Die verskil tussen gekweekte oesters en die ware Jakob, wat plaaslik uitgehaal word, is duidelik. Die Crassostrea gigas wat voorheen hier gekweek is, was nooit regtig Knysna-oesters nie, want die kleintjies het van die see van Japan gekom en dan hier volwassenheid kom bereik. Hulle is ook nie so lekker soos die inheemse rots-oester (Crassostrea margaritacea) hier op my bord nie.
Die Knysna Oesterfees wat vanjaar sy 40ste verjaardag vier, is tans in volle swang en kom eerskomende Sondag 9 Julie aan ’n einde. Maar daar is beslis meer as oesters en fietsry en seiljagvaarte om op dié kusdorpie te ontdek.
Die fees-organiseerders het iets vir elkeen op die program ingesluit: Of jy net wil walvisse in die oseaan van ’n luukse seiljag kyk – dan is die slagspreuk: “Have a whale of a time at this year’s Knysna Oyster Festival” vir jou; na lewendige musiek luister; of in die woude gaan stap of fietsry, hier is iets vir elkeen.
Geniet die vonkelwyne van die Kaap op die Plett Wynroete saam met jou oesters.
En natuurlik is die dorp se restaurante die plek om oesters en yskoue vonkelwyn te geniet. Plettenbergbaai Wynroete (’n katspoegie van Knysna af) se vonkelwyne is nou al net so bekend soos die res van die Kaapse Wynlande s’n. Die lekker Newstead MCC Blanc de Blancs 2015 van Plett, wat in 2020 die Amorim Cap Classique Uitdaging se beste algehele produsent en beste Blanc de Blanc geproduseer het, word gou een van ons gunstelinge.
Verblyf kan natuurlik nie anders nie as op die bekende Thesen-eiland, waar jy oral kan stap en die woelinge op die meer kan gadeslaan. Ons het by die vier-ster-The Lofts Boutique Hotel in een van die Lagoon View-kamers bespreek. Die hotel se voete staan in die Knysnameer se rustige water en dis in ’n ou boothuis ingerig.
Die binnehof van die ou Boothuis is pragtig omskep in eetplekkies, oulike winkeltjies en selfs ’n spa wat op die meer uitkyk.
Saam met jou kamersleutel kry jy ’n ontbytbewys wat jy by die hotel se restaurant Nest en ook by die gewilde île de païn-bakkery en -restaurant (aan die anderkant van die hotel se binnehof) kan gebruik.
Ons smul aan arancini, uieringe en diepgebraaide calamari by Nest, terwyl ons kamer klaar skoongemaak word.
Ons drink gou ’n koffie by Nest en peusel aan ’n lekker snoepbord met arancini, diepgebraaide calamari en bros skyfies, terwyl die laaste skoonmaak in ons kamer gebeur. Die kelnerin vertel ons die verhaal van die ou boothuis begin in 1922 toe Charles Wilhelm Thesen sy houtverwerkingsaanleg en bootbouwerf na die eiland verskuif het. Hout is op Thesen-eiland verwerk en direk in die vragskip gelaai voordat dit vir uitvoer verskeep is.
’n Mens kan nie glo hierdie lieflike uitsigte vanuit die woonhuise op Thesen-eiland was 30 jaar gelede nog ’n industriële plek nie.
Die eiland het vir jare ook die turbine gehuisves voor dit in 1998 deur privaat-ontwikkelaars gekoop en opgeknap is. Die maritieme erfenis is deur die argitekte en ontwikkelaars bewaar in beide die opknapping van die ou geboue en in die algemene ontwerp en beplanning van Thesen Hawedorp. Die Boothuis is as uitstalruimte gebruik om voorbeelde van vensters, deure, verfkleure, toebehore en afwerkings wat in die eiland se woon-landgoed gebruik sou word, ten toon te stel.
Die binnehof van die ou Boothuis
The Lofts pas knus in die voormalige Boothuis. Die ou gebou se hele houtraamwerk is behou en die hotel is baie kunstig daarbinne gebou. Die binnehof word deur Nest beslaan, waar gaste ontbyt, middag- en aandete kan eet; met verskeie dekor- en geskenkwinkels en ’n spa wat op die meer uitkyk.
