
Yves: "Het was het laatste publieke gesprek en hij was zo genereus in zijn gedachtewisseling."
...
“So met ander woorde, ek dink die moontlikheid, op een of ander manier, van sê nou maar die goed wat teregkom in Gent, dit sal nie vir my wees sodanig dat dit Gent is nie, of selfs in België nie. Maar vir my is dit ’n huistoekom, na ’n buitepos van die Middelwêreld.”
...
Yves T’Sjoen in gesprek met Breyten Breytenbach
Lees deel 1 | Lees deel 2 | Lees deel 3
Deel 4 (slot)
Yves: Er zijn nog zoveel namen te noemen van bevriende schrijvers in de Lage Landen, we kunnen ze natuurlijk niet allemaal vermelden. Ik denk bijvoorbeeld aan Herman de Coninck, die dit jaar precies 25 jaar geleden is overleden.
Breyten: Sjoe, jy praat nou van my stam!
Yves: Maar misschien toch nog een laatste naam: Joost Nijsen. Jouw werk is de afgelopen jaren vooral door Podium in Amsterdam op de markt gebracht. Ik maak nu een kleine uitzondering voor uitgeverij Koppernik, met In de loop van de woorden, in een vertaling van Laurens van Krevelen.
Krijn Peter Hesselink is een van jouw vertalers. Hij heeft The Middle World Quartet uit het Engels vertaald — want dat werk is niet in het Afrikaans beschikbaar, wat mij nog steeds verwondert.
Ik noem mijzelf trouwens vaak een intimate stranger — naar een van jouw boeken uit dat Middenwereld-kwartet. Ik zie mij als een “binnenwaartse buitenstaander”: ik matig me niets aan, maar ben geïnteresseerd en verwonderd. En dan gebruik ik die titel van jouw boek, Intimate Stranger, ook enigszins als zelfportret. Ik vind dat zo’n mooie omschrijving voor mijn tussenin-positie.
Wat ik eigenlijk wil vragen: hoe verliepen jouw contacten met Joost Nijsen? Joost zal deze zomer stoppen als uitgever van Podium. Hoe zijn de relaties met Podium ontstaan en met Joost in het bijzonder?
...
“De overgang gaat door. De veranderingen zijn nog niet over, zijn nog niet voorbij, niet voor altijd.” (Breyten Breytenbach)
...
Breyten: [in Afrilands] Ek denk ek werd na Podium verwys door Meulenhoff, door Laurens van Krevelen. Weer eens, die aansluitingspunt was waarskynlik Galerie Espace of dan die “tentoonstellingen”, die visuele werk. Selfs al was Espace toen nie meer so aktief. Maar hij [Nijsen] was een jonge persoon, ek dink hij werkte een tijd lank ook in Meulenhoff. Ek dink hy kom vanuit die stal van Meulenhoff. Dus vandaar was die originele contact. Toen besluit is genomen dat ek moet overstappen van Meulenhoff na een ander uitgewery was het vanselfsprekend Podium natuurlik. Nu Podium, Joost is niet meer betrokke by Podium. Ek had een gesprek met hem in Amsterdam vorig jaar. Fassinerend is natuurlik, en dat is ook niet te betreuren. Dis een goeie fenoneem, het is goed dat het sou moes gebeuren. De overgang gaat door. De veranderingen zijn nog niet over, zijn nog niet voorbij, niet voor altijd.
En vanaf vorige verwysingspunte zoals Galerie Espace die bestaat niet meer. Meulenhoff… ek word niet meer gepubliseer door Meulenhoff, en waarschijnlijk Podium ook niet meer. Dus er komt een nieuwe generasie, kom nieuwe mogelijkheden, kom nieuwe dichters, kom nieuwe mensen. En dis omtrent tyd dat van die ouere mensen natuurlik een beetje terugstaan. Ek moet jou twee mooie verhaaltjies vertellen. Men vertel die verhaal van ’n ou dame in Hillbrow. Dominique [Botha] ken die verhaal ongelukkig baie goed aangesien ek dit so dikwels vertel. Die ou dame loop in die pad en sy word byna omgery deur ’n motorkar. En die persoon draai die ruit af en sê: “Hey lady, watch out!” En sy sê: “Why? Are you coming back?”.
...
