SASNEV

Die Kaap proe Hollands – ’n besoek aan SASNEV

Cliffordene Norton Culinair 2019-11-18

"Krokette. Marsipein. Gevulde botterkoek en bitterballen. Hierdie is van die produkte wat jy die tweede en laaste Saterdag van elke maand by die Nederlandse minimark by SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in Pinelands kan vind."

Monument herdenk Kaapse rebelle

Elsabé Brits Geschiedenis 2019-11-12

By Laborie in die Paarl het vroue in 1900 twee keer van regoor die Kaapkolonie vergader om teen die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog beswaar te maak. Dit is ook hier waar een van die mooiste monumente wat die Kaapse rebelle herdenk, opgerig is, skryf Elsabé Brits.

Hoogleraar Margriet van der Waal bekyk geskiedenis van SA leerstoel in Amsterdam en die rol daarvan vandag

Willem de Vries SASNEV 2019-08-15

"Hoewel die geskiedenis van die Amsterdamse leerstoel ... vir sekere mense ’n uiting van ’n stamverwantskap bly ... bied die leerstoel ... die geleentheid om ... krities na ons eie geskiedenis te kyk en die veelvuldige verstrengeling van die Suid-Afrikaanse ervaring waarop en deur middel waarvan kultuur gereflekteer word." Só sê prof. Margriet van der Waal, bekleër van die leerstoel Zuid-Afrikaanse letterkunde, cultuur en geschiedenis aan die Universiteit van Amsterdam. Van der Waal het op Saterdag 3 Augustus by SASNEV ’n lesing oor die geskiedenis en die leerstoel in sy huidige vorm aangebied. Willem de Vries lewer verslag.

Nuwe interkulturele bande word gesmee by SASNEV

Menán van Heerden, Izak de Vries SASNEV 2019-07-31

Op Saterdag 27 Julie 2019 het veertig Suid-Afrikaanse en Nederlandse leerders by SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in Pinelands, Kaapstad, byeengekom om interkulturele kennismaking en leer te vier. Die leerders het saam met Frazer Barry leer rymklets. Diana Ferrus het ook op hierdie geleentheid haar nuutste boek, Die vrede kom later, bekend gestel. ’n Beursskema vir leerders van die Hoërskool Groenberg (Grabouw) is ook bekendgestel, waarmee hulle in 2020 na Nederland kan reis vir internasionale uitruiling en leer.

Belge, boeke, Bloemfontein en Nederlandse vrae oor feite

Izak de Vries SASNEV 2019-07-25

"Geraldine Reymenants, die algemene verteenwoordiger van die Vlaamse regering in Suid-Afrika, was in gesprek met die Nederlandse skrywer Wytske Versteeg. Hulle is bygestaan deur Corneli van den Berg, die literatuurfeeskoördineerder vir die Vrystaat Kunstefees. Versteeg is ’n politoloog, maar ook ’n skrywer. Die gesprek oor haar navorsing was net so fassinerend as die gesprek oor haar fiksie."

Persverklaring: Saterdag 27 Julie 2019 van 9.00 tot 13.00 by SASNEV

Voertaal SASNEV 2019-07-25

Kom kuier saam! Op Saterdag 27 Julie 2019 vind daar ’n paar spesiale gebeure plaas by SASNEV in Pinelands. Almal is welkom om die bekendstelling van Die vrede kom later deur Diana Ferrus by te woon. Ook: “Stichting Trias Neerlandica” gaan as stigterslid amptelik aankondig dat ’n beurs gestig is vir Suid-Afrikaanse leerders van Hoërskool Groenberg (Grabouw) om in 2020 na Nederland te reis om hul taal en kultuurhorisonne te verbreed. 

US Woordfees 2019: Foto's van die SASNEV-borrel

Menán van Heerden SASNEV 2019-03-07

Die jaarlikse SASNEV-borrel het Saterdag 2 Maart by die US Woordfees plaasgevind. Menán van Heerden het ʼn paar foto's geneem.

Ludo Helsen van Willem de Zwijger-stigting sê opnuut steun toe aan SASNEV en die Nederlandse Biblioteek

Willem de Vries, Ludo Helsen SASNEV 2018-12-18

Die nuwe voorsitter van die Willem de Zwijger-stigting, onder wie se mandaat die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) en die Nederlandse Biblioteek val, is ’n ervare bemiddelaar, iemand wat samewerking in die bereiking van oplossings en besluite hoog op prys stel. Ludo Helsen het met Willem de Vries per e-pos gesels oor wat hy beoog vir die stigting en met SASNEV, oor die bande tussen Afrikaans en Nederlands, Suid-Afrika en die Lae Lande.  

’n Nuwe lente vir SASNEV

Menán van Heerden, Eureka Barnard, Izak de Vries SASNEV 2018-11-22

"Die Vlaams/Nederlandse Willem de Zwijgerstichting het in 1997 die Huis der Nederlanden gevestig en befonds die sentrum sedertdien. Op Vrydag 16 November 2018 het belangrike genote in die SASNEV-netwerk amptelik vir die eerste keer bymekaargekom om die nuwe voorsitter van die stigting te ontmoet."

Rolprentvertoning en boekbekendstelling in Pinelands komende Saterdag

Voertaal SASNEV 2018-11-07

Op Zaterdag 10 november wordt in SASNEV PINELANDS de verfilming van WF Hermans’ roman Nooit meer slapen vertoond. Beyond Sleep is een Engelse film met Nederlandse ondertiteling. Voorafgaand aan de film gaat Karin Benjamin in gesprek met Prof dr Wium van Zyl, over zijn onlangs verschenen vertaling van Hermans roman in het Afrikaans: Nooit meer slaap nie.

Westerman sit reis met El Negro en ek voort

Willem de Vries SASNEV 2018-04-09

"‘Saartjie Baartman was bekend. El Negro minder so. Maar die besondere is dat El Negro een jaar voor die terugkeer van Saartjie Baartman uiteindelik na Botswana gebring en daar begrawe was.’"  

Foto's van die SASNEV-borrel by die US Woordfees 2018

Naomi Bruwer SASNEV 2018-03-15

Die jaarlikse SASNEV-borrel het Saterdag 10 Maart by die US Woordfees plaasgevind. By dié geleentheid is die Eenders en Anders-reeks, uitgegee deur Protea, bekendgestel.

Kaapse sentrum ’n kulturele tuiste vir die Nederlandse taal en letterkunde in Suid-Afrika

Willem de Vries, Eureka Barnard SASNEV 2018-03-01

"Vanjaar werk die sentrum nou saam met Protea Boekhuis, die Nederlandse Letterenfonds, ook die Woordfees op Stellenbosch en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn. Die sentrum het gehelp dat Ray Kluun vanjaar by die Woordfees optree en dat Frank Westerman na die KKNK gaan."

Verified by MonsterInsights
Top