Tweespraak met Wannie Carstens #2: Vraaggesprek ter gelegenheid van de Jan H Maraisprys 2024

  • 0

Ongelukkig is daar ’n geleidelike afskaling van departemente Afrikaans (en Nederlands) aan SA universiteite aan die gang (minder studente lei tot minder dosente) en vir die huidige geslag Afrikaanse taal- en letterkundiges wag daar groot uitdagings oor hoe die vak as ’n akademiese dissipline verseker kan word.”

Deel 2

Yves: De bekroning met de Jan H Maraisprys geeft ongetwijfeld resonantie aan de velerlei institutionele initiatieven die je hebt genomen en die een eigen bestaan leiden. Sommige van die projecten hebben kiemen gezaaid voor nieuw onderzoek, andere zijn jammer genoeg verdwenen. Ik verwijs naar de Afrikaanse Taalraad, ook het voorzitterschap van de SA Akademie en onder meer VIVA. Zijn er projecten die dringend aandacht verdienen en die de band tussen Afrikaans en Nederlands onderzoeken? Ik denk aan het initiatief dat we opzetten inzake Afrikaans Internationaal.

Wannie: Ja, dit is altyd jammer as projekte wat met groot entoesiasme geïnisieer word en dan ook goed wegspring ná ’n tyd ’n stilstand beleef. Dit was ongelukkig ook die geval met van ons projekte, soos met die IVA. Die idee van ’n Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA), gebaseer op die model van die Internationale Vereniging voor Neerlandistiek (IVN), is in 2011 gekonseptualiseer (deur myself, Jerzy Koch van Pole, Jacques du Plessis van die VSA en Ena Jansen van Nederland)  tydens die destydse IVN-byeenkoms in Antwerpen. Die plan was dat die IVA inligting oor Afrikaans wêreldwyd beskikbaar sou stel, met die onderrig van Afrikaans aan universiteite as vertrekpunt. In 2012 het die Raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns dit sterk ondersteun en onderneem om dit te laat waar word.

Maar weens gebrekkige personeelkapasiteit en ’n wil om dit ten uitvoer te bring, het dit nie verder gekom as bekendstelling en belangstelling wek nie. Van die uitvoerfase het min tereg gekom. In 2018 is dit oorhandig aan die Afrikaanse Taalraad (ATR) om verder te neem. Ook in die ATR het dit weens ’n gebrek aan personeel en deurvoervermoë ongelukkig nie verder gekom nie as beplanning, gesprekke en die saamstel van ’n basiese webblad (bedoel as die wyse waarop inligting versprei sal word). En in 2024 staan dit steeds stil. Alle aktiwiteite het aktiewe en doelgerigte bestuur nodig om suksesvol te kan wees en as dit ontbreek, loop goed bedoelde projekte die risiko dat die projek stilweg verdwyn.

Ek het die geleentheid gehad om in die hoedanighede wat jy genoem het, talle projekte te bedink en van die grond af te kry (natuurlik met die hulp van tale ander mense aan Lae Landse kant), soos die Festival voor het Afrikaans; Week van die Afrikaanse Roman; doseerooreenkomste tussen universiteite; skakeling tussen die ATR, die Taalunie en die IVN; die Gentse leerstoel; die wisselleerstoel; die huidige ondersoek na die Stand van Afrikaans (na aanleiding van die ooreenstemmende Staat van het Nederlands).

Ek was namens die SA Akademie betrokke by onderhandelinge wat in 2014 tot die suksesvolle VivA sou lei – maar weer eens: dit is welwillende mense wat dit laat gebeur, soos Hans Bennis, eers van die Meertens Instituut en later van die Taalunie. Ook Kris van de Poel het tydens haar termyn as Algemene Sekretaris van die Taalunie besondere moeite gedoen om verhoudinge te laat vlot. Dus: versiende mense maak projekte waar. Ander praat net.