“Die werke waarmee ek besig is, kan nie eintlik meer in Suid-Afrika hulle plek vind nie. Ek praat nou in alle eerlikheid. Nie die visuele werk nie en ook nie die geskrewe werk nie.” (Breyten Breytenbach)
...
As ek nou Nederland toe gaan, is dit: “Why? Are you here again? Are you coming again?” So ek dink uiteintlik, en dit is vir die laaste skof. En dit is ’n hartseer saak. Want die werke waarmee ek besig is, kan nie eintlik meer in Suid-Afrika hulle plek vind nie. Ek praat nou in alle eerlikheid. Nie die visuele werk nie en ook nie die geskrewe werk nie. En dit is nie ’n aantyging nie, dit is maar net deel van ’n veranderende omgewing.
En ’n nuwe Calvinisme wat ingekom het. Goddank die Belge is nie Calviniste nie! Daar’s ’n nuwe Calvinisme wat plaasgevind het, ’n nuwe soort van ’n sensuur. En ek dink nie ek kwalifiseer meer nie. Ek praat te lelik en ek is te oud en ek is te lelik en ek ken die verkeerde mense, énsovoorts, énsovoorts. Maar hoe dit ook al sy. Ek oorweeg dit baie sterk om met my hele bagasie byvoorbeeld in Vlaandere aan te kom en sê: “Yves, hier is dit. Hier is al die notaboeke. Hier is al die manuskripte. En nou? Wat maak ek nou daarmee?” En dan sê jy:”Why? Are you coming back?”.
...
“Ek oorweeg dit baie sterk om met my hele bagasie byvoorbeeld in Vlaandere aan te kom en sê: Yves, hier is dit. Hier is al die notaboeke. Hier is al die manuskripte.” (Breyten Breytenbach)
...
Yves: Maar Breyten, jij weet dat je altijd welkom bent in Gent. Wij koesteren jou. Niet alleen jou als persoon, maar ook jouw werk.
Breyten: Daar’s ’n wêreldburgerskap wat van belang is, die sogenaamde Middelwêreld, die sogenaamde, die nomadiese wêreld. Dis mense wat mekaar herken en wat ’n stuk pad saamloop, selfs al verloor hulle mekaar langs die pad soos in die geval van Eddy van Vliet. En selfs al gaan mense te gou dood. En self huil ek nou nog oor Jan Rabie wat dood is, byvoorbeeld, wat te vroeg heen is, of iemand soos Ingrid Jonker. En ’n hele klomp ander mense. Ek dink aan Neville Alexander byvoorbeeld, of Willie Kgositsile. Of ek dink aan Mazisi Kunene.
...
“Ons belewe ’n nuwe verknelling, ’n nuwe toemaak van moontlikhede en dis weer eens, dink ek, die jonger skrywers en die jonger digters en die jonger moeilikheidmakers en die jonger Middelwêreldmense moet opstaan en hulle moet daai pad begin oopbaklei.” (Breyten Breytenbach)
...
Ek dink aan die feit ek het op ’n stadium, heel wettiglik, ’n Algerynse paspoort gehad. Dis nie nou meer denkbaar nie. Deesdae as jy dit sou doen, dan word jy onmiddellik opgesluit in Guantánamo, jy weet. As dit nie in Rusland is nie. Met ander woorde, ons belewe ’n nuwe verknelling, ’n nuwe toemaak van moontlikhede en dis weer eens, dink ek, die jonger skrywers en die jonger digters en die jonger moeilikheidmakers en die jonger Middelwêreldmense moet opstaan en hulle moet daai pad begin oopbaklei. As jy nie daai een aanmekaar oopmaak nie, dan val hy toe. Ons boere weet van water lei. As jy nie daai sloot oopgrawe nie, dan gaan hy inkalwe. En hy is bésig om in te kalwe. So met ander woorde, ek dink die moontlikheid, op een of ander manier, van sê nou maar die goed wat teregkom in Gent, dit sal nie vir my wees sodanig dat dit Gent is nie, of selfs dat dit by Yves T’Sjoen teregkom, of selfs in België nie. Maar vir my is dit ’n huistoekom, na ’n buitepos van die Middelwêreld.

Yves: "Een foto genomen tijdens Breytens dankwoord na ontvangst van het institutionele eredoctoraat van de Universiteit Gent (3 december 2014)."
