Breyten schrijven #4: Het laatste interview. "Opleidingskursusse in ondergrondse tegnieke."

  • 0

Adriaan van Dis op besoek aan Suid-Afrika in 2013. Tydens die gesprek het hy aan Daniel Hugo vertel hoe Breyten hom gewerf het.

...
‘Ek was deels verantwoordelik daarvoor dat Adriaan van Dis saam met Conny Braam na Parys toe gekom het vir opleidingskursusse in ondergrondse tegnieke.”
...

Breyten Breytenbach op besoek aan Suid-Afrika in 2022. Yves T’Sjoen was in gesprek met hom te SASNEV.

Yves T’Sjoen in gesprek met Breyten Breytenbach 

Lees deel 1

Deel 2

Yves: Kan je iets zeggen behalve over de vriendschappelijke contacten met de Vijftigers over jouw relaties met de schilders van CoBrA? Er was een vruchtbare samenwerking tussen de dichters en de schilders. Jij noemde Karel Appel, Corneille en ook Constant Nieuwenhuys, verder Asger Jorn en bijvoorbeeld Pierre Alechinsky.

In de jaren ’70 en begin jaren ’80 is jou op een manier literair asiel verleend in Nederland.

Uitgeverij Meulenhoff bekommerde zich over jouw werk en gaf toen de bundel Skryt uit. Dat boek verscheen in samenwerking met de Rotterdamse Kunststichting van Adriaan van der Staay en Poetry International van Martin Mooij. De bundel verscheen in de reeks van Poetry International in samenwerking met Meulenhoff in Amsterdam.

Is daar het contact met Laurens van Krevelen als directeur van Meulenhoff ontstaan?

...
“Amsterdam was vir my ’n tweede tuiste gewees, veel meer so op ’n manier dan Parys. Dis ’n baie meer intieme stad.” (Breyten Breytenbach)
...

Breyten: Ek dink ek wil net weereens sê dat ’n mens kan jou byna nie voorstel tot hoe ’n mate daardie omgewing, al hierdie mense wat jy nou genoem het en al die verskillende plekke wat jy genoem het, byvoorbeeld as ’n mens sê CoBrA, dan het jy reeds Kopenhagen, Brussel en Amsterdam; dit is hoekom dit CoBrA genoem is. Van avant-garde skilders en skrywers wat daarby betrokke was. Ek het netnou maar byvoorbeeld die naam genoem van Karel Appel, of van Corneille, mense wat in Parys gewoon het maar hulle het ook gereeld in Holland uitgestal want die kontakte was daar gewees. Dit was hulle voedingsbodem gewees. En die interaksie dan met, baie gou, met uitgewerye en natuurlik daarnaas ook met die groot literêre feeste.

Ek moet erken dat wanneer ek dink aan Nederland, Vlaandere, dan dink ek spesifiek aan Amsterdam eers, in die eerste instansie. Amsterdam was vir my ’n tweede tuiste gewees, veel meer so op ’n manier dan Parys. Dis ’n baie meer intieme stad. Jy kon vanuit die galerye rondom die hoek loop na die Leidseplein, jy weet na die kafee daar en jy kon lekker gaan sit en koffie drink. Jy kon te voet loop na die Centraal Station, jy het geweet hoe om die trems te gebruik, die gragte was wonderlik gewees.

Mag ek ’n gedig voorlees?

Yves: Absoluut. Jij bent een dichter en een dichter spreekt in zijn taal.

...
“Ek sê ek is nie ’n surrealis nie. Ek is ’n boer! Maar ek dink ’n boer is klaar n surrealis by definisie.” (Breyten Breytenbach)
...

Breyten: Ek wil dit voorlees ter ere van Eva Bendien en Rutger Noordhoek Hegt.

