...
Nadat ek my in 1999 in Duitsland gevestig het, kon ek nou ’n postapartheid, postpandemie land beleef wat my totaal betower het.
...
Hoe beskryf ek een van die mees intense tien dae van my lewe?
My memento’s bestaan uit ’n paar wonderlike, handgemaakte sandale van egte leer, silwer oorringe en ’n kettinkie, ’n pienk, fluitende ketel en ’n fotoboek.
Maar dit is goeters.
Suid-Afrika het my weer gewys dat dit werklik ’n “wêreld in een land” is. Nadat ek my in 1999 in Duitsland gevestig het, kon ek nou ’n postapartheid, postpandemie land beleef wat my totaal betower het.
...
Maar wat die grootste indruk op my gemaak het, was die manier waarop die mense dit reg kon kry om met min water en “loadshedding” saam te leef.
...
Jozi, plek van goud
Kom ons begin in Johannesburg, waar ek geland het. Die elektriese heinings en wagte, sekerheidshekke en diefwering voor die vensters verdwyn sommer gou in die agtergrond wanneer ek die sypaadjies vol blomme en vygies sien: bont, warm en vrolik. Of wat van die taxi’s wat (hopelik) met mekaar en moontlike passasiers “praat” en mense wat vrolik uitroep en mekaar groet.
Tussen die bome is daar informele handel; die paaie het oral spoedhobbels.
Maar wat die grootste indruk op my gemaak het, was die manier waarop die mense dit reg kon kry om met min water en “loadshedding” saam te leef. In my herinnering sal die volgende bly voortleef:
- Die straatkafeetjies waar alle moontlike soorte kos bedien word, waar jy kan eet terwyl jy na mense se alledaagse kom en gaan kan kyk, terwyl jy die stad kan hoor en ruik.
- Die atmosfeer saans wanneer die ligte skielik uitgaan en alle opwekkers na 30 sekondes aanskakel en almal voortgaan asof niks gebeur het nie.
- As jy nie kan kook nie, gaan jy uit eet. Ek het jare lank op 5-ster-passasiersbote gewerk. In alle eerlikheid kan geen gourmetrestaurant die oomblik, die atmosfeer, die heerlike, plaaslike, vars selfvoorbereide kos oortref nie.
- ’n Groot stad waar die verkeer sonder verkeersligte (weens loadshedding) beter funksioneer as in Hamburg met al sy toekomsvisies en massiewe elektrisiteitsgebruik.
...
Selfs by die tolhekke hoor jy die vrolike: “Hello, how are you today?” Dit skyn die algemene groet hier te wees.
...
Die N3 Suid
Ek sal die streke onthou waardeur ons tussen Johannesburg en Howick gery het.
In my fotoboek is daar plat koppies, diepgroen bome, “fluffy” groen grasheuwels en die wonderlike gordyne van reën in die verte.
Die bontgeverfde silo’s was baie mooi.
Selfs by die tolhekke hoor jy die vrolike: “Hello, how are you today?” Dit skyn die algemene groet hier te wees.
En in KwaZulu-Natal sien ons die volgende kontras: In Howick staan ry op ry huisies van diegene wat “in die goue jare lewe”. Daar is dorpies van hulle aanmekaar geryg. Dan, regoor die pad, is The Wildlife and Environment Society of South (Wessa) se natuurreservaat waar ons twee nagte deurgebring het.
Om in Wessa se natuurreservaat te oornag is spesiaal. Saans het die nagdiertjies vir ons gesing. Soggens, oor ’n koppie koffie, eet ons die oorskiet van die vorige dag in die heerlike sonskyn saam met die sebras voor die stoep, wat ook hulle ontbyt eet. (In elke restaurant word, sonder dat jy hoef te vra, “doggie bags” uitgedeel, dat niks verlore gaan nie.)
Nog ’n hoogtepunt was die Midlands Meander. Jy ry deur die natuur en op plase word oral handewerk, pottebakkery, klere en skoene te koop aangebied. Hier het ek vir 33 euro vir my sandale gekoop. Hier kan jy bye en hommelbye of skoenlappers tussen die blomme dophou; in restaurantjies kan jy oor die koppies uitkyk en die stilte inneem.
Selfs grondpaaie en slaggate het hier ’n soort sjarme.
...
Sy lewe was egter soveel meer – die waarheid blyk anders te wees.
...
Nelson Mandela Capture Site
Daar in die KwaZulu-Natalse Middelland is die plek waar Nelson Mandela deur die polisie in hegtenis geneem is. Hy sou daarna jare in die tronk sit. Die plek waar hy in hegtenis geneem is, staan nou bekend as die Nelson Mandela Capture Site.
Die beroemde struktuur wat ter ere van hom opgerig is, staan stil en woordeloos langs die pad. Die museum is van buite eenvoudig – dit is moeilik om te dink wat binne aangaan.
