Marli van Eeden

Marli van Eeden is gebore en getoë in Bellville, en matrikuleer in 2012 aan die Hoërskool DF Malan.

In 2015 voltooi sy haar BA-graad in drama en teaterstudie, met sielkunde en Afrikaans en Nederlands as ekstra vakke, aan die Universiteit Stellenbosch. Sy studeer verder nagraads en verwerf honneursgrade in drama en teaterstudie (met toegepaste teater as spesialisasie) en joernalistiek. Sy is tans besig met haar meestersgraad in joernalistiek.

Tydens haar jare in die Sonop Dameskoshuis op Stellenbosch word sy in 2015 tot studente-welstand-mentor verkies en in 2016 tot huiskomiteelid.

As deel van haar praktiese ervaring tydens haar studie in die joernalistiek voltooi sy internskappe by onder andere Eikestadnuus, MatieMedia, MFM 92.6, Netwerk24 en Die Burger.

Marli is tans deeltyds ’n nuusleser by Radio Helderberg in Somerset-Wes en ’n vryskutskrywer.

In haar vrye tyd lees sy graag, verken sy staproetes en woon sy elke denkbare kunstefees by. Haar droom is om Suid-Afrika (en Afrika) plat te reis. Sy het ’n liefde vir die Karoo, en haar idee van ’n ideale blaaskans is ’n wegbreek na hul familieplaas naby Touwsrivier.

18 Gangster Museum in Khayelitsha: Taking a stance against gangsterism

Marli van Eeden, Wandisile Nqeketho Interviews 2019-10-14

"The reason behind having ex-offenders curating and being guides at the museum is to provide them with a second chance in life, due to the fact that they never had proper guidance before – they are a consequence of a debilitated social infrastructure and socio-economic instabilities. We teach young people about the implications of joining gangs, so that they can make sound decisions for the betterment of their future, as they navigate this thing called life in the township."

Labia-teater in Kaapstad: Dié dame van statuur vier 70ste bestaansjaar

Marli van Eeden Film 2019-09-30

"By die Labia-teater (Kaapstad) is om ’n fliek te gaan kyk nie net nog iets wat jy doen nie, dis steeds ’n 'event'. Hierdie teater gee vir my die geleentheid om rolprente te wys op ’n oudmodiese manier, maar met nuwe tegnologie. Dit is daai ouwêreldse gevoel, die atmosfeer, die 'ambience' en ’n tikkie 'magic' wat die ervaring uniek maak." Marli van Eeden gesels met Ludi Kraus, die eienaar van die Labia-teater.

Vergelegen: ’n skat van erfenis, natuurskoon en wêreldgehalte-wyn

Marli van Eeden Cultuur 2019-09-23

"Vergelegen spog met ’n geskiedenis wat oor meer as 300 jaar strek en weerspieël ’n outentieke uitbeelding van Kaapse kultuurerfenis. Bekend vir hul bekroonde wyn, en natuurlik die uitgebreide tuine, is die landgoed veral nou, in die warmer maande, heerlik om te besoek." #erfenismaand 

Kwéyòl Restaurant promises an Afro-Caribbean experience in Cape Town

Marli van Eeden, Mala Bryan Interviews 2019-09-18

"Kwéyòl Restaurant is an Afro-Caribbean restaurant with dishes that I enjoy cooking and have very fond memories of. We have such a wonderful mix of cultures in the Caribbean, including Indian, Afro-Caribbean and Latin Caribbean, that there are unending dishes to choose from. I also try to mix it with some dishes from the African continent, hence the reason I call it Afro-Caribbean cuisine."

Grootste William Kentridge-uitstalling ter wêreld in Kaapstad te sien

Marli van Eeden Kunst 2019-08-30

"Wat die uitstalling verder betekenisvol maak, is die feit dat daar nie net op sy kunswerke gefokus word nie, maar ook op hoe hy in sy ateljee te werk gaan om sy kuns te skep en hoe sy kreatiewe proses ontvou. Die uitstalling gee veral aandag aan die rol van ateljeepraktyk in sy loopbaan. Dié unieke uitstalling word gesamentlik deur die Zeitz MOCAA en die Norval-stigting aangebied. Why should I hesitate: Putting drawings to work (Zeitz MOCAA) en Why should I hesitate: Sculpture (Norval-stigting) sal tot Maart 2020 besigtig kan word."

