Tweespraak met Fanie Olivier, laureaat van de Vertaalprijs

  • 0

Fanie Olivier (Foto: Izak de Vries)

...
Ek haat politieke korrektheid. Alles bestaan binne een of ander tydsverband en om dit te probeer ignoreer of uitwis, is gewoon belaglik.
...

Bijzonder nieuws van de Letterkundecommissie van de Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Drie jaar na de intussen overleden De Waal Venter, voor diens Neruda-vertaling Vandag is boordensvol, ontvangt Fanie Olivier de “gesogte Akademiebekroning”.

Uit een kortlijst van vier titels, feitelijk uit een veel ruimere poule met kanshebbers, is de laureaat gekozen en voorgedragen. Fanie Olivier, dichter en vertaler, ontvangt de prestigieuze SA Akademieprys vir Vertaalde Werk voor zijn vertaling van de roman Godenslaap (2008) van de Vlaamse auteur Erwin Mortier. Wanneer gode slaap (Protea Boekhuis, Pretoria, 2020) is de Zuid-Afrikaanse uitgave van de Eerste Wereldoorlog-roman Godenslaap. Verder vertaalde Olivier uit de Nederlandstalige literatuur onder meer Woesten van Kris van Steenberge (Van kant gemaak, 2017) en La Superba van Ilja Leonard Pfeijffer (Die mooiste meisie van Genua, 2019). Ook De zaak Alzheimer van Jef Geeraerts (Mister Angelo Alzheimer, 2022). Fanie Olivier schonk enkele jaren geleden zijn omvangrijke collectie met Afrikaanse literatuur aan de faculteitsbibliotheek Letteren en Wijsbegeerte van de Universiteit Gent (https://voertaal.nu/kostbare-boekenschenking-afrikaanse-letteren-aan-de-universiteit-gent/).

Over Afrikaanse en Nederlandse literatuur, onder meer over de rol van vertaling in het interculturele verkeer, organiseer ik op Voertaal tweespraken. Recent verscheen een dialoog met Antjie Krog, over het UWK-project met vertalingen in Kaaps/Afrikaans van poëzie van Simone Atangana Bekono, Radna Fabias en Babs Gons (https://voertaal.nu/over-de-witte-canon-van-de-nederlandstalige-literatuur-in-zuid-afrika/). Binnenkort presenteer ik tweespraken met Robert Dorsman (over Gerrit Komrijs keuze uit de lyriek van Antjie Krog), op Versindaba met Marlies Taljard, coördinator van het Zuid-Afrikaanse poëzieblog Versindaba, en met Charl-Pierre Naudé op Voertaal (over relaties met de Lage Landen).

Fanie, van harte gefeliciteerd met de prestigieuze vertaalprijs van de SA Akademie. Je werkt al langer aan vertalingen van Nederlandstalige literatuur in het Afrikaans. Hierbij valt op dat Vlaamse schrijvers jouw aandacht hebben en dat je met name twee romans vertaalde die zich afspelen tegen de achtergrond van de Grote Oorlog 1914-1918. Vanwaar die belangstelling, zowel voor de thematiek als de Vlaamse literatuur in het bijzonder?

Dankie vir die geselskans, Yves. Die erkenning deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het my onkant gevang, want ek was nie eers daarvan bewus dat daar vanjaar ’n toekenning sou wees nie. Toe my ou maat Joan Hambidge my iewers voor middernag staan en gelukwens, het ek nie die vaagste idee gehad waaroor sy dit gehad het nie.

Dit is interessant dat daar so ’n Akademie-pryskategorie bestaan. Miskien kan jy ’n slag met ’n uitgewer of twee en iemand uit die Akademie gesels oor die belangrikheid van vertalings vir die Afrikaanse letterkunde.

