Persverklaring: "De schoonheid van het Nederlands" tydens hierdie jaar se "Week van het Nederlands"

  • 0

“De schoonheid van het Nederlands” tydens hierdie jaar se “Week van het Nederlands”
1 tot 8 Oktober 2022 in Suid-Afrika.

Die “Week van het Nederlands” is ’n Nederlandse taalfees, wat ook bande met ander tale en kulture soos Afrikaans en Engels asook nasionale en internasionale Neerlandici smee. Dié week bied jaarliks ’n blik op die Nederlandse taalaanbod en taalverbintenisse in Suid-Afrika met interessante gesprekke, ’n filmvertoning van ’n Nederlandstalige dramafilm by ’n inry-teater in Pretoria en in Kaapstad by die Labia teater, lesings en gesprekke, musiekproduksies in Nederlands en/of Afrikaans en Engels. Die bydrae waarvoor talle angstig wag, is die tweede edisie van die SAVN se kortfilmkompetisie vir voorgraadse en nagraadse studente neerlandistiek. Die Schrijver’s-werf as deel van die Literatuurfees van die Vrystaat Kunstefees wat aangebied word in Bloemfontein op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat is ‘n groot hoogtepunt van hierdie jaar se aanbieding in Suid-Afrika. Om die week goed af te sluit met ‘n  Kaapse bydrae om na uit te sien is sonder twyfel die afsluiting van die week by die Tuin van Digters in Wellington by die Breytenbach Sentrum op Vrydag 7 en Saterdag 8 Oktober.

In samewerking met die Taalunie, die Diplomatieke Verteenwoordiging van Vlaandere in Suid-Afrika, die Nederlandse Ambassade in Pretoria, die Belgiese Ambassade in Pretoria, die Belgiese Konsulaat-Generaal in Kaapstad, die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN), die Van Ewijk Stigting, Zuid-Afrikahuis Nederland (SZAHN), die Kaapse Forum Neerlandistiek (KFN), die Willem de Zwijger Stichting (WdZS), die Vrystaat Kunstefees, die Breytenbach Sentrum en mediavennoot Voertaal, word in Oktober vanjaar vir die tweede keer die “Week van het Nederlands” (WvhN) aangebied by Studio SASNEV van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands. SASNEV en genote maak nou gereed vir ’n besonderse fees, wat terselfdertyd vanaf 1 tot 8 Oktober 2022 vir die agtste keer ook in Nederland en Vlaandere gevier word.

Saterdag 1 Oktober

Studio SASNEV en Markdag op Saterdag 1 Oktober by Sentraalplein 4, Pinelands

Studio SASNEV in samewerking met die Kaapse Forum Neerlandistiek (KFN) ondersteun deur die Taalunie, die Diplomatieke Verteenwoordiging van Vlaandere in Suid-Afrika, die Konsulaat-Generaal van België in Kaapstad, en die Nederlandse Ambassade in Pretoria, nooi jou na Neerlandistiekdag en die opening van die “Week van het Nederlands” in Suid-Afrika.

Vanjaar se gesprekke by Studio SASNEV sluit in ’n onderhoud met bekende Nederlander Babs Gons.  Babs Gons is ’n skrywer, teatermaker, organiseerder, onderwyser en bekroonde digter. Die gesprekke word afgewissel met optredes deur Babs Gons saam met Frazer Barry en Jolyn Phillips. Die Neerlandistiekdag word aangebied deur die KAAPSE FORUM NEERLANDISTIEK (KFN) in samewerking met dosente en studente Neerlandistiek in Suid-Afrika en Namibië. Die KFN en SASNEV nooi studente en lede van die publiek hartlik uit na die KFN se jaarlikse Neerlandistiekdag en die begin van die viering van die “Week van het Nederlands” in Suid-Afrika.

Neerlandistiekdag 2022 aangebied deur die Kaapse Forum Neerlandistiek (KFN)

Die program

OGGEND

BESKRYWING

10h00

Opening van die “Week van het Nederlands” deur dr. Geraldine Reymenants
(Diplomatieke Verteenwoordiging van Vlaandere in Suid-Afrika).