[Breytenback leest het gedicht ‘die besoek’ voor]

My kontak met “amptelike” Nederland was nooit werklik so sterk nie. Ek dink die naaste wat ek gekom het, was Aad Nuis. Hy was ’n staatsekretaris as ek my nie misgis nie, ’n wonderlike man. En natuurlik Adriaan van der Staay. Adriaan was die Nederlandse verteenwoordiger by Unesco vir baie jare. Hy’s ’n wonderlike intellektueel en hy het self ook heelwat boeke geskryf. En Adriaan was die oprigter of die stigter van Rotterdam se Poetry International. Meulenhoff en al die ander uitgewerye het dit waarskynlik op ’n manier gesteun. Laurens van Krevelen is self ’n wonderlike digter en ’n wonderlike vertaler. Hy is baie diep betrokke by die surrealistiese beweging, en vanweë die surrealisme, en natuurlik die hele wêreld wat daaromheen omgaan – van Latyns-Amerika, van Spanje, van ou geskiedenisse van die surrealistiese beweging – nou nog is dit ’n gesprek wat tussen ons aan die gang is. Ek dink hy probeer my nog altyd sleep na die surrealisme toe en ek skop vas en sê ek is nie ’n surrealis nie ek is ’n boer! Maar ek dink ’n boer is klaar ’n surrealis by definisie. Hy’s ’n absolute ongelooflike, vir my, ’n mentor en ’n voorbeeld van ’n rigtende figuur al die jare gewees. As vertaler, as uitgewer natuurlik. As iemand wat omgesien het na my werk. En rondom Laurens is daar ’n hele aantal ander mense van wie ons nie al die name kan noem nie.

Yves: Neen, maar misschien toch wel twee namen als ik mag. Adriaan van Dis is één van die namen en ook een andere uitgever: Rob van Gennep. Na Skryt in ’72 verschijnt bij Van Gennep een selectie uit jouw verhalen: De boom achter de maan. In een vertaling van Adriaan van Dis en Jan Louter. Dit is jouw prozadebuut in Nederland – een eerste boekpublicatie met verhalend proza. Dus ook de rol van Rob van Gennep is niet te onderschatten.

Indien jij dit vergelijkt – jouw contacten met Meulenhoff in ’72, Van Gennep vanaf ’73 – denk jij dat Van Gennep vooral vanuit politiek-ideologisch oogpunt belangstelling had in jouw werk, ook jouw essayistische werk? Want er was ook bij Van Gennep een prachtige uitgave met essays waarin politieke ideologie een belangrijke rol speelt. Bij Meulenhoff was dit misschien minder het geval, hoewel Hans ten Berge jou natuurlijk ook heel sterk politiek heeft gelezen.

...
“Laurens is ’n esteet. Hy’s ’n klassikus. Hy's ’n ongelooflik verfynde heer. Ek voel altyd so ’n bietjie skuldig as ek in sy teenwoordigheid moet vloek byvoorbeeld.” (Breyten Breytenbach)
...

Breyten: Ja ek stem saam. Ek dink as ’n mens daardie onderskeid sou kon maak, Rob van Gennep was net so belangrik, op ’n ander manier, as wat Laurens van Kevelen was. Maar dis twee heeltemal verskillende mense. Uiteenlopend van geaardheid, en hulle uitgewerye is ’n weerspieëling van daai uiteenlopende geaardheid. Laurens is ’n esteet. Hy’s ’n klassikus. Hy's ’n ongelooflik verfynde heer. Ek voel altyd so ’n bietjie skuldig as ek in sy teenwoordigheid moet vloek byvoorbeeld. Jy weet, dis nie presies wat ’n mens… maar in die geval van Rob was dit ’n ander geval. Rob – ek onthou Rob as iemand met ’n lang reënjas, altyd met ’n sigaar of ’n sigaret in die mond. Lang hare. Baard ’n bietjie deurmekaar. En passievol oor politieke aangeleenthede. Hy’s hopeloos te vroeg oorlede. Hy moes nóú daar gewees het. Hy sou ons soveel kon gehelp het.

