Marlies Taljard (Facebook); agtergrond (cromaconceptovisual | Pixabay)
Nadat Marlise Joubert een paar jaren geleden de fakkel doorgaf aan Marlies Taljard – na een decennium van actieve betrokkenheid als stichter en als redacteur (https://versindaba.co.za/gedigte/marlise-joubert/) – heeft Versindaba een tweede adem gevonden. Het Zuid-Afrikaans weblog, “indaba” in isi-Zoeloe en isi-Xhosa letterlijk “een ontmoeting of een discussie”, richt zich op de promotie van Afrikaanse (en Nederlandse) poëzie in Zuid-Afrika. Dichters krijgen de gelegenheid werk online te publiceren, er verschijnen rubrieken met beschouwingen over Afrikaanse en Nederlandse letteren en de blog adverteert poëzieprijzen en publiceert onder meer profielen van literaire auteurs. Ik werk al geruime tijd mee met kritische bijdragen aan Versindaba. Het merendeel van de opstellen handelt over het literaire grensverkeer tussen Afrikaans en Nederlands. De recent gestarte reeks Cahier van een lezer, waarin deze tweespraak onderdak krijgt, is een lezersdagboek, een werkschrift waarin beschouwingen worden opgenomen over culturele interacties – cultuurtransfer of culturele teksttransmissie – tussen beide taalgebieden.
Marlies, toen jij het voortouw nam en als inhoudsbestuurder van Versindaba bent aangesteld, welke plannen heb je gesmeed en in hoeverre wilde jij voortzetten of eventueel veranderen wat Marlise Joubert en ook Louis Esterhuizen destijds met het blog voor ogen hadden? Marlise was jarenlang redacteur. Louis Esterhuizen, boekhandelaar en sterkhouder van de inmiddels opgedoekte en lange tijd iconische Protea Boekwinkel in de Andringastraat in Stellenbosch, was direct betrokken, ook als organisator van de Versindaba-poëziefeesten in Stellenbosch. Als academica, verbonden aan Noordwes-Universiteit – Potchefstroomkampus, ben je bij dit project betrokken geraakt, niet als dichter (zoals Marlise en Louis). Uit jouw inzichtelijke recensies spreekt een diepgravende, vooral literatuur-theoretische belangstelling. Jouw proefschrift handelt over de poëtica van Antjie Krog en jij bent de auteur van tal van wetenschappelijke artikels. Hoezeer zijn beide activiteiten – wetenschappelijk onderzoek en publicist én inhoudsbestuurder van een weblog die de vinger aan pols houdt van de hedendaagse poëziekritiek en -productie – met elkaar te verenigen? Tegelijk ben je als recensent en literatuuranalist zelf actief aanwezig op het blog (voor een overzicht van inzetten: https://versindaba.co.za/category/skrywers-se-blogs/marlies-taljard-se-blog/).
Yves, dankie vir die gesprek!
Toe ek by Marlise en Louis oorgeneem het, was my eerste doelwit om nie die kosbare ruimte wat hulle geskep het, te laat verlore gaan nie. Natuurlik sal elke nuwe inhoudsbestuurder sy/haar eie afdruk op so ’n webruimte laat. My doel is steeds in die eerste plek om reg te laat geskied aan die digters wat die hart uitmaak van Versindaba, veral deur die publikasie van nuwe gedigte, maar ook deur die geleentheid daar te stel om op ’n objektiewe en selfs wetenskaplike manier oor die digkuns te besin – deur middel van resensies van nuwe digbundels en ander tekste wat fokus op die Afrikaanse digkuns.
Ek sien myself eerstens as die persoon wat instandhoudingswerk en fasilitering van die webblad verrig. Daarbenewens neem, ek al sedert jare voordat ek die webblad oorgeneem het, as skrywer oor die poësie deel aan die gesprek op Versindaba. Dit is vir my vanselfsprekend dat ek steeds daarmee sal voortgaan sonder om doelbewus rigtingbepalend op te tree.