Yves: Precies. En je weet dat jouw werk, het archief, in Gent in veilige handen is. Dat het optimaal zal worden geconserveerd.
Dat er altijd stimulansen zullen zijn om het te bestuderen, zodat het openstaat voor iedereen — waar hij of zij zich ook bevindt — om het te onderzoeken, erover te schrijven. En ik bied dit nu ook in het openbaar aan. De universiteit zal jou wat dat betreft heel graag blijven ondersteunen, ook wat jouw werk betreft.
Breyten: Ek word dus opgeneem op band. Hierso is ’n formele bevestiging. Dankie, Yves. Maar as ek vir julle kan ondersteun, onthou, dit sal ook altyd met veel graagte.
Yves: Zo belangrijk is het: dat het gesprek gaande blijft tussen mensen, dat wij met elkaar van gedachten wisselen. Iedereen. Het is zo formidabel dat jij een open geest hebt, dat jij je niet laat knellen in een keurslijf, dat je probeert open minded te zijn. Dit is allemaal zo belangrijk om het gesprek gaande te houden tussen mensen — in alle openheid, in sereniteit, in integriteit.
...
“As dit dan moet, dan gaan ons die universiteite aanval, jy weet, een of ander aksie loods om die universiteite te ondermyn.” (Breyten Breytenbach)
...
Breyten: En dat daardie gesprek waarskynlik tot ’n mate gestol word binne die akademie, binne die universiteitsomgewing. Ek dink mense is te toegespits om bruikbare materiaal te lewer vir die groot maatskappye, vir die privaatsektor. Ek dink dat die idee van ’n oop, demokratiese platform vir werklike, diepgaande, diepsinnige gesprekke en uitwisseling van idees soos dit die geval was, tot ’n mate aan die universiteite... is tot ’n groot mate nié meer so nie. Dis veel meer pragmaties ingestel op die benodigdhede van die jong mense om werk te kry, ensovoorts. Maar weer eens dink ek, as dit dan moet, dan gaan ons die universiteite aanval, jy weet, een of ander aksie loods om die universiteite te ondermyn. Toemaar, ek gaan nie daai naam noem nie, want ek weet ook wanneer ’n mens ’n geveg verloor het.
Yves: Maar iedereen weet welke naam je nu bedoelt.
Breyten: Ja. Nee, maar ek bedoel dit werklikwaar, ek dink mens moet duidelik sién dat daar’s kollegas, daar’s vennote, daar’s gesprekgenote ook bínne die universiteite, met wie ’n mens moet praat. En ek weet dit is miskien nou nie binne die gebruike van die strakke strukture van hoe universiteite gekonsepsualiseer word deesdae nie, maar as dit dan moontlik kan wees dat ons daardie gesprekke kan oordra en dat ons gedeelde grond kan vind, daardie brug tussen die vrydenkers, laat ek dit maar so stel, en die loslopers, die aangenaaide lappies, die marginales, die bergies, die kosdromkrappers, die onder-die-brûe-slapers, die hondeoppassers, tussen hulle enersyds. Ás hulle besig is met skryfwerk, al is dit ook op die muur, al is dit ook op die water, al is dit ook op die sand. Of hulle skilder, al is dit ook teen die muur, wáár dit ook al mag wees. Tussen dié mense. Want dit is nie jou hegemonie nie. Dit is die heterogene. Ons moet die heterogene, ons moet die diversiteit lewend hou. En een manier om daai heterogene lewend te kan hou, die diversiteit, is omdat ek kontakte behou met mense binne-in die universiteite. So ons gaan… ek gaan nou nie, want ek is nou nié daartoe in staat nie, maar ander mense gaan jou aanmekaar probeer verkeerd leer en verkeerd lei. Ek hoop jy gaan jouself verleen daartoe.
...
“Ons moet die heterogene, ons moet die diversiteit lewend hou.” (Breyten Breytenbach)
...