En natuurlik dan daaragter, Adriaan van Dis is ’n bietjie van ’n brugfiguur. Adriaan van Dis was ’n vriend van Laurens van Krevelen en hy was ook baie goed bevriend met die mense van Galerie Espace. Ek het hom redelik gou leer ken toe hy nog ’n student was. Hy het ’n baie sterk belangstelling vir Suid-Afrika gehad, maar hy het ook, miskien daarom, het hy ook n belangstelling gehad vir wat polities in Suid-Afrika gebeur het. Om die waarheid te sê, ek het hom teen sy wil, tot ’n mate, gerekruteer om deel te word van ’n ondergrondse organisasie wat saamgewerk het met die anti-apartheidgroep in Nederland, maar ook sterk kontakte gehad het in Frankryk. Ek was deels verantwoordelik daarvoor dat Adriaan saam met Conny Braam na Parys toe gekom het vir opleidingskursusse in ondergrondse tegnieke.

...
“Adriaan het van redelik ’n vroeë stadium betrokke geraak. Daar was ander mense, iemand van Suid-Afrikaanse agtergrond wat die leier was van die anti-apartheidbeweging in Nederland, Berend Schuitema. Hy en Conny Braam was die twee groot voorlopers van die anti-apartheidbeweging.” (Breyten Breytenbach)
...

Ek weet nie of Adriaan baie daarby gebaat het nie. Ek dink hy het dit ’n bietjie vreemd gevind, en soms selfs ’n bietjie belaglik. As ’n mens nou terugkyk natuurlik dan was dit belaglik, maar tegelykertyd was het, dis weer eens, dis baie moeilik om oor te dra. Dit was vanselfsprekend byvoorbeeld dat die mense wat vir ons hierdie tegnieke geleer het, was van so ’n wye verskeidenheid van afkomste. Die man wat byvoorbeeld my persoonlike kontakpunt en waarskynlik die leidende figuur was binne die Solidarité-organisasie was van Joods-Egiptiese afkoms, met die naam van Henri Curiel, uit ’n groot, ou familie in Parys. 

Ons moet in gedagte hou hierdie mense... dis nie sommer maar net speletjies nie. Ons praat nou in die tyd van die Algerynse oorlog, ons praat van ander antikoloniale oorloë, ons praat van solidariteitsnetwerke in Europa vir die bevrydingsbewegings. En ons praat van die feit dat daai mense het hulle prys betaal. Curiel is doodgemaak. Hy is vermoor in Parys, doodgeskiet.

Dulcie September is doodgemaak. Ons weet tot vandag toe nog nie wie presies hulle doodgemaak het nie. Ek het ook ’n hele klomp van my mede-Suid-Afrikaanse stryders ontmoet in Parys in daardie netwerk, gedeeltelik te doen met die poësie, iemand soos Mazisi Kunene, of iemand soos byvoorbeeld … ek dink nou aan ’n hele paar Afrika-skrywers wat ook deelgeneem het aan Poetry International maar wat ook polities betrokke was, wat ook lede was van die ondergrondse organisasie of lede was van die ANC, wat nou lankal nie meer ondergronds is nie. En tot so ’n mate bogronds dat ’n mens wil hê hulle moet weer teruggaan ondergronds, en weer hulleself kan suiwer, bietjie terugbeweeg na iets... Nou maar goed, ons gaan nie daardie pad te loop nie. Dis vir ’n ander verhaal. 

Adriaan het van redelik ’n vroeë stadium betrokke geraak. Daar was ander mense, iemand van Suid-Afrikaanse agtergrond wat die leier was van die anti-apartheidbeweging in Nederland, Berend Schuitema. Hy en Conny Braam was die twee groot voorlopers van die anti-apartheidbeweging. Toe ek op my fatale, Don Quichote ondergrondse reis na Suid-Afrika vertrek het, was Berend Schuitema ook veronderstel om in Suid-Afrika ... Ons sou hier ontmoet op ’n sekere stadium; nou ja, dit het toe nie gebeur nie.

