SASNEV

Tweede diktee vir Afrikaans tydens Toyota Stellenbosch Woordfees gehou

Maryke Roberts SASNEV 2026-10-19

"Dis ’n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in samewerking met die Nederlandse Taalunie, Wes-Kaapse Onderwysdepartement en Penguin Random House en LAPA Uitgewers."

SASNEV-borrel: Dit bruis en borrel in Afrikaans en Nederlands by Toyota Stellenbosch Woordfees 2026

Maryke Roberts SASNEV 2026-10-16

"Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere- (SASNEV-) borrelgeleentheid is ’n jaarlikse geleentheid om kultuurbande tussen Suid-Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge te versterk, maar gaste kon vanjaar ook twee nuwe hooggeplaastes beter leer ken: Cornelieke Keizer, die nuwe konsul-generaal van die Koninkryk van die Nederlande in Kaapstad, en Peter ter Horst, die intredende voorsitter van Zuid-Afrikahuis Amsterdam."

Neerlandistiekdag 2026 en die Alfred Schaffer-erelesing: Wanneer ’n taal joune word sonder dat dit jou moeder se taal is

Jean Oosthuizen Literatuur 2026-10-05

"Die gesprek met Mustafa Stitou het gewys waarom taal- en letterkundestudies uiteindelik oor veel meer as boeke en tekste gaan. Dit gaan oor mense. Oor waar ons vandaan kom, waar ons beland, watter tale ons praat, watter gelowe ons erf en verloor, watter familieverhale ons met ons saamdra en hoe ons dit alles probeer verstaan."

Persverklaring: Neerlandistiekdag 2026 en die Alfred Schaffer-erelesing

Voertaal Literatuur 2026-09-16

Kom luister na Marius Crous, Mustafa Stitou, Chandé van der Westhuizen en Naidene Lottering, of volg aanlyn.

Uitnodiging: Kom luister saam met SASNEV na ’n gesprek tussen Yves T’Sjoen en Alfred Schaffer oor Twee overzijden

Voertaal SASNEV 2026-07-30

Hiermee ’n hartlike uitnodiging via SASNEV na ’n interessante boekbekendstelling op Saterdag 1 Augustus 2026 om 10:00 vir 10:30.

Persbericht: Nieuwe ruimte, nieuwe uitdagingen wachten op SASNEV

Voertaal SASNEV 2026-05-05

Vrienden van SASNEV, of andere belangstellenden, worden aangemoedigd om contact op te nemen indien zij op de hoogte zijn van een geschikte ruimte.

Uitnodiging: Tom Lanoye, Saterdag 28 Februarie 2026 by SASNEV om 10:00

Voertaal SASNEV 2026-02-18

’n Spesiale geleentheid soos hierdie deur SASNEV is seldsaam. U word hartlik uitgenooi na ’n uitsonderlike lesing deur ’n invloedryke stem.

SASNEV Ontbytborrel was veel meer as netwerkgeleentheid

Maryke Roberts Cultuur 2025-10-17

"Die SASNEV Ontbytborrel, wat Sondag die Week vir Nederlands op ’n hoë noot afgesluit het, was veel meer as net ’n netwerkgeleentheid tussen Suid-Afrikaners, Nederlanders en Belge. SASNEV het by hierdie Toyota Stellenbosch Woordfees-geleentheid aangekondig dat dit aanstaande week die hele Ingrid Jonker-argief van die Literatuurmuseum in Den Haag na Stellenbosch bring, waar dit ’n tuiste in die universiteitsbiblioteek sal hê."

Die eerste Afrikaanse diktee en ’n spookskip se koloniale skadu

Jean Oosthuizen SASNEV 2025-10-10

"’n Taaltradisie uit Nederland het nuwe lewe in Suid-Afrika gekry toe die diktee op Saterdag 4 Oktober 2025 deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in samewerking met die Nederlandse Taalunie aangebied is vir graad 10- en 11-leerders. Hierdie spellingkompetisie is geskoei op die beroemde Groot Dictee der Nederlandse Taal, wat sedert 1990 ’n kulturele instelling in Nederland en Vlaandere is."

Uitnodiging: Lesing en gesprek, Diktee vir Afrikaans op 4 Okober 2025 by SASNEV

Voertaal SASNEV 2025-09-28

Die SAVN bied die openbare lesing van die wisseldosent, Agnes Andeweg, aan op Saterdag 4 Oktober 2025. Die tweede deel van die uitnodiging is vir die Eerste Diktee vir Afrikaans op inisiatief van SASNEV se voorsitter, Jan Mutton.