Beide Woesten en Godenslaap het as vertaalopdragte van Nicol Stassen van Protea by my opgedaag, waaroor en vir wie ek baie dankbaar is. Ek het wel Mortier se Marcel destyds gelees, maar niks verder nie. Van Kris van Steenberge het ek nog nie gehoor nie. En watter lekker verrassing was dit nie, veral ook om later die kans te kry om hom oor ’n koppie koffie te ontmoet.

Die feit dat hulle albei toevallig Vlaamse skrywers is, was presies dit: toevallig. Dat albei die tekste oorlogsromans is, eweneens. Dat ek daarna Jef Geeraerts self gekies het en nou ’n tweede Mortier, De onbevlekte, vir vertaling gekeur gekry het, het seker egter wel te make met ’n “gevoel” rondom die Vlaminge as ’n gemeenskap. Dalk ook stukke van hulle geskiedenis, veral die houding van die Franssprekendes en die aanvanklike neerbuigende siening van die Noorde oor die arm en sukkelende taalgenote, het miskien ook in die agterkop geresoneer.

Die verwoestende uitwerking van die Eerste Wêreldoorlog op veral Vlaandere en die aangrypende gedigte wat daaroor verskyn het, ook in Engels, het vroeg reeds iewers nesgeskop. Tydens my studiejare in Utrecht het ek twee keer die slagvelde daar gaan besoek en het later baie goeie vriende geword met mense wie se ouers direk deur die oorlog geraak is. Allerlei onbeantwoorde vrae rondom Vlaminge wat na die Tweede Wêreldoorlog na Suid-Afrika “uitgewyk” het, het die Vlaminge interessanter gemaak as die taalgenote in die Noorde.

Dan was daar die “Vlaamse” dramadepartement op Stellenbosch met Fred Engelen, Tine Balder [met haar voordragte van Vlaamse digters se werk op langspeelplate] en Ben Dehaeck. Daar het ek ook kennis gemaak met Hugo Claus as dramaturg.

Ben Dehaeck laasgenoemde [advokaat, mimikus, poppemeester en alles anders wat jy jou kon bedink] het buite die formele departementele dinge om hom met ons amateurs bemoei en in gesprekke op allerhande plekke Vlaandere in al sy dimensies lewendig gemaak. Om hom Van Ostaijen te hoor “uitvoer” met ’n glas bier in die hand, was iets wat jy nie sommer vergeet nie.

En dan was daar die “vaal” prof Meyer de Villiers, eintlik taalkundige, wat ’n verstommende letterkundige kennis gehad het. Ek kan nie meer onthou hoe ek soms by hulle aan huis gekom het nie, maar hy het op kantoor dikwels ’n boek buite sy kollegas se leerplan in my hand gestop. Moes “binne drie dae” terug. Met “sinvolle” kommentaar...

In my tweede jaar was Geeraerts se Black Venus een van hulle! Die drif en vaart van dié boek het my verstom en ek kan verstaan hoekom dit tot onlangs nog deel van die Vlaamse kanon was. Geen uitgewer sou egter in die huidige tydsgees na hierdie boek vir vertaling kyk nie. Maar die huidige tydsgees in Suid-Afrika is ook vierkant gewortel in die krimi en ek kon dankbaar vir Geeraerts, saam met Vincke en Verstuyft, in Afrikaans invoer in De zaak Alzheimer.

En in die proses lesers darem ook bekend gestel aan stukkies Antwerpen en die opset in België in die jare Tagtig.

Die verwysing na Claus hierbo: Watter voorreg om sy grootse roman, Het verdriet van België, ook uit 1983, na baie jare weer in Daniel Hugo se pragtige vertaling te kon lees.

