Suid-Afrikaners gaan van Woensdag af rekordpryse vir petrol betaal
2026-10-06"In 1976 het ’n liter petrol net 21 sent gekos. Teen 2008 het dit R10 oorskry, in 2021 R20, en nou, net vyf jaar later, styg dit tot bo R30."
Neerlandistiekdag 2026 en die Alfred Schaffer-erelesing: Wanneer ’n taal joune word sonder dat dit jou moeder se taal is
2026-10-05"Die gesprek met Mustafa Stitou het gewys waarom taal- en letterkundestudies uiteindelik oor veel meer as boeke en tekste gaan. Dit gaan oor mense. Oor waar ons vandaan kom, waar ons beland, watter tale ons praat, watter gelowe ons erf en verloor, watter familieverhale ons met ons saamdra en hoe ons dit alles probeer verstaan."
Groen ID-boek het sy laaste hoofstuk bereik: Suid-Afrikaners kry tot 2028 om oor te skakel
2026-10-02"Die departement se vennootskap met banke, wat in Maart vanjaar begin het, stel mense in staat om by deelnemende banktakke vir slim-ID-dienste aansoek te doen."
IRR-peiling: Groot meerderheid Suid-Afrikaners verwerp bewerings van "wit volksmoord"
2026-10-01"Die peiling beteken nie dat Suid-Afrikaners die land se probleme met geweld, plaasaanvalle, rassisme of ongelykheid ignoreer nie."
VSA-ambassadeur lig self die sluier oor vyf eise aan Suid-Afrika
2026-09-30"Die Amerikaanse ambassadeur sê Washington wil steeds ’n konstruktiewe verhouding met Suid-Afrika hê en sien groter handel, belegging en werkskepping as belangrike terreine vir samewerking. Hy doen egter ’n beroep op Pretoria om, soos hy dit stel, 'ideologie' opsy te skuif en Suid-Afrika se belange eerste te stel."
Gesamentlike nasionale ondersoek na geweld en moord op vroue te midde van Ekurhuleni-moorde
2026-09-29"Die verhore sal die res van die week duur, en die publiek word aangemoedig om die proses te volg. Vir baie is dit nie net ’n ondersoek nie, maar ’n toets of Suid-Afrika ernstig is om die oorlog teen geweld en moord op vroue te wen."
Konstitusionele Hof is ANC se laaste hoop om 181 kandidate op stembriewe te kry
2026-09-25"Die party voer nou aan dat die wet nie uitdruklik vereis dat dié spesifieke knoppie gedruk moet word voordat ’n kandidaat se nominasie as ingedien beskou kan word nie."
Amerika trek die streep: Ramaphosa onder druk oor "Kill the Boer"
2026-09-24"Ontleders waarsku dat die situasie ekonomiese gevolge kan hê as dit nie gou ontlont word nie, veral vir uitvoerders wat van die Amerikaanse mark afhanklik is."
DA eis antwoorde van Ramaphosa oor spesmagte-operasie en moontlike valse hofgetuienis
2026-09-23"Die saak strek terug na 29 Desember 2022. Abadiga, ’n Ethiopiese burger wat in 2008 tydelike asiel in Suid-Afrika gekry het en later deur die VSA gesanksioneer is as ’n IS-werwer, en sy lyfwag, het by die Mall of Africa verdwyn."
Afrikanervlugtelinggesin sit gestrand in Suid-Afrika omdat VSA hulle nie meer wil hê
2026-09-22"Die storie dien as ’n harde les vir enigeen wat die program oorweeg: Vlugtelingstatus is nie ’n heen-en-weer-kaartjie nie. Wanneer jy eenmaal die land van 'vervolging' vrywillig verlaat en weer daarheen terugkeer, kan die deure permanent toegaan."
Ongekende 136 790 kandidate staan vir 4 November se plaaslike verkiesing
2026-09-18"Die oorgrote meerderheid (99,5%) is dus partykandidate. Mans maak 62% van alle kandidate uit (85 263), terwyl vroue 38% (51 527) verteenwoordig."
ANC kry eerste houe op die ken nog voordat die stembusse open
2026-09-17"Die OVK is nou vry om die finale kandidaatslyste bekend te maak, wat die verkiesingsproses op skedule hou."
Vroue in Ekurhuleni vrees vir ’n reeksmoordenaar ná nóg liggame by ondersoek gevoeg is
2026-09-16"Teen Dinsdagogoggend is ’n agste liggaam by die ondersoek betrek. Die ontdekkings in KwaThema, ongeveer 45 km van Kempton Park, het die vrees laat verdiep dat dit die werk van ’n reeksmoordenaar kan wees."
ANC kry wind van voor van alle kante voor 4 November-verkiesing
2026-09-15"Die 'fat cat'-grappe is nie bloot vermaak nie; hulle is ’n spieël van die gevoel dat leiers floreer terwyl gemeenskappe krepeer."
Zuma skommel MK-leierskap wéér – party beleef leierskapkrisis net weke voor verkiesing
2026-09-11"Die vraag is daarom of die MKP hom as ’n volhoubare politieke organisasie kan vestig as sy leierskap telkens na die smaak van een man verander word."