Persverklaring: Eerste Diktee vir Afrikaans

Voertaal SASNEV 2025-09-06

Die eerste Diktee vir Afrikaans is vir graad 10- en 11-leerders. Die Nederlandse Taalunie stel drie groot pryse beskikbaar: R3000 vir die wenner, R2000 vir die naaswenner en R1000 vir die leerder wat derde eindig. Slegs die eerste 60 inskrywings word aanvaar, ’n maksimum van drie leerders per skool. Skryf dus onmiddellik in om teleurstelling te vermy.

Uitnodiging: Yves T'Sjoen by SASNEV

Voertaal SASNEV 2025-08-13

Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms wat in samewerking met SASNEV aangebied word.

Joan Hambidge in gesprek met Antjie Krog: Binnerym van bloed, die einde van ’n skryflewe

Jean Oosthuizen SASNEV 2025-08-03

Daar is verskeie redes waarom die bekroonde digter en skrywer Antjie Krog se outobiografiese roman haar laaste boek is. Joan Hambidge het by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, Kaapstad met Krog in gesprek getree. Hiermee Jean Oosthuizen se oorsig.

Uitnodiging: Joan Hambidge in gesprek met Antjie Krog

Voertaal SASNEV 2025-07-05

Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms wat in samewerking met SASNEV aangebied word. Joan Hambidge tree in gesprek met Antjie Krog oor haar outobiografiese roman Binnerym van bloed, wat in Mei 2025 gepubliseer is.

Die vergete erfenis van Suid-Afrikaanse Nederlandse literatuur

Jean Oosthuizen SASNEV 2025-05-09

"Op 26 April 2025 is die gesogte prestasieprys van die Van Ewijck Stigting tydens ’n seremonie by SASNEV in Pinelands, Kaapstad, toegeken aan Eep Francken en Olf Praamstra vir hul baanbrekende boek Geen land voor dromen: geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur. ... Die boek, wat poësie, toneel en prosa in Suid-Afrikaanse Nederlands van 1652 tot die 21ste eeu dek, word geprys vir sy noukeurige navorsing en die manier waarop dit ’n verwaarlooste faset van die Nederlandse literêre erfenis na vore bring."

Uitnodiging na die bekendstelling van Wilma Stockenström: met my wysvingertop

Voertaal SASNEV 2025-04-29

Die SA Akademie en SASNEV nooi u vriendelik na die bekendstelling in Kaapstad van Ronel Foster (redadkteur) se boek Wilma Stockenström: met my wysvingertop. Dit is die sewentiende titel in die SA Akademie se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners.

Persverklaring: ’n Uitnodiging na Geen land voor dromen – prestasieprys van die Van Ewijck Stigting by SASNEV 26 April 2025

Voertaal SASNEV 2025-04-17

Op Saterdag 26 April om 11:00 word die prestasieprys van die Van Ewijck Stigting in die Kleine Zaal van ZASNEV (Huis der Nederlanden), Pinelands oorhandig aan Eep Francken en Olf Praamstra vir hul boek Geen land voor dromen, geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur. 

Bekendstelling van Max Havelaar: Jaap Goedegebuure in gesprek met Ena Jansen

Jean Oosthuizen SASNEV 2025-02-21

Die bekendstelling van die Afrikaanse vertaling van die monumentale roman Max Havelaar deur Multatuli (die skuilnaam van Eduard Douwes Dekker) het verlede Saterdag by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, Kaapstad plaasgevind. Hierdie roman, wat deur Ena Jansen in Afrikaans vertaal is, is waarskynlik die bekendste Nederlandse boek ooit. Dit lewer skerp kritiek op die Nederlandse koloniale bewind in Indonesië en word as ’n vroeë meesterwerk van sosiale geregtigheid beskou.

Uitnodiging: Bekendstelling van Max Havelaar, Jaap Goedegebuure in gesprek met Ena Jansen

Voertaal SASNEV 2025-01-22

Max Havelaar word as die grootste Nederlandse roman van alle tye beskou.

Persverklaring: Die volgende Orde van den Prince-byeenkoms

Voertaal SASNEV 2024-10-22

Die spreker is Danie Visser. Die titel van sy lesing is: "Die verlede, hede, en toekoms van die Romeins-Hollandse reg".

Verified by MonsterInsights
Top