10h15

Verwelkoming, dr. Sonja Loots (Universiteit Kaapstad, KFN-voorsitter).

10h30

Babs Gons in gesprek met dr. Marni Bonthuys (Universiteit Wes-Kaapland)
en drs. Karin Benjamin (Universiteit Kaapstad).

11h15

Teetyd

11h30

Optrede Babs Gons saam met Frazer Barry en Jolyn Phillips.

12h00

Lesing prof. Yra van Dijk “Dingen als dragers van trauma in de Caribische
post-koloniale roman”.

13h00

Middagete

MIDDAG

 

13h30

Chànde Frania van der Westhuizen (Universiteit Wes-Kaapland) in gesprek
met prof Louise Viljoen oor die poësie van Bekono, Fabias, Kamfer en Phillips.

14h15-15h45

Vertoning van video’s en ‘n kort gesprek na die tyd.

1. BE + SA Poetry Passport “Right to Speak: Spoken Word &
Human Rights Project”.

2. Prof. Gerhard van Huyssteen “Drie duisend f-bomme en granate: temas in vergelykende vloekkunde”.

3. Beste drie inskrywings SAVN kortfilmkompetisie.

15H45

Aankondiging van die wenner van die SAVN kortfilmkompetisie deur dr. Geraldine Reymenants.

15H50

Afsluiting deur Mathias Bogaert (Konsulaat-Generaal van België in Kaapstad).

Markdag

Ondersteun deur die Van Ewijk Stigting, is dit vanaf 09:00 tot 17:00 vir byna die hele dag lank markdag by SASNEV. Kom geniet saam met ons heerlike tradisionele Nederlandse, Vlaamse en Belgiese ete en drinke. Gratis toegang!

Nota oor taalgebruik:

Die organiseerders en ondersteuners van die vieringe van die “de Schoonheid van het Nederlands” erken graag Suid-Afrika se meertalige omgewing. Om die gesprekke toeganklik te maak sal vertalings waar moontlik in Engels beskikbaar wees. Die moedertaal van die spreker sal geld, met ’n vertalingsopsie in Engels vir die nie-sprekers van Nederlands en/of Afrikaans.

“Die belofte van  Pisa”

Die Ambassade van die Koninkryk van Nederland, die Konsulaat-Generaal van Nederland in Kaapstad, die Ambassade van die Koninkryk van België en die Konsulaat-Generaal van België in Kaapstad, en die Vlaamse Afvaardiging in Suidelike Afrika nooi u vriendelik uit na ‘n inry- en rolprentteater vertoning van “Die belofte van Pisa”.

Die belofte van Pisa is ‘n 2019 Nederlandstalige drama film geregisseer deur Norbert ter Hall. Gebaseer op die outobiografiese roman deur Mano Bouzamour vertel die film die verhaal van ‘n Nederlands-Marokkaanse seun wat probeer om te oorleef by ’n elite musiek Akademie in deftige Amsterdam-Suid, terwyl sy broer in die tronk is.

Dinsdag 4 Oktober

Dinsdag 4 Oktober: inryteater by Loftus Park in Pretoria om 19:00.

Sluit asseblief by ons aan op Loftus Park, Kirkness St, Arcadia, Pretoria om 18:00 vir 19:00

RSVP: met getal per motor teen 28 September na pretoria@diplobel.fed.be

Donderdag 6 Oktober

Donderdag 6 Oktober: filmvertoning by die Labia-fliekteater in Kaapstad om 18:15.  Die Labia-fliekteater in Oranjestraat 68 is Kaapstad se oorspronklike Onafhanklike Kunsfilm-fliekteater.

Sluit asseblief by ons aan by die Labia om 17:30 vir 18:15

RSVP: kaa-rsvp@minbuza.nl  teen 29 September

Vrydag 7 en Saterdag 8 Oktober:

“Week van het Nederlands” vieringe tydens die Tuin van Digters op Wellington

by die Breytenbach Sentrum, H/v Burger- en  Malherbestraat, Wellington

Die Breytenbach Sentrum bied hierdie jaar die elfde Tuin van Digters aan met die tema *ek-is-jy-is (’n Individu se menswees is geanker in ’n netwerk van menseverhoudinge: ek is omdat jy is; ons is omdat julle is).

