De Wetshof gooi gewig agter bewaring van bedreigde berghaan
2024-12-11"Die majestueuse roofvoël, in Engels bekend as ’n bateleur, het De Wetshof se ikoniese Bateleur Chardonnay geïnspireer."
Skepselkos: Plantgebaseerde kookboek weer ’n wegholtreffer
2024-12-10Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren gesels met Maryke Roberts: "Koop liewer by die plaaslike mark, of by die boer of by die kleiner winkels wat vars produkte voorsien. Nog beter: Plant iets in jou tuin of op jou balkon. Dit klink na ’n feëverhaal, maar as jy begin rondkyk, sien jy dat die meeste van wat ons nodig het, op ons drumpels beskikbaar is."
Ikone van straatkuns onder een dak
2024-12-04"Soos ons deur die uitstalling stap, besef ek ook hoeveel van die ander straatkunstenaars se werk is al só deel van die kunslandskap dat mens meer bekend is daarmee as wat jy besef."
Notre-Dame herrys wéér
2024-12-02"... Ek weet hoe spesiaal dit is om ’n reuse katedraaldeur oop te stoot – die handvatsel blink gevat; die drumpel holrug getrap; die hout donkerder bo waar geen volson kom nie. Om binne op die houtbankies te sit wat al houding het, ongelyke vloerteëls koel onder jou voete en die gedagte van bykans 1 000 jaar se gebruik alomteenwoordig."
Bewaring en voortreflike kos op een bord
2024-11-29"Toe Ocean Basket twee somers gelede ’n wyer verskeidenheid seekos, waaronder heel seebrasem, begin bedien het, is dit só goed ondersteun dat hul hele voorraad binne ses weke uitverkoop was. Om ’n hele vis te eet is ’n meer volhoubare en minder verkwistende manier van verbruik."
Wonderlike kulinêre geheime wag in Brive en omstreke in Dordogne
2024-11-20"Périgord is bekend vir sy kookkuns, veral sy eend- en gansprodukte, soos confit de canard en foie gras. Périgord-wyne sluit Bergerac en Monbazillac in."
Reddingsbaadjies as sosiale kommentaar
2024-11-12"Jy vertrek van Ísafjörður per ferrie en die rit na Kvíar oor die ysige potblou see duur ongeveer ’n uur. As jy terugkyk na die land wat bo die skuimstreep agter die klein bootjie kleiner word, voel jy waarlik nietig."
Kersies aansteek bring innerlike vrede
2024-11-05"Aan die voete van die wêreld se grootste brons Boeddha, Vairocana, in die wêreld se oudste houtstruktuur, die Tōdai-ji-tempel, stoot ’n beampte die spierwit kersies in ’n houtboksie reg. So vinnig as wat hy regstoot, so vinnig neem hande die kersies en steek hulle aan. Ek wonder hoeveel kersies hy daagliks uitpak en regpak."
Jeju-eiland: Suid-Korea se geheime juweel
2024-10-30"Die eiland is ongeveer twee miljoen jaar gelede deur die uitbarsting van ’n onderwatervulkaan gevorm en is ’n natuurlike wêrelderfenisgebied. Die Jeju- vulkaniese eiland en lawabuise, wat in die botaniese park te sien is, was die rede hoekom ons juis hierdie uitstappie gekies het."
Laat die Hanrivier en eggo’s van lag ’n Seoel-simfonie speel
2024-10-21"Die tydjie hier was een groot verrassing met net genoeg tegnologie en bereikbaarheid; net genoeg tradisie en ouwêreldse sjarme; net genoeg stad en net genoeg tuine, woude en berge waarheen jy kan ontsnap om asem te skep."
"Erfenis" kry hier nuwe betekenis
2024-10-17"Alles is ontwikkel om jou sintuie én brein te stimuleer. Daar is geluide en tasbare uitstallings, klanke en klieks, en dis soms moeilik om te glo jy is so naby aan die Moederstad, want dit voel asof jy honderde jare gelede in die rooi duine van die Noord-Kaap dwaal met ’n boog op jou rug en ’n volstruiseierdop vol water."
Dis nou koserfenis hierdie!
2024-10-09"Die geregte kom een na die ander: garnaal-en-avokadokelkie, toe blatjanghoender en skaapboud in ’n degie; brosgebraaide aartappels met parmesaan; pampoenpoffertjies; en natuurlik vir nagereg, melktert; stroperige lemoenballetjies; malvapoeding; dik tuisgemaakte vla; en tuisgemaakte roomys met Ideal-melk in – soos my oorlede mamma dit in die sewentigs op Upington gemaak het, toe ons ook nie ’n koei, vars suurlemoen of Woolies gehad het nie. Ai, die verlange!"
Waarlik die mooiste dorpie nog!
2024-09-25"Collonges-la-Rouge is beter bekend as die 'Stad van 25 torings' hoor ons sommer met die intrapslag by ’n Le Cantou-restaurant-kelner wat tafels skoonmaak. Maar van 'stad' en al daardie torings weet ek nie … Dit voel soos ’n filmstel van ’n plattelandse dorpie, met ’n paar mense wat vir die paar uur terwyl jy daar kuier, in winkels en restaurante werk omdat hulle nét vir jou gewag het."
Betowerende botaniese tuine bied skuiling in die stad
2024-09-18"Ek hoor toevallig hoe iemand oor koffie vir ’n ander vertel van navorsing wat hulle raakgelees het oor die verband tussen die rol van botaniese tuine as bewaarders van plantspesies én as bydraers tot ons geestesgesondheid. En dit laat my gedagtes ver loop oor die rol van botaniese tuine in my eie lewe die afgelope paar jaar."
Herlewingslandbou hier die wagwoord – en jy kan dit proe!
2024-09-13"Die groenpionier agter die herlewingslandbou, Farmer Angus, oftewel Angus McIntosh, het vertel dat herlewingslandbou op gesonde grond berus. Hy woon op Spier en het die afgelope paar jaar bekend geword vir sy groener boerderymetodes. Hy vertel: 'Gesonde grond beteken gesonde plante, wat gesonde diere beteken, en dit beteken weer gesonde mense en ’n gesonde samelewing en uiteindelik ’n gesonde aarde.'"