Kuils River law student heading to the Netherlands on prestigious Mandela Scholarship

Marli van Eeden, Tarryn Abrahams Interviews 2019-08-30

"The late president Nelson Mandela espoused values of hard work and unwavering perseverance. Mr Mandela’s legacy has forever been imprinted in the hearts and minds not only of my fellow South Africans, but the world over." The 23-year-old Tarryn Abrahams, a master’s law student from the University of the Western Cape, recently received the prestigious Mandela Scholarship, and will thus soon be trading her hometown, Kuils River, for Leiden. 

 

Dying for Gold: ’n filmresensie

Marli van Eeden Film 2019-08-28

"Dying for Gold is ’n interessante blik op die mynbedryf van Suid-Afrika, die geskiedenis daarvan, die destydse uitbuitende werwingspogings in Suider-Afrika, en die impak daarvan op talle mynwerkers. ’n Geskiedenis van uitbuiting, kolonialisme en rassisme."

First restaurant with insects on the menu opens up in Cape Town

Marli van Eeden, Leah Bessa Interviews 2019-08-15

Would you eat delicacies like mopane polenta, black-fly-larvae croquettes and deep-fried dark chocolate black-fly-larvae ice cream? Insects as a food source might not be your typical idea of a scrumptious meal, but that is exactly what a new restaurant in Woodstock, Cape Town, is experimenting with – yes, insect-based dishes! Marli van Eeden interviews Leah Bessa.

Stroop: Journey into the Rhino Horn War: ’n filmresensie

Marli van Eeden Film 2019-08-13

"Skokkend, boeiend en hartverskeurend. Die internasionaal bekroonde Suid-Afrikaanse dokumentêr, Stroop: Journey into the Rhino Horn War, beklemtoon die uiters komplekse aard van die renosterstropery-krisis en poog om die geheime van die donker wêreld van renosterstropery bloot te lê."

België-studie-uitruil en die Jongerenprojek: ’n onderhoud met Aletta Simpson

Marli van Eeden, Aletta Simpson Interviews 2019-08-12

"Dit was vir my ook opvallend dat die meeste Nederlandssprekendes wat ons ontmoet het ook Duits, Frans (veral in België) en ’n bietjie Engels, maar selfs Afrikaans of Latyns kon lees of praat. Die meertaligheid van hierdie mense was vir my indrukwekkend." 

Zeitz MOCAA wil bewys kuns behoort aan almal

Marli van Eeden Kunst 2019-08-06

"Die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa (Zeitz MOCAA) in Kaapstad is nie net die grootste kunsmuseum in Afrika en die grootste museum in die wêreld wat kontemporêre kuns van Afrika vertoon nie, die museum poog ook om kuns toeganklik vir almal te maak en te help om die idee dat kuns net vir die sogenaamde 'elite' is om te besigtig, te help afbreek."

Duitsland-studie-uitruil: ’n onderhoud met Giselle Botha     

Marli van Eeden, Giselle Botha Interviews 2019-07-29

Talle Suid-Afrikaanse studente besoek Europese lande jaarliks as deel van studie-uitruilprogramme om meer oor die kultuur en leefwyse van die land te leer en hul horisonne te verbreed. Giselle Botha vertel meer oor haar studie-ervarings en avonture in Duitsland, Nederland en België.

First Thursdays: ’n Viering van Kaapstad se kuns en kultuur

Marli van Eeden Kunst 2019-07-23

"First Thursdays is ’n inisiatief wat, soos die naam voorstel, elke eerste Donderdag van die nuwe maand plaasvind. Kunsgalerye se deure staan oop tot 9-uur die aand en die publiek word genooi om kunsgalerye gratis te besoek."

Capetonian artist Jody Paulsen on his art and inspiration

Marli van Eeden, Jody Paulsen Interviews 2019-06-28

"My inspiration comes from pretty much everywhere. I try to stay open to anything when I'm searching for ideas." Jody Paulsen’s work forms part of various significant public and private collections, including collections at Zeitz MOCAA (Museum of Contemporary Art Africa) in Cape Town. Notable group exhibitions at Zeitz MOCAA include All Things Being Equal in 2017. Most recently, Paulsen’s work was exhibited with SMAC Gallery at The Armory Show in New York City, USA, in March 2019. His work is also currently up on exhibition as part of the group show Filling in the gaps at the Iziko South African National Gallery (Cape Town).

Leiden-studie-uitruil: ’n onderhoud met Carmi Britz

Marli van Eeden, Carmi Britz Interviews 2019-06-20

"Stellenbosch-universiteit was onlangs 100 jaar oud. Dit is ’n mylpaal om te vier in Suid-Afrika. Nederlandse universiteite is baie ouer, so 100 jaar is vir hulle nog taamlik jonk. Om deur hierdie ou geboue, kanale en strate te loop is ’n onbeskryflike gevoel."

Verified by MonsterInsights
Top