs in Zuid-Afrika (in het Afrikaans), nog maar weinig naar (raakvlakken van Afrikaanse en Nederlandse literaire teksten met) Caribische en Indonesische literatuur. Nochtans is in een postkoloniale maatschappelijke context veel te zeggen voor een meer prominente aanwezigheid van Surinaamse en Antilliaanse schrijvers in Zuid-Afrika en de bestudering van auteurs zoals Edgar Caïro, Anton de Kom en Bea Vianen. Zo zijn er bijvoorbeeld thematische raakvlakken die, verwijzend naar (de verwerking van) een koloniale geschiedenis in de respectievelijke postkoloniale literaturen, grensoverschrijdend kunnen worden bestudeerd. Wellicht zijn er op dit vlak meer raakpunten dan met de Nederlandstalige letteren van de Lage Landen. In hoeverre moeten gevalstudies ook rekening houden met de dynamiek die de postkoloniale literatuur op diverse continenten laat zien? Met Antjie Krog heb ik een gesprek gevoerd over de overwegend witte en mannelijke literaire canon van de Lage Landen in Zuid-Afrika: https://voertaal.nu/over-de-witte-canon-van-de-nederlandstalige-literatuur-in-zuid-afrika/.
Alwyn: Ek deel jou indruk, Yves. Daar is al deeglik navorsing gedoen oor die verhoudinge tussen Nederland, Vlaandere en Suid-Afrika, maar die Karibiese, Surinaamse en Indonesiese verbande met Afrikaans en Nederlands bly grootliks onderbelig. In hierdie geval gaan dit minder oor taalverwantskap, wat tussen Afrikaans en Nederlands ’n belangrike rol speel, en meer oor die gedeelde koloniale erfenis.
Soos Etienne van Heerden aantoon, worstel Indonesië, die Antille en Suriname met dieselfde “geding met die geheue” (Van Heerden, 1997:22). Prakties beteken dit dat Karibiese, Surinaamse en Indonesiese stemme saamgelees kan word met Afrikaanse tekste wat koloniale en postkoloniale problematiek ondersoek.
’n Goeie vertrekpunt sou wees om kers op te steek by dr. Agnes Andeweg (Universiteit Utrecht), wat onlangs tydens haar wisseldosentskap aan die drie Kaapse universiteite (UWK, UK en US) ’n leerplan oor postkoloniale Nederlandse literatuur ontwikkel het. So ’n raamwerk bied uitstekende moontlikhede vir samespraak en vergelykende ondersoek binne ’n interkontinentale verband.
Yves: De werksessies onder de noemer ‘Repliek’ op Samespraak zijn gelegenheden om tot een internationale gedachtewisseling te komen van letterkundige onderzoekers. De literaire paradigma’s of focuspunten waarmee zij werken, de academische tradities waarin zij staan, zijn vaak nogal uiteenlopend. De Afrikaanse literatuurstudie en literatuurwetenschap legt andere klemtonen dan wat in het sterk Anglo-Amerikaans gerichte Nederlandse taalgebied in de Lage Landen als actuele onderzoekfocus wordt beschouwd. Die interesse vertoont verschuivingen: zoals van tekst naar context, van schrijver naar tekst en naar publiek. Aan de hand van een transnationale benadering van literatuur worden ook die uiteenlopende onderzoekparadigma’s duidelijk. Hebben we volgens jou een gemeenschappelijke (intercontinentale) taal en ook een gedeelde of te onderhandelen zienswijze of zelfs een voldoende solide raamwerk om een dergelijk veeleisend project en breed werkterrein te bestuderen? Gezien de breedte van het onderzoeksterrein zullen keuzes moeten worden gemaakt. Hoe sta jij daartegenover?
