Persbericht: Nederlands voor beginners | Twee kortkursusse: Nederlands vir beginners

  • 0

Links: Brussels (Foto: Dimitris Vetsikas, Pixabay) | Regs: Amsterdam (Foto: Lubov Lisitsa, Pixabay)

Die volgende twee kortkursusse “Nederlands vir beginners” begin in September aan die Universiteit Stellenbosch. Albei kursusse word volledig aanlyn aangebied. Vir beide kursusse word ’n intermediêre vlak van Afrikaans van kursusgangers verwag, aangesien Afrikaans en Nederlands met mekaar gekontrasteer gaan word.

Beide kursusse is vir beginners en dieselfde materiaal sal in elkeen behandel word. Albei kursusse duur 10 weke.

Lees meer oor die dosent, Sabien Van Craenendonck.

Nederlands vir beginners: Kursus 1 is ’n aanlyn selfstudiepakket

Elke week kry jy toegang tot nuwe leermateriaal, soos video’s en oefeninge. Hierdie kursus begin Maandag 6 September. Die registrasiegeld beloop R1 500 vir personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch en R1 750 vir niestudente.

Vir kursus 1 kan jy tot Maandag 23 Augustus registreer.

Klik hier om vir Kursus 1 te registreer.

Vorige deelnemers het die kursus 4,8 uit 5 sterre gegee. Kyk wat van die kursusgangers sê:

“Heel erg bedankt voor de geweldige cursus en alle hulp tijdens de cursus.  Het was voor mij een erg leuke cursus om te doen.  Het inspireerde me om verder Nederlands te studeren.”

“Die wye verskeidenheid van assesseringsmetodes was vir my baie goed. Dit het gewissel van een woord invul, tot keusevrae, tot veelkeusevrae, tot speltoetse, tot video’s met spraak oplaai. Dit was dus nooit vervelig of eentonig nie. Ook nie te moeilik of te maklik nie. Ek sal die kursus aanbeveel by vriende en kollegas wat belang hierby sou kon hê. Terloops, ek het ook gehou van die aanbieder se rustige stem en pas – als was mooi duidelik en hoorbaar. Die materiaal was van baie goeie kwaliteit.”

“Ek het die valse vriende die meeste geniet. Dit is goed om die verskil tussen woorde in Afrikaans en Nederlands, wat eenders is, te ken.”

“Die hele kursus was interessant en ’n lekker leer ervaring.”

“De kennis is gebouwd op eerdere kennis. Het voelde als een natuurlijke ontwikkeling om nieuwe kennis op te bouwen op het bestaande materiaal.”

Nederlands vir beginners: Kursus 2 is ’n aanlyn kursus met ’n  weeklikse groeples van Sabien Van Craenendonck via Zoom.

Hierdie lesse vind Woensdagaande plaas, van 18:00 tot 19:30. In hierdie kursus ontvang jy videomateriaal en oefeninge wat spesiaal vir die kursus geskep is. In die groeplesse oefen jy die nuwe taalkennis. Hierdie kursus begin Woensdag 8 September. Die registrasiegeld is R2 000 vir personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch en R2 500 vir niestudente. Die maksimum aantal deelnemers is 18.

Vir kursus 2 kan jy tot Woensdag 18 Augustus registreer.

Klik hier om vir Kursus 2 te registreer.

Vorige deelnemers het die kurus 5 uit 5 sterre gegee. Kyk wat van die kursusgangers sê:

“I found the way the lessons and the learning material was structured to be excellent. Our lecturer did a fantastic job of guiding us through an integrated learning journey. The exercises and additional learning material such as the videos were interwoven very well with the theory and I really enjoyed the material that also provided cultural, historical and literary context.”

“De lessen via zoom waren goed, perfect voor de tijd waarin we leven.”

“Goeie lesmateriaal, maklik om te volg en te verstaan.”

“I particularly enjoyed the grammar and vocabulary, as I have a particular interest in languages. The best part of the course was our lecturer, who was extremely knowledgeable, enthusiastic, passionate about our learning journey and accessible.”

“Ik heb de taalstructuren heel interessant gevonden, vooral de verschillen tussen het Afrikaans en het Nederlands.”

“Het die dosent baie geniet. Baie goed aangebied en verduidelik. Dankie Sabien!”

Ontvang ’n sertifikaat

Aan die einde van elke kursus word ’n aanlyn toets geskryf. As jy hierdie toets slaag, ontvang jy ’n sertifikaat “Nederlands vir beginners” van die kortkursusafdeling van die Universiteit Stellenbosch.

As jy nog vrae het, stuur gerus ’n e-pos aan sabien@sun.ac.za.

Lees ook:

Valse vriend: Kaal

Valse vriend: Vies

Valse vrienden: Amper

Valse vriend: Zelfbewust

Valse vriend: Vaak

Valse Vriend: Motor

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top