Versindaba biedt de poëzie in het Afrikaans een digitaal platform, maar tracht evenzeer het literaire debat aan te wakkeren. Er worden recensies van pas verschenen dichtbundels gepubliceerd en de commentaarfunctie biedt belangstellenden de gelegenheid in gesprek te treden en ook van mening te verschillen. Welke is de taak van de coördinator in het faciliteren van dat gesprek? Er is een soort huishoudelijk reglement opgenomen op het webplatform.
As inhoudsbestuurder tree ek meestal op as “hekwagter” van wat gepubliseer word. Die webwerf is op my naam geregistreer en ek is dus verantwoordelik vir wat daar verskyn.
Versindaba het ’n visie en missie wat op die blad uiteengesit word en aan die hand waarvan die inhoud bestuur word. Dit is ’n webblad wat fokus op die werk van reeds gepubliseerde digters, maar ek plaas wel ook gedigte van digters wat nog nie gedebuteer het nie, mits dit van goeie gehalte is. Daar is sekere vereistes (meestal literêr-esteties van aard) waaraan tekste moet voldoen om geplaas te word. Daar is ook natuurlik ongeskrewe reëls, en dit het meestal te make met wat aanvaarbaar sou wees vir die meeste van ons lesers en ons donateurs. Die goue reël wat ek probeer navolg, is om nie uitdagende religieuse, seksuele en politieke bydraes te plaas nie, omdat dit dikwels tot hewige debat lei wat niks met die letterkunde te make het nie.
Op het gebied van de poëziekritiek speelt Versindaba een belangrijke rol. Naast LitNet/Voertaal zijn er de krantenrubrieken en (literaire/academische) tijdschriften. Voor een literaire cultuur is het van belang dat een goed georganiseerde en actieve beschouwerspraktijk voldoende publieke ruimte krijgt én ook geloofwaardigheid verkrijgt en over de nodige kundigheid beschikt. Deze publicatiekanalen wakkeren het literaire vertoog aan en zorgen voor levendigheid in het literatuurlandschap. De kritische receptie heeft zijn rol en is in het belang van een cultuurgebied. Naast de creatieve receptie en productie van literatuur, zoals vertalingen. Versindaba publiceert met name ook geregeld vertalingen in het Afrikaans. Hoe overschouw jij als academica het literaire landschap van het Afrikaans? Zijn er voldoende kanalen voor kritische gedachtewisseling, of hinkt de poëziekritiek achterop bij de poëzieproductie? De kritiek behelst zowel de evaluatie als de interpretatie en de analyse van literaire teksten. Dit vermeldt het Lexicon van literaire termen. Speelt zij afdoende haar rol van beoordelaar van poëzie, is er voldoende gesprek of debat over het poëzieklimaat vandaag?
Jy roer hier ’n seer saak aan, Yves. My persoonlike siening is dat daar wel genoegsame ruimte is vir georganiseerde literêre gesprekvoering, maar dat dié ruimte dikwels deur leke beset en oorheers word. Soos jy sê, is daar verskeie platforms waar gesprekke kan plaasvind, veral tans op die internet wat onbeperkte ruimte bied, maar in plaas daarvan dat dié gesprekke op interpretasie en analise van literêre tekste fokus, word te dikwels gefokus op ’n weergawe van die inhoud, ’n lofprysing van die skrywer en sy werk en op vae stellings en subjektiewe, ongemotiveerde uitsprake. Eg kritiese gesprekke is skaars – en ’n “kritiese gesprek” behels nie noodwendig negatiewe kritiek nie, maar ingeligte argumentering. Dikwels poog besprekings eerder om polities korrek te wees as om ’n teks as kunswerk te ondersoek. Tog moet ek dadelik byvoeg dat ’n forum soos LitNet ’n onberekenbare positiewe bydrae lewer, asook die handjievol literêre tydskrifte waarin mens nog in Afrikaans kan publiseer.
...
Eg kritiese gesprekke is skaars – en ’n “kritiese gesprek” behels nie noodwendig negatiewe kritiek nie, maar ingeligte argumentering.
...