Van die hoogtepunte by vanjaar se Tuin van Digters is die afsluiting van die “Week van het Nederlands” by twee geleenthede:

SASNEV-Borrel “De schoonheid van het Nederlands
om 16:30 – 17:30 op Vrydag 7 Oktober 2022

“DE SCHOONHEID VAN HET NEDERLANDS”

16:30 – 17:30 | ATKV Akkoordtent Aangebied deur SASNEV met: Jan Mutton (voorsitter, SASNEV bestuursraad) en Francois Lötter (direksie: Breytenbach Sentrum).

Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) vier die Nederlandse taal deur ’n glasie te klink op 25 jaar van SASNEV en op ’n geliefde genoot – die Breytenbach Sentrum – se ondersteuning van die Nederlandse taal in Suid-Afrika. Ons almal vier saam, soos die tema van die Week van het Nederlands dit beskryf: “De schoonheid van het Nederlands”.

Plek is beperk en besprekings moet gedoen word by info@sasnev.co.za voor Woensdag 5 Oktober.

“Om na Babs Gons te luister”

om 12:00 – 12:45 op Saterdag 8 Oktober 2022

OM NA BABS GONS TE LUISTER

12:00 – 12:45 | ATKV Akkoordtent Met: Karin Benjamin in gesprek met die Nederlandse digter Babs Gons oor haar werk as digter en gesproke woordkunstenaar met voorlesings deur Gons. Babs Gons is ‘n skrywer,

teatermaker, organiseerder en onderwyser. Sy tree gereeld op by feeste en literêre geleenthede in Nederland en in die buiteland, waaronder Suid-Afrika, Soedan, Curaçao en Brasilië. Gons is die redakteur van Hardop (Out Loud, 2019), ‘n bloemlesing wat die werk van agttien rymkletsers beklemtoon. Sy is ook die ontvanger van verskeie toekennings, waaronder die 2018 Black Achievement Award for Arts and Culture en die 2019 International Slam-O-Vision Contest Title met haar gedig ‘Assman vs. People Woman’.

Saterdag 1 tot Saterdag 8 Oktober: By die Vrystaat Kunstefees

Die Vrystaat Kunstefees is een van die sleutelkunstefeeste op die Afrika-kontinent en bied die afgelope 22 jaar nasionale en internasionale werk in ’n reeks genres. Die fees vind plaas by die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat wat vir die duur van die fees beskikbaar gestel word.

De schrijver’s-werf as deel van die literatuurfees

De Schrijver’s-werf is ’n projek wat ’n gemeenskap wil skep van skrywers, digters en teatermakers wat deur taal verbonde is aan die Nederlandse gemeenskap. Hierdie taalgemeenskaplikheid sluit deelnemers vanuit ’n wye verskeidenheid lande in. Dié lande sluit in, maar is nie beperk nie tot, die volgende lande: Nederland, Vlaandere, Suriname, Aruba, Curaçao, Sint Martin, Suid-Afrika en Namibië. Die woordspeling schrijver’s (skrywer se) en werf (werkswinkel in Nederlands en werf in Afrikaans) dui daarop dat die projek ’n tuiste vir skrywers met hierdie taalgemeenskaplikheid wil skep. ’n Belangrike element van die laboratorium is dat samewerking tussen die deelnemers gekoester sal word, aangesien almal van verskillende dele van die wêreld afkomstig is. Die deelnemers aan die laboratorium sal dus kruisbestuiwing bevorder volgens ’n diverse, multikulturele en transdissiplinêre model. Verder sal die samewerking tussen die deelnemers help om interdissiplinêre en eksperimentele, teksgebaseerde kreatiewe uitsette te slyp. Die laboratorium se werkswinkels sal fokus op innoverende idees, strategieë ontwikkel en vestig om tradisionele denke aan te neem, oortuigings oor kreatiewe literêre uitsette bevraagteken, en taal-en-teksgebaseerde werke in die kreatiewe Nederlandse taalgemeenskap vernuwe. Die werkswinkels het aanlyn plaasgevind en die uitkomste daarvan sal by die Vrystaat Kunstefees van 2 tot 8 Oktober 2022 voorgedra word. Buiten die laboratorium, sal deelnemers ook die geleentheid hê om netwerke op te bou en hul vorige werke te deel. Die doel is om lig te werp op die verskillende dialekte en voorkomste van die kreatiewe Nederlandse taal. Ons projekvennote sluit in die Nederlandse Taalunie en die Vlaamse regering in Suider-Afrika, wat goedgunstiglik die projekfinansiering bewillig het.