Maar laat ons nie vergeet die tyd van die van die Poetry International nie. Poetry International het doelbewus hulle deure oopgestel vanaf die begin vir wat daai ‘International’ beteken, met ander woorde werklikwaar dit was digters wat van oor die hele wêreld gekom het. Dáár het ek digters ontmoet van Latyns-Amerika, van China, van Japan, van die Midde-Ooste, van ander dele van Afrika en dit was werklikwaar fassinerend. En daaruit het gegroei onder andere die boom.

Iemand het netnou maar aan die begin gesê, kom ons bly vir ’n oomblik stil en ons hou die mense wat doodgemaak word in Oekraïne of al die ander wat in ander oorloë doodgemaak is [in ons gedagtes]. Daar was vanoggend ’n hoofartikel in ’n Franse tydskrif, Revue des Deux Mondes word dit genoem, die twee wêrelde. En iemand het, ek weet nie wie die persoon is nie, het net begin met ’n lys te maak wat sê: toe dié oorlog plaasgevind het, toe daai mense doodgemaak is, het ons anderpad gekyk. Toe dit in Sirië gebeur het, het ons anderpad gekyk. Toe dit in die Kongo gebeur het, ons weet nie eens waar die Kongo is op ’n kaart nie, het ons anderpad gekyk. Dis nie ons sake daai nie. Toe dit in Latyns-Amerika gebeur het, het ons anderpad gekyk. En nou, nou’s dit by ons. Nou’s dit hier in Europa. Nou is dit op ons agterstoep. Nou kan ons nie anderpad kyk nie. En nou onthou ons al die ander weer. Ek dink dis baie belangrik om dit te doen. Veral ook om te onthou, die deurlopende draad van betrokke literêre en visuele betrokkenheid, as steun. En nie nét as steun nie. Ek dink as gelyklopende oopmaker van die ideewêreld waarop bevryding gebaseer was. Die etiese verbeelding wat dit moontlik maak, die omvorming wat dit moontlik maak. Die omvorming is nie deel van die politieke agenda nie. Hulle sê dit is so, maar dit ís nie so nie. Dit was nog nooit so gewees nie. Poetin was nooit ’n revolusionêr gewees nie. Ek sou selfs sê Lenin was waarskynlik nie ’n revolusionêr nie. Ek sou sê Trotski wás revolusionêr, maar ook meer van ’n skrywer as wat hy ’n bleddie politikus was. Met ander woorde, daai verbeelding om onsself beter te verbeel as wat ons is, dít is per definisie nié ’n politieke aktiwiteit nie. Dis ’n kreatiewe, skeppende, omvormende aktiwiteit. En die mense was daar gewees. Hulle het deelgeneem. Bert Schierbeek, om nou maar weer terug te kom. Hý was daar, hy’t dit gedoen. Ook in die Tweede Wêreldoorlog al.

Yves: Die rol van Poetry International is natuurlijk bijzonder. Jij was niet alleen één van de gasten, je was ook betrokken bij de organisatie. Onder andere van vertaalworkshops. De “werkswinkels” omtrent vertalingen heb jij mee georganiseerd, in samenspraak met Hans ten Berge, Martin Mooij, met al die mensen van de Stichting Poetry International. En dit ging door tot 1974.

Toen kwam dat moment in 1975. Poetry International heeft – toen jij in de gevangenis was – blijvend aandacht gevraagd voor jou als persoon, voor de onrechtvaardigheid. Vanwege jouw politieke overtuigingen was je opgesloten, en werd je niet meer geacht je uit te drukken over ideologische en andere kwesties.

Het gaat over die lange periode van 1975 tot 1982, toen in Nederland ook allerlei acties op het getouw zijn gezet. Ik denk aan de brochure aan breyten breytenbach in 1975, aan Vingermaan – een uitgave van Galerie Espace en Meulenhoff – met belangrijke dichters in het Nederlandse taalgebied. Ik bedoel de bijdragen van Gerrit Kouwenaar, Lucebert, Bert Schierbeek, Hans ten Berge. En niet te vergeten Remco Campert.

