Annette Havenga

Ek is gelukkig om soggens in die mooie Kaap wakker te word met die gedagte dat vandag weer splinternuwe stories gaan oplewer vir my om te vertel. Enige vorm van media, van die geskrewe tot radio is wat my laat tick en ek sien dit nie net as ’n voorreg nie, maar ook as my plig, om ’n stem te gee gaan gebeure en stories. Vermaak en leefstyl, aktualiteit en medies, harde nuus en sommer lekker tong-in-die-kies gesprekke, noem dit en ek is daar.

Vir so lank as wat ek kan onthou, skryf ek al en is woorde my beste maat. Wat is lekkerder as om ’n skoon blad te sien ontwikkel in ’n storie? My opleiding het nederig begin, ek het die een aanlyn kursus na die ander gedoen om myself te bekwaam, baie kritiek aanvaar en met elke werkstuk geleer en gevorder.

Alhoewel ek gereeld my hand waag aan fiksieverhale is dit maar die ware stories, profiele en gebeure wat my opgewonde maak.

Errieda du Toit, nostalgiese kosfoendi

Annette Havenga Culinair 2025-02-18

"Haar liefde vir die eg Suid-Afrikaanse disse en die oeroue metode van kos op ’n vuur maak skemer sterk deur."

Maria Doyle Kennedy, as tannie Maria, is terug met nog kosraad

Annette Havenga Film 2025-02-07

"Recipes for love and murder is gebaseer op die skrywer Sally Andrew se uiters gewilde tannie Maria-reeks. Dié karakter is ’n kosskrywer en troostante wat in ’n moordondersoek gewikkel raak saam met haar beste vriendin en kollega, die joernalis Jessie."

Atlanta, Georgia, aangekondig as rolprentbestemming by FAME Week Africa 2025

Annette Havenga In het nieuws 2025-01-02

"Atlanta is die middelpunt van Georgia, die VSA se groot rolprent- en televisiebedryfsentrum. Die stad het Hollywood in 2016 verbygesteek met die aantal speelfilms wat vervaardig is. Die sinergie tussen Kaapstad en Atlanta het dié ooreenkoms ’n voor die hand liggende een gemaak. Kaapstad word beskryf as die Hollywood van Afrika en is ewe gewild as ’n bestemming vir die maak van films en TV-produksies."

Bridget Mangwandi, Mzansi se nuwe MasterChef

Annette Havenga Culinair 2024-12-04

"Die 20-jarige Bridget Mangwandi het tydens ’n opwindende finale uitdaging van MasterChef South Africa seisoen 5 as wenner triomfeer."

’n Suid-Afrikaanse Kersete vir Marinda se laaste 2024-kookklas

Annette Havenga Culinair 2024-11-22

"Marinda plaas ook klem daarop dat die resepte maklik is, juis sodat tuiskokke dit self met gemak kan maak en verskeie smake van oor die wêreld na hulle eie tafels kan bring."

Groenboukonvensie 2024 vra vir ’n klimaatpositiewetoekoms

Annette Havenga In het nieuws 2024-11-13

"Met statistieke het De Ruyter aangetoon dat die verbranding van fossielbrandstowwe as ondoeltreffend bewys is. Twee derdes van die energie wat ontstaan in die verbranding van fossielbrandstowwe, word vermors. Hierdie proses van verbranding veroorsaak ook besoedeling en gesondheidsprobleme."

Canada and South Africa’s film co-production agreement during Fame Week Africa 2024

Annette Havenga Cultuur 2024-09-11

"During Fame Week Africa in Cape town (1–7 September 2024) South Africa’s minister of sports, arts and culture, Gayton McKenzie, and the high commissioner for Canada in South Africa, Chris Cooter, signed a new, modernised film agreement between the two countries."

Antoni Schonken oor die tweede simposium van Suid-Afrikaanse komponiste

Annette Havenga Muziek 2024-08-27

"Daar is ’n persepsie oor klassieke musiek dat dit net vir ’n sekere 'tipe mens' is. Daarop reageer Schonken met ’n besliste 'Nonsens'. Hy sê voorts musiek hoef nie altyd 'mooi' te wees nie, ook dat musiek ons juis laat terugsit, waardeer en besin."

Rachel Kolisi: "I want to see myself worked out of a job."

Annette Havenga Actueel 2024-08-14

"Brutality has become a norm in our lives. Organisations like Mosaic, with the aid of funders and foundations like the Kolisi Foundation, turn victims into survivors."

Verified by MonsterInsights
Top