Van die projekte kon ek deur ’n eie netwerk verder dryf, maar vir ander was ek afhanklik van administratiewe steun (van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ATR) om dit ten uitvoer te bring. Maar as uitvoervermoë en veral die wil om ’n projek te laat slaag, ontbreek, dan word implementering traag en soms loop dit gewoon af. Ek voorsien tans nie dat die IVA werklik tot sy reg sal kom nie. Heel jammer! En ek hoop van harte die potensiaal van die ATR om projekte vanuit SA te inisieer en volledig te kan deurvoer, sal realiseer, maar ook hieroor het ek tans kommer.

Ek is wel besonder trots op ’n projek wat reeds in 1998 van die grond af gekom het toe die Ernst van Heerden-versameling van Afrikaanse poësie tot stand gekom het nadat ekself, Dorothea van Zyl van US, Johann Lodewyk Marais en Anton Basson aan SA kant en Marleen Coutuer (dosent vir ons taalaanleerkursus) en Willy Tibergien (destydse direkteur van die Poëziecentrum) aan Vlaamse kant in 1997 die gaping vir so iets raakgesien het en vervolgens die geleentheid benut het om in November 1998 die versameling te vestig. Op 27 November 2023 het die 25ste viering van hierdie versameling in Gent plaasgevind. Ek en jy was persoonlik aanwesig daar en dit was ’n voorreg om dit mee te maak. Maar weer eens het besondere individue dit help realiseer. Dit is miskien belangrik om uit te lig: dit is altyd mense met drome en gedeelde belange wat dinge laat gebeur. Vandag help ’n entoesiastiese Stefaan Goossens dat die versameling in waarde en belang toeneem.

Yves: Ikzelf werk op het gebied van de moderne literatuur en bestudeer in het domein van de transnationale letterkunde de culturele interactie tussen Afrikaans en Nederlands. Het spreekt voor zich dat taal- en letterkundigen moeten samenwerken. Als research fellow van het Stellenbosch Institute for Advanced Study (januari-juli 2024) organiseerde ik een seminarie met collega’s Afrikaanse taal- en letterkunde. Het literatuur-historisch project is gericht op de convergenties en divergenties van literaire culturen in Zuid-Afrika (Afrikaans) en het Nederlandse taalgebied. Jij hebt vanop afstand (virtueel) deelgenomen aan de bespreking. Zo belangrijk dat ook (historisch) taalkundigen in denkoefeningen over contouren en uitgangspunten van het project participeren. Het opleidingsonderdeel dat we in de bachelaor aan de UGent aanbieden is niet toevallig Afrikaans: taal- en letterkunde. De organisatorische structuur, met name de indeling in verschillende vakgroepen taalkunde en letterkunde (en dan nog eens afzonderlijk vertaalwetenschap), heeft de facto de samenwerking van taal- en letterkundigen niet bevorderd, integendeel. Er is gelukkig ook een (noodgedwongen) tegenbeweging: het bestuur van de Afrikaanse Letterkunde Vereniging heeft beslist voortaan ook taalkundigen uit te nodigen. Hoe zie jij de toekomstige samenwerking op het gebied van taal- en letterkunde, of breder: culturele studie?

Wannie: Afrikaanse taalkundiges se rol en bydrae in Afrikaanse het die laaste 5-10 jaar al hoe skraler geword by vakverenigings in SA. Die voormalige Linguistevereniging vir Suid-Afrika (LVSA) het in die 1960’s uit ’n Afrikaanse hoek ontstaan en is lank deur Afrikaanse taalkundiges gedryf. Maar in die laat 1990’s het die LVSA al hoe meer Engelsingesteld geword (wat te verstaan is in die lig van ’n meertalige bedeling); mettertyd het die LVSA verdwyn en is in 2018 formeel vervang deur SALALS  (Southern African Linguistics and Applied Linguistics Society of Southern Africa) waar Afrikaanse taalkunde ’n mindere rol speel, gebaseer op die aantal referate wat nog in Afrikaans aangebied word. By die 2022-kongres was daar byvoorbeeld net vier referate in Afrikaans (waarvan ekself twee gelewer het). Ek is dus bekommerd oor die volhoubaarheid van die Afrikaanse taal- en letterkunde as ’n selfstandige dissipline. Maar gelukkig het die ALV die aanbod gemaak dat Afrikaanse taalkundiges by hulle kan inval en dat so saam weer ’n vereniging gevorm word wat die Afrikaanse taal- en letterkunde kan help uitbou. Hierdie samewerking kan baie mooi word. Persoonlik beywer ek my vir die totstandkoming van ’n Sentrum vir Afrikaans waar daar aktief vanuit ’n wetenskaplike hoek aandag gegee sal word aan die uitbou en instandhouding van Afrikaans as ’n taal van die wetenskap. ’n Mens mag mos droom.

