Kabous Meiring het op Saterdag 9 Oktober 2021 met Dorothea van Zyl en Wium van Zyl gesels oor hulle bydrae tot die bevordering van Nederlands in Suid-Afrika en Afrikaans in die Lae Lande.
Sy het hulle ook oor hulle kinderdae uitgevra en wou weet waar die belangstelling in Nederlands dan vandaan sou kom.
Beide het die geleentheid gehad om as jongmense in die Lae Lande besoek af te lê, die kultuurboikot ten spyt, en dit het hulle lewens ’n bepaalde rigting laat kry.
Die geleentheid is Saterdag direk uitgesaai as deel van die Week van Nederlands, ’n inisiatief van die Taalunie. Die tema van vanjaar se fees was “Nederlands oor die grense heen” en dit was ook die eerste keer dat Suid-Afrika so ’n groot rol in die vieringe gespeel het.
Lees ook
Studio SASNEV | Daniel Hugo, brugbouer tussen Nederlands en Afrikaans
PEN-gesprek | Nuanse, uitdrukkingsvryheid en ruimte vir diverse menings
Week van het Nederlands | Vrystaat Kunstefees | Vrystaat Arts Festival
Week van het Nederlands | Drietalig woordenboek van het Kaaps (DWK)
Gesprek | Die Taalunie en die Afrikaanse Taalraad ruil idees uit
Gesprek | Fries, Kaaps, Nederlands en Afrikaans: Wat kan ons van mekaar leer?
Onderhoud: Eureka Barnard verduidelik SASNEV se rol in die Week van het Nederlands
Week van het Nederlands | Literêre gesprek: Alfred Schaffer en Chika Unigwe