In het nieuws
Gifkrisis in spazawinkels word dalk ’n nasionale ramp
2024-11-22"Die Nasionale Rampbestuursentrum het dit reeds as ’n nasionale ramp geklassifiseer, ingevolge artikel 23 van die Rampbestuurwet 57 van 2002. Dit maak dit vir die regering moontlik om maklik en vinnig voedselverwante siektes as ’n nasionale ramp te verklaar, indien nodig."
Suid-Afrika se weermag is hopeloos op land, see en in die lug
2024-11-21"RISE Mzansi se hoofsweep, Makashule Gana, sê as hierdie sake nie aangespreek word nie, sal die land binnekort net in naam oor ’n weermag beskik – indien dit nie reeds die geval is nie."
Hofstryd wink weer oor die publikasie van matriekuitslae
2024-11-20"AfriForum het sy regspan opdrag gegee om vir ’n saak voor te berei om te sorg dat die uitslae van vanjaar se matrikulante op mediaplatforms gepubliseer mag word. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika (IR) die openbare bekendmaking daarvan verbied het."
Nersa begin met landwye verhore oor Eskom se skokverhogings
2024-11-19"Eskom se verbysterende 1 700% styging in tariewe oor drie dekades is volgens Meyer niks anders as ’n 'korrupsiebelasting' nie."
Duisende onwettige mynwerkers skuil honger en dors in myn
2024-11-15"Van die mynwerkers het sedertdien na die oppervlak teruggekeer weens honger en dors en is gearresteer. Die polisie glo minstens 4 000 is steeds ondergronds en sommige is siek."
Johannesburg se waterkrisis laat Konstitusionele Hof hoog en droog
2024-11-14"Gauteng verloor daagliks meer as 2,3 miljard liter water van Rand Water weens lekkasies terwyl honderde huishoudings met droë krane sit."
Groenboukonvensie 2024 vra vir ’n klimaatpositiewetoekoms
2024-11-13"Met statistieke het De Ruyter aangetoon dat die verbranding van fossielbrandstowwe as ondoeltreffend bewys is. Twee derdes van die energie wat ontstaan in die verbranding van fossielbrandstowwe, word vermors. Hierdie proses van verbranding veroorsaak ook besoedeling en gesondheidsprobleme."
Spazawinkels veroorsaak warm debatte ná kindersterftes
2024-11-13"Sommige meen ’n gebrek aan behoorlike regulasies moet die skuld kry vir die huidige krisis, terwyl partye soos ActionSA wil hê spazawinkels moet honderd persent deur Suid-Afrikaners bedryf word en nie deur buitelanders nie."
Kommer oor persvryheid in Mosambiek ná betogings oor verkiesingsuitslag
2024-11-12"Die Mosambiekse afdeling van die streekspersvryheidsliggaam MISA het sy ernstige kommer uitgespreek oor die uitsetting uit Mosambiek van twee Portugese joernaliste wat verslag gedoen het oor die huidige vlaag betogings teen die voorlopige uitslae van die algemene verkiesing op 9 Oktober."
Voedselvergiftiging waarby leerders landwyd betrokke is wek kommer
2024-11-08"Voorvalle van beweerde voedselvergiftiging by skole het die afgelope ruk soos paddastoele opgeskiet en dreig om paniek te saai by sommige skole."
Eskom vermors miljoene rand op "spookdorp"
2024-11-07"Die projek is nou laat vaar en is besig om in puinhoop te verval. Die geboue staan leeg en is heeltemal ongebruik."
Weg met Bela-wet of weg met deelname aan RNE, sê betogers
2024-11-06"AfriForum het die DA en die Vryheidsfront Plus gevra om die RNE te verlaat as Ramaphosa nie klousules 4 en 5 van die Bela-wet laat verander nie."
Kubermisdaad gedy in Suid-Afrika
2024-11-05"Die DA sê hierdie misdadigers, of hulle nou binne die regering is of nie, hoort in die tronk."
Nog geen borgtog vir omstrede diamantman en sy vrou
2024-11-01"Liebenberg se prokureur het gesê Liebenberg beweer dat daar deur die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, opdrag gegee is om sy lewe 'hel' te maak in die tronk, waarop Dezzi in trane uitgebars het."
Wilgenhof-paneel sê Cameron se bewerings is "onwaar, neerhalend en lasterlik"
2024-10-31"Die paneel wat aanbeveel het dat die Wilgenhof-manskoshuis van die Universiteit Stellenbosch moet sluit, ontken dat hulle die finale verslag weens (beweerde) onbehoorlike invloed van die rektor, Wim de Villiers, onregmatig verander het."
Suid-Afrika oorhandig "bewyse van volksmoord" aan Internasionale Geregshof in Den Haag
2024-10-30"Die memorandum bevat meer as 750 bladsye teks, asook ondersteunende dokumente en bylaes en van 4 000 bladsye wat dokumenteer wat die Suid-Afrikaanse regering beskou as Israel se sistematiese teikening van Palestyne in Gaza."
Wim se kop geëis oor Wilgenhof se "gedokterde" verslag
2024-10-29"In antwoord daarop skryf Cameron dit help hom niks om sy intense spyt oor die hele aangeleentheid uit te spreek nie, maar dit besorg hom enorme hartseer."
Verskille in RNE se buitelandse beleid kom by Brics na vore
2024-10-25"Steenhuisen sê in ’n tyd waarin Suid-Afrika hernude optimisme ervaar met die eerste werklike vooruitsigte van ekonomiese groei in byna twee dekades, kan die regering eenvoudig nie bekostig om stellings te maak wat internasionale betrekkinge en handelsgeleenthede in gevaar kan stel wat deurslaggewend is vir die verwesenliking van ons sleuteldoelwitte van groei en werkskepping nie."
Valke slaan toe op omstrede diamant-egpaar en sewe ander
2024-10-24"Die arrestasies is sedert Dinsdagaand deur ’n veeldoelige taakspan onder leiding van die Valke in die Noord-Kaap uitgevoer en die verdagtes is op verskillende plekke in Gauteng en Noordwes in hegtenis geneem."
Pogings om Bela-wet te wysig en daarteen te protesteer kry wind van voor
2024-10-23"Die aksie word gereël om protes aan te teken teen artikels 4 en 5 van die Bela-wet, wat die finale besluitnemingsmagte oor skole se toelating- en taalbeleid van beheerliggame ontneem."