Yves: Jij weet dat ik vasthoudend ben. Ik had nog een tweede luik voor ons gesprek, maar ik zal dit reduceren tot één vraag. Daarna geef ik graag het publiek de gelegenheid om jou een paar vragen voor te leggen. Het gaat over vertalingen. Jouw werk wordt in vele talen vertaald. Mijn vraag is – we hebben daar in Gent een gesprek over gevoerd met Georges Lory, Jerzy Koch en Louise Viljoen. Dat ging over jouw betrokkenheid bij vertalingen: in het Frans, in het Nederlands, zelfs in Pools. Hoe betrokken ben jij daarbij? Hoe belangrijk is het voor jou dat jij, wanneer jouw werk een metamorfose ondergaat in een andere taal, een nieuwe taalgestalte aanneemt, dat jij ook zelf het aangepaste ritme mee kunt bepalen? Hoe resoneren jouw gedichten in die andere taal? Hoe betrokken ben jij bij vertalingen, in de talen die jij beheerst – behalve het Pools, denk ik?
...
“Ek dink nie dis werklikwaar moontlik om ’n gedig te vertaal nie. (…) Daar word een nuwe gedig gebore.” (Breyten Breytenbach)
...
Breyten: Ek dink dit is ’n bietjie van ’n skisofreniese benadering wat ’n mens moet hê. Ek dink nie dis werklikwaar moontlik om ’n gedig te vertaal nie. Ek dink dit is moontlik om daardie onderliggende, en dikwels die goed wat nie in woorde gesê word nie, want ’n gedig is nie woorde nie, of nie net woorde nie, die woorde is die kapstok wat dit moontlik maak om ’n hele klomp ander goed te doen. Verwysings en nuanses en assosiasies en byklanke en ’n stukkie van ’n geheue, al daai goed kan jy doen in jou eie taal. Of in enige taal wat jou eie taal sou wees. Maar dit is nie iets wat jy kan vertaal in ’n ander taal nie.
Maar ek dink wat wel kan gebeur, en wat aanmekaar, wat hopelik gebeur, en soms gebeur dit ook beter so as wat dit in die oorspronklike taal was. Daar word een nuwe gedig gebore. En vandaar is ek baie sterk daarvan oortuig dat vertalers van gedigte ís digters. Hulle is vertalende digters.
...
“Dit behoort ’n studievak te wees, dit behoort deel te wees van wat jy ook al doen aan die universiteit; as jy byvoorbeeld jou taal, as jy jou BA Engels of Afrikaans of watter taal ook al doen, daai vertaalkomponent is sentraal daartoe. Véél meer so as ooit vantevore.” (Breyten Breytenbach)
...
Ek probeer dit self doen tot ’n mate. Ek is nie so baie goed daarmee nie. Want ek ken dit nie noodwendig goed genoeg nie, maar ek probeer vertaal uit die Spaans of ek probeer vertaal uit die Frans. Ek probeer my eie werk vertaal in Engels, En dis altyd die swakste vertaling. Ek onthou dit te veel in Afrikaans as ek dit saamneem na Engels toe. Die werk wat tot ’n mate wel bietjie van ’n byval gevind het van my eie werk in Engels, was werk wat deur ander mense vertaal is in Engels of in Nederlands. Ek gaan dit nie in Nederlands vertaal nie, wees maar rustig!
Maar met ander woorde, die vertaler is ’n digter. Hy omskep nie net nie. Die oorspronklike gedig is ’n gegewe. Natuurlik is het ’n gegewe. Jy kan nie so maar enigiets gaan doen nie. Maar byvoorbeeld, ek het toegang tot die werk van Rumi via Engels of via Frans. Ek ken nie Persies nie, ek ken nie die ou Persies nie. Of as ek nou dink aan Bashō. Ek ken nie die ou Japans nie. Of ek dink aan die ou Chinese digters. En hulle is wónderlik vertaal. Daardie vertalings het klassieke vertalings geword. Dit het klassieke tekste geword, tot só ’n mate natuurlik dat nou mense gaan van die Engelse vertalings, hulle het dit gaan neem en na die Frans vertaal, of na wat ook al vertaal. Dis ’n bietjie gewaagd dink ek soms. Maar goed. Ek dink vertaalwerk is werklikwaar nodig.
Daar is vir my geen beter manier om ’n gedig te lees as om dit te probeer vertaal nie. En daar kan geen beter gesamentlike manier wees vir mense om onderling iets te wil leer van mekaar se kulture as om wedersyds te vertaal nie. Dit behoort in werkwinkels te gebeur. Dit behoort ’n studievak te wees, dit behoort deel te wees van wat jy ook al doen aan die universiteit; as jy byvoorbeeld jou taal, as jy jou BA Engels of Afrikaans of watter taal ook al doen, daai vertaalkomponent is sentraal daartoe. Véél meer so as ooit vantevore.
