Riverhide: Rivierwegkruip laat die stres verdwyn
2025-08-12"’n Langnaweek-wegbreek wanneer ander mense werk, omdat jou kop en lyf suf is, moet spesiaal wees. Riverhide tussen Swellendam en Bonnievale is dit toe beslis ... Die naweek begin wanneer die eerste WhatsApp deurkom met: 'Waar trek julle?' want almal ry uit verskillende rigtings na een bestemming."
Hoog in die takke ... nee, lug, onder die wolke
2025-08-07"Die strewe na die hoogste piek, die hoogste gebou, die hoogste woonstel of die hoogste toring is so oud soos die mensdom self. My enigste aanspraak op die oorwinning van hoogtes is die drankies en kougoed wat ek al in baie hoë kroeë – dikwels in geboue se dakrestaurante – geniet het."
Aan die voete van Napoleon se doodsbed
2025-08-05"Dis enkele dae nadat Napoleon Bonaparte – die uitgeweke keiser van die Franse – 204 jaar gelede op 5 Mei 1821 op St Helena-eiland oorlede is, dat ek by die staanhorlosie wat langs sy bed gestaan het en op 17:49 deur sy kneg Jean Marchand gestop is, vassteek."
Abu Dhabi is ook smulpaap-hemel
2025-07-23"'Min mense reis na Abu Dhabi vir die kos,' hoor ek ’n kollega wysneusig sê. Ek glimlag net in my mou, want dié stad spog met 48 Michelin-gids-restaurante en waar op aarde wil jy lekkerder dadels of koffie kry, of ’n beter samesmelting van die speserye van die Ooste en die Midde-Ooste," skryf Maryke Roberts.
Salsify, die see en die magiese getal ses
2025-07-10"Vanjaar beproef ons die bekroonde Salsify at The Roundhouse, wat ’n paar weke voor ons besoek aangewys is as die Eat Out-restaurant van die jaar; drie sterre behaal het; en by die Luxe Restaurant-toekennings ook drie sterre behaal het. Ons verwagtinge is in alle opsigte oortref."
Die Palm House Boutique Hotel and Spa is ’n statige dame
2025-07-03"Met haar pragtige kurwes, verstaan ek heeltemal hoekom die Nederlander Max Jong en Kapenaar Shelagh Wood hul harte in 2023 op dié praggebou verloor het. Dit was eens ’n statige woning, maar nou blom sy as boetiekhotel. Onder hul keurige sorg is sy tot haar volle glorie herstel en gereed vir die volgende 125 jaar!"
Korea en Japan: Word deel van die geskiedenis aan boord ’n luukse skip
2025-07-02"Die gebeure van die Tweede Wêreldoorlog word dikwels net in boeke en flieks en dokumentêre films aan mens ontbloot. ... Maar dan staan jy eendag danksy ’n bootvaart tussen die Japannese eilande op die drumpel van dié gebeure en die nagevolge ruk jou 80 jaar later asof jy dit self ervaar het."
Chardonnay ’n staatmaker danksy twee pioniers
2025-06-20Met Internasionale Chardonnay-dag wat op 22 Mei gevier is, was dit heel gepas dat mens hulde bring aan die pioniers wat hierdie druifsoort na Suid-Afrika gebring het en boonop wêreldklasstatus gegee het. Chardonnay is die tweede grootste witdruifaanplantings ter wêreld.
Stap vir geregtigheid én studenteregte
2025-06-19"Die vierde Maatskaplike Geregtigheid-staptog is Maandag 16 Junie, Jeugdag, in Stellenbosch gestap. Dis ’n inisiatief van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid en die 13 kilometer-staptog van Stellenbosch na Kylemore via die historiese Ou Helshoogtepas is daarop gemik om fondse in te samel vir die #Aksie4Insluiting- (#Action4Inclusion-) inisiatief."
Vier vanjaar Internasionale Chenin-dag met ’n besondere vrou in gedagte
2025-06-11"Anna de Koning is amper ’n Suid-Afrikaanse Aspoestertjie-verhaal [...] Sy was Suid-Afrika se eerste vroulike grondbarones van kleur [...] Wynliefhebbers kan ’n heildronk op die merkwaardige Anna kom drink wanneer die huidige oesjaar van die Anna de Koning Chenin Blanc op vanjaar se #DrinkChenin-dag, Saterdag 14 Junie, op die plaas [Phesantekraal] te proe is."
Gaan verken die wonderlike oud en nuut van Dubai
2025-06-05"Dis danksy ’n vriendin se seun se vertellinge oor die Dubai Esports en Aanlynspeletjiesfees wat van 25 April tot 11 Mei gehou word en waarheen hy graag wil gaan, dat ons besluit om op te lees oor wat alles in die stad te sien is. Ons vlieg met Emirates en staan vir ’n dag en ’n half oor en kuier in Dubai, voor ons aanskuif na die stad se meer besadigde buurman, Abu Dhabi."
Dertig jaar van demokrasie met kuns vertel
2025-05-27"Op die vooraand van die 31ste viering van die demokratiese Suid-Afrika op 27 April staan ek in die groot uitstalsale van die museum van die Norvalstigting in Tokai, Kaapstad voor die werke wat deel vorm van We, the people: 30 years of democracy in South Africa. Liese van der Watt is die kurator en die fokus is om drie dekades van die Suid-Afrikaanse demokratiese reis en die land se transformasie deur magtige visuele kuns te vertoon."
Museums moet inklusief word en die jeug betrek om dit te bereik
2025-05-16"Baie museums is stowwerige, donker plekke waar uitsluiting – eerder as insluiting – die wagwoord is. Dit is dus ook dikwels nie op jongmense se radar wanneer ’n nuwe omgewing verken word nie. Met Internasionale Museumdag wat op 18 Mei gevier word, bring dit weer museums in die kollig. Die dosente van die Stellenbosch Academy of Design and Photography het besluit om hierdie dilemma met ywer aan te gryp en jongmense by ’n interessante projek te betrek, naamlik “Imagine a just future”, ’n projek vir hul derdejaarstudente."
Ontvlug na tradisie by Vriesenhof
2025-05-14"Die nuwe restaurant in die ou plaashuis op Vriesenhof buite Stellenbosch is heel gepas genaamd Die Stoep. Hier verlustig jy jou nie net in die plaas se bekroonde wyne, die wonderlike geregte uit die kombuis, of deel jy in ons erfenis nie, jy word een met die portretagtige landskappe wat deur die reusevensters omraam word."
Grootste park in Zimbabwe, grootste vreugde
2025-04-30"Die ses wildkykvoertuie, wat elkeen 10 gaste kan akkommodeer, het net ses mense elk op."
