Suid-Soedan: ’n storie van sensuur, sekuriteit en onstabiliteit
2023-11-22"Dit is in daai oomblikke dat ek die troepe op trokke sien – gewapen en gereed – dat ek werklik verstaan het dat Suid-Soedan ’n onwaarskynlike plek is om te besoek. Dit is al vir soveel jare ontoeganklik vir die buitewêreld. Onveilig, onstabiel en onvoorspelbaar."
’n Lens op die nood in Noord-Nigerië: Aisha se storie
2022-12-16"Met die gewapende manne wat ons werklik nooit los nie, die kameras en die konvooi trek ons baie aandag. Om in plekke soos die mark en die gemeenskap ’n realistiese skoot te kry, is moeilik. Groot groepe mense kom om te kyk wat ons doen. Die geweermanne probeer hulle met geweld verjaag, tevergeefs. Dis die enigste oomblikke wat ek werklik benoud raak en besef as een skoot klap, is dit verby."
Tanzanië – veel meer as Kilimandjaro, Zanzibar en die Serengeti
2022-06-20"Is dit die relational element hier waarvan Eric gepraat het wat dit toelaat? Iets wat ons in Suid-Afrika verloor het? ’n Tipe ongeskrewe verstaan. ’n Ooreenkoms. Ek, jy, ons. Myne, joune, ons s’n."
Agter die skerms: Kaapse kunstenaars werk saam in grendeltyd
2020-11-18Vier organisasies, een aanlyn musiek-en-dans-teaterproduksie, naamlik Pergolesi se Stabat Mater, die klassieke werk wat handel oor Maria se swaarkry tydens Jesus se kruisiging. Met die oog op die pandemie wat wêreldwyd ellende saai, was Matthew Wild (Kaapstad Opera) se visie nou juis om ’n produksie van musiek, sang en ballet te skep wat poog om die traumatiese ervarings van mense te versinnebeeld. Die vervreemding, verwydering, verval, rou. Ingrid van der Walt vertel meer.
Suid Amerika – Deel 3: Die Iguazu-waterval, Brasilië en gesprekke met vreemdelinge
2020-08-03"Wanneer vertrou ons en wanneer nie, en meer belangrik, waarom nie? Gesigsuitdrukkings en gevoel speel tog ’n belangrike rol. Ons kan nie een sin met Johannes gesels nie. Tog sit ons nou en eet aandete saam met hom."
’n Tweede heen-en-weer-reis na Suid-Korea en wat ek geleer het
2020-07-30"Wat ek nie besef het nie, is dat ek Korea en die Koreaanse kultuur opnuut anders sou beleef as toe ek 22 was. Is dit die ding van reis as jy ’n bietjie ouer is? Dat jy sekere aspekte van ’n land en kultuur selfs meer kan absorbeer en waardeer?"
Die naakte waarheid van een aand in ’n Marokkaanse bad
2020-06-10"As jy werklik ’n land se binnekamer kan sien, sonder die betoeisels en vertalings, dan is dit ’n voorreg wat vir min gegun word."
’n Suid-Indiese troue se kleurryke, kultuurryke tradisies
2020-05-07"Die bruid en haar aanstaande het ons maande voor die troue al begin voorberei. Maar niks kan mens werklik voorberei vir reis na ’n land soos Indië nie, en veral nie vir die ryk kulturele ervaring van ’n Indiese troue nie. Dit duur veel langer as ’n middag en ’n aand soos in Suid-Afrika. Dit is feestelik, groots, seremonieel en kleurvol – soos Indië self."
Suid-Amerika ‒ deel 2: Buenos Aires, haar mense en die geskenk van ontmoetings
2020-03-27"Argentinië se hoofstad is ’n gesofistikeerde kontras met Peru se wye vlaktes en hoë berge."
Suid-Amerika ‒ deel 1: Peru en die onvermydelike ongemak van reis
2020-02-20"Ons probeer maak soos die mense dáár maak. Ongemaklik, seg baie. Groot avontuur, seg ons."