Eg Suid-Afrikaanse woorde

  • 0

Die herkoms van die woorde babbelas, kif, voetsek en spaza(winkel) is Arabies, Nederlands en Zoeloe:

Spaza

’n Spazawinkel is ’n informele geriefswinkel wat basiese huishoudelike goedere en kruideniersware verkoop.

Die spazawinkelmark is na raming ongeveer R40 miljard per jaar werd en minstens 90% van transaksies is in kontant. Spazawinkels het in die middel-1970’s begin opduik.

Spaza binne hierdie konteks is ’n vernakulêre townshipslengwoord wat “nabootsing van ’n ‘regte’ winkel” beteken.

’n Spazawinkel in Athlone, Kaapstad (Foto: Menán van Heerden)

Spaza, afgelei van die Zoeloewoord isiphazamisa, beteken ook “hindernis” en “ergernis”.

Binne hierdie konteks kan spaza moontlik die volgende oorsprong hê: Mense wat naby spazawinkels bly, ervaar die voetverkeer en geraas as ’n hindernis. Verder word spazawinkels moontlik ook so ervaar deur groter winkels en bevoorregte mense.

Kif

Wanneer iemand kif is, is hulle ’n nice, cool, great mens (’n voorwerp of gebeurtenis kan ook kif wees).

Kif se wortel is die Arabiese woord kaif, wat “genieting”/“genot” (“enjoyment”) of “plesier” beteken.

Voetsek

Voetsek kan op ’n disrespekvolle manier of op ’n speelse manier gebruik word.

Dit beteken “Trap!” “Maak dat jy wegkom!” “Skoert!” “Voert!” “Weg is jy!” “Loop!”

Voetsek se wortel is die Nederlands “Voort seg ik!”

Tsek word ook in spreektaal gebruik.

After 'Love' this is the most powerful 4 letter word. #Tsek

Posted by Vannie Kaap on Friday, December 22, 2017

 

Babbelas 

Die woord babbelasse herkoms is die Zoeloewoord vir ’n “hangover”, naamlik ibhabhalazi.

Bronne
Lees ook

Toor met jou taal (Afrikaanse idiome)

Waar kom die woord "dagga" vandaan?

Waar kom die woord "braai" vandaan?

Afrikaanse uitdrukkings wat lekker op die tong val

Sê jou sê – met hierdie Afrikaanse gesegdes

Lekker Afrikaanse woordeskat: kanalla, poenankies, nxa!

Lekker Afrikaanse idiome I

Skreeusnaakse Nederlandse woordeskat en valse vriende

Trigger warning! Skreeusnaakse Nederlandse woorde en uitdrukkings II

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top