Yves: Absoluut, ja. Helemaal eens. Er is nog zoveel te zeggen, Breyten. We kunnen natuurlijk niet eindeloos doorgaan, hoewel ik dat zelf graag zou willen. Maar ik wil ook graag de zaal de gelegenheid bieden om jou een paar vragen voor te leggen. Is er iemand die, naar aanleiding van dit gesprek, graag een vraag, opmerking of misschien zelfs een suggestie wil aanreiken?
Breyten: Ek het gedog die mense is nou al so teneergedruk, en so te lamgeslaan. Ek het spesiaal gevra dat dit moet warm wees vandag, dat julle moenie te hard vra nie.
Andries Visagie: Breyten, jy het verwys na Conny Braam. Sy het interessante boeke geskryf die afgelope tyd, onder andere Ik ben Hendrik Witbooi, wat nou ook in Afrikaans vertaal is. Was julle kontak ook literêr van aard, of was dit meer in die antiapartheidsbeweging, of hoe het dit gewerk?
...
“Conny Braam is miskien bietjie van ’n uitsonderlike geval. Ek het haar geken net toe sy die sekretaresse en een van die groot leidende geeste was in die Hollandse antiapartheidbeweging.” (Breyten Breytenbach)
...
Breyten: Wel, Conny Braam is miskien bietjie van ’n uitsonderlike geval. Ek het haar geken net toe sy die sekretaresse en een van die groot leidende geeste was in die Hollandse antiapartheidbeweging. En sedertdien weet ek het sy heeltemal ’n literêre loopbaan ontwikkel. Ek verneem – ek het dit nie gelees nie – sy het ook ’n boek geskryf oor haar ervaringe tydens die antiapartheidjare en die mense wat sy geken het, die figure. Ek sou jou ongelukkig nie veel meer daaroor kon antwoord nie.
...
“Daar is ’n hele aantal mense, veral van die eilande. Dis baie interessant. Moet nie die eilande onderskat nie! Moet nie die verbastering onderskat nie. Moet nie die verbastering wat plaasvind op die eilande onderskat nie.” (Breyten Breytenbach)
...
Ek dink dit is baie selde dat iemand wat werklikwaar diep in ’n politieke stryd betrokke is, ook iets kan oordra na die literêre sfeer toe wat standhoudend is. Ek bedoel, daar ís voorbeelde van, natuurlik. ’n Mens dink aan iemand soos Frantz Fanon. Hy was nie net ’n politieke denker nie, maar hy was ook ’n oorspronklike skrywer gewees in die manier waarop hy skrywe. Maar ’n veel beter voorbeeld sou wees, byvoorbeeld Aimé Césaire. Aimé Césaire het ’n baie aktiewe politieke loopbaan gehad, en hy is tog een van die werklike, vir my die mees vooraanstaande figure van die Franse poësie. Of Édouard Glissant, as ’n mens hóm nou sou noem. Daar is ’n hele aantal mense, veral van die eilande. Dis baie interessant. Moet nie die eilande onderskat nie! Moet nie die verbastering onderskat nie. Moet nie die verbastering wat plaasvind op die eilande onderskat nie. Dit is geweldig belangrik daardie. Daar kom mense uit daardie agtergronde, uit daardie omgewing, wat skrik vir niks, om dit so te stel.
Maar goed, Conny Braam, ek kan jou ongelukkig nie, ek weet nie… Ek bewonder haar werk, vanaf ’n afstand. Ek weet sy het baie sukses met die werk. Tot ’n mate is Adriaan van Dis ’n bietjie van ’n soortgelyke geval. Ek dink hy is nou veel meer bekend in Nederland, in ’n Nederlandse omgewing, ’n Nederlandstalige omgewing, as skrywer, as sê nou maar vertaler of as aktivis van sy vroeëre jare. Hy het nie sy rug gedraai daarop nie, dis ’n normale ontwikkeling wat plaasgevind het. Daar’s hoop vir ons, ons kan ook nog ontwikkel.
...
“Wat ook by my opkom, is vreemd genoeg ’n ander, vir my ’n mentorfiguur of ’n broerfiguur, Leonard Cohen.” (Breyten Breytenbach)
...
