Die Week van Nederlands is op 9 Oktober afgesluit deur Stef Bos, die Nederlander wat lank in België gewoon het en nou aan die voet van Tafelberg ’n lewe maak. Sy boodskap is deel van hierdie video.
Voor Bos sy slotwoorde sou sing, het Kabous Meiring eers aan die konsuls-generaal van België en Nederland die geleentheid gegee om elkeen ’n woord te spreek.
Dit was interessant om te hoor hoe beide na Afrikaans verwys het in hulle kort, pittige toesprake.
Mathias Bogaert, konsul-generaal van die Koninkryk van België (Foto: Izak de Vries)
Afrikaanssprekendes skakel so maklik oor na Engels wanneer ons ’n vreemde aksent hoor, óf ons donder soms aan sonder om enige een in ag te neem. Gedurende die Week van Nederlands is moeite gedoen om die ooreenkomste én die verskille tussen Nederlands en Afrikaans te vier. Die diplomate het dit raakgesien. Mag daar in die toekoms nóg brûe gebou word.
Sebastiaan Messerschmidt, konsul-generaal van die Koninkryk van Nederland (Foto: Izak de Vries)
Eerste aan die woord was Mathias Bogaert, konsul-generaal van die Koninkryk van België; daarna het Sebastiaan Messerschmidt, konsul-generaal van die Koninkryk van Nederland gepraat. Stef Bos het die slotwoord gespreek.
Vroeër die oggend het Geraldine Reymenants, die diplomatieke verteenwoordiger van Vlaandere, ’n kort woord van welkom gedeel.
Reymenants kon nie persoonlik die geleentheid in Studio SASNEV bywoon nie, maar het ontsettend veel gedoen om die vieringe in Suid-Afrika moontlik te maak.
Jan Mutton, voorsitter van SASNEV in Pinelands, Kaapstad, het ook ’n aantal woorde gespreek om almal te verwelkom. Ook hy kon die geleentheid nie persoonlik bywoon nie. Mutton is ’n navorser in politieke wetenskap wat ook reeds veel gedoen het vir diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en verskeie ander lande.
Bogaert, Messerschmidt, Reymenants en Mutton het saamgewerk om hierdie kortfilm, vervaardig deur SASNEV in samewerking met Voertaal, moontlik te maak. Dit het tydens die vieringe op Saterdag 9 Oktober ’n première gehad.
Lees ook:
Lees ook
Studio SASNEV | Daniel Hugo, brugbouer tussen Nederlands en Afrikaans
PEN-gesprek | Nuanse, uitdrukkingsvryheid en ruimte vir diverse menings
Week van het Nederlands | Vrystaat Kunstefees | Vrystaat Arts Festival
Week van het Nederlands | Drietalig woordenboek van het Kaaps (DWK)
Gesprek | Die Taalunie en die Afrikaanse Taalraad ruil idees uit
Gesprek | Fries, Kaaps, Nederlands en Afrikaans: Wat kan ons van mekaar leer?
Onderhoud: Eureka Barnard verduidelik SASNEV se rol in die Week van het Nederlands
Week van het Nederlands | Literêre gesprek: Alfred Schaffer en Chika Unigwe