Ek kom later by die feit dat daar natuurlik ook verskillende literêre sisteme terselfdertyd binne dieselfde ruimte funksioneer en dat deelnemers daaraan van verskillende kriteria en platforms gebruik maak om tekste met ’n literêre aspirasie te beoordeel. Ons kan dus nie beweer dat ons manier van kyk na literêre tekste die enigste of selfs die regte manier van kyk is nie. Dit is egter ook so dat sekere tekste gerig is op ’n leserskorps wat op akademiese wyse daarna kyk en dat dit ’n onreg teenoor die teks en die skrywer is om dit deur leke te laat bespreek of resenseer.
Opmerkelijk zijn de variëteiten van het Afrikaans – Kaaps, Nama, Oranjerivier-Afrikaans enzovoorts – en de poëzie die in deze talen van het Afrikaans wordt geschreven. Ook de aanwezigheid van bruin en swart schrijvers is bepalend voor de hedendaagse ontwikkelingen van de Afrikaanse dichtkunst. Krijgen deze variëteiten voldoende aandacht op Versindaba, vooral bij gebrek aan degelijke institutionele infrastructuur (in vergelijking met de Afrikaanse literatuurproductie) om precies dat etnisch-cultureel divers ingebedde dichtwerk te promoten?
Omdat Afrikaans oor ’n gebied van 1.2 miljoen km2 gepraat word, is dit vanselfsprekend dat taalvariante voorkom. Dit is ook so dat persoonlike idiolek van digters nog altyd sterk streeksverwante variasies van Afrikaans vertoon het. Die variëteite wat jy noem, is natuurlik die bekendste, maar daar het byvoorbeeld ook al bundels in Tsotsi-Afrikaans verskyn wat nie naastenby die aandag gekry het wat ander variante tans kry nie. Ek is beslis ten gunste van ondersoeke na sosiolinguistiese variasie en idiolek as uitbreiding van die literêre gesprek.
Die kort antwoord is: ’n Webwerf met beperkte middele wat ’n klein nismark beklee, soos Versindaba, kan nie alles vir almal wees nie.
Die lang antwoord is: Alhoewel Versindaba ’n ruimte bied vir formele en selfs akademiese gesprekvoering oor die (Afrikaanse) poësie, is dit nie ’n akademiese joernaal nie. Die eerste doelwit is om digters wat die aspirasie het om binne die “ernstige” kanon van die Afrikaanse letterkunde deel te neem (d.w.s. reeds gepubliseerde digters of digters wat aspireer om nog te publiseer) die geleentheid te bied om hulle gedigte aan ’n breë gehoor bloot te stel en by geleentheid selfs kommentaar daarop te ontvang. Die kommentaar verskyn dikwels nie in die kommentaarkolom nie, maar vind eerder plaas in persoonlike e-pos. Ander tekste is sekondêre tekste wat grootliks beskrywend of evaluerend van aard is ten opsigte van die Afrikaanse poëtiese kanon of die poësie as sodanig. Enige skrywer is welkom om tekste oor enige onderwerp binne die wêreldletterkunde voor te lê vir plasing. Ek betaal wel ’n klein vergoeding daarvoor. ’n Mens sou wel ’n slag die fokus kon laat val op taalvariasie, maar dan nie slegs op ’n sekere variant nie. Ek vra so elke ses maande skrywers om artikels voor te lê oor sekere temas, en taalvariasie kan gerus ’n slag aan bod kom.
...
Enige skrywer is welkom om tekste oor enige onderwerp binne die wêreldletterkunde voor te lê vir plasing. Ek betaal wel ’n klein vergoeding daarvoor.
...