De specifieke aandacht voor het oeuvre van Erwin Mortier is opmerkelijk. Overigens was de schrijver bijzonder verguld met de Vertaalprijs die jou te beurt valt. Op zijn Facebookpagina tekende hij op:

Ik feliciteer van harte en met grote dankbaarheid Fanie Olivier voor de Vertaalprijs van de Zuid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, voor zijn onovertroffen vertaling van 'Godenslaap' - 'Wanneer gode slaap'. Hij heeft diep invoelend, en met indrukwekkende eruditie en precisie mijn dierbaarste roman naar onze zustertaal, het Afrikaans, hertaald. * Ek wens Fanie Olivier met groot dankbaarheid geluk  vir die Vertaalprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, vir sy onoortreflike vertaling van Godenslaap - Wanneer gode slaap. Hy het met diepe empatie, en met indrukwekkende geleerdheid en presisie my kosbaarste roman in ons sustertaal, Afrikaans, vertaal.

Twee jaar geleden informeerde je bij mij naar de novelle De onbevlekte (2020), Mortiers herschrijving vanuit een ander personeel perspectief van het romandebuut Marcel (1999). Omdat de uitgave niet meteen beschikbaar is in Zuid-Afrika en portkosten hoog oplopen, scande ik het boek en stuurde jou een kopie. De titel stond op de shortlist van de Libris Literatuurprijs (trouwens in het jaar dat ik deel uitmaakte van de jury). Over jouw bewondering voor Mortiers schrijverschap en het verzoek van destijds zei je onlangs: “Ik heb al zijn romans gelezen [Erwin Mortier], maar heb voor dit boek gekozen, omdat het aansluit bij hedendaags feministisch proza dat vanuit een ander perspectief naar de geschiedenis kijkt en dat is heel interessant én relevant”. Door vertalers en uitgevers te contacteren en desgevraagd te informeren en hen boeken toe te spelen en suggesties aan de hand te doen, tracht ik een rol te spelen als brugfiguur of bemiddelaar tussen Afrikaans en Nederlands.  Zo heb ik ten aanzien van Protea Boekhuis en Nicol Stassen al eerder meerdere suggesties gedaan. Namen zoals Paul Snoek en Peter Verhelst vallen dan, ook Raoul de Jong met Jaguarman (2020). Er is evenwel geen kans meer dat die schrijvers in het Afrikaans zullen verschijnen bij Protea Boekhuis. Over Mortier gesproken: is het de schrijfstijl die jou in het bijzonder aanspreekt, of zijn het toch de thema’s die de schrijver aansnijdt in zijn proza en poëzie?

Omdat ek nie juis ’n Facebooker is nie [ek hou my in ieder geval maar skaars in die kitskuberwêreld], was die waarderende opmerkings van Mortier wat jy aangestuur het, nog ’n groter en lekkerder verrassing as die SA Akademie s’n. Vir enige vertaler is die enigste werklike toets seker dat die skrywer daarmee tevrede is! Ons is nogal gelukkig dat dit rondom vertaling uit Nederlands vir die skrywers moontlik is om makliker daardie besluit te maak. En hoe pragtig van Erwin om van Afrikaans te praat as “onze zustertaal”.

Die bydrae wat individue soos jy speel rondom die keuse wat Afrikaanse vertalers en/of uitgewers maak, is moeilik om te oorskat, veral vir diegene wat nie kan bekostig om elke jaar of so “oorsee” te reis nie. Of teen die skrikwekkende wisselkoers boeke te bestel nie. Omdat ek self ver van universiteite woon, het ek ook nie ’n idee hoeveel geld daar nog beskikbaar is vir die aankoop van Nederlandse publikasies nie en wat aangekoop word nie. Betroubare informante is dus baie belangrik.

Dis ’n ou kwaal van my dat ek te lank skryf om op opmerkings te reageer of vrae te beantwoord. Jammer! Ek sien dat daar eintlik net een ding is wat ter sake sou moes wees, jou eintlike vraag : “Over Mortier gesproken: is het de schrijfstijl die jou in het bijzonder aanspreekt, of zijn het toch de thema’s die de schrijver aansnijdt in zijn proza en poëzie?”

