Onderhoud: Eureka Barnard verduidelik SASNEV se rol in die Week van het Nederlands

  • 0

Uit die volstruis se nes vloei die vieringe van die Nederlandse taal in Suid-Afrika, en vir die eerste keer buite Nederland en Vlaandere, tydens die Week van het Nederlands, ’n week van pronk en vere.

Van 2 tot 9 oktober wordt de taal nationaal en internationaal op stelten gezet tijdens de 7de editie van de Week van het Nederlands. Eureka Barnard is directeur van SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum Vir Nederland en Vlaandere), en coördineert de eerste viering van de Nederlandse taal in Zuid-Afrika.

Hoe komt het dat Zuid-Afrika dit jaar meedoet aan de Week van het Nederlands?

Die Taalunie in samewerking met Vlaams-Nederlandse Kultuurhuis deBuren het vroeg in 2021 aangekondig: “Voor de zevende editie zetten we de taal op stelten. Daarbij kijken we meer dan ooit over de grenzen heen. Van 2 tot 9 oktober slaan we de handen in elkaar om het Nederlands als wereldtaal te belichten.”

Op hierdie uitroep het die Nederlandse, Belgiese en Vlaamse diplomate in Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) en die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN) besef Suid-Afrika het ’n groot bydrae om te lewer en vinnig gereageer. By die eerste beplanningsgeleentheid was dit gou duidelik dat die taalgemeenskap in Suid-Afrika, veral dié universiteite met baie sterk Nederlandse taalbande, graag wil deelneem aan dié besonderse geleentheid om die Nederlandse taal te vier.

Zijn jullie als SASNEV gevraagd om mee te werken of hebben jullie hierin zelf het initiatief genomen?

Ek moet bieg dat Suid-Afrikaners voor hierdie jaar dalk nie so baie aandag gegee het aan die viering van die Nederlandse taal spesifiek op hierdie manier soos tydens die Week van het Nederlands nie. Seker die eerste keer na die val van apartheid dat die viering van ’n taal soos Afrikaans weer in Nederland en Vlaandere plaasgevind het, was tydens die Week van de Afrikaanse roman, wat sedert 2014 onder leiding van Ingrid Glorie aangebied word.

Net ná die eerste aanlyn ontmoeting waartydens vasgestel moes word hoe die Nederlandse taal in Suid-Afrika gevier gaan word, is SASNEV gevra of hulle die eerste koördinerende rol sal speel. By die tweede samekoms is besluit dat Suid-Afrika se eerste deelname klein maar van goeie gehalte sal wees. By die derde gesprek moes SASNEV meld dat die reaksie om deel te kan hê aan die week se vieringe, alle verwagtinge oortref het en dat die aanbod nie so “klein” kan wees nie. Dit is hier waar SASNEV met groot skoene om te dra weggespring het, en ’n dag lange program vir Saterdag 9 Oktober is die gevolg.

Wat zijn jullie verwachtingen van deze week in Zuid-Afrika?

SASNEV is entoesiasties en effens senuagtig oor die vieringe, veral omdat daar vir die eerste keer so ’n wyd uiteenlopende, genuanseerde aanbod van die Nederlandse taal gevier word. Ons het probeer om soveel mense as moontlik uit verskillende ouderdomme, agtergronde en ander tale deel te maak van die vieringe. Dit is boonop ’n reuse-uitdaging om so ’n week vir die eerste keer te organiseer, maar om dit tydens ’n pandemie te doen bring eiesoortige en nuwe uitdagings. Hiermee saam kom gelukkig innoverende oplossings en “eerstes” wat vir SASNEV baie lekker is om deel van te wees. Ons sosiale-media-verwagtinge is juis weens die pandemie baie groot, omdat ons interessante nuwe rolspelers by die geleentheid betrek. Die meeste mense is boonop nou aanlyn baie slimmer as ’n jaar of twee gelede. SASNEV werk byvoorbeeld vir die eerste keer saam met die Belgiese Kamer van Koophandel, wat ’n reusenetwerk het en ook net sulke goeie idees vir die Suid-Afrikaanse weergawe se sosialemediaveldtog. Die verwagting is dat SASNEV baie nuwe vriende vir die Nederlandse taal gaan maak en dat meer netwerke by SASNEV se werkinge betrek gaan word. SASNEV wil ook graag hierdie eerste weergawe van die week wat in Suid-Afrika gevier word, een maak wat vir altyd onthou sal word as die tegniese draaipunt vir vieringe oor lands- en kontinentale grense heen.

