Geskiedkundige jaar vir dorp én wynplaas
2025-03-26"Die jaar 2025 is vir Durbanville, buite Kaapstad, ’n besondere jaar: Die voorstad vier op 1 April sy 200ste verjaardag en die Durbanville Wynvallei se plase vier dit op 10 en 11 April behoorlik met verskeie aanbiedinge vir wynliefhebbers. Op 2 Mei vier die wêreld Internasionale Sauvignon Blanc-dag – die druif waarvoor hierdie vallei sekerlik die bekendste is."
Simposium poog om dialoog op Afrika-kontinent te bewerk
2025-03-20"Verteenwoordigers van drie Suid-Afrikaanse instellings was verlede maand deel van paneelbesprekings by ’n simposium, African museums: today and tomorrow, wat in Abu Dhabi gehou is ... Dit was ’n geskiedkundige simposium waar 32 sprekers van 30 instellings, soos museums en galerye uit Afrika, hul stories kom deel het."
Unieke uitstalling in Midde-Ooste fokus op Afrika-kuns
2025-03-17"’n Unieke omvattende uitstalling – ’n eerste van sy soort wat net op Afrika-kuns fokus – het pas by die Louvre Abu Dhabi geopen. Kings and queens of Africa: Forms and figures of power is ’n tydelike uitstalling wat deel vorm van die museum se doelstelling om kruiskulturele interaksies – oor die verhale van menslike kreatiwiteit wat kultuur, beskawing, tyd en plek oorskry – uit te beeld." Maryke Roberts gesels met die vervaardigers van dié uitstalling.
Geskiedenis by La Motte met moderne flair gehuldig
2025-03-11"Die La Motte-span het besluit om die La Motte-oeservaring aan die publiek te bied, om deel te wees van die wynlande se spesiale oestydvreugdes, te deel in die seën van die oes, die somerskoonheid van die Franschhoekvallei en die passies van die La Motte-familie eerstehands te ervaar."
Toe nie wilder as wild by Wildekrans!
2025-03-07"Drie salige dae by Wildekrans-wynlandgoed buite Botrivier is net wat ’n moeë stadsiel nodig het. En boonop is dit net ’n katspoegie van Kaapstad af, wat beteken jy is op die plaas nog voor jou agterwêreld in die motor deurgesit is."
Openbare ruimtes word met kuns versier
2025-03-04"Die eerste Openbare Kuns Abu Dhabi Biënnale (PAADB) is tans in die strate, parke en binnehowe van Abu Dhabi onderweg en duur tot 25 April. Die kleurvolle installasies maak die mooi sypaadjies en ruimtes nog mooier en bring kuns na Jan Alleman," skryf Maryke Roberts ná ’n besoek aan dié woestynstad.
Glaskas in die woud lawe die siel
2025-02-20"Ek sit met my voete in die koue bergwater; gooi klein ronde klippies dat dit hop oor die water; fluistersê die rympie: 'koei, kalf, een, twee, drie emmers melk ...' soos in my kleintyddae saam met my pa op die plaasdam se wal, waar my oupa-hulle bywoners was. Tyd staan dan stil."
Tallinn: Broosheid en heldedade in die toenmalige Oosblok
2025-02-14"Ons het ’n fassinasie met die voormalige Oosbloklande – asof enige besoek daar jou herinner aan die dae van Russiese spioene en afluisterapparate en dramas op die televisie. ... As dit nie vir die ligskakelaars, kragproppe en moderne blompotte was nie, kon jy regtig in enige eeu vasgevang wees."
Palings kom op buitengewone maniere oor ons pad
2025-02-04"Twee baie uiteenlopende gebeure rondom palings lei toe tot ’n interessante ontdekking oor dié visspesie waaroor daar eintlik baie min te wete is én bring ons al die pad tot op Stilbaai, ’n paar maande voor Wêreldpalingdag op 17 Mei gevier word. Palings is ’n bedreigde spesie en dié dag wil bewustheid kweek oor die uitdagings wat palings in die gesig staar."
Boere-braai in die Boere-Bahamas
2025-01-22"'Kobus Botha, vars van Frankryk, kook in Suid-Afrika se Boere-Bahamas en jy is genooi.' Wie sal nee dankie sê vir die kans om die gewilde Kokkedoor vuur en vlam-beoordelaar se kos op die wit sand van Saldanhabaai (Kobus noem dit Boere-Bahamas) te geniet?"
Ishigaki, deurgang na die Yaeyama-eilande
2025-01-15"Dis ons derde dag aan boord die luukse Norwegian Spirit op die Suid-Chinese Seevaart van 13 dae toe ons vroegoggend ons kajuit se skuifdeur oopstoot en die loom briesie die gordyne roer. Buite roep Ishigaki ons name."
Mooie Mauritius het ’n interessante geskiedenis
2025-01-07"Hierdie migrasie het die lewendige, multikulturele samelewing geskep waarvoor Mauritius vandag bekend is, met Indiese, Afrika-, Chinese en Europese invloede wat mettertyd saamgesmelt het."
Ongewone ontwerpsentrum ook tuiste van ongewone installasies
2025-01-02"Sy sien die vraagtekens op ons voorkoppe en verduidelik dat amorfies beteken die gebou het geen definieerbare vorm nie en met atipies bedoel die ontwerper dat die gebou anders is as wat normaalweg met gebou-ontwerp bedoel word."
Cap Classique sit vonkel in die feestyd
2024-12-24"Die geheim van Cap Classique is sy veelsydigheid: Dis nie net by bykans enige maal ’n lekker kos-pasmaat nie, dit kom in soveel verskillende style, dat jy dit heeljaar kan drink."
Middelburgstasie: Nostalgie op ’n treinperron
2024-12-20"Dis werk aan ’n televisiereeks wat my die eerste maal in my lewe van die N4 laat afdraai en in Middelburg, Mpumalanga tot stilstand bring. Maar nie sommer enige plek in die dorp nie, o nee, by die stasie. ’n Sierlike sandsteengebou van 130 jaar oud, wat sy bestaan te danke het aan ’n Nederlandse maatskappy van ’n vorige lewe," skryf Maryke Roberts.