Watter tema’s word uiteindelik nié deur ’n skrywer van Mortier se kaliber aangespreek nie? Sommige mag skerper voorop kom staan in een roman, maar voorlopig is die grootste gemene deler tussen die oorrompelende kennismaking met Marcel, die vertaalde Godenslaap en die verkende De onbevlekte is hoe die verskrikking van oorlog inwerk op weerlose mense binne ’n gesinsverband. En hoe verskillend en uiteenlopend daardie uitwerking kan wees.

Oor skryfstyl?  Lees [en luister!] hoe begin elkeen van hierdie drie romans. En moet dan nie aanvoer dat dit ’n mens nie aangryp nie.

Marcel [1999]

Het huis leek op alle andere in de straat: ietwat scheefgezakt na twee eeuwen bewoning, stormwind en oorlog. Boven de haag liep een kromme ruggengraat van pannen tussen twee schouwen. De ramen zaten min of meer beschonken in de gevels en naast de deurpost hingen een paar klompen beplant met petunia’s.

De meeste kamers huisvestten een voorgeborchte van duisternis, koel in de zomer, ’s winters kil. Elders sloegen de stenen de lucht op van generaties middagmaal, zoals in de keuken, waar het vet aan de zoldering hing. De kelder bewaarde, de zolder vergat.

Godenslaap [2014]

ik heb altijd gehuiverd voor de daad van het beginnen. Voor het eerste woord, de eerste aanraking. De onrust wanneer zich de eerste zin moet vormen, en na de eerste de tweede. De onrust, en de opwinding, alsof je de wade wegtrekt waaronder een lichaam rust: slapend, of dood. Er is ook het verlangen, of de wensdroom, de pen om te smeden tot een ploegschaar en een pas beschreven vel weer blank te ploegen, dwars op de regels, voor na voor. Dan zou ik terugblikken op een spierwitte akker, op de restanten die het ploegijzer naar boven heeft gewoeld: doorroeste emmers, stukken prikkeldraad, botsplinters, bedspijlen, een blindganger, een trouwring.

De onbevlekte [2020]

Vannacht heb ik gedroomd dat hij weer thuis was. Ik stond in de achterkeuken aan het fornuis. Op de pot met aardappelen danste het deksel. De kat loerde naar het spek op het aanrecht. Rond mijn kuiten jengelden mijn dochters, nijdig van de honger.

Ik hoorde hem bij de achterdeur de aarde uit de zolen van zijn schoeisel trappen, het gestamp van een kalf dat de kracht in zijn poten beproeft.

Hoelang al had ik dat niet meer gehoord? Zijn tomeloosheid, zijn jeugd, die ik nimmer heb getemperd, die ik zelfs heb aangevuurd.

Nicol Stassen liet zoals gezegd weten dat Protea Boekhuis geen vertalingen meer uitgeeft van Nederlandstalige literatuur. Je wees er zelf al op dat letterenfondsen naast vertaalsubsidies ook productiesteun zouden moeten toekennen aan Zuid-Afrikaanse uitgeverijen. Zo niet is de uitgave van vertaald werk niet meer mogelijk, in ieder geval niet rendabel genoeg. Er is nauwelijks een markt voor. De rol van Protea Boekhuis en het vertaalfonds wordt overgenomen door uitgeverijen zoals Naledi (met Benno Barnard, Diane Broeckhoven, Saskia de Coster, Jef Geeraerts, Mark Tritsmans en W.F. Hermans) en een paar jaar geleden Imprimatur (met Liedjes/Liedjies van Nachoem M. Wijnberg). Niet alleen is het van belang voor een literair systeem dat romans en dichtbundels in vertaling worden aangeboden. Hoewel Afrikaans en Nederlands verwante talen zijn – zustertalen – zijn vertalingen wederzijds beslist gewettigd. We moeten investeren in de vertaling van literatuurproductie in beide taalgemeenschappen en culturen.

Daar is, naas Protea, natuurlik ander uitgewers wat oor die jare bereid was om vertalings uit te gee. Daar is in hierdie verband uitsonderlike werk gedoen deur o.a. Tafelberg, Human en Rousseau en ook Perskor.