Over de faciliterende rol van de inhoudsbestuurder had ik het al. De coördinator van de blog probeert gesprekken mogelijk te maken, precies omdat naast beoordelingen ook commentaren bij die evaluatie een toegevoegde waarde hebben voor een debat. Hoe bepaal je die toegevoegde waarde? In het verleden zijn er wel eens zeer uitgebreide discussies gevoerd, met meer dan honderd inzetten. Tot je op een bepaald ogenblik genoodzaakt was een zeer uitgesponnen en meerstemmige discussie te beëindigen. Ik meen dat het toentertijd ging over een boekrecensie. Ook recent was er veel te doen over een recensie van een dichtbundel en pogingen van een uitgeverij om zich voor eigen (mercantiele) doeleinden te mengen in het literaire gesprek in het openbare domein. Hoe ga je om met dergelijke demarches of aberraties? Ik kan mij voorstellen dat de rol die je speelt ook soms weinig benijdenswaard is. Ik verwijs naar fragment #12 in dit Cahier van een lezer (https://versindaba.co.za/2023/05/04/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-5/), geschreven naar aanleiding van een toch wel fel commentaar, een duidelijke blijk van verongelijktheid, bij een vorige bijdrage over aantoonbaar onethisch (“onkies”) gedrag in poëziekritiek en uitgeversbedrijf.
Yves, ek sit soms op ’n baie warm stoel, maar ek kan weinig dóén aan wat in die openbare domein plaasvind, behalwe om daaroor te skryf.
Jou eerste vraag: Die kommentaarkolom bevat soms interessante en selfs baie kritiese gesprekke wat belangrik is vir die resepsie van digbundels. Dit is een manier om jou te verset teen onregverdige kritiek of om alternatiewe insigte te deel. Myns insiens word dit egter heeltemal te min gebruik en ek wil selfs ons vele lesers aanspoor om dit meer dikwels te gebruik.
En ja ... soms word dit nodig om ’n gesprek te beëindig wanneer daar ’n sirkelargument gevoer word wat eenvoudig te lank uitgerek en niksseggend word of wanneer die bespreking niks meer met letterkunde te make het nie en mense mekaar persoonlik begin aanval sodat daar regsaksie kan volg. Warm argumente word baie dikwels gevoer wanneer ’n bepaalde bundel ’n minder gunstige resensie kry. Dit is ook reg so – ongeag wie die persoon is wat kommentaar lewer, want elke leser is geregtig op sy/haar siening, of dit nou in my en my kollegas se smaak val of nie.
...
Wat skrywers en uitgewers egter moet verstaan, is dat ’n resensie die ingeligte mening van ’n vakkundige is en nie ’n wraakaanval of die mymeringe van ’n subjektiewe stokperdjie-leser nie. Dit is ook nie ’n Festschrift of ’n huldiging van ’n skrywer en sy werk nie.
...
Wat skrywers en uitgewers egter moet verstaan, is dat ’n resensie die ingeligte mening van ’n vakkundige is en nie ’n wraakaanval of die mymeringe van ’n subjektiewe stokperdjie-leser nie. Dit is ook nie ’n Festschrift of ’n huldiging van ’n skrywer en sy werk nie. Geen resensent skuld ’n digter of ’n uitgewer ’n resensie wat in goud getooi is nie. Resensies is een van die belangrikste aanwysers van watter literêre tekste in die kanon opgeneem word, en daarom is dit oneties dat skrywers en uitgewers aandring op “goeie” resensies. In wese beteken dit dat skrywers en uitgewers dan aandring op ’n plek in die kanon wat die boek nie verdien nie. ’n Plek in die kanon kan ’n invloed hê op verkope en die aansien van skrywers en uitgewers. Skrywers en uitgewers wat ongeskrewe etiese reëls binne die bedryf oortree, sal hulleself later uit die mark dwing, en dit is ’n proses wat ons maar sy gang moet laat gaan.
Soms lag ek maar in my mou, maar wanneer dit té erg raak, sal ek soms kommentaar lewer en in uiterste gevalle kommentaar verwyder.
Marlise Joubert trachtte destijds meer inbreng van Nederlandse en Vlaamse dichters te verkrijgen. Dat is maar ten dele gelukt. Ook jij bent vragende partij dat Nederlandstalige auteurs gedichten insturen. Zie je Versindaba, behalve als een platform voor eigentijdse Afrikaanse poëzie, als een brug tussen Afrikaanse en Nederlandse dichtkunst? Hoe tracht jij met het weblog dat streefdoel te realiseren?
