Wilken Calitz

Wilken Calitz is ’n voltydse musikant en studeer kreatiewe skryfwerk by die Universiteit van Kaapstad.

Elisha Zeeman: ’n Liefdesverklaring aan Nederland

Wilken Calitz Muziek 2019-05-24

"Ek het onlangs te hore gekom van Elisha Zeeman se parodie wat sy geskryf het op die liedteks van 'Het Dorp' vir ’n kabarettoer deur Nederland. Hierin sê sy vir Jan van Riebeeck sleg en so ook sy land van herkoms. Ek wou graag weet of sy regtig woedend is, hoe die gehore in die verskeie dorpe gereageer het en of sy met tamaties bestook is."

Hanru Niemand: "My vriend, ek raai jou aan tot stilte"

Wilken Calitz, Hanru Niemand Muziek 2019-04-09

"Ek was bevoorreg om hom al talle kere op die verhoog te sien en om die gehoor dop te hou tydens sy optredes. Party kyk diep in hul wynglase, ander sluit die oë, ander kyk na die dak en vou hul arms – onbewustelike pogings om die gehoorsintuig die geleentheid te gee om Hanru se woorde te vang en te bêre."

Frazer Barry: "Stilte dra die geraas"

Wilken Calitz Muziek 2018-10-31

"Ons het dit verstaan as ’n taal van onderdrukking maar toe besef dit is ook onse taal. Ek dink en droom in die taal so ek kan netsowel daarin sing. Tydens apartheid was daar natuuurlik ’n openlike protes en skielik was daar hierdie ontwaking in die vorm van taal."

Riku Lätti: Vier monoloë oor Suid-Afrikaanse musiek uit ’n dakkamer in Amsterdam

Wilken Calitz Muziek 2018-10-11

"Riku Lätti was onlangs in Amsterdam, waar hy deelgeneem het aan die Festival voor het Afrikaans. Hier het die room van die Afrikaanse musiekbedryf hul vernuf op die verhoog ten toon gestel vir ons amperse taalgenote in die Lae Lande. Hy het die verhoog gedeel met Laurika Rauch, Sven Blumer, Churchil Naudé, Loki Rothman en nog vele ander musikante en sangers wat almal ’n beduidende rol speel in die ontwikkeling van die verskeidenheid klanke wat Afrikaans bied."

SIEP: Kom soos jy is, nie soos jy wil wees nie

Wilken Calitz Muziek 2018-09-11

"SIEP se ding is musiek. Taal is die voertuig en jong manne wat verlore raak in die maalkolk van ’n gebroke samelewing is die eindbestemming waar hy ’n verskil wil maak."

Jitsvinger: Taaltruuks en die reine waarheid

Wilken Calitz Muziek 2018-08-16

"Luister jy na sy twee albums en lees jy die talle artikels oor sy doen en late in die musiekbedryf, kan ’n mens nie anders as om hom te sien as ’n rustige en kreatiewe siel wat die vyande van vredeliewendheid se linies oorsteek en terugrapporteer, notaboek in die hand en sy nine-mil weer terug in sy skede."

Riaan Nieuwenhuis dokumenteer sy lewe deur klankopnames

Wilken Calitz Muziek 2018-08-01

"Liriek of te not, die uiteenlopendheid van die klanke wat hy skep, is soos ’n taal wat nog nie ten volle opgeteken is nie. Dit is nie Frans nie, dit is nie ’n dialek uit die Suide van Amerika nie, dit is nie cockney-Engels nie en dit is nie Russies nie. Dit is Debussy, dit is blues, dit is Black Sabbath en dit is ’n balaika (Russiese snaarinstrument)."

HemelBesem: rymkletser en Afrikaanse brugbouer

Wilken Calitz Muziek 2018-07-16

"HemelBesem is sonder twyfel met die pen in die hand gebore. Met sy lirieke, talle artikels, verhoogproduksies en onlangse boek, raak hy komplekse sosio-politieke kwessies in sy woordspeling aan wat baie fyn taalskills verg. Maar dit is tussen die lyne, verby die naatlose vervlegging van Afrikaans en Engels, waar sy boodskap tot sy volle reg kom."

Top