Die verdwyning van Protea is egter ’n groot slag, want Nicol Stassen het werklik terwille van die blote bestaan van ’n betrokke Nederlandse boek in Afrikaans, mense laat vertaal. Liefdesdiens alleen kan egter nie die vertaalbedryf aan die gang hou nie en dit is onrealisties om te verwag dat uitgewers kostes hiervoor sal bly aangaan.

Jy verwys na die feit dat ek reeds die hoop uitgespreek het dat daar, naas die ruim subsidie vir die vertaler, byvoorbeeld by Literatuur Vlaanderen, ook steun gevind sal kan word vir produksie-koste. Of vir die vertaalregte, wat natuurlik onrealisties hoog is vir ’n publikasie in Afrikaans, waar daar miskien uiteindelik, dalk, 200 boeke verkoop gaan word.

Dalk sou die Nederlandse of Belgiese uitgewers spesifiek rondom vertaalregte vaste vennote kon word in wat jy hierbo noem die “investeren in de vertaling van literatuurproductie in beide taalgemeenschappen en culturen”.

Al hierdie dinge wat hierbo genoem word, is natuurlik vir my, Mortier en die onbevlekte heldin nie teoretiese geginnegaap nie, want ons is op die oomblik nog op soek na ’n uitgewer.

Ek weet dat vertalers, meer as wat nodig sou moes wees, van hulle vertaalsubsidie se geld inpomp rondom die vertaalregte en produksiekoste. Op hierdie manier word hulle mede-uitgewers, hoewel daardie bydrae selde in terme van tantième erkenning geniet.

Andersyds sou dit natuurlik onbillik wees om nie die steun wat uitgewers vir vertalings van die Afrikaanse trusts, soos die LW Hiemstra Trust en het Jan Marais Nationale Fonds ontvang, hier te noem nie. Daar is egter wel gevalle waar ek die gevoel gekry het dat ’n roman befonds is, terwyl daardie spesifieke teks nie werklik ’n [voort-]bestaansreg in Afrikaans verdien het nie.

De canon van de Nederlandse literatuur in het Afrikaans is overwegend mannelijk en wit (https://voertaal.nu/over-de-witte-canon-van-de-nederlandstalige-literatuur-in-zuid-afrika/). Er is alles voor te zeggen voortaan meer schrijvers van kleur te vertalen. Zoals Surinaams-Nederlandse en Antilliaans-Nederlandse auteurs. Lange tijd was er een soort monopolie op het gebied van vertalingen in Afrikaans en er is achteraf gezien te weinig geïnvesteerd in een breder geschakeerd of, zo je wil, een kleurrijker palet van Nederlandstalige literatuur. Met Die tienduisend dinge van Maria Dermoût (naar de gelijknamige roman De tienduizend dingen, 1955), in een vertaling van Ena Jansen (Protea Boekhuis, 2022), komt hopelijk een kentering. Ook Max Havelaar en Anton de Koms Wij, slaven van Suriname (1934) zullen door Ena Jansen in het Afrikaans worden ter beschikking gesteld. De vraag is of Protea Boekhuis, na het noodgedwongen drastische besluit van Nicol Stassen, alsnog die vertalingen in Zuid-Afrika op de markt zal brengen.

Alles wat interessant is en wat nuwe perspektiewe op en deur Nederlands, Nederland en Vlaandere bied, behoort natuurlik vir vertaling oorweeg te word. Die Nederlandse kanon, verskuiwend soos wat dit die geval is met alle kanons, bied natuurlik ’n nuttige beginpunt op soek na tekste. Maar Suid-Afrikaanse uitgewers en Afrikaanse vertalers moet hulle ook kan verlaat op Nederlandssprekende kollegas en goeie lesersvriende. Kom ons hoop dat die vertalings waarna jy verwys en wat reeds gedoen of waarvoor opdrag gegee is, wel nog vanjaar op die mark gaan verskyn.