En vele anderen die ik nu even niet vermeld, ook Vlamingen – ik denk aan Eddy van Vliet.

Breyten: Ja natuurlik, natuurlik. Ek gaan julle nou weer pla met ’n gedig, mag dit? Dan kan jy ’n bietjie water drink. Ek het vanoggend of gister probeer dink, wat gaan ons oor praat? Dis ’n hele lewe, dis baie lewens. Hierdie is ’n gedig wat geskryf is vir Bert Schierbeek. Uit Hong Kong. ‘Poskaart vir Bert Schierbeek’. Dit was een van daardie mal ondernemings – op ’n stadium is ’n klomp digters Hong Kong toe genooi. Dit was waarskynlik die, hoe sou mens sê, die nawater van wat in Rotterdam besig was om te gebeur; mens weet nooit hoe al die goed inmekaar gepas het nie. Maar in elk geval, daar is ons toe in Hong Kong. Bert sou ook daar wees, maar hy het toe nie, dit was ’n oomblik wat hy nie kon saamkom nie, hy was toe nie meer so jonk nie.

[Breytenbach leest het gedicht voor, zie ‘Breyten schrijven #2’]

...
“Nobel vir kakpraat.” (Breyten Breytenbach)
...

Yves: Fantastisch. Hartelijk dank, Breyten. Een tribute aan jouw Nederlandse vrienden en al die vrienden die jou ook toen, in die moeilijke periode, hebben gesteund.

Maar er was nog vóór jouw opsluiting in ’75, vóór de veroordeling, ook in Vlaanderen al heel veel aandacht. Ik herinner mij bijvoorbeeld – ik weet niet of jij dit nog weet – een Breytenbach-nummer van De Vlaamse Gids, met onder andere een aantal gedichten van jou, ook een tekst van Adriaan van Dis, en een lang gesprek met jou dat door Willem Roggeman is gevoerd.

Er waren ook in Vlaamse kranten gesprekken met jou. Fernand Auwera – Schrijven of schieten is één van zijn essaybundels – had daarin een heel uitvoerig interview met jou. Dus het gaat niet alleen over Nederlandse connecties; ook in Vlaanderen is er de ondersteuning van dichters en journalisten. Bijvoorbeeld Julien Weverbergh, die in Vooruit een uitvoerige bijdrage heeft geschreven over jouw werk. Maar ik herinner mij nog Roggeman, die toen al heel vroeg – in 1974 – opmerkte: Breytenbach is Nobelprijskandidaat.

Breyten: Nobel vir kakpraat.

Breyten Breytenbach op besoek aan SASNEV in 2022.

...
“Onthou, Vlaandere , daar is verskeie redes hoekom ’n mens spesifiek aangetrokke sou voel tot Vlaandere.” (Breyten Breytenbach)
...

Yves: Los van die opmerking over de Nobelprijs! Heb jij dit ook zo ervaren? Dat er, behalve al die contacten in Nederland, met al die mensen, en bijvoorbeeld Van Gennep, Meulenhoff en Galerie Espace, ook een Vlaams netwerk bestond dat jou al heel vroeg heeft omarmd?

Breyten: Ja, en op ’n ander manier ook nog van baie belang. Onthou, Vlaandere , daar is verskeie redes hoekom ’n mens spesifiek aangetrokke sou voel tot Vlaandere. In die eerste instansie was dit ’n bietjie van ’n soortgelyke ervaringsveld in die sin dat julle het ook ’n land met twee tale, twee ampstale. Destyds was dit Engels en Afrikaans hier in Suid-Afrika. Vlaams en Frans, ’n wêreldtaal enersyds en [andersyds] ’n baie sterk aardgebonde, seegebonde, uit die see gespoel met wortels in die duine en in die vlaklande en in die landerye van Vlaandere. So dit was alreeds vir my ’n aanknopingspunt.

