In het nieuws
Alles is in rep en roer vir Ramaphosa se inhuldiging
2024-06-18"Alles is in rep en roer vir Cyril Ramaphosa se inhuldiging as president in Pretoria, nadat hy verlede week tydens die eerste byeenkoms van die Nasionale Vergadering (NV) na die verkiesing vir ’n tweede termyn as president verkies is."
Heftige reaksie oor Wilgenhof se voorgestelde sluiting
2024-06-14"Vir sommige is die hele bohaai oor Wilgenhof ’n storm in ’n teekoppie en ’n verlies aan tradisie. Ander beskou dit as ’n geleentheid om te wys die universiteit is ernstig om te transformeer tot ’n instelling waar alle Suid-Afrikaners welkom voel. Dit volg nadat die US ’n aanbeveling van ’n paneel aanvaar het dat Wilgenhof, die universiteit se oudste manskoshuis is, gesluit moet word."
Suid-Afrika aangewys as die vriendelikste land ter wêreld
2024-06-13"Die land se inwoners is volgens die studie bekend daarvoor dat hulle warm en verwelkomend is, wat dit maklik maak vir reisigers en besoekers om op hul gemak te voel in Suid-Afrikaners se teenwoordigheid."
Planne oor regering van nasionale eenheid gou bekend
2024-06-12"Dit wil voorkom of die ANC, DA, IVP en van die kleiner partye mekaar tot ’n redelike mate gevind het. Die besonderhede daarvan moet voor Vrydag se byeenkoms van die Nasionale Vergadering uitgepluis word voordat daar ’n ooreenkoms kan wees."
Nuwe parlement word Vrydag geopen met of sonder die MK-party
2024-06-11"Die eerste sitting van die nuwe parlement se Nasionale Vergadering, waartydens die nuwe parlementsede ingesweer en die president en speaker verkies sal word, vind op Vrydag 14 Junie plaas."
Samewerkende regering kry steun sowel as teenstand
2024-06-07"Die moontlikheid van ’n samewerkende regering van nasionale eenheid wat die ANC sowel as die DA insluit, is met uiteenlopende reaksies onder gewone Suid-Afrikaners, politieke partye en vakbonde begroet."
Nuusdekking oor Afrika is goed, maar kan beter
2024-06-06"’n Span vooraanstaande navorsers uit die Verenigde Koninkryk het ’n verslag bekendgestel wat die neigings en vooroordele wat verband hou met wêreldwye medianarratiewe oor Afrika beklemtoon."
Dis ’n geskarrel agter die skerms oor ’n nuwe regering vir Suid-Afrika
2024-06-05"Die volgende week en ’n half sal dus deurslaggewend wees om te bepaal hoe Suid-Afrika se volgende regering gaan lyk en wie die president gaan wees."
Waarnemers tevrede verkiesing was vry en regverdig
2024-06-04"Die organisasie se waghondveldtog het meer as 1 000 geakkrediteerde plaaslike waarnemers in die veld gehad. Hulle het meer as 500 stemlokale besoek en meer as 1 500 verslae gedurende die stem- en telprosesse ingedien."
’n Nuwe politieke daeraad vir Suid-Afrika na 30 jaar
2024-05-31"Wat die kleiner partye betref, het die Patriotiese Alliansie van Gayton McKenzie heelwat steun gewen en baie van die DA se bruin kiesers weggelok. Dit wil egter voorkom of die DA van sy wit steun teruggewen het en dat die Vryheidsfront Plus nie vanjaar groot getalle van die DA se stemme kon afrokkel soos in die vorige verkiesing nie."
Oproep om die integriteit van die verkiesings te handhaaf
2024-05-30"Miljoene Suid-Afrikaners het Woensdag by stemlokale opgedaag om hulle kruisies te trek in wat beskou word as die mees betwiste verkiesing sedert apartheid in 1994 tot ’n einde gekom het."
Woede oor Ramaphosa se "skaamtelose misbruik" om stemme te werf
2024-05-29"Die DA en die MK het aangekondig dat hulle hofstukke ingedien het oor die aangeleentheid. Die Vryheidsfront Plus beskuldig Ramaphosa ook van skaamtelose ANC-opportunisme en misbruik van staatshulpbronne."
Verkiesingskoors loop hoog
2024-05-28"Miljoene Suid-Afrikaners sal môre (Woensdag) deelneem aan wat allerweë beskou word as die belangrikste verkiesing in die land sedert die eerste demokratiese verkiesing in 1994."
Tafel is gedek vir volgende week se waterskeidingverkiesing
2024-05-24"Die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het Donderdag gesê Suid-Afrika bevind hom op ’n deurslaggewende punt waar die pad na hierdie geskiedkundige verkiesings sy finale en mees kritieke stadiums nader."
Groen lig vir eerste vrou in Suid-Afrika om hoofregter te word
2024-05-23"Die weg is gebaan vir die eerste vrou om Suid-Afrika se regbank vir die volgende 10 jaar te lei. Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het die afgelope week adjunkhoofregter Mandisa Maya se aanstelling vir die pos by president Cyril Ramaphosa aanbeveel."
Bedrieër poog glo om die verkiesing met WhatsApp te beïnvloed
2024-05-22"Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Suid-Afrikaners gewaarsku dat daar glo ’n bedrieër op WhatsApp doenig is wat homself voordoen as die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, terwyl dit nie die geval is nie."
Zuma se foto bly op stembriewe
2024-05-21"Zuma se dogter, Dudu Zuma-Sambudla, het op X gesê Zuma se gesig is op die stembrief en dit was hulle grootste stryd gewees."
Nuwe parlement gaan met hofsake opgeskeep sit
2024-05-17"Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, het beklemtoon dat die Bela-wetsontwerp nie bloot ’n saak van taal- en kultuurbeleide is nie, maar eerder die begin van totale staatsbeheer oor skole in Suid-Afrika."
Omstrede Bela-wet straks die week finaal goedgekeur
2024-05-16"Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het Dinsdag die Bela-wysigingswetsontwerp goedgekeur, en dit moet vandag (Donderdag) in die NV goedgekeur word om wet te word voordat die parlement verdaag."
Ondertekening van NGV-wet lok landwye kritiek uit
2024-05-15"Die NGV is ’n gesondheidsfinansieringstelsel wat ontwerp is om fondse saam te voeg om toegang te bied tot gehalte- bekostigbare persoonlike gesondheidsdienste vir alle Suid-Afrikaners gebaseer op hul gesondheidsbehoeftes, ongeag hul sosio-ekonomiese status."