Projekuitkomste

Tussen media, over talen heen

‘n Treffende aanbieding van poësie op skilderdoek. Hierdie projekuitkoms eksploreer die unieke waters waar poësie as visuele kunsvorm uitgebeeld word. Die tentoonstelling sal gedurende die feesweek toeganklik wees vir alle Vrystaat Kunstefeesgangers.

Gratis Scaena Galery 2-8 Okt; Opening: 2 Okt 17:00

Schrijvers-zwervers

Nasionale en internasionale skrywers van Nederland, Vlaandere, Suriname, Aruba, Curaçao, Sint Martin en Suid-Afrika neem heelweek deel aan hierdie sessies. Daartydens sal skrywers die geleentheid kry om saam nuwe werke te skep, nuwe kunstenaars te ontmoet en stories uit te ruil oor wat die Nederlandse en Afrikaanse tale vir hulle en hul werk beteken.

Slegs RSVP: rea@vrystaatkunstefees.co.za 3-7 Okt; Uitkoms: 8 Okt 12:00 Creative Kilowatt Kopanong

Wiegeliedjies, volksverhale, kinderliedjies en kleuterversies

Hierdie fantastiese stories het aan ons waardevolle lesse oorgedra sedert kindsdae. Deur die projek, sal ons ’n musikale intervensie aanbied wat Nederlandse en Afrikaanse wiegeliedjies, volksverhale, kinderliedjies en kleuterversies verken. Gratis 60 min Scholtzsaal 4 Okt 18:00

Briefwisseling

Taal word gebruik om emosie, gedagtes en gevoelens oor te dra. Maar hoe kan twee individue, wat deur oseane geskei word, mekaar verstaan ten spyte daarvan dat hulle twee verskillende tale praat? Pieter Odendaal (Afrikaans) en Hans Depelchin (Vlaams) wys ons op die ooreenkomste en verskille in hierdie gesproke tale by wyse van hul briefwisseling oor daaglikse worstelinge, hoop en drome. Ons verken die verlore kuns van “penvriendskap” oor
tale heen.

Gratis 60 min ATKV Boeke-oase (Hoofsaal) 7 Okt 17:00

Meer inligting nodig?

Vir meer inligting oor vanjaar se “Week van het Nederlands” in Suid-Afrika epos gerus vir Eureka Barnard na  eureka@sasnev.co.za.

Besoek die webblad van die SAVN vir meer besonderhede oor die kortfilmkompetisie vir studente neerlandistiek:  https://www.suiderafrikaanseverenigingvirneerlandistiek.org/kortfilmkompetisie-2022.

Vir meer oor vanjaar se “Tuin van digters” klik hier: https://breytenbachsentrum.co.za/elfde-tuin-van-digters/ of stuur ’n epos aan  Francois Lötter by francois@breytenbachsentrum.co.za.

Vir meer inligting oor die Vrystaat Kunstefees se “Schrijverswerf project” wat ook  in die konteks van die “Week van het Nederlands” aangebied word. Kontak Rea Mokone per epos by rea@vrystaatkunstefees.co.za.

Wat die oorsprong van die “Week van het Nederlands” betref, besoek die Taalunie se webblad by https://weekvanhetnederlands.org/ om meer oor hierdie besonderse taalfees te hore te kom.

Lees ook:

Studio SASNEV | Die SAVN se kortfilmkompetisie

Kortfilm | Wat betekent Nederlands voor mij?

Studio SASNEV | Hoe sien buitelandse diplomate Afrikaans?

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top