Een van die lekker ervarings wat jy tydens die Knysna Oesterfees – en daarna – kan meemaak, is die tee- en speseryeproe by The Spice & Tea.
Ons stap deur die restaurant waar plante uit die dak hang deur die plantryke voorportaal waar twee Oosterse kinders sit en skaak speel op met die trappe na ons kamer. Die uitsig oor die meer is genoeg om jou vir ure te betower. Die reuse-skuifdeure staan die heeltyd oop en saans kan jy in die diep, ovaalvormige bad ontspan, terwyl die liggies oor die meer en dorp aangaan. Soggens vroeg is die gesellige woelinge van ’n koffiewinkel en bakkery onder jou vloer net die ding om jou uit die reuse-bed te laat wip.
'n Deel van die ervaring
Een van die lekkerbek-ervaringe wat jy tydens die fees kan doen en waarvoor ons bespreek het, is ’n teeproe en aandete met Sanchia Hadlow, die eienaar en sjef en boonop ’n teesommelier by The Spice & Tea House. Selfs dit is lekker stapafstand van ons hotel af.
Mooi en lekker!
Sanchia se oë blink as sy oor tee gesels en voor sy wegspring, kry elke gas ’n glasie rooibostee-Glühwein met ’n skyfie lemoen.
Sanchia Hadlow, ’n sjef en teesommelier
Sanchia is die afgelope sewe jaar die eienaar van dié oulike tee-en-speseryewinkel en baie van die boere wat dié tee of speserye kweek, verskaf direk aan haar en sy hou daarvan om te weet waar haar produkte groei en onder watter omstandighede – waarvan heelwat organies. Haar speserye en tee het geen addisionele geur- of preserveermiddels nie en sy maak alles in die klein kombuisie – van Chaitee met vars, fyngemaalde speserye tot gegeurde teeroomys in verskeie lekkertes.
Met die teeproe is daar lekker versnaperinge tussenin wat almal hulde bring aan een of ander lekker speserye.
As jy op jou stoep sit by The Lofts Boutique Hotel is hierdie saligheid jou prentjie.
Ons smul aan kardomynroomys toe sy by ons kom sit en uitvra oor ons belangstelling in tee. “Ek kan sien wanneer besoekers tee-groentjies is en wanneer hulle al voorheen teeproeë gedoen het,” gesels sy.
Ek moet lag, want as ons met ons vorige teeproe minder “groentjies” was, het ons dalk nie R3 000 se tee (skaars ’n handpalm vol) gekoop nie! Sy sien die geamuseerde kyke tussen my en my geliefde en ek vertel: In 2019 pak ons die langpad Indië toe aan. Ons is lief vir tee en het Darjeeling in ons visier – nie net om die tee te gaan proe nie, maar ook met die legendariese teetreintjie deur die digte woude te ry.
Die ou Boothuis op Thesen-eiland voor die eiland ontwikkel is.
In ons tas is altyd die twee inheemse tees van Suid-Afrika – heuningbos en rooibos – want sonder kafeïen is dit die ideale slaaptydtee as ons reis. Ons gee dit ook graag as geskenke vir oorsese mense wat ons pad kruis en vertel graag dat heuningbos van Gqeberha (die voormalige Port Elizabeth) tot Piketberg groei en nêrens anders in die wêreld nie. Rooibos kom tot sy reg in die Sederberge, al word dit elders in die wêreld ook verbou. Die naam is beskermd en mag nie elders in die wêreld gebruik word nie.
Die ou Boothuis huisves vandag die vier-ster-The Lofts Boutique Hotel.
In Darjeeling word jy natuurlik by elke restaurant, museum of hotel tee aangebied, en gou is ons die erg frankheid van hul tees gewoond en ook om dit sonder melk en suiker te drink. Dis egter by Golden Tips Tea in Nehruweg dat ons vasval. Die eienaar is sjarmant, ingelig en lus vir gesels.
Jy kan hierdie QR-kode skandeer vir allerhande lekker goed om te doen. Ons vind die kennisgewing in ons kamer by The Lofts Boutique Hotel.
Voor jy kan sê “nee, dankie” vir melk en suiker, staan die glasteepotjies in rytjies voor ons.
Dis ongelooflik om te dink die hotel sit so knus in die ou Boothuis en is so mooi bewaar.