Die Afrikaanse en Nederlandse/Vlaamse letterkunde kan gemaklik met mekaar praat, aangesien die meeste Afrikaanse letterkundiges Nederlands kan lees en verstaan. Daarom plaas ek graag gedigte in Nederlands wanneer ek dit ontvang. Tereg sê die spreekwoord: “Soveel tale soos jy kan, soveel male is jy man.” Dieselfde geld ook vir tekste/vertalings uit enige ander taal. ’n Professionele letterkundige kan nooit te veel blootstelling aan tekste uit ander tale en kulture kry nie – maklik egter te min! Daarom plaas ek graag goeie vertalings, hoewel dit nie die kernfunksie van die blad is nie.
...
Die Afrikaanse en Nederlandse/Vlaamse letterkunde kan gemaklik met mekaar praat, aangesien die meeste Afrikaanse letterkundiges Nederlands kan lees en verstaan. Daarom plaas ek graag gedigte in Nederlands wanneer ek dit ontvang.
...
Ek sou graag wou sien dat ons meer bydraes uit die Lae Lande ontvang – ons het enkele digters wat gereeld bydraes stuur, maar resensente kan ons nie betaal nie, aangesien die Rand so swak staan. Ons sou wel Suid-Afrikaanse resensente kon betaal om Nederlandse boeke te resenseer indien die boeke beskikbaar gestel word.
Wat vir my die afgelope tyd ’n riem onder die hart was, is die waardevolle artikels wat ek oor die letterkunde van die Lae Lande ontvang, onder andere jou eie artikels en dié van skrywers soos Daniel Hugo en Joan Hambidge.
In het literaire landschap van het Afrikaans wordt veel ondernomen. Er zijn de talrijke literatuurfestivals en kunstenfeesten, tal van publicatiekanalen (uitgeverijen, tijdschriften, digitale fora), literaire onderscheidingen, taalorganisaties enzovoorts. Ook het uitgeverijlandschap is geschakeerd en voortdurend in transitie: met vaste waarden (gezaghebbende uitgevershuizen) maar ook vele jonge ondernemingen. Is er volgens jou op dat laatste gebied geen wildgroei, of moet elk nieuw project worden toegejuicht. Er zijn nu eenmaal ook uitgeverijen die geen toegevoegde waarde betekenen voor het literair gesprek, bijvoorbeeld omdat ze ronduit zwak werk uitgeven. Of wanneer strategieën worden ingezet om van veeleer zwakke producties als het ware uitgaven van exceptioneel belang en hoge standaarden te maken. Uitgeverijen die vooral eigen beheer-uitgaven begeleiden, dreigen wel eens in die val terecht te komen: wie voldoende betaalt krijgt “professioneel” een dichtbundel uitgegeven en wordt daarvoor (soms bedenkelijk) begeleid. Er moeten duizend bloemen bloeien, is mijn overtuiging, maar ze kunnen niet allemaal in de gunst van de beschouwer of de lezer staan. Hoe zie jij de dynamiek van het literaire uitgeverswezen in het Afrikaans? Over de verkaveling van en de dynamiek in het uitgeverslandschap, ook over het belang van een gewijzigd vertaalbeleid op het gebied van de Nederlandstalige literatuur in Zuid-Afrika, publiceerde ik recent op Voertaal deze bijdrage: https://voertaal.nu/simone-atangana-bekono-radna-fabias-en-babs-gons-in-kaaps-afrikaans/.