Alwyn: Ek probeer sistematies te werk te gaan. Omdat ons binne ’n transnasionale ruimte te werk gaan waarin letterkundes op gelyke voet met mekaar omgaan, skep dit die geleentheid vir navorsers om uiteenlopende metodologiese en teoretiese benaderings aan te bied. Tog moet daar, soos jy tereg sê, keuses gemaak word. Die aantal Samespraak-sessies per semester is beperk, en ek weet uit ervaring dat navorsers nie altyd self aanbied om deel te neem nie; dikwels moet hulle doelbewus genader word. Wanneer ek kandidate oorweeg, kyk ek spesifiek na kundiges wat iets wesenlik oor die tema kan sê. Ek poog ook om die gesprek veelstemmig te hou, dit wil sê om te voorkom dat dit ’n eggo-kamer (“echo chamber”) word waarin slegs een perspektief bevestig word. Daarom betrek ons skrywers, navorsers, resensente en uitgewers uit verskillende kontekste wat die onderskeie letterkundes vanuit verskillende invalshoeke belig.
Yves: Tot slot: welke actuele schrijvers zou je zelf graag zien optreden of fungeren als onderwerp van Repliek. Trajecten van Nederlandse schrijvers in Afrikaans?
Alwyn: Ek was gelukkig met Repliek. Trajekte van Suid-Afrikaanse skrywers in die Lae Lande, want die DW B-uitgawe met in Nederlands vertaalde gedigte van Suid-Afrikaanse stemme het as rigtinggewend gedien vir die Leiden-lesingreeks (Februarie-Mei 2025). Die digters wat vertaal is in Nederlands en gebruik is vir die lesingreeks, sluit in Danie Marais, Tom Dreyer, Lynthia Julius, Bibi Slippers, Ronelda Kamfer, Klara du Plessis en Pieter Odendaal. Elkeen van hierdie digters is besig om te werk aan belangrike oeuvres en het reeds literêre pryse agter hulle name. Dit sou daarom waardevol wees om Nederlandstalige digters te betrek wat reeds in Afrikaans vertaal is, soos Charlotte Van den Broeck, Tom Lanoye en Alfred Schaffer, of wat volgens jou of van jou kollegas die moeite werd sou wees om in Afrikaans vertaal te word. Dit is wonderlik dat Simone Antangana Bekono vanjaar die skrywer-in-residensie van Samespraak gaan wees. Haar debuutbundel is getiteld hoe de eerste vonken zichtbaar waren (2017) en haar tweede: Marshmallow (2024). Ook is daar reeds ’n MA-studie onderneem deur Tenita Kidelo, getiteld: Swart feminisme in Afrikaanse en Nederlandse poësie met betrekking tot die werke van Ronelda Kamfer en Simone Atangana Bekono: ’n Vergelykende studie (2021), wat die belangrikheid van transnasionale wisselwerking van dié twee digters beklemtoon.
Dit kan ons help om ’n “op-die-uitkyk-lysie” saam te stel van Nederlandstalige digters in Afrikaans en Afrikaanstalige digters in Nederlands. Só ’n inventaris kan rigting gee aan toekomstige vertaalprojekte en ook vir voornemende of gevestigde vertalers ’n duidelike motivering bied waarom sekere digters wél of dalk nog nié vertaal is nie.
Bibliografie
Kidelo, T.Z., 2021. Swart feminisme in Afrikaanse en Nederlandse poësie met betrekking tot die werke van Ronelda Kamfer en Simone Atangana Bekono: ’n Vergelykende studie [Magisterverhandeling]. Universiteit van Wes-Kaapland. Beskikbaar by: https://uwcscholar.uwc.ac.za:8443/server/api/core/bitstreams/9ad2b812-50ff-4f14-8a2e-bcc0ecffaf89/content. Datum geraadpleeg: 8 Oktober 2025.
Van Heerden, E. (1997) ‘Die geding met die geheue: kontemporêre fiksie se bydrae tot teoretiese besinnings oor die historiografie’, New Contree, pp. 21–34. Doi: https://doi.org/10.4102/nc.v42i0.496. Datum geraadpleeg: 7 Oktober 2025.
Lees ook:
Samespraak 2025-2026 #1: Over Repliek. Trajecten van Nederlandstalige schrijvers in Afrikaans
Antjie Krog notitie #3: Over de witte canon van de Nederlandstalige literatuur in Zuid-Afrika

