Saligheid op die savannavlaktes van Namibië
2023-04-06"Om agtuur in die oggend aan die oorvloeirand van die swembad te hang en te sien hoe ’n swaeltjie vir ’n millisekonde sy bekkie in vlug vol water skep of ’n bloedrooi naaldekoker se lyfie te sien patrone maak op ’n spieëlgladde oppervlak is vrede."
Pionier met wol en vilt in Tate Modern vereer
2023-03-24Ek kan dit nie verhelp om opgewonde – en bevoorreg – te voel as ek oor die Millennium-voetgangerbrug stap met die enorme Tate Modern voor my nie. Die wolke en lug speel die hele dag op ’n ander manier en in ander kleure teen die baksteenmure met sy dun, lang vensters en glasboks op die linkerkantse vleuel, skryf Maryke Roberts.
Calitzdorp nie net portstylwyn-hoofstad nie, maar ook kulinêre lekkerte
2023-03-06’n Kuier op Calitzdorp op Route 62 is veel meer as net ’n Karoo-wegbreek of besoek aan die portstylwyn-hoofstad van die land. Dis om jou longe vol skoon Karoo-lug te trek, jou lippe en tong te bederf met die beste kos en wyne – waarvan heelwat van Portugese kultivars – en jou pas te verslap, skryf Maryke Roberts.
Los jou stres by die Bosjes-hek
2023-02-20Jou stres bly duskant die Du Toitskloof-tonnel agter as jy deur die Slanghoek- en Waaihoekberge omring word op pad na Bosjes. En wanneer die Bosjes-hek agter jou toeskuif en die wit kurwes van die glasmuur-kapeldak jou tot stilte dwing, voel jy ’n ander mens, skryf Maryke Roberts.
Die ontwykende vos het ons, wel, bly ontwyk (Hornstrandir-natuurreservaat, die Westfjords, Ysland)
2023-02-08’n Paar jaar gelede het ons op jag na die noorderligte (aurora borealis) in die Arktiese Sirkel in Finland bykans ’n huispaaiement betaal vir twee – op die ou einde heerlike – hot dogs (Finse styl, natuurlik). Geen natuurskouspel nie, maar darem mosterd- én tamatiesous, dankie. Nou het twee heerlike pannekoeke in Ysland weer só ’n duur uitstappie geword, skryf Maryke Roberts.
Groot Vyf nie al wat jou asem hier sal wegslaan nie (Mhondoro Safari Lodge & Villa, Limpopo)
2022-12-23"Ek wil eerder vertel van drie uitsonderlike ervarings wat ons daar onder die bosveldsterre en vroegoggendsekelmaantjie in die verte gehad het."
Reis: Amsterdam
2022-11-25Amsterdam is nie net die stad van kanale, fietse en wêreldklas museums nie, dis ook ’n smulpaap se droom, skryf Maryke Roberts.
Die land van vuur en ys
2022-11-08As jy die land van vuur en ys in die Noord-Atlantiese Oseaan aan die voete van Groenland besoek, moet jy natuurlik albei ervaar: vuur en ys, skryf Maryke Roberts ná tien magiese dae in dié ongerepte wildernis.
Ierse bier en humor in Cork
2022-10-24"As deel van die Norwegian Cruise Line se nuutste skip, die Prima, se eerste vaart van Ysland na Nederland, doen ons vir 12 uur aan by die hawestad Cork in Ierland. Ná twee dae op die oop see is dit met gemengde gevoelens dat ’n mens die eerste groen, dobberende baken in Cobh, die klein dorpie reg langs die water, by jou venster sien verbygly. Die stille, oop, kalm see en loom dae op jou balkon of langs die swembad het jou half onwillig gemaak om besige stede en verkeer te trotseer."
Honfleur in Frankryk is so mooi soos ’n blommeveld
2022-09-30"Toe die vrede en stilte my omgewe, gaan soek ons iets te drinke. Die tradisie hier is ’n sterk espresso met ’n dubbelskeut Calvados in ’n klein konjakglasie. Maar eers moet ons Calvados proe. Dié appelbrandewyn is eie aan hierdie streek en word op dieselfde manier as brandewyn gestook en verouder, maar word van appels, nie druiwe nie, gemaak."
Veel meer as net windpompe in dié kontrei
2022-08-22Vir soveel jare hoor sy van die Loeriesfontein Windpomp Museum, en toe dit uiteindelik blommetyd in die Namakwaland word, word die kar gepak en die pad uit die Kaap aangedurf, want dan is die museum oop vir besoekers, skryf Maryke Roberts.
Reis: McGregor
2022-08-15Verbeel jou jy is in die Mediterreense platteland as jy jou oë toemaak en jou hande oor die laventel- of roosmarynbosse streel; ’n goudgeel suurlemoen uit ’n dorpstuintjie oor ’n witgekalkte muurtjie hang; of jy ’n pikswart, vet olyf in jou mond druk in die Bolandse dorpie, McGregor, skryf Maryke Roberts.
Paternoster se skoonheid hou jou siel gevange
2022-07-29"So waai ’n koue winterswind ons siele teen ’n draadheining in Paternoster vas, soos die wasgoed wat langs die vissershuisies in die seebriesie wapper. Lank nadat dié Weskusdorpie uit jou truspieëltjie verdwyn het, sit jou binneste nog daar teen die heining vas," skryf Maryke Roberts.
Afrikaans en Afrikaanse Taalmonument hier in die Paarl gehuldig
2022-07-15"Min dorpe is so sterk gekoppel aan ’n taal en sy geskiedenis soos die Bolandse dorpie Paarl. Dis hier waar die Afrikaanse Taalmonument teen die hange van Paarlberg waghou oor die vallei en as bastion staan vir ’n taal wat in 2025 een eeu oud is en die monument dan ’n halfeeu."
Geen perde in die Perdeberg, maar hope ander dinge om te geniet
2022-07-06’n Paar dae in die vlaktes van die Swartland sowat ’n uur of wat uit die Kaap, is net die regte ding vir koel wintersdae. Kaggels, kuiers en kos saam met bekroonde wyne, is mos nou ontspan, skryf Maryke Roberts.