Salige Stanford
2020-07-24Die wynroetes in en om Kaapstad, Stellenbosch en die Paarl, is gesogte trekpleisters en heerlike dag-uitstappies as jy in die Boland vertoef. Maar soms is daar geheimenisse van ander wingerde net oor die volgende heuwel wat wag om ontdek te word – soos die lede van die Stanford Wynroete – skryf Maryke Roberts, wat vir drie dae (vóór die inperking) daar gaan asemskep het.
Neem die Kaapse wynlande saam wildtuin toe!
2020-07-16"’n Jaar gelede, toe die winter in die Kaap reën en koue bring, het ek die laaste besprekings vir ’n Bosveld-vakansie so al om die Krugerwildtuin in die noorde van die land bevestig. Met inperking is daardie reis nou een van die kosbare herinneringe wat soveel mense staande hou in hierdie onsekere tye. Met ’n glas Kleine Zalze Vineyard Selection voor my kaggel in die Kaap herleef ek weer elke oomblik."
Fokus: Jurjen Kramer van Jislaaik Wines
2020-06-02Dis nie aldag dat jy ’n Nederlander kry wat liries is oor Suid-Afrikaanse wyn en boonop elke jaar in die Kaapse wynlande kom druiwe pars nie. Maar Jurjen Kramer is nie sommer enigeen nie, het Maryke Roberts gou van dié inwoner van Berg aan de Maas en eienaar van Jislaaik Wines ontdek.
Sjef rol nou moue vir kosskema op
2020-05-06"’n Span van 200 vrywilligers werk nou daagliks saam met Margot Janse om meer as 500 kospakkies gereed te maak vir weeklikse aflewering. Die skole in Suid-Afrika is al vir bykans sewe weke gesluit en Isabelo se skoolvoedingsprojek kan dus nie normaal voortgaan nie; hulle wy hulle nou toe aan die Disaster Management Franschhoek-projek." Maryke Roberts gesels met Nederlands-gebore sjef Margot Janse, wat al verskeie male as een van Suid-Afrika se top sjefs gekroon is.
So ry ons wynproe so ...
2020-03-20Die pragtige grasgroen heuwels van KwaZulu-Natal so ’n uur of twee uit Durban is ’n ongewone plek om rye en rye wingerde te sien, maar hier is uitsonderlike wyne wat al meer die oog van wyntoeriste vang, skryf Maryke Roberts nadat sy in en om die Midlands Meander gekuier het.
Die Toyota US Woordfees se Nederlandse niggie
2020-03-19"Dit is altyd goed en gesond om jou kultuur deur ander mense se oë te sien en ’n vars perspektief te kry." – Saartjie Botha, direkteur: Toyota US Woordfees en WOW. Suid-Afrikaanse en buitelandse skrywers, sprekers en besoekers met ’n passie vir Afrikaans en Nederlands het aan die suidpunt van Afrika byeengekom vir die 21ste Toyota US Woordfees, wat onlangs op Stellenbosch ten einde geloop het. Met meer as 1 200 aanbiedinge wat oor 10 dae aangebied is, was dit die grootste fees nog. Maryke Roberts vertel meer.
Ontdek Het Land van Waveren – oftewel die pragtige Tulbaghvallei
2020-02-05"Omlyn deur die persblou Obiqua-, Groot Winterhoek- en Witzenberge, wat met fynbos soos ’n groen fluweelkleed aan hul voete alles bedek, lê die historiese nedersetting wat in 1700 met 14 boere se vestiging in die Land van Waveren-kom ontstaan het."
Halfeeu én nuwe era wink vir Suid-Afrika se eie Cap Classique Woorde
2020-01-10"Geen geleentheid is afgerond sonder ’n glas vrolike, bruisende, vonkelwyn nie en Suid-Afrika se eie Kaapse Méthode Champenoise – bekend as Cap Classique – vier in 2021 sy 50ste verjaardag."
Pak jou tas: Piekenierskloof
2019-12-20"In hierdie pragtige heuwels en klowe, groei van Suid-Afrika se oudste wingerde en word bekroonde wyne gemaak."
Pak jou tas: Plettenbergbaai
2019-10-23Vir baie mense is Plettenbergbaai teen die gewilde Tuinroete die plek van son en see en skemerkelkies oor somervakansies. Maar met die Plett Wynroete wat nou volwaardig op sy eie voete staan, is die streek nou dié kuierplek as al die sonsoekers huiswaarts gekeer het, skryf Maryke Roberts.
Betogings bring tersaaklikheid van boekfeeste en gesprekke sterk na vore
2019-09-17"Frankie Murrey, Open Book-feeskoördineerder, sê dat hoewel daar soortgelyke feeste elders in die wêreld aangebied word, Open Book uniek is in terme van die diversiteit van die program wat aangebied word. 'Die kern van dit wat ons doen, is om mense se horisonne te verbreed wanneer hulle aan boekfeeste dink. Open Book is ’n ruimte waarin mense veilig en inklusief moet voel. Dit moet opwindend wees én voel asof dit net in Kaapstad kan gebeur'."
Lorraine Immelman stig Suid-Afrika se grootste internasionale wynkompetisie
2019-08-28Dit is vroue soos sý wat Suid-Afrikaners elke jaar in nasionale vrouemaand in Augustus huldig. Die Michelangelo Wyn- en spiritualieë-toekennings het verlede jaar Suid-Afrika se grootste internasionale wynkompetisie geword, met 2 244 inskrywings van 16 lande. En agter hierdie suksesstorie staan een vrou, Lorraine Immelman, wat dit 23 jaar gelede uit niks nie opgebou het, vertel Maryke Roberts.
Suid-Afrika se Top 10-Pinotage-wenners aangekondig
2019-08-19"Pinotage, Suid-Afrika se unieke druifkultivar wat in 1925 deur Abraham Izak Perold tussen Hermitage (Cinsaut) en Pinot Noir gekruis is, het die afgelope twee dekades ’n internasionale gunsteling geword. Die Absa Top 10-Pinotage-wenners is verlede week by die historiese landgoed Boschendal, tussen die Paarl en Stellenbosch, aangekondig."
Gin en Nederlandse herkoms by Afrikaanse kunstefees gevier
2019-07-19"As jy gaan kyk na die afgelope paar jaar se gin-malligheid wat ook Suid-Afrika beetgepak het, kan jy nie anders as om te gaan kyk waar presies gin, of jenewer, sy oorsprong gehad het nie. Ons het natuurlik vir Nederland hiervoor te bedank." Maryke Roberts gesels met Natascha C.
Kleine Zalze-wynlandgoed vir tweede agtereenvolgende jaar wêreld se beste
2019-06-27"Kleine Zalze-wynlandgoed buite Stellenbosch het Suid-Afrikaanse wyne aan die voorpunt van een van die wêreld se grootste en begeerlikste markte gehou deur te vermag wat geen ander inskrywer in die multinasionale Sommelier Wine Awards (SWA) in die VK nog ooit tevore kon nie: Dit is vir die tweede agtereenvolgende jaar as Beste Nuwe Wêreldprodusent aangewys en ’n derde maal in totaal, nadat dit die titel ook in 2015 ingepalm het."