Teoreties behoort elke nuwe uitgewershuis wat Afrikaanse werke uitgee, toegejuig te word, want dit beteken dat Afrikaans nog lewe en gesond is. Soos ek hierbo gesê het, bestaan daar verskillende subsisteme binne ’n groter sisteem soos die Afrikaanse letterkunde, waar elke subsisteem sy eie verwagtingshorison het. Hoewel subsisteme noodwendig op sekere gebiede oorvleuel, bestaan die gevaar dat hulle as indringers op mekaar se gebied begin funksioneer. Dit is in orde dat Facebook-digters hulle eie Groot Verseboek en Ingrid Jonkerpryse het, maar wanneer hulle begin verwag dat skrywers wat binne dié subsisteem skryf, die Hertzogprys moet wen, oortree hulle op die gebied van die “ernstige” letterkunde. So is dit ook elke uitgewershuis se prerogatief om uit te gee wat hulle goeddink – dus vir ’n bepaalde mark – maar die blote feit dat ’n boek uitgegee is, beteken nie dat dit binne die subsisteem van die “ernstige” letterkunde val nie. Wanneer dié verwagting deur uitgewers geskep word, is dit oneties, veral as die skrywer betaal het vir ’n produk wat uiteindelik nie voldoen aan die verwagtinge wat geskep is nie. Dit is dan wanneer ongunstige resensies binne die “ernstige letterkunde”-subsisteem verskyn van boeke wat vir ’n ander mark uitgegee is, maar deur uitgewers aan resensente gestuur word wat daarvoor bekend is dat hulle werke beoordeel aan die hand van kriteria wat vir die “ernstige” mark geld. Wanneer skrywers en uitgewers boonop militant as keurders en resensente probeer optree, gee dit ’n ernstige botsing van belange af wat negatief op skrywers én uitgewershuise reflekteer en wat die balans binne die sisteem versteur. Daardeur word geïmpliseer dat die regte van skrywers en uitgewers so ver strek dat hulle ’n literêre werk as’t ware die kanon kan indwing – ’n vorm van entitelement wat ons by universiteite nou al goed ken: pass one, pass all!
...
Teoreties behoort elke nuwe uitgewershuis wat Afrikaanse werke uitgee, toegejuig te word, want dit beteken dat Afrikaans nog lewe en gesond is.
...
Wat vertalings, veral vanuit en na Nederlands betref, is dit ongelukkig so dat daar al hoe minder vertalings op die mark kom. Ek glo dat die verkoopsmoontlikhede en die ekonomiese klimaat hier ’n bepalende rol speel. Dit is jammer vir diegene wat graag vertaalde werke lees, en ook vir die vertalers. ’n Mens kan maar net hoop dat die kundigheid op die gebied van vertaling waarna jou artikel verwys, nie verlore sal gaan nie. As iemand wat reeds lank in die SA literêre bedryf werksaam is, moet ek ongelukkig sê dat bitter min mense vertaalde werk lees – selfs literatore! Dalk word die Europese ruimte en kultuur vir ons in Afrika eenvoudig te vreemd.
Die vertaalprojek van Antjie Krog en Marni Bonthuys is ’n lofwaardige projek wat voldoen aan die vereistes wat aan universiteite gestel word om navorsing te onderneem wat die belange van gemeenskappe waarbinne hulle geleë is, dien. Daarbenewens behoort ’n nuwe lesing van die Nederlandse werke nuwe dimensies en betekenismoontlikhede bloot te lê. Die Kaapse dialek beskik immers oor uitdrukkingsmoontlikhede wat Nederlands nie het nie. Dit behoort interessant te wees hoe die studente die gedigte interpreteer en hoe hulle lesing afwyk van die “standaard-lesing” binne die Eurosentriese kultuurgemeenskap.
Tot slot. Versindaba is een openbaar forum voor discussie over en publicatie van Afrikaanse (en Nederlandse) poëzie. Ben je tevreden over de weerklank en de respons, behalve dan van de schare vaste medewerkers, de usual suspects, die soms vooral met elkaar in gesprek zijn? Hoe ruim schat je dat doelpubliek in? Weet je hoe de groep van lezers is samengesteld (volgens leeftijd, gender, klasse, etnische diversiteit)? Zo niet, wordt daarvoor een peiling of bevraging ondernomen? Is jouw streven als inhoudsbestuurder het platform verder uit te bouwen tot een belangrijke(r) speler op het gebied van de poëzie(beschouwing)? Moet de blog niet verder uitbreiden, méér naar schrijvers van kleur, met oog voor culturele diversiteit en meerstemmigheid op poëticaal-esthetisch vlak en ook etnisch-cultureel? Mijn indruk is dat veel uitgeversinitiatieven, zeker wat eigen beheer betreft en aangeboden (te betalen) professionele begeleiding, eenkleurig witte aangelegenheden zijn. Zoals gezegd soms gespeend van literair talent. Terwijl de vitaliteit van de Afrikaanse dichtkunst nu net te situeren is bij bruin en swart schrijvers. Antjie Krog zegt wellicht terecht dat die veelstemmigheid de toekomst is van de Afrikaanse literatuur. Ze ligt in de handen van bruin en swart schrijvers. Deze schrijvers, waaronder Veronique Jephtas, Lynthia Julius, Ronelda Kamfer, Jolyn Phillips en vele anderen, komen nauwelijks aan bod op Versindaba. Zijn er pogingen om deze inclusiviteit (van diverse aard) pro-actiever na te streven en dus de polyfonie van de Afrikaanse poëzie in de breedst mogelijke zin, linguïstisch en cultureel, te laten klinken?
