"Erfenis" kry hier nuwe betekenis
2024-10-17"Alles is ontwikkel om jou sintuie én brein te stimuleer. Daar is geluide en tasbare uitstallings, klanke en klieks, en dis soms moeilik om te glo jy is so naby aan die Moederstad, want dit voel asof jy honderde jare gelede in die rooi duine van die Noord-Kaap dwaal met ’n boog op jou rug en ’n volstruiseierdop vol water."
Dis nou koserfenis hierdie!
2024-10-09"Die geregte kom een na die ander: garnaal-en-avokadokelkie, toe blatjanghoender en skaapboud in ’n degie; brosgebraaide aartappels met parmesaan; pampoenpoffertjies; en natuurlik vir nagereg, melktert; stroperige lemoenballetjies; malvapoeding; dik tuisgemaakte vla; en tuisgemaakte roomys met Ideal-melk in – soos my oorlede mamma dit in die sewentigs op Upington gemaak het, toe ons ook nie ’n koei, vars suurlemoen of Woolies gehad het nie. Ai, die verlange!"
Waarlik die mooiste dorpie nog!
2024-09-25"Collonges-la-Rouge is beter bekend as die 'Stad van 25 torings' hoor ons sommer met die intrapslag by ’n Le Cantou-restaurant-kelner wat tafels skoonmaak. Maar van 'stad' en al daardie torings weet ek nie … Dit voel soos ’n filmstel van ’n plattelandse dorpie, met ’n paar mense wat vir die paar uur terwyl jy daar kuier, in winkels en restaurante werk omdat hulle nét vir jou gewag het."
Betowerende botaniese tuine bied skuiling in die stad
2024-09-18"Ek hoor toevallig hoe iemand oor koffie vir ’n ander vertel van navorsing wat hulle raakgelees het oor die verband tussen die rol van botaniese tuine as bewaarders van plantspesies én as bydraers tot ons geestesgesondheid. En dit laat my gedagtes ver loop oor die rol van botaniese tuine in my eie lewe die afgelope paar jaar."
Herlewingslandbou hier die wagwoord – en jy kan dit proe!
2024-09-13"Die groenpionier agter die herlewingslandbou, Farmer Angus, oftewel Angus McIntosh, het vertel dat herlewingslandbou op gesonde grond berus. Hy woon op Spier en het die afgelope paar jaar bekend geword vir sy groener boerderymetodes. Hy vertel: 'Gesonde grond beteken gesonde plante, wat gesonde diere beteken, en dit beteken weer gesonde mense en ’n gesonde samelewing en uiteindelik ’n gesonde aarde.'"
Magiese markte
2024-09-05"Daar is die reuke van vars seekos iewers agter in ’n hoek, beleë kase nader aan jou neus. Dit meng met die reuk van risotto of paella wat in groot panne gebraai word, terwyl vars blomme die tikkie sagtheid bring. Iemand maal koffiebone..."
Ontdek die Moederstad se uitsonderlike vroue
2024-08-16"Tussen vertellinge van hul ma’s en oumas en kosherinneringe deur, verklap Berene dat haar ma, Ree, en ouma, Rebecca, dikwels die voetpad van Tesselaarsdal na Stanford gestap het om te gaan handeldryf oor die berg. Vandag is dié roete bekend as die Haarkapperroete, vertel sy. Hul twee figuurtjies is op haar wynetiket."
Vind jouself weer in die Klein Karoo
2024-08-07"Ons uiteindelike bestemming is Vanwyksdorp, maar die reis waarop ons nou is, is waaroor dit eintlik gaan: die bestemming nie nou tersaaklik nie." Mens vind jouself weer in die valleie van die Klein Karoo, het Maryke Roberts weer besef ná agterpaaie en heilige dae buite Vanwyksdorp.
Slawerny is steeds deel van ons
2024-08-06"Hoe ironies dat jy daar in die Slawelosie staan, ’n plek van soveel hartseer, maar wat nou die verlede ontbloot om heling te bring."
Weelderige Oudtshoorn-volstruisvere weer op die wêreld se lippe
2024-08-02"Oudtshoorn is een van ons gunsteling-kuierplekke met soveel historiese plekke wat behoue gebly het – veral uit die florerende volstruisgolf van ’n eeu gelede. Vandeesmaand is die dorp weer op die voorgrond: Die gewilde Klein Karoo Klassique word hier gehou én die wêreld neem weer notisie van die volstruisdorp, danksy die Netflix-reeks Bridgerton."
Oud en nuut neem sommer lekkerbekkig hande op Vergelegen
2024-07-23"Ek gaan stap weer deur die tuin; kyk hoe die son deur die kamferbome dans, die voëls in die vlak dammetjies baljaar en hoe toeriste kraai van plesier soos hulle om hoekies en draaitjies stap en net nog mooier tonele sien. Ek sien uit na die volgende 30 jaar se ontdekking, vernuwing en avonture hier, maar ook om te sien hoe die plaas steeds sal terugkeer na die ryk erfenis wat só deel van ons almal se murg geword het."
Madiba se invloed strek wyd
2024-07-18"Nelson Mandela, of Madiba soos dié pa van demokrasie onder sy stamnaam alombekend is, sou op 18 Julie vanjaar 106 jaar oud gewees het en regoor die wêreld word daar allerhande dinge beplan om sy gesindheid van barmhartigheid te gedenk."
Earthbox: Eetervaring onder die grond bring nuwe perspektief
2024-07-12"Ek kan nie anders as om te dink dat hierdie uitgrawing werklik ’n tydkapsule is nie. Dit wys vir ons hoe die aarde miljoene jare gelede gelyk én gevorm het."
Sprokieskuier in die hartjie van Parys
2024-07-08"Ons gaan soek al die ou restaurantjies wat in nou deurgange tussen straatblokke ingedruk is. Hele klein ekonomieë gedy hier in meters van marmer en ou koper en eeue-oue glas. Dit voel asof die aandag aan dekordetail by ons hotel net weer ons liefde vir Art Deco en Art Nouveau verdiep het."
Jong sjef oortref in die vlaktes
2024-07-02"As jy my sou vertel dat ek in die middel van die mooie savannavelde van die Waterberge dié innovasie met kos sou kon ervaar, het ek jou beslis nie geglo voor my besoek aan die Kingfisher Villa in Mabula-natuurreservaat nie!"