Ons hoor dat tee baie tyd- en temperatuur-gevoelig is en soos ons deur die 25 tees proe, leer ons: Groentee moet teen 80 grade vir 3 minute trek; swarttee teen 100 grade vir 5 minute en kruietee teen 100 grade vir 5–7 minute. Die regte manier is om dit sonder melk of suiker te drink, “maar jy drink dit soos jy wil, dis jou genot,” verklaar hy slim.
Binne die hotel
Ons leer ook dat Darjeeling-tee baie veelsydig is, want die teeblare kan op verskillende maniere verwerk word om swart-, groen-, wit of oolongtee te lewer. Die koel briesies wat van die Himalajas oor die teeplantasies trek, is blykbaar die geheim vir dié tee se besondere smaak.
Niks oud en bootbouerig hieraan nie.
Daar word baie gereeld teeveilings gehou en pryse van duisende Indiese roepees per kilogram word hier behaal. In sommige tees is net die boonste twee soet “babablaartjies”, ander word in die maanlig gepluk van bitter klein plantasies, ander word vir hul kleur gekies. Die tyd wanneer die tee geoes word, het ook ’n groot invloed op die smaak en voor ons ons kom kry, het ons vier klein pakkies tee gekoop en al 25 teepotjies omtrent leeggedrink.
Ons Lagoon View-kamer is luuks en ruim.
Ons belangstelling is geprikkel en by die boekwinkel nie ver van die teewinkel nie, Oxford Books and Stationery Co, loop ek die boek The True History of Tea deur Victor H Mair en Erling Hoh raak. Dit bevat alles wat jy ooit oor tee wou weet en dis lekker om dae later in die teeplantasies wat teen onmoontlike hellings om die dorp geplant is, te stap en alles wat ek by die teewinkel en in my boek geleer het, eerstehands te ervaar.
Die Erfenis-staproete met die hele eiland se geskiedenis daarop aangedui met inligtingborde is ’n lekker aktiwiteit.
Sanchia lag, maar ek kan sien dat sy verstaan hoe tee jou só kan betower. Voor ons groet, kry elkeen ’n koppie soet Chaitee met haar geheime speseryemengsel om die koue daarbuite af te weer. Ek bestel ook hiervan, wat ons die volgende dag kan gaan oplaai.
Geen besoek aan Knysna sal volledig wees sonder ’n lekker sonsondergang-vaart op ’n luukse katamaran van Ocean Sailing Charters – ander maatskappy se seiljagte – nie.
Bedags ontgin ons die hawedorpie waar daar genoeg eetplekkies, oulike winkels en selfs ’n antieke motorfietsmuseum is. Die Erfenis-staproete met die hele eiland se geskiedenis daarop aangedui met inligtingborde is ’n lekker aktiwiteit.
Saam met jou kamersleutel kry jy ’n ontbytbewys wat jy by die hotel se restaurant Nest en ook by die gewilde île de païn-bakkery en -restaurant (aan die anderkant van die hotel se binnehof) kan gebruik.
Ek vertoef by ’n wit stensilprentjie van ’n seeperdjie met die woorde: “The sea starts here. Don’t litter” daarnaas. Dis só waar en ’n mens vergeet so maklik hoe broos ons ekostelsel is en dis juis een van die dinge wat die Knysna Oesterfees na vore bring: Die natuurskoon waarin hierdie aktiwiteite aangebied word.
'n Mooi plek om by te eet.
Laatmiddag gebruik ons die hotel se tweeman-kajak en gaan roei op die meer. Seevoëls swiep al kruisende bo ons verby, maar verloor gou belangstelling toe hulle sien ons gaan nie visvang nie en dat daar dus niks vir hulle is om te aas nie. Deel van die feesprogram het ook verskeie kajak- en strand-aktiwiteite met gidse ingesluit.
Jy kan nie anders as om ’n “whale of a time” hier te hê nie.
Hoe lekker om te gaan stort terwyl die gordyne bollend in die aandwindjie staan en dan net af te stap by die trappe vir ’n Meksikaanse aand by Nest.
’n Mens kan nie anders as lekka wees op Knysna nie!