Die tweede groot aanknopingspunt is miskien vreemd genoeg dat ek dit ervaar dat die Vlaminge is minder besiel deur ’n intense skuldgevoel teenoor wat aangaan in die wêreld as wat die Nederlanders sou voel. Ek het gister weer nagedink en ek dink een van die groot redes is omdat Nederland is baie sterk protestants beïnvloed. Terwyl goddank, Vlaandere is Katoliek. Jy weet, jy gaan ritueel boete doen en dan gaan jy daarmee verder lewe.

Maar in Nederland word dit, uiteindelik word dit ’n ‘woke’ affêre, om dit maar nou so te stel. Dit word ’n ‘cancel culture’. Dit wat jy nie van hou nie en wat jy so skuldig oor voel en wat jy nooit weer kan regmaak nie, gaan jy net eenvoudig uit die pad uitvee. Dís ’n ander storie. Daar was ook miskien ’n ander rede. En natuurlik kon ’n mens daarom ook miskien meer direk praat oor skryf of skiet, as jy praat daar. Dit was ’n ander omgewing. En natuurlik die Kongo. Daar was ’n Afrika-bemoeienis, wat die Nederlanders tóé nie meer gehad het nie. Jy weet, Nederland is nie ’n… nou ja… okay goed.

...
“In die geval van Vlaandere het ’n mens nog ’n bietjie die gevoel, as jy die Vlaamse politieke partye bietjie kan oortuig van wat werklik aangaan in Afrika, dan het jy ’n werklike partner om mee te gesels.” (Breyten Breytenbach)
...

Nederland is ’n handelsending, dis ’n kommersiële-, nou is dit ’n aandelemark natuurlik, grotendeels, ek praat nou daarvan. ’n Mens dink nie aan die regering as jy dink aan Nederland nie. Jy dink nie aan politieke partye nie. Jy weet jy’t baie sterk vriende met baie sterk oortuigings, en daar is mense, individue, wat baie sterk solidêr was en baie sterk deelgeneem het aan die stryd en dit nog steeds doen. Maar in die geval van Vlaandere het ’n mens nog ’n bietjie die gevoel, as jy die Vlaamse politieke partye bietjie kan oortuig van wat werklik aangaan in Afrika, dan het jy ’n werklike partner om mee te gesels.

Yves: Was jij je daarvan bewust? Was het überhaupt mogelijk om op de hoogte te zijn van de activiteiten die men in Nederland ondernam tijdens jouw gevangenisjaren?
Vingermaan is niet alleen een bundel met gedichten van Nederlandse schrijvers, maar ook met tekeningen van jou gesmokkeld uit de gevangenis.

...
“My kontak met Nederland was baie vaag, en baie … ek het gewéét van ondersteuningsgroepe.” (Breyten Breytenbach)
...

Breyten: Die bedoeling was nog altyd dat daardie tekeninge moes teregkom uiteindelik by Galerie Espace natuurlik, of in Nederland, waar hulle in veilige bewaring sou kon wees. Baie van die tekeninge het op pad verlore geraak, of is onderskep. Ek weet nou nog nie waar hulle almal is nie. Ek weet nog nie wat alles gedoen is nie. ’n Paar jaar gelede het iemand opgedaag uit die bloute en kontak gemaak met Ampie Coetzee en gesê dat sy haar man, wat toe alreeds oorlede was, wat ’n gevangenisbewaarder was en hy het in sy besit ’n aantal gevangenistekeninge wat nou weer, wat eintlik aan my behoort, en wat hulle weer aan my sou wou laat toekom via Ampie. En dit was tekeninge wat ek heeltemal van vergeet het, en van die bestes wat ek ooit gedoen het. Miskien het daai persoon, ek dink hy’t nogal smaak gehad, die gevangenisbewaarder wat dit gesteel het intussen.

...
“My vrou was ’n baie goeie kontak, sy’s baie sterk. En dit moet ek werklikwaar onderstreep: Sy’s ongelooflik sterk en lojaal ondersteun al daardie jare deur die Nederlandse instansies, veel meer so. In Suid-Afrika was dit individuele vriende gewees.” (Breyten Breytenbach)
...