Yves, dit is so dat daar altyd ruimte vir verbetering en verandering bestaan. Sekerlik sal jou aanbevelings lei tot ’n meer geskakeerde gesprek op Versindaba en ek is dankbaar daarvoor. Ek probeer wel om nuwe deelnemers te werf deur temas vir bespreking aan die hand te doen en kompetisies uit te skryf en dit lyk asof dié pogings stadig vrugte afwerp. Onthou ook dat ek met beperkte (finansiële) middele moet werk en dat akademici oor die algemeen oorwerk is. Maar weer: ons primêre doel is nie om, as ’n soort duplisering van LitNet, literêr-teoretiese gesprekke van akademiese aard te fasiliteer en op die voorpunt van vernuwing te staan nie, maar om digters ’n platform te bied om hulle gedigte in die openbare domein te plaas.
Ons Facebook-blad met meer as 2 000 “vriende” behoort ’n aanduiding te gee daarvan dat Versindaba gelees word deur ’n groot verskeidenheid lesers wat alle groeperinge binne SA verteenwoordig. Ons skrywers is meestal Afrikaans- of Engelssprekend, maar geen navorsing is nog oor die groep as geheel gedoen nie. Ons kry bydraes van studente, gevestigde akademici, digters (jonk en oud; gepubliseerd en ongepubliseerd) en ingeligte sowel as professionele skrywers.
Jy is reg dat uitgewers hoofsaaklik die werk van skrywers uitgee wat skryf in die tale wat deur relatief baie lesers gelees word. Ek is die afgelope 15 jaar en langer betrokke by dergelike gesprekke op baie hoë vlak en telkens kom mens by die antwoord uit dat uitgewers besighede is en nie welsynsorganisasies nie. Hulle publiseer dit waarvoor daar ’n mark is. Die staat beloof wel gereeld hulp, maar wag dat voorstelle op die tafel geplaas word deur diegene wat by bemagtiging wil baat – d.w.s. konkrete, werkbare voorstelle. En natuurlik vir geld van die private sektor.
Wat betref bevordering en bevoordeling van een bepaalde groep skrywers en die teorieë en ideologieë waardeur hulle werk tipies bespreek word, kyk ek vanuit ’n wyer perspektief. Versindaba word reeds sedert ek die webwerf oorgeneem het, deur AVBOB befonds – een van ons grootste borge. Uit die aard van ons verbintenis met AVBOB is ons ook betrokke by die AVBOB Poetry Project waaraan alle digters van Suid-Afrika kan deelneem en waar elkeen van die elf amptelike tale ’n plek in die jaarlikse uitgawe van die I wish I’d said-bundels kry. In hierdie bundels verskyn Engelse vertalings van al die gedigte en dié projek lê my net so na aan die hart as vertalings uit en na Europese tale, aangesien Suid-Afrikaners tot nog toe só min van mekaar en mekaar se kultuur, kuns en kunsbeskouings geweet het. Jy sou ook opgemerk het dat ons elke maand AVBOB se mediaverklaring plaas waarin aan digters uit alle amptelike tale ’n stem gebied word. Myns insiens is dit juis in soortgelyke projekte, waarin nié voorkeur gegee word aan één etniese groep of taalvariant of inheemse taal nie, waar ware vitaliteit te vinde is. Afrikaanse digters kry deur hierdie kort artikels die geleentheid om met digters en denkers wat meer as 60 miljoen landsgenote verteenwoordig, kennis te maak en deur hulle werk verryk te word – dit sluit in digters wat in Kaaps dig en gereeld in die AVBOB-bundels opgeneem word.