Ongelukkig is daar ook ’n geleidelike afskaling van departemente Afrikaans (en Nederlands) aan SA universiteite aan die gang (minder studente lei tot minder dosente) en vir die huidige geslag Afrikaanse taal- en letterkundiges wag daar groot uitdagings oor hoe die vak as ’n akademiese dissipline verseker kan word. Dit sal nie vanself gebeur nie. Die betrokkenes sal self die inisiatief moet neem. Toe dit in 2018 geblyk het dat min studente vir programme in Nederlands aan universiteite in die Lae Lande ingeskryf het (in wese te min om selfs uittredende onderwysers te vervang), het die belanghebbendes in die Lae Lande koppe bymekaar gesit (as individue en as vakverenigings) en planne gemaak om dit in die toekoms om te swaai. Dit het onder meer ’n erg kritiese binnekyk na die inhoude en aanbiedinge van kursusse ingesluit. Dit is wat wag op personeel van departemente of afdelings Afrikaans (en Nederlands) aan SA universiteite. Doen dit eerder vroeër as later – leer uit die ervarings van die Lae Landse universiteite.

Aan die ander kant moet geleenthede steeds benut word om kursusse in Afrikaanse taal- en letterkunde aan universiteite in die buiteland aan te bied, veral daar waar ’n duidelike belangstelling daarin uitgespreek is, soos aan Antwerpen, Gent en ook Leiden. Ek is bly dat ek deur my netwerk (en met die hulp van mense soos jy, Timothy Colleman, Annelies Verdoolaege, Jacques van Keymeulen, Kris van de Poel, Ton van Haften, Eep Francken, Ena Jansen) ’n rol kon speel om Afrikaanse kursusse aan hierdie universiteite te help vestig. Afrikaanse taal- en letterkundiges moet ook dankbaar wees vir geleenthede waar hulle oor hulle vak in die buiteland kan praat, soos by IVN-kongresse, of by colloquiums (soos die jaarlikse Gentse colloquium). En ek is ook trots op die boek Afrikaans Linguistics: Contemporary Perspectives (2024; SUN Media) wat binnekort verskyn (met myself en Nerina Bosman van UP as redakteurs) en ten doel het om die huidige stand van die Afrikaanse taalkunde vir ’n Engelstalige gehoor bekend te stel – daar is daarvoor gevra tydens ’n Europese lesingreis in 2019 en ons verskaf dit. Ek dink ’n ooreenstemmende bron vir die Afrikaanse letterkunde is ook nodig.

Yves: In gastcolleges aan buitenlandse universiteiten, zoals voor Gentse en Antwerpse studenten, ook aan Nederlandse universiteiten én buiten de Lage Landen, wordt aandacht besteed aan het lange tijd normatieve Standaardafrikaans, maar ook aan de vele variëteiten van Afrikaans. Er bestaat een rijke literatuur in socio- en regiolecten van het Afrikaans, niet langer (uitsluitend) in de standaardtaal. Komend jaar, in mei 2025, is het exact honderd jaar geleden dat Afrikaans ambtelijk het statuut verkreeg van officiële landstaal van de Unie van Suid-Afrika. Naar aanleiding van het eeuwfeest worden allerlei evenementen op het getouw gezet. Je bent bij tal van initiatieven betrokken, ook de KykNET documentaire die Danie Marais en Erns Grundling voorbereiden en waarvoor ze trouwens aan het eind van deze maand naar de Lage Landen reizen. Er is een ambitieus scenario uitgetekend.

