Persverklaring: Yves T'Sjoen en Antjie Krog by SASNEV (Saterdag 17 September 2022 om 17:30)

  • 0

 UITNODIGING

Beste genieter van die letterkunde,

Jy word hartlik uitgenooi na Saterdag 17 September 2022 se heuglike byeenkoms.

SASNEV, die Suid-Afrikaanse sentrum vir Nederland en Vlaandere, reël ’n spesiale geleentheid: ’n openbare gesprek tussen Yves T’Sjoen en Antjie Krog oor “netwerke en wisselwerking met die Lae Lande”.

Ons is weer bevoorreg om prof. Yves T’Sjoen uit Vlaandere weer in gesprek te sien by SASNEV hierdie keer met bekroonde en bekende Suid-Afrikaanse skrywer en akademikus, Antjie Krog. Dit gebeur nie sommer elke dag nie.

  • Datum en tyd: Saterdag 17 September 2022 om 17:00 vir 17:30
  • Plek: SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands
  • Titel: “Antjie Krog en die Lae Lande”

Meer oor die belangrike gaste:

Antjie Krog

Dit is onmoontlik om ’n kort bio te gee van so ’n formidabele presteerder. Krog se prestasies en toekennings sluit die mees gesogte pryse in, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Nederland waar sy in 2018 vereer is met ’n Gouden Ganzenveer.   

Die Gouden Ganzenveer is ’n Nederlandse kultuurtoekenning wat jaarliks gegee word ​​aan ’n persoon of organisasie van groot betekenis vir die geskrewe en gedrukte woord. Ontvangers word gekies deur ’n groep mense wat saamgestel is uit verteenwoordigers vanuit die kulturele, politieke, wetenskaplike en korporatiewe wêreld.

Antjie Krog (Foto: Menán van Heerden)

Haar mees onlangse toekenning ontvang sy van die Belgiese ambassadeur, Didier Vanderhasselt, wat op 7 Julie 2022 die titel Offisier in die Orde van die Kroon (België) aan haar toegeken het.

Menán van Heerden skryf op Voertaal oor dié geleentheid:

“In haar ontvangstoespraak het Krog haar eerbetoon aan België se digters, kunstenaars, literêre geleenthede, teaters, argiewe, boeke, biblioteke en unieke stede opgedra. Sy het die rol van Belgiese skrywers, wie haar trajek as digter grootliks beïnvloed het, ook uitgelig.”

Antjie Krog (gebore 23 Oktober 1952) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer en akademikus, veral bekend vir haar Afrikaanse poësie, haar verslaggewing oor die Waarheids- en Versoeningskommissie, en haar 1998-boek Country of my skull. In 2004 het sy as buitengewone professor by die Lettere-fakulteit van die Universiteit van Wes-Kaapland aangesluit.

Yves T’Sjoen

Yves T’Sjoen is verbonde aan die Universiteit Gent en werk as ’n buitengewone professor vir die Departement Afrikaans en Nederlands in Stellenbosch. Hy is ook deeltyds aangestel in Praag.

Hy werk saam met Alwyn Roux (Unisa) aan die VisionKeeper-projek ‘Om Afrika te verbeel’ en die poësie van Breytenbach.

Yves T’Sjoen (Foto: Gerrit Rautenbach)

In Gent doseer hy Nederlandse en Afrikaanse letterkunde. In 2014 was hy promotor van die eredoktorsgraad wat Breytenbach aan die Universiteit Gent ontvang het. Hy is ook voorsitter van die navorsingsgroep Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika (www.afrikaans.ugent.be) en promotor van die Leerstoel Suid-Afrika: Tale, Letterkundes, Kultuur en Maatskappy.

Vyf jaar ná sy vorige boek Rakelings, oor kontakte tussen Suid-Afrika en die Lae Lande, verskyn sy boek Kwintet oor literêre verhoudings tussen Breytenbach en die Nederlandse taalgebied in Mei 2022.

Lees ook:

Herman de Coninck schrijft Antjie Krog: "Een van de redenen waarom ik graag naar Zuid-Afrika kom, is het gevoel dat alles daar in beweging is, de politiek, maar ook de moraal"

Bekroonde skrywer Antjie Krog word Offisier in die Orde van die Kroon (België)

Lees meer op Voertaal en LitNet oor Antjie Krog as die eerste literêre gasskrywer aan die Universiteit van Gent in België:

Antjie Krog, writer-in-residence van de Universiteit Gent

Gent-Universiteit hang solank die vlae uit vir Antjie se koms

Lees ook op LitNet Akademies:

Antjie Krog as kulturele bemiddelaar: aspekte van haar skrywerspostuur in die Lae Lande

Lees ook op Voertaal:

Gouden Ganzenveer-winnares Antjie Krog: “Bij toenadering tussen Nederlands en Afrikaans moet diversiteit voorop staan”

Antjie Krog: "We moeten ons afvragen waarom mensen boos zijn"

Interuniversitaire samenwerking op het gebied van Afrikaans en Nederlands

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top