In my kapasiteit as jarelange lid van die literêre adviespaneel van die Minister van Kuns en Kultuur wat onder andere pryse vir literêre werke in al elf die landstale toeken, het ek geleer dat die begrip “bemagtiging” met groot omsigtigheid bejeën moet word. Uit talryke gesprekke en debatte het dit altyd weer geblyk dat skrywers wat skryf in tale wat ernstig bedreig word, soms semi-ongeletterd is, orale kuns skep, in die deep rural woon en selfs sukkel om papier in die hande te kry, juis nié “bemagtig” wil word nie. Vir baie swart akademici en vir skrywers self, is die begrip “bevordering/bemagtiging” gelykstaande aan die aanname dat die persoon wat “bevorder/bemagtig” word, minderwaardig is en “opgehef” moet word om as kunstenaar in eie reg aanvaar te word. Ek het in dié verband dikwels met die wyse Bra Willy (Keorapetse Kgositsile) gesprek gevoer. Elke bekroonde skrywer wil die aand wanneer die pryse oorhandig word, in eie reg op die verhoog staan saam met die ander pryswenners en weet dat hy/sy sélf daar gekom het en nie omdat ’n komitee hom/haar tot daar “bevorder” het, óf net omdat sy/haar werk polities korrek is nie.
Natuurlik is dit so dat hulp en ’n hupstoot altyd welkom is, maar dan vir almal wat dit nodig het. Daar is baie jong skrywers in Afrikaans en ander landstale wat ’n groot toekoms het en ’n beduidende bydrae lewer ten opsigte van die voortbestaan van die taal waarin hulle kuns skep – ook in die noorde en die ooste van die land. Ek sou graag wou sien dat meerstemmigheid en kulturele diversiteit bereik word deur alle letterkundes van Suid-Afrika in literêr-teoretiese beskouinge te integreer wat ’n belangrike voedingsbron vir alle digters van ons land kan word.
Daarmee wil ek nie sê dat inklusiwiteit met die fokus op skrywers in Kaaps onbelangrik is nie, maar soms voel ek dat taalvariasie slegs ter wille van taalvariasie geroem word, en dat gedigte as kunswerke ’n sekondêre plek inneem in die gesprek. Of dat sweeping statements gemaak word aangaande die velkleur van ’n digter of die taalregister/-variant waarin hy/sy skryf en dat die invloed wat Bantoetale op Afrikaanse digters kan en moet uitoefen, onderskat of onder die mat gevee word. Ek erken graag dat die skrywers na wie jy verwys as ’n belangrike groep digters in Afrikaans bekendheid verwerf het en dat ondersoeke na hulle werk noodsaaklik is. My indruk is ook dat dié skrywers reeds aandag en steun in SA én in die buiteland geniet en dat daar reeds ’n hele korpus akademiese werk oor hulle bestaan, wat myns insiens gerus aangevul kan word deur klem op ander verruimende invloede wat die Afrikaanse digkuns nuwe woema kan gee.
My antwoord aan jou is dus: Ek bevorder graag diegene wat bevorder wil en moet word met die middele tot my beskikking. Ek het waardering vir die skrywers wat jy hierbo noem en waar hulle werk aan die klassieke en hedendaagse kriteria vir poësieskepping voldoen, gee ek graag op Versindaba erkenning en ruimte daarvoor. In die toekoms sal Versindaba nog meer as voorheen poog om inklusief te wees deur ’n groter platform te bied vir diskussie oor alle letterkundes van hierdie pragtige land.
Met waardering, Marlies. Veel dank voor de gedachtewisseling.
Lees ook:
Marlene van Niekerk en de Gentse Leerstoel Zuid-Afrika: talen, literatuur, cultuur en maatschappij