Wat wordt er allemaal in Zuid-Afrika georganiseerd en door wie?

Die aanbod vanuit Suid-Afrika is wyd uiteenlopend, aktueel, in persoon en ook aanlyn. Dit vind plaas in Pretoria, Kaapstad, Pinelands en weens die internet, in ’n mate ook weens die pandemie, ook wêreldwyd. Die grootste mediavennoot is Voertaal.nu en spesifiek Izak de Vries wat boots and all ’n raakvatter is. Die ontwerpspan van Flame Design se bydrae is voortreflik en het ons gehelp om grafies die Suid-Afrikaanse Week van het Nederlands ons eie te maak.

Buiten finansiële steun is die diplomate van België, Vlaandere en Nederland verantwoordelik vir die vertoning van twee films, een in Pretoria en een in Kaapstad. Die Vlaamse verteenwoordiger in die Belgiese Ambassade reël ’n baie spesiale gesprek tussen twee van die wêreld se topdigters. Ons is net so bly dat die Zuid-Afrikahuis vanuit Amsterdam ook deelneem deur hul aanlyn gesprek oor ’n eerste woordeboek in Kaaps met Suid-Afrika se Week van het Nederlands se feesgangers te deel.

SASNEV stel Studio SASNEV bekend waar interessante gesprekke en debatte plaasvind, terwyl daar by SASNEV op die terrein ’n mark met heerlike lekkernye uit die Lae Lande beskikbaar gaan wees. Vir my is een van die belangrikste bydraes die kortfilmkompetisie wat deur die SAVN georganiseer is. Dit maak studente deel van die vieringe en skep iets wat in die tydvak waarin ons ons bevind, nuwe horisonne aandui. Om uitsendings moontlik te maak het die Vrystaat Kunstefees hul sosialemedia- en ander platforms beskikbaar gestel en word ’n gedeelte van dié fees se betrokkenheid by die Nederlandse taal ook tydens die week van die vieringe beskikbaar gestel.

Die program opgesom:

5 Oktober

Literêre gesprek: Karin Benjamin gesels met Alfred Schaffer en Chika Unigwe | 16.30–17.30
Gratis, direkte uitsending, aanlyn deur die Vrystaat Kunstefees se platform, sien dit hier.

6 Oktober

Inryteater: Loftus Park, Kirkness-straat, Arcadia, Pretoria
De Premier, ‘n film geregisseer deur Eric van Looy | 17.30–19.00.
Kom geniet ’n Belgiese thriller uit 2016 waarin die Belgiese eerste minister ontvoer word. Toegang is gratis, en jy kry 1 Stella Artois en ’n porsie fritte per gas, maar bespreking is noodsaaklik.
Jammer, reeds vol bespreek!

7 Oktober

Bespreking: Drietalige woordeboek van Kaaps (DWK) | 16.00–17.30
Gratis, aanlyn (https://www.youtube.com/watch?v=Zqxs_JCkr0E).
Daar is hard gewerk aan ’n drietalige woordeboek van Kaaps, waar Kaaps op gelyke vlak met Engels en Standaardafrikaans geplaas word. Met Quentin Williams, Jitsvinger, Karin Benjamin, June Bam-Hutchinson, Donovan Lawrence, André Trantraal en Margriet van der Waal.

Inryteater: Hoërskool Jan van Riebeeck-sportterrein, Tamboerskloof, Kaapstad
Vele hemels, ’n film geregisseer deur Jan Matthys | 17.30–19.00.
Kom kyk ’n Nederlandstalige filmweergawe van die Vlaamse skrywer Griet Op de Beeck, een van die mees gelese skrywers in die Lae Lande, se indrukwekkende debuutroman.
Toegang is gratis, maar bespreking van jou plek en “knabbelzakje” is belangrik.
Kontak: nicolas.dhanis@diplobel.fed.be.