Voor ons huiswaarts keer, stop ons om die tee en speserye by Sanchia op te tel. Die reuk van kaneel en iets soets kom uit die kombuis. My mond water en ek bestel twee Chaitees met heuningbos vir die pad.
Met die hele teeproeëry saam met Sanchia herroep ons die lekker middagtee by die Grande Roche Hotel en Restaurant in die Paarl.
Ag, hoe lekker om nog ’n gunstelingplek te kon byvoeg in hierdie mooie dorp.
Die Grande Roche Hotel en Restaurant in die Paarl
Sanchia kom groet. Ons gesels oor soetgebak en die tradisie van tee en ek vertel dat die reuk van varsgebak my terugvoer na die lekker middag wat jy by die Grande Roche Hotel en -restaurant in die Paarl kan hê, waar sjef Kevin Grobler sy beste cuisine vir ’n deftige middagtee voorsit. Natuurlik is die mooie bord gelaai met allerhande verleidelike soet- en soutbederwe, maar dis die teeverskeidenheid wat my behoorlik opgewonde gemaak het. Die Royal Darjeeling het my skoon met heimwee gelaat!
Sanchia maak ’n knoop in haar sakdoek vir haar volgende Bolandse besoek om daar te gaan inloer.
En ek weet nou dat Knysna vol geheimeplesiere is wat wag vir die nuuskierige toeris om te kom ontdek.
- Besoek www.knysnaoysterfestival.co.za vir die volledige program van die oorblywende deel van die fees.
- Bespreek op Knysna se Thesen-eiland by The Lofts Boutique Hotel by reservations@thelofts.co.za of www.thelofts.co.za. Bederf jouself sommer met ’n spa-behandeling by Le Spa Tranquille oorkant die hotel by www.lespa.co.za
Besoek ook:
- Die vier restaurante Dry Dock Restaurant & Terrace, Sirocco Restaurant, 34 South en Tapas & Oysters wat tussen die Knysna Waterfront en Thesen-eiland versprei lê, is jou beste keuse vir oesters. Elizabeth Virtue, een van die eienaars, vertel dat geen oesters meer in Knysna gekweek word nie. Die Crassostrea gigas wat voorheen hier gekweek is, was nooit regtig Knysna-oesters nie, want die kleintjies het van die see van Japan gekom en dan hier volwassenheid kom bereik. Hulle is ook nie so lekker soos die inheemse rots-oester (Crassostrea margaritacea) nie.
“Die gekweekte oesters is aanvanklik in die Knysnameer gehou, maar die toestande daar was nooit regtig gunstig nie, omdat daar nie genoeg voedingstowwe in die water is soos in die Weskus waar hulle floreer nie. Die getye bring ook gereeld varswater in die meer in, wat dodelik is vir oesters.”
Elizabeth sê die inheemse rots-oesters word van die rotse verwyder deur plaaslike mense met permitte. Dis wat so lekker saam met jou vonkelwyntjie afgly.
- Geen besoek aan Knysna sal volledig wees sonder ’n lekker sonsondergang-vaart op ’n luukse katamaran van Ocean Sailing Charters nie. Met ons vaart het Neil van Deventer, die kaptein, die reuse-katamaran behendig by die beskutte muurtjie voor Sirocco Restaurant uitgestuur, oopwaters toe.
Die katamaran gly moeiteloos deur die ingang by die Knysna Koppe en ons waai sorgeloos vir mense aan wal. Neil stuur die boot behendig tot ons stil agter die golwe lê en dolfyne en robbe langs ons deur die water klief. In die verte blaas ’n walvis en ek kan voorwaar sê dis ’n “whale of a time!”
Die lekker Newstead MCC Blanc de Blancs 2015 van Plett, wat in 2020 die Amorim Cap Classique Uitdaging se beste algehele produsent en beste Blanc de Blanc geproduseer het, word gou een van ons gunstelinge. ’n Besoek aan die plaas is ook ’n lekkerte.
Met yskoue vonkelwyn in ons glase wat teen die glas se rand brandertjies maak, kyk ek gehipnotiseerd na die branders om die katamaran se romp wat af en toe ons voete papnat spat.
-
Foto’s: Clifford Roberts
Lees ook:
Suid-Afrikaanse brandewyn bly ’n trotse 350-jaar geskiedenis weerspieël