[Karin Benjamin vraagt om een gedicht voor te lezen]
Breyten: ‘Wat het geword van ons somers’. Uhm… twee dinge kom my te binne. ‘Où sont passé les neiges d’antan?’ Wie is die digter? Is dit daai wonderlike ou man, eh… ‘où sont les neiges d’antan?’ … maar in elk geval. Wat ook by my opkom, is vreemd genoeg ’n ander, vir my ’n mentorfiguur of ’n broerfiguur, Leonard Cohen. Want ook miskien, as ek nou die gedig gelees het, dan kan, tensy daar nog ander vrae is, maar dan dink ek het ons ons oggend afgesluit. Maar ek wil tog net hierdie verwysing na hom inbring. Hy sê: “I have been inordinately blessed by love.” En ek dink as ek nou terugkyk na my verbinding met die Nederlandstalige gebiede, na Holland en na Vlaandere, dan sonder uitsondering moet ek sê ek was uitermate gelukkig gewees. Ek was uitermate besonder bevoorreg gewees om dié mense te kon ken oor so ’n lang periode en op hierdie manier met hulle te kon omgaan. Ek dink ek was baie gelukkig gewees. Ek was, werklikwaar, dis iets wat ek voor dankie wil sê. Aan die Nederlandstaliges.
[Breyenbach leest een fragment uit het gedicht ‘16 september 2010’, afgedrukt op het achterplat van Katalekte (2012), p. 24-27]
wat het geword van ons somers?
waar is die lang en lui agtermiddae
toe lig ’n goëlaar was om uit die skittering van moue
’n wind so rats soos ’n aap te pluk
of ’n kasteel wolke regop staan te maak?
o ons het geweet dis oëverblindery
maar die son was popelend kosbaar
’n koggelmander in die hand
en hitte ’n flikkerende tongetjie
wat het geword van die bosduif
se skiet in die hemel
so stil soos ’n fluit uit die donker bos
om baie later eers in die gedig te kom fladder?
Yves: Schitterend, dankjewel, Breyten. Ik vond het een bijzonder privilege om vanochtend met jou en met iedereen hier te kunnen spreken over jouw contacten met het Nederlandse taalgebied, met Nederland en Vlaanderen. Zoals je weet, heb ik een boek klaar. Ik ben hier tijdens een sabbatical, en daardoor had ik de kans om de afgelopen weken het boek af te werken – over jouw contacten met Nederland, en ook met Vlaanderen.
...
“Ek dink as ek nou terugkyk na my verbinding met die Nederlandstalige gebiede, na Holland en na Vlaandere, dan sonder uitsondering moet ek sê ek was uitermate gelukkig gewees. Ek was uitermate besonder bevoorreg gewees om dié mense te kon ken oor so ’n lang periode en op hierdie manier met hulle te kon omgaan.” (Breyten Breytenbach)
...
Het boek is getiteld Kwintet. Ik zal het je heel graag overhandigen, waar jij je ook bevindt de komende maanden. Je bent uiteraard van harte welkom in Gent – dan kunnen we er meteen op klinken.

Yves: "Een foto van de overhandiging van mijn boek Kwintet in Parijs. De foto is genomen door mijn dochter Ophelia."
Breyten: Ek kom dit ophaal in Gent! In ruil vir my stapel. [Het boek mocht ik in Parijs aan Breytenbach overhandigen.]
Yves: Het was in elk geval een bijzonder voorrecht om hier van gedachten te kunnen wisselen. En om, op het einde, ook heel even mijn boek aandacht te mogen geven – waarover ik uiteraard graag nog eens kom spreken bij SASNEV. Het gaat niet alleen over Breytenbach, maar ook over de bredere contacten tussen het Afrikaans en het Nederlands, vanuit een letterkundig perspectief, en ook over de hedendaagse contacten. Ik denk dat daar nog zoveel over te zeggen valt. Dat verhaal is nooit helemaal geschreven.
...
“Wie sou nou kon dink dat Li Bai vandag nog net so... hy sit daar, hy sit daar agter in die saal, hy léwe. Hy’s saam met ons. En wanneer het hy gelewe? Wanneer is hy al dood? Die verhaal is nooit klaar nie. Hy word iets anders.” (Breyten Breytenbach)
...
Breyten: Dis waar, hy’s nooit klaar nie. Wie sou nou kon dink dat Li Bai vandag nog net so... hy sit daar, hy sit daar agter in die saal, hy léwe. Hy’s saam met ons. En wanneer het hy gelewe? Wanneer is hy al dood? Die verhaal is nooit klaar nie. Hy word iets anders. Jy weet, dit word op ’n ander manier ’n… ek glo werklik, in dié sin glo ek in metamorfose. Ek glo nie in karma nie, ek glo nie in die lewe daarna, of daai soort van goed nie; dit maak nie saak nie. Maar vleugsels, geheues, stroke, onthousels, ’n bietjie hier en ’n bietjie daar bly agter. Net soos jy deel van my is, is ek deel van jou. Want ek kan nou stukke onthou van wat ons ook oor gepraat het toe ons eerste keer ontmoet het byvoorbeeld. Ek dink amper ek het vir jou gesê, as jy baie gelukkig is gaan ons nog van jou ‘n Suid-Afrikaner maak. Nee, ek terg jou nou ’n bietjie, want ek dink ek wil dit op hierdie manier inkry: dis besonder belangrik die werk waarmee jy besig is; ek dink werklik so. Dis monnikkewerk daai. Mense weet wat gebeur met die monnikke. Kyk wat gebeur nou met die monnikke in Oekraïne. So ’n mens moet versigtig wees. Jy moet versigtig wees, jy loop op gevaarlike terrein. Maar ek dink is baie belangrik wat jy doen daar.
...
“Het ek dit dan nou nie verdien nie?” (Breyten Breytenbach)
...
So, ons sal dit op ’n manier bly voortsit. Maar jy het ‘n sleutelwoord gebruik, ‘klinken’. Toe dag ek, jirre, hier sit ons in Suid-Afrika op ’n Saterdagoggend, en daar’s nie eers ’n ou natmakertjie nie. Hé? Daar’s nie eers ’n ou doppie nie. Het ek dit dan nou nie verdien nie?
...
“In dié sin glo ek in metamorfose. Ek glo nie in karma nie, ek glo nie in die lewe daarna, of daai soort van goed nie; dit maak nie saak nie. Maar vleugsels, geheues, stroke, onthousels, ’n bietjie hier en ’n bietjie daar bly agter. Net soos jy deel van my is, is ek deel van jou. Want ek kan nou stukke onthou van wat ons ook oor gepraat het toe ons eerste keer ontmoet het byvoorbeeld. Ek dink amper ek het vir jou gesê, as jy baie gelukkig is gaan ons nog van jou ’n Suid-Afrikaner maak.” (Breyten Breytenbach)
...
Lees deel 1 | Lees deel 2 | Lees deel 3
Noot
Redactie Neerlandistiek: Vraaggesprek met Breyten Breytenbach door Yves T’Sjoen
Willem de Vries: Durende waardering en wedersydse betrokkenheid kenmerk Breytenbach se bande met Lae Lande
Het gesprek is opgenomen in Studio SASNEV (met dank aan Eureka Barnard en Jan Mutton):
De transcriptie is vervaardigd door stagestudenten Ophelia T’Sjoen en Floor van Meervenne (Universiteit Gent). De Afrikaanstalige passages zijn nagelezen door Juliana M. Pistorius (University College London en Universiteit van Amsterdam).
De ingekorte tweespraak wordt gebundeld in Twee overzijden. Vraaggesprekken op de literaire brug tussen Afrikaans en Nederlands (Academia Press, Gent, 2025). De reeks op Voertaal bevat dialogen met schrijvers en vertalers: Benno Barnard, Simone Atangana Bekono, Zandra Bezuidenhout, Dominique Botha, Breyten Breytenbach, Robert Dorsman, Babs Gons, Stefan Hertmans, Peter Holvoet-Hanssen, Lynthia Julius, Antjie Krog, Tom Lanoye, Lisette Ma Neza, Danie Marais, Charl-Pierre Naudé, S.J. Naudé, Fanie Olivier, Jolyn Phillips, Alfred Schaffer, Riana Scheepers, Francois Smith, Nicol Stassen, Marlies Taljard, Marc Tritsmans, Miriam Van hee, Etienne van Heerden, Marlene van Niekerk, Eben Venter, Peter Verhelst, Gert Vlok Nel en Ingrid Winterbach.

