Stefan Dixon oor Festival voor het Afrikaans 2018

  • 0

Stefan Dixon vertel vir Naomi Meyer van Festival voor het Afrikaans 2018.

Dag, Stefan! Jy is ’n Suid-Afrikaanse singer-songwriter wat in België woon, is ek reg? Sal jy asseblief kortliks van jou agtergrond vertel?

Ek is, ja. Born and bred in Kaapstad. Ek het vir ’n kort tydjie in 2002 na skool in Pretoria gaan bly om fotografie te studeer en daar het ek involved geraak in die music industry en vir die eerste keer saam met bands begin toer as hul roadie en eventually vroeg daarna self live begin optree. Toe ek 19 was het ek in 2003 my eerste Oppikoppi gespeel en since dan was ek heeltemal hooked op live music. Fast forward 15 jaar en ek het al meer as 1 000 optredes gehad, regoor Suid-Afrika, die buurlande en Europa.

Wat is jou rol by die Festival voor het Afrikaans vanjaar?

Ek tree twee keer op – een keer solo en ’n tweede keer saam met Die Wasgoedlyn. Dan is ek die connection tussen die Vlaamse musikante en die festival. Die festival se organiseerders wil hierdie jaar try om die band tussen Vlaams, Nederlands en Afrikaans te versterk en ek dink ek is die enigste Suid-Afrikaanse musikant wat in België bly, aktief is in hulle musiekindustrie, die groter Vlaamse kunstenaars ken en hulle aan die organiseerders kan voorstel.

Waarom is jy betrokke by ’n fees in Nederland waar die klem en fokus op die taal Afrikaans is?

Ek het einde 2016 saam met ’n baie bekende Vlaamse sanger, Klaas Delrue, ’n redelike groot hit op Belgiese radiostasies gehad. Dit is ’n tweetalige song in Afrikaans en Nederlands en die song se naam is "Vir nou/Voor nou". Dit het ’n bietjie in Nederland ook versprei en sedertdien het my lewe ’n bietjie verander. Ek kry basically onophoudelik uitnodigings na allerhande festivals en shows regoor Holland en België, waar die klem op die band tussen Nederlands en Afrikaans is.

Hoe gereeld besoek jy Suid-Afrika?

Ek dink ek was vier jaar laas daar. Ek sal graag meer gereeld vir my familie en vriende wil gaan kuier, maar op die op die oomblik fokus ek en werk ek hard om myself in Europa as voltydse musikant te establish, so ek dink nie ek gaan binnekort teruggaan nie. Ek mis dit wel baie.

Gaan jy die Festival voor het Afrikaans ook kan geniet en sekere van die geleenthede sommer vir die pret of genot daarvan bywoon? Waarna sien jy uit wat vanjaar op die program sal wees?

Ek is dik buddies met van die musikante wat optree, so ek sal definitief try om hulle shows te gaan kyk, veral Gert Vlok Nel, maar ek sien probably die meeste daarna uit om na die festival saam Gert te party. 😉

...........

Lees ook:

Mira Feticu: “Het is een cadeau van het leven, Zuid-Afrika”

22‒23 september: Vierde editie ''Festival voor het Afrikaans'' in De Brakke Grond

Veilinghuis Strauss & Co verricht taxaties tijdens Festival voor het Afrikaans

Vierde Festival voor het Afrikaans een overweldigend succes

Taal en muziek verbroederen tijdens Festival voor het Afrikaans

Zelda la Grange in Amsterdam: "Kunst kan mensen aan het denken zetten"

Krog geeft nieuwe generatie de ruimte

Festival voor het Afrikaans 2018: Fonteine in die Dorsland en meertaligheid

Frazer Barry oor Festival voor het Afrikaans 2018

Sandra Prinsloo oor Festival voor het Afrikaans 2018

Laurika Rauch oor Festival voor het Afrikaans 2018

Zelda la Grange oor Festival voor het Afrikaans 2018

Churchil Naudé oor Festival voor het Afrikaans 2018

Hannelore oor Festival voor het Afrikaans 2018: kyk ’n video-onderhoud

Klaas Delrue oor Festival voor het Afrikaans 2018

Buro: NM
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top