My kontak met Nederland was baie vaag, en baie … ek het gewéét van ondersteuningsgroepe. Ek was op ’n baie indirekte manier het ek in kontak gebly met Adriaan van Dis, byvoorbeeld. As ek my vrou kon sien, dan het ek altyd probeer, ons het op ’n verskuilde manier daaroor gepraat. Sy was ’n baie goeie kontak, sy’s baie sterk. En dit moet ek werklikwaar onderstreep: Sy’s ongelooflik sterk en lojaal ondersteun al daardie jare deur die Nederlandse instansies, veel meer so. In Suid-Afrika was dit individuele vriende gewees. Daar was geen instansie in Suid-Afrika wat haar ondersteun het nie. En onthou, daai sewe en ’n half jaar of nege jaar vonnis is veel moeiliker vir haar as wat dit vir my is. Sy sit in die middel van die wêreld. Sy moet oorlewe. Sy moet ’n bestaan maak. En, jy weet, die spioene en die moordbendes is daar, jy wéét hulle is in Parys. Hulle hoef nie noodwendig Suid-Afrikaners te wees nie. Daar was ook Franse verregsgesinde mercenaires wat in diens is van hierdie moordbendes, en hulle’s nóú nog daar. Hulle was altyd daar gewees.

Nou goed, so sy moet oorlewe en haar kontak, die manier waarop sy ondersteun is, dít is iets wat ek absoluut nooit, nooit vergeet nie. Van die Galerie Espace, van Meulenhoff, maar op ’n direkte manier! Dit het ek dit eers baie jare daarna gehoor. Sy het nie vir my vertel nie, hulle het ook nie. Ek moes dit gaan naspoor en uitsnuffel, van watter vorm het hierdie steun aangeneem al daardie jare.

...
“Dít is iets wat ek absoluut nooit, nooit vergeet nie. Van die Galerie Espace, van Meulenhoff, maar op ’n direkte manier! Dit het ek dit eers baie jare daarna gehoor.” (Breyten Breytenbach)
...

Maar goed. So ek het goed by hulle probeer kry. Ek weet dit was onmoontlik gewees. Maar ek het geweet, uiteindelik sal ’n mens nou jou pad soontoe... Natuurlik, die bietjie nuus wat ’n mens gekry het uit die aktiwiteite van mense met wie jy in kontak was, was gefilter deur die veiligheidspolisie of die Buro vir Staatsveiligheid. Byvoorbeeld Berend Schuitema: Was hy gearresteer toe ek gearresteer was? Ons het nie kontak gehad nie. Hulle het alles geweet van hierdie netwerke, het ek agterna agtergekom. Wie is dit wat hulle vertel het van die netwerke? Het hulle dit gepenetreer? Het hulle hulle eie mense daar gehad? Berend se skuilnaam was Jan. Daar het iets gebeur daar tydens daai periode, ’n manipulasie, nie noodwendig van Jan nie. Maar wat hulle vir my laat verstaan waarmee hy besig was en wat hy gedoen het. En dit het ontsettende agterdogtigheid te weeg gebring, en vervreemding te weeg gebring. Jy het nie geweet wie jy kan vertrou nie. Letterlik nie wie jy kan vertrou nie. Ek het net geweet die enigste persoon wat ek kan vertrou was Lucky Groenewald!

Wordt vervolgd.

Lees ook:

Breyten schrijven #3: Het laatste interview. “Ek het ’n aantal adresse gehad van mense wat ek moet opsoek”

Die Toyota US Woordfees se Nederlandse niggie

Durende waardering en wedersydse betrokkenheid kenmerk Breytenbach se bande met Lae Lande

Adriaan van Dis gesels met ’n memoirskrywer en vertaler oor die binnelewe van liefde en geweld in Suid-Afrika

Die vergete erfenis van Suid-Afrikaanse Nederlandse literatuur

Adriaan van Dis, Spui25: Sophia in Het beloofde land

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top