Soms wordt de noodklok geluid over het Afrikaans en spreken sommigen over een taal die uiteindelijk zal verdwijnen. Andere keren wordt gesteld hoe vitaal het Afrikaans is met tal van organisaties, een rijk cultureel leven en niet te veronachtzamen veel kapitaal die de taal promoten en faciliteren. Kapitaalkrachtige organisaties slagen er zelfs in een private universiteit op te richten (Akademia), met naast de campus in Centurion op termijn een tweede campus in Paarl. En dan is er het taalbeleid van universiteiten, zoals in Stellenbosch, waar voornamelijk op papier Afrikaans nog een officiële onderwijstaal is, naast isi-Xhosa en Engels, maar op alle vlakken wordt overvleugeld door het Engels.

Kun je iets meer zeggen over hoe jij als taalkundig onderzoeker van het Afrikaans het heden en de toekomst van de taal ziet?

Wannie: Yves, ’n mens moet versigtig wees om te sê dat Afrikaans onder druk is omdat dit ander mense kan ontstig en kan ontmoedig. Ek glo wel ons moet eerlik daaroor wees dat ten spyte van soveel inisiatiewe vir Afrikaans, talle organisasies wat goeie werk vir Afrikaans doen en ook universiteite waar Afrikaans steeds ’n volwaardige akademiese vak is, en ook die wye gebruik van Afrikaans in die SA samelewing die stand van die funksies van Afrikaans tog kommer wek. Van die funksies is onder druk, soos in onderwys (Afrikaanse moedertaalskole word minder, daar is nie meer een universiteit in SA waar Afrikaans ’n primêre onderrigtaal is nie), die beroepswêreld, die politiek, die staatsdiens, die toepas van wet en orde, die wetenskap, ens. – waar Engels die oorheersende taal geword het en Afrikaanssprekendes dit volgens aanduidings ook so aanvaar het. Met ander funksies gaan dit beter, soos met die letterkunde, die media (koerante, tydskrifte, radio, TV), die gebruik van Afrikaans as geloofstaal, ens. Jy sal dus sien dat ek tog kommer in my hart het oor wat ek voor my oë sien afspeel.

Ek glo wel dat Afrikaans nog baie lank ’n volwaardige en erkende taal in SA sal wees, maar die gemeenskap wat die taal gebruik, sal moet sorg dat dit volgehou word. Te dikwels wag die Afrikaanse taalgemeenskap dat ’n mitiese ongeïdentifiseerde “iemand” (persoon of instansie) namens hulle Afrikaans se belange sal uitdra. Dit gaan ongelukkig nie gebeur nie. Elke persoon wat erns maak met Afrikaans, sal ’n bydrae moet lewer, as aktivis, of as befondser, of as gebruiker van Afrikaans in al sy funksies. Ons moet wel ook weet dat Afrikaans vir hom ’n plek moet vind in SA se meertalige bedeling. Vir my lê Afrikaans se langtermyntoekoms juis hier: dat die meertalige SA sal vind dat die Afrikaanse gemeenskap se bydrae tot demokrasie sodanig is dat dit ’n onontbeerlike deel van SA is. Dan is Afrikaans se toekoms verseker.

Yves: Veel dank voor dit gesprek, Wannie. Nog eens van harte geluk gewenst met de eervolle Jan H Maraisprys 2024. Zoals aangekondigd ter gelegenheid van de mededeling van de SA Akademie bied je komend jaar weer gastcolleges aan: Universiteit Antwerpen en ook Universiteit Gent. Je zal voortwerken aan jouw projecten. We kijken met zijn allen hier naar uit.

Wannie: Hartlik dank! En ek kom altyd weer graag na Gent en Antwerpen, en natuurlik ook Leiden.

Lees ook:

Tweespraak met Wannie Carstens #1: Vraaggesprek ter gelegenheid van de Jan H Maraisprys 2024

Die driejaarlikse kongres van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN), Windhoek, 8–10 Julie 2024

Woorden laten struikelen

Talking cultural diversities: considerations of cultural exchange and multilingual literature

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top