Die tweede Week van het Nederlands in Suid-Afrika (1–8 Oktober 2022) het met die jaarlikse Neerlandistiekdag 2022 afgeskop.
Die Neerlandistiekdag-program, aangebied deur die Kaapse Forum Neerlandistiek (KFN), het vir ’n wye verskeidenheid pitkos en vermaak gesorg.
Voertaal het ’n lesing deur Yra van Dijk getiteld “Dingen als dragers van trauma in de Caribische post-koloniale roman” en ’n gesprek tussen Louise Viljoen en Chànde Frania van der Westhuizen (Universiteit van Wes-Kaapland) oor die poësie van Bekono, Fabias, Kamfer en Phillips bygewoon en as podsendings geplaas.
- Luister na Yra van Dijk se lesing hier.
- Luister na die gesprek tussen Louise Viljoen en student Chànde Frania van der Westhuizen hier.
Ook op die program: ’n optrede met die Nederlandse digter Babs Gons en die Suid-Afrikaanse musikante Frazer Barry en Deniel Barry.
- Kyk hier na Izak de Vries se onderhoud met die wenner van die tweede edisie van die SAVN se kortfilmkompetisie vir voorgraadse en nagraadse studente in Neerlandistiek, Kenan Davids. Die kompetisie val saam met die viering van die Week van het Nederlands.
- Kyk hier na die ander optredes en gesprekke by Studio SASNEV van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands.
Lees ook:
Persverklaring: Student aan die Nelson Mandela Universiteit wen neerlandistiekreis met kortfilm
Buro: MvHPersverklaring: "De schoonheid van het Nederlands" tydens hierdie jaar se "Week van het Nederlands"