Miskien kan PEN Afrikaans ook op ’n manier betrek word as organiseerder/fasiliteerder van ’n jaarlikse vertaaltoer of -skou by twee of drie kunstefeeste of ander geleenthede. Hier word die afgelope jaar se vertaalde werke op ’n breër front bekendgestel, met een of twee vertalers en alle uitgewers wat betrokke was wat oor die vertaaloes gesels. Dalk ook met van die Nederlandse skrywers wat vir die geleenthede afsonderlik aanwesig gaan wees. En wat dan miskien ook by een of twee universiteite ’n spreekbeurt kry.

Het vertaalproces is gebaat met een uitstekende vertaalopleiding. Aan universiteiten in Zuid-Afrika, ook in de Lage Landen, wordt daarin geïnvesteerd. Er zijn vertaalworkshops (werkswinkels) en andere gelegenheden, zoals literaire festivals (Woordfees, Tuin van Digters enzovoorts) om de kunst van het vertalen te oefenen. Universiteiten bieden vertalers de kans om kennis te maken met een cultuur en de eerste taal van de regio. In 2018 zijn we in Gent gestart met de aanstelling van een “vertaler op campus”. We bekijken nu of we dit of volgend jaar hieraan een vervolg kunnen geven en dus weer een Zuid-Afrikaans vertaler aanstellen voor een periode van twee maanden. Over de invulling kan ik voorlopig nog niets prijsgeven maar het scenario dat op tafel ligt is meer inclusief en divers dan wat de vertaalpraktijk en het tekstencorpus (in het Nederlands) de afgelopen decennia laat zien.

Hoe verloopt jouw vertalersgeschiedenis: was er een opleiding in het spel, vanwaar de keuzes voor de teksten die je vertaalde, in hoeverre krijgt de auteur inspraak in de vertaalslag? En hoe zou je je vertaalstrategieën omschrijven? Zijn de titels voor jouw vertalingen, afwijkend van de bronteksten, eigen keuzes?

Gent se “vertaler op kampus” is ’n wonderlike idee, ook omdat die daadwerklike kontak en wisselwerking wat hierdeur móét gebeur, vir die siel uit die suide geleentheid gee om die brontaal daagliks en in haar of sy baie stemme te hoor. Sonder daardie blootstelling loop die vertaler gevaar om dinge mis te loop wat in die jonger romans taalgewys gebeur.

Daarom is hierdie idee ook juis anders as die reeds-bestaande vertalersverblywe wat in Vlaandere en Nederlands beskikbaar is. Daar is die gevaar van afsondering, die monnik in sy sel, altyd die moontlikheid.

As julle die idee van so ’n vertaler op verblyf aan die owerhede kan verkoop in hierdie era van bietjie kultuurgrond in die land van baie IT-klip [om DJ Opperman so ’n bietjie aan te pas], verrig julle beslis ’n klein wonderwerk. Maar die opset rondom die studierigting Afrikaans by jou universiteit, wys dat dit moontlik is. Hoe het Anton Rupert dit destyds gestel? “Hy wat nie in wonderwerke glo nie, is nie ’n realis nie.”

Sommige van die vrae in die laaste paragraaf van jou stukkie hierbo het ek reeds beantwoord. Die ander is min of meer soos volg. Van vertalersopleiding is daar geen sprake nie, altans nie formeel nie. Waar dit kon, altyd dinge in Engels of Nederlands gelees; prof.  Meyer de Villiers het gesorg dat ons ordentlik kennis gemaak het met Middelnederlands, om daardie wêreld [uiteraard vandag se Vlaandere] ook in die oorspronklike aan te durf. My studiejare in Utrecht het my gedwing om lang nagte deur te bring met lang Duitse sinne – die Russiese Formaliste nog net hier en daar in Engels beskikbaar...

Ek het eers rondom 2010-2012 my probeer tuismaak in vertaalteorieë en -strategieë toe ek daