Kunst
Pareltjes uit Amsterdam: Danh Vo in die Stedelijk Museum
2026-03-18Johan Allers besoek die Stedelijk Museum en ontdek ’n pareltje in ’n solo-uitstalling deur die kunstenaar Danh Vo.
Georgia O’Keeffe: 40 jaar ná haar dood blom haar nalatenskap steeds
2026-03-10"Sy word tereg die 'moeder van Amerikaanse modernisme' genoem – ’n kunstenaar wat nie net haar eie pad gekerf het nie, maar ook geslagte kunstenaars wêreldwyd beïnvloed het."
Pareltjes uit Amsterdam: Karel Appel in die Stedelijk Museum
2026-03-05In hierdie aflewering ontdek Johan Allers ’n onbekende pareltje in die Stedelijk Museum: ’n klein koffiekamertjie wat in die vyftigerjare deur Karel Appel beskilder is.
Stukkie kleurvolle Suid-Afrika in Nieu-Meksiko
2026-02-19"Die uitstalling kombineer die historiese funksies van hierdie draadmateriaal met die kontemporêre artistieke stemme van die kunstenaars wat vandag hierdie tradisie voortbou."
Pareltjes uit Amsterdam: ’n Suid-Afrikaanse fokus op die Rijksmuseum
2026-02-19Die beroemde Rijksmuseum in Amsterdam het taamlik baie materiaal oor Suid-Afrika in hulle besit. In hierdie pareltje wandel Johan Allers so ’n bietjie deur die museum se argiewe.
Pareltjes uit Amsterdam: Blue dots in die Stedelijk Museum
2026-02-06Wat gebeur met belangrike kunswerke tydens ’n oorlog? In hierdie video besoek Johan Allers die Blue dots-uitstalling in die Stedelijk Museum. Die kleur van die kolle vertel ons meer van die kunswerke se waarde tydens ’n oorlog.
Pareltjes uit Amsterdam: Kevin Osepa se uitstalling in die Stedelijk Museum
2026-01-29In hierdie video besoek Johan Allers Kevin Osepa se uitstalling, wat handel oor die rouperiode na ’n begrafnis op sy geboorte-eiland Curaçao, in die Stedelijk Museum.
Pareltjes uit Amsterdam: Erwin Olaf se uitstalling in die Stedelijk Museum
2025-10-23Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video besoek hy die Stedelijk Museum waar die Amsterdamse fotograaf en kunstenaar Erwin Olaf se uitstalling tans vertoon word.
Faustus reis Europa plat om SA talent te vertoon, maar onderwerp is universeel
2025-10-14"Die toneelstuk is ’n visuele en teatrale fees," vertel Lara Foot aan Maryke Roberts. "Die werk is betowerend en Kentridge se films is subliem. Gehore word op ’n buitengewone reis na die hart van kolonisasie geneem en word gekonfronteer met die realiteite van wat verby is en wat nog gaan kom."
Pareltjes uit Amsterdam: Dana Lixenberg se uitstalling De Wallen
2025-10-09Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video besoek hy Dana Lixenberg se uitstalling De Wallen oor Amsterdam se rooiligbuurt.
Japan is dekor- en ontwerphemel
2025-10-09"Japannese ontwerp is wêreldwyd bekend vir sy estetiese eenvoud, funksionele elegansie en diep kulturele betekenis. Met wortels wat terugstrek na antieke tradisies, het Japannese ontwerp ontwikkel en wêreldwye tendense beïnvloed, terwyl dit ’n sterk verbintenis met sy historiese en kulturele erfenis behou."
Pareltjes uit Amsterdam: Sandra Mujinga se Skin to skin
2025-09-26Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video besoek hy Sandra Mujinga se uitstalling Skin to skin in die Stedelijk Museum se kelder.
Dertig jaar van demokrasie met kuns vertel
2025-05-27"Op die vooraand van die 31ste viering van die demokratiese Suid-Afrika op 27 April staan ek in die groot uitstalsale van die museum van die Norvalstigting in Tokai, Kaapstad voor die werke wat deel vorm van We, the people: 30 years of democracy in South Africa. Liese van der Watt is die kurator en die fokus is om drie dekades van die Suid-Afrikaanse demokratiese reis en die land se transformasie deur magtige visuele kuns te vertoon."
Museums moet inklusief word en die jeug betrek om dit te bereik
2025-05-16"Baie museums is stowwerige, donker plekke waar uitsluiting – eerder as insluiting – die wagwoord is. Dit is dus ook dikwels nie op jongmense se radar wanneer ’n nuwe omgewing verken word nie. Met Internasionale Museumdag wat op 18 Mei gevier word, bring dit weer museums in die kollig. Die dosente van die Stellenbosch Academy of Design and Photography het besluit om hierdie dilemma met ywer aan te gryp en jongmense by ’n interessante projek te betrek, naamlik “Imagine a just future”, ’n projek vir hul derdejaarstudente."
Ligkuns bied alternatiewe kunsvorm
2025-04-09"[Die Spier Ligkuns-uitstalling] is een van die enigste toegewyde kontemporêre ligkunsuitstallings in Afrika en toegewy aan die groei van die ligkunsgenre in die suidelike halfrond. Dit bied geleenthede aan opkomende én gevestigde Suid-Afrikaanse kunstenaars, maar werk ook met besoekende kunstenaars van elders."
Kuns het die Kaap behoorlik laat gons
2025-04-04"Kaapstad se aanwysing as die eerste Afrika Wêreld Ontwerp Hoofstad het baie bygedra om die Investec Cape Town Art Fair se status te laat groei tot die kontinent se grootste kunsfees."
Simposium poog om dialoog op Afrika-kontinent te bewerk
2025-03-20"Verteenwoordigers van drie Suid-Afrikaanse instellings was verlede maand deel van paneelbesprekings by ’n simposium, African museums: today and tomorrow, wat in Abu Dhabi gehou is ... Dit was ’n geskiedkundige simposium waar 32 sprekers van 30 instellings, soos museums en galerye uit Afrika, hul stories kom deel het."
Unieke uitstalling in Midde-Ooste fokus op Afrika-kuns
2025-03-17"’n Unieke omvattende uitstalling – ’n eerste van sy soort wat net op Afrika-kuns fokus – het pas by die Louvre Abu Dhabi geopen. Kings and queens of Africa: Forms and figures of power is ’n tydelike uitstalling wat deel vorm van die museum se doelstelling om kruiskulturele interaksies – oor die verhale van menslike kreatiwiteit wat kultuur, beskawing, tyd en plek oorskry – uit te beeld." Maryke Roberts gesels met die vervaardigers van dié uitstalling.
Openbare ruimtes word met kuns versier
2025-03-04"Die eerste Openbare Kuns Abu Dhabi Biënnale (PAADB) is tans in die strate, parke en binnehowe van Abu Dhabi onderweg en duur tot 25 April. Die kleurvolle installasies maak die mooi sypaadjies en ruimtes nog mooier en bring kuns na Jan Alleman," skryf Maryke Roberts ná ’n besoek aan dié woestynstad.
Joining Maureen Quin for a tour of her work
2025-02-17"Quin seeks to engage the viewer emotionally; she wants her work to generate a story in the viewer’s mind."