Ek wou ingaan om vir my 15-jarige seun ’n T-hemp te kry. Hy is ’n groot fan. (Die geel hemp het sewe dae en nagte aangebly voor ek dit kon was!)
My indruk van Mandela was altyd dié van ’n ouer man, klein en grys, met ’n sagte lag op die lippe en sy onmiskenbare stem. Sy lewe was egter soveel meer – die waarheid blyk anders te wees.
Ek wonder wat die ander besoekers die meeste verras het. Vir my was dit dat hy as ’n “reus” beskryf word, ’n groot man in die liggaamlike sin. En ek skat dit moes hy ook gewees het, met die las wat hy gedra het. In die paar uur daar het my respek nog groter geword, want hoe is dit moontlik om soveel deur te maak en dan nog met soveel liefde en versoening sy lewenswerk te beëindig?
Dankie, Nelson Mandela!
...
Dan kom een van my natuurwonders: sonskyn, strand en branders. Met apies. En ook hier die kulinêre veelvoud.
...
Ballito
Dan kom een van my natuurwonders: sonskyn, strand en branders. Met apies.
Self die mense raak uitspattig op so ’n plek.
Ons was in Ballito. Daar kon ons die strand in sonskyn én stormweer beleef; die branders wat met ongelooflike mag teen die rotse knal; krappies wat gaatjies in die sand boor; voëltjies wat kos soek en plante wat groen groei, ten spyte van die seewater wat oor hulle sproei.
En ook hier die kulinêre veelvoud:
- Op die strandpad koop ons die melkskommel van die maand, gemaak van grondboontjiebotter en koffie, met seesout op ons lippe.
- ’n Plaaslike restaurant bedien kaaskoekmelkskommels en vye-en-spek-soutterte.
- Hoe heerlik was ons groente op die kole daardie aand! Anders as in Hamburg kon ek proe dat die groente en vrugte in die natuur ryp word; dit is hoekom ’n gebraaide avokado romerig en dromerig is.
- Vrugte wat in die son ryp word smaak net anders.
...
Op ’n 34°C-dag was my ouboet bekommerd dat ons nie genoeg diere sou sien nie, maar Afrika was grootmoedig.
...
Afrika 101
En nou, Afrika 101!
Toe was dit Port Elizabeth (deesdae mos Gqeberha), waar jy verby haweterminale en vierverdieping hoë sandduine ry, met die see wat teen die kus slaan – en dan land jy skielik in die Addo Nasionale Olifantpark. Daar is die spekvet Pumbas (vlakvarke), wat rond en modderglansend die olifante pla.
En olifante waar jy ook kyk, swemmende, spelende olifante!
Op ’n 34°C-dag was my ouboet bekommerd dat ons nie genoeg diere sou sien nie, maar Afrika was grootmoedig. Ons lys het ingesluit: sebras, ’n jakkals, koedoes, volstruise en nog talle ander voëls van verskillend soorte. En om eerlik te wees, selfs sonder die diere is die natuur alleen ongelooflik. Tussen die wonderlikste voëlnessies in die doringbome is daar bosse pienk, blou en rooi blomme. Sommer net.
...
By my sus in Johannesburg staan altyd sonkragflitse en groot batterye vir haar werk reg.
...
Die alledaagse
Maar ek het ook my familie tuis beleef.
Ek moes bankbesigheid doen en weer jy word voor die deur begroet met die bekende “Hello, how are you today?” (En ek is so: “WOW!”)
Of my skoonsus wat kos in ’n hotbox gemaak het. Dit is ’n gewone kartonboks gevul met papier in kussings van materiaal. Dit isoleer die kos om sonder elektrisiteit warm en gaar te word. In Europa word die hoë koste van regerings se sjefs tot toppolitiek gemaak, want ons wil steeds alles hê wat knoppies het en met apps gestuur word. Almal moet bespaar, net ons nie.
By my sus in Johannesburg staan altyd sonkragflitse en groot batterye vir haar werk reg, en gloeilampe laai terwyl hulle gebruik word, als om deur die loadshedding te kom. En dan is daar die gasstoof vir ’n heerlike koppie koffie en ontbyt op die sonnige stoep met my swaer, my sussie en hulle twee kinders, Fat Cat en Little Cat.
...
Suid-Afrikaners noem hulleself die reënboognasie, maar ek het die sonskynmense diep in my hart weggesluit en hulle saam na die koue, grys Europa gebring.
...
Nabetragting
En terug by die huis bly die volgende my by: Afgesien van ’n CO2-voetspoor wat elke “Fridays for Future”-aktivis paniekerig sal maak, is daar die ongelooflike wonder van die natuurskoon, familiebande wat oor kontinente heen sterk bly, en die dankbaarheid dat ek uiteindelik weer kon gaan kuier.
Suid-Afrikaners noem hulleself die reënboognasie, maar ek het die sonskynmense diep in my hart weggesluit en hulle saam na die koue, grys Europa gebring.
- Fotografie: Willemien Orth en Izak de Vries