9 Oktober

SASNEV en die Belgiese Kamer van Koophandel bied aan:
’n Opelugmark met kosstalletjies by Sentraalplein 4 in Pinelands | 10.00–20.00.
Kom ervaar kosstalletjies met die lekkerste van die Lae Lande; proe die geure van België en Nederland, met ’n tikkie Indonesies saam met ’n skeutjie Kaaps, alles op die plein en grasperk voor SASNEV.
Toegang is gratis, maar getalle sal beperk word volgens Covid-regulasies. Bring ’n stoel en ’n piekniekkombers en skop nes op die openbare plein oorkant SASNEV.

Studio SASNEV met Kabous Meiring
Studio SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands | 10.00–18.00
Toegang per registrasie vir aanlyn geleentheid en/of in die Studio.
Tema: Wat beteken die Nederlandse taal vir my?
Aanbieder: Kabous Meiring
Program: Sal op sosiale media bekendgemaak word.
Let op: Toegang tot die Studio is beperk en alleen vir diegene wat vooraf geregistreer het.
Nota: Alle media en gesprekke sal gratis gedeel word. Dit sal direk uitgesaai word op die sosiale media van die Vrystaat Kunstefees en daarna gratis beskikbaar wees op Voertaal by www.voertaal.nu.

Zit er na deze eerste editie een vervolg in voor de toekomst?

Gemeet aan hoeveel mense hierdie jaar hul kosbare tyd beskikbaar stel om in die opwinding te deel, is hierdie eerste viering nie die laaste een nie!

Ek sien daarna uit dat ons in die toekoms die deelnemers by die vieringe van die Week van het Nederlands lewend met mekaar verbind. Daar is baie meer “kultuurhuise” wat verdien om gemeld te word, maar dat daar in die toekoms vanuit deBuren in Brussel, Zuid-Afrikahuis in Amsterdam, Erasmus Huis in Djakarta en SASNEV in Pinelands op dieselfde dag en tyd “uitgesaai” sal word, is ons hoop.

My droom is dat daar nie te lank van nou nie ’n manier gevind sal word waarop al die taal- en kultuurverbintenisse dwarsoor die wêreld wat met die Nederlandse taal te make het, met mekaar idees sal kan uitruil. Ek wonder hoeveel mense besef dat die kontinente Europa, Afrika, Asië en Suid-Amerika almal ’n eeue oue Nederlandse verbintenis het en belangriker nog dat daar byna 40 miljoen mense is wat mekaar kan verstaan as gevolg hiervan. Dink net wat ons deur die viering van die Nederlandse taal nog kan bereik.

“Spannend!” soos julle in Nederlands sê. “Opwindend!” in Afrikaans.

Lees ook:

Week van het Nederlands | Programma | Program | Programme

Week van het Nederlands | Nederlands kijkt over de grenzen heen

 

Studio SASNEV | Nederlands oor grense heen

Studio SASNEV | Taal en identiteit

Studio SASNEV | Ontmoet die professore

Studio SASNEV | Welkom aan die Kaapse digters

Studio SASNEV | Daniel Hugo, brugbouer tussen Nederlands en Afrikaans

Kortfilm | Wat betekent Nederlands voor mij?

PEN-gesprek | Nuanse, uitdrukkingsvryheid en ruimte vir diverse menings

Week van het Nederlands | Vrystaat Kunstefees | Vrystaat Arts Festival

Week van het Nederlands | Drietalig woordenboek van het Kaaps (DWK)

Gesprek | KKNK se TekstMarkt bou brûe oor taalgrense heen

Gesprek | Die Taalunie en die Afrikaanse Taalraad ruil idees uit

Gesprek | Fries, Kaaps, Nederlands en Afrikaans: Wat kan ons van mekaar leer?

Onderhoud: Eureka Barnard verduidelik SASNEV se rol in die Week van het Nederlands

Week van het Nederlands | Literêre gesprek: Alfred Schaffer en Chika Unigwe

 

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top