Toyota US Woordfees 2020: jongste Skrywersfees-program (Nederlandse komponent)

  • 0

Vanjaar se Toyota US Woordfees vind plaas van 6 tot 15 Maart. Die feestema is Aanhou beweeg en geraas maak

Laai die jongste feesprogram in PDF-formaat hier af.

Hier onder is items met ’n Nederlandse komponent.

Domestic Noir: Behind Closed Doors

Misdaadfiksie
Deborah Steinmair, Mira Feticu en Margriet van der Waal gesels met Christy Weyer-Loedolff

Aangebied deur LAPA; moontlik gemaak deur SASNEV

Een Afrikaanse en een Nederlandse skrywer gesels oor hoe die al hoe gewilder “domestic noir”-genre (of verhoudingsrillers) vir húlle met die tydsgees praat, terwyl Margriet van der Waal, wat deesdae in Nederland woon en in Amsterdam en Groningen werk, haar indrukke deel oor hoekom vroue daar deesdae veel eerder sulke rillers verslind as romanse.

Margriet van der Waal (Foto: Dirk Gillissen)

In As jy van moord droom vertel Deborah Steinmair van ’n middeljarige vrou, wie se dogter op ses gesteel is maar op 26 weer voor haar staan – oorgewig, vlotter in Chinees as Afrikaans, verslaaf en woedend. Die Roemeens-gebore Mira Feticu se Al mijn vaders gaan weer oor ’n akademikusvrou wat volgens haar man aan depressie ly, maar wanneer sy verdwyn, is hy die hoofverdagte...

Christy Weyer-Loedolff, die kreatiewe energie agter die nuwe Elgin-Grabouw-krimifees, vra hulle uit.

9 Maart 14:00
60 min | Drostdy Teater
R65 | R85 by die deur
Taal: Engels

Regs: Mira Feticu

Ena Jansen: Soos familie/Like Family

Letterkunde en uitstalling
Met Ingrid Winterbach en Clementine Mosimane (Poppie)

Beleef Ena Jansen se Soos familie/Like Family, haar baanbrekersboek oor die rol van huiswerkers in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en letterkunde, in woord én beeld. Op 10 Maart gesels Ena met Ingrid Winterbach en Clementine Mosimane, wat Poppie speel in die filmverwerking van Elsa Joubert se Die swerfjare van Poppie Nongena. Maar vóór of ná die gesprek kan gaste hulle verkyk aan ’n unieke kunsversameling byeengebring deur die Rupert Museum se direkteur, Robyn-Leigh Cedras, en Eliz-Marie Schoonbee, met baie – en meer – van die oorspronklike werke wat in die boek gewys word, soos dié van Zanele Muholi, Marlene Dumas en David Goldblatt. Daar is ook twee rondleidings met die kurators en Ena.

6–15 Maart Tentoonstelling
10 Maart 10:30 Gesprek | 60 min | R65 | R85 by die deur
11, 13 Maart 11:00 en 13:00 Rondleidings met Eliz-Marie en Ena Jansen; bespreking noodsaaklik: 021 888 3344
Rupert Museum

Ena Jansen (regs) (Foto: Menán van Heerden)

Veeltalig speel met verse

Gedigte
Daniel Hugo, Benno Barnard en Annette Snyckers gesels met Andries Visagie

Aangebied deur Naledi en Modjaji; moontlik gemaak deur SASNEV

Tussen Daniel Hugo, Benno Barnard en Annette Snyckers glip gedigte moeiteloos deur Afrikaans, Nederlands, Engels en Duits. Vir sy vertaling van Benno se Die trouservies speel Daniel met Benno se Nederlandse tong-in-die-kies aanslag en sin vir ironie in Afrikaans, terwyl Annette in haar debuutbundel, Remnants, Restante, Reste, weer self vertaler is tussen die Afrikaans van haar kleintyd, Suid-Afrikaanse Engels van haar tuiste en Duits van haar skoonma. Dikwels verskyn een gedig in al drie taalvariasies. Andries Visagie stel die vrae.

10 Maart 14:00
60 min | Adam Small-seminaarkamer
R65 | R85 by die deur

Links: Benno Barnard (Foto: Renata Bakker)

Ek is Hendrik Witbooi

Geskiedenis
Met Simon “Hemelbesem” Witbooi en Tilman Dedering, in gesprek met Albert Grundlingh

Aangebied deur Protea Boekhuis

In 1884 trek Hendrik Witbooi en sy Namavolk noorde toe om weg te kom van die droë Kalahari-woestyn. Terselfdertyd stap die keiserlike afgevaardigde dr. Göring aan wal in die nuwe Duitse kolonie Suidwes-Afrika (vandag Namibië). In 2016 eis Namibië dat Duitsland die uitwissing van tienduisende Namas en Herero’s erken. Maar hoe behoort ons Witbooi te onthou, ’n man wie se nasate Auschwitz toe gestuur is – as ’n gesofistikeerde politikus, vryheidsvegter, of wrede krygsheer? Albert Grundlingh gesels met Tilman Dedering, ’n kenner veral oor die Duitse en koloniale geskiedenis van Namibië, en Simon Witbooi (ook bekend as Hemelbesem), ’n agterkleinseun van Hendrik, oor die Nederlandse skrywer Conny Braam se Ek is Hendrik Witbooi. Hemelbesem rond die gesprek met musiek af.

11 Maart 15:30
60 min | Boektent
R65 | R85 by die deur
Taal: Afrikaans en Engels

 Skrywers-langtafel

Met Kabous Meiring en Loftus Marais as aanbieders

Kan ’n mens deur boeke met mekaar praat? Mekaar só beter leer ken; beter leer verstaan? Twaalf skrywers sit saam met gaste by ’n langtafel aan en gesels oor taal-, kultuur- en landsgrense heen. Met Anoeschka von Meck, die Nederlander Benno Barnard, Lou-Marié Kruger, die Skot Damian Barr, Jolyn Phillips, die New Yorker Suketu Mehta, China Mouton, Olivia M. Coetzee, Fred Khumalo, Bibi Slippers, Marita van der Vyver en Fatima Dike.

11 Maart 18:30 vir 19:00
150 min | De Volkskombuis
R450 | R650 by die deur
Taal: Afrikaans en Engels

My moeder se moeder se moedertaal

Letterkunde
Met Annemarié van Niekerk en Pieta van Beek

Moontlik gemaak deur SASNEV

My Mother’s Mother’s Mother is die grootste boek nóg oor Afrikaanse vroueliteratuur. Dit strek vanaf 17de eeuse Nederlandse tekste geskryf op Suid-Afrikaanse bodem tot en met hedendaagse Afrikaanse letterkunde. Dié magistrale werk van byna 1 000 bladsye, wat in Amsterdam in ’n stampvol saal bekend gestel is, maak nou in Suid-Afrika sy buiging. Anastasia de Vries gesels met skrywers Annemarié van Niekerk en Pieta van Beek, waarna verskeie skrywers voorlees.

12 Maart 12:30
60 min | Drostdy Teater
R65 | R85 by die deur

Regs: Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk

Fred de Vries: Blues vir die wit man

Niefiksie
Met Andries Bezuidenhout

Tussen die blues van Amerika se Diep Suide en die traanrook van #FeesMustFall probeer die Nederlandse Fred de Vries deur middel van musiek verstaan wat dit beteken om wit te wees in ’n plek waar die verlede sinoniem is met vernedering vir soveel van jou landgenote.

Fred de Vries

Andries Bezuidenhout gesels met hom oor sy Blues voor de witte man ná ’n paar kort uittreksels uit ’n dokumentêr oor omstrede Mississippi-landmerke. (Hierdie dokkie, Monumental Crossroads, word twee keer gratis op die Woordfees Filmfees vertoon.)

12 Maart 15:30
60 min | Upstage@Drostdy  
R65 | R85 by die deur
Taal: Afrikaans en Engels

To Lose Everything: Three International Authors

In die nuus
Azille Coetzee gesels met Christy Lefteri, Suketu Mehta en Mira Feticu

Aangebied deur Jonathan Ball Publishers and Picador; moontlik gemaak deur SASNEV

Die meeste van ons het geen idee hoe dit voel om “alles” te verloor nie – jou land, jou familie, selfs jou taal. Christy Lefteri, die kind van Griekse vlugtelinge, het vir haar navorsing vir The Beekeeper Of Aleppo tyd deurgebring in ’n Siriese vlugtelingkamp in Athene. Mira (Al mijn vaders) het haar familie agtergelaat toe sy van Roemenië Nederland toe getrek het, terwyl Suketu Mehta in 2015 vir die Pulitzerprys benoem is vir Maximum City, Bombay Lost And Found, sy verslag van sy kindertyd in Moembaai. Sy nuwe publikasie, This Land Is Our Land, dokumenteer immigrante se ervaring in Trump se vyandig-gesinde Amerika. Azille Coetzee (In my vel) lei die gesprek.

12 Maart 15:30
60 min | Boektent
R65 | R85 by die deur
Taal: Engels

Digtersparadys: Verse wat groot mans laat huil

Gedigte en musiek
Met Loftus Marais as aanbieder, en musiek deur Frazer Barry

Aangebied deur Naledi, Queillerie en Human & Rousseau; moontlik gemaak deur SASNEV

Mark Haddon, skrywer van The Curious Incident Of the Dog In the Night-Time, het van Derek Walcott se “Sonnet XLIII” gesê: “... what moves me most profoundly is a feeling that language has somehow taken me beyond the boundary of language.” Kom luister na mans wat verse lees wat hul harte laat saamtrek, met Tribal Echo se Frazer Barry se weemoedige musiekbydrae. Met Kleinboer, Hennie Nortjé, Benno Barnard, Pieter Hugo, Nathan Trantraal, Tom Dreyer as Afrikaans wenner van die I wish I’d said-poësiewedstryd, Pieter Odendaal, Fanie Olivier en Loftus self.

14 Maart 17:00
90 min | Boektent
R65 | R85 by die deur

Lees ook op LitNet en Voertaal:

LitNet Akademies-resensie-essay: Soos familie deur Ena Jansen

My Mother's Mother's Mother: Monument voor de vrouwenstem uit Zuid-Afrika

Afrikaanse schrijfsters en hun Nederlandse voormoeders

Resensie: My mother’s mother’s mother deur Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk

"Als de bundel een huis is, doet Daniel Hugo de deur open en leidt de bezoeker rond"

Mira Feticu: “Het is een cadeau van het leven, Zuid-Afrika”

Nieuw boek van Fred de Vries: De blues, de pijn, en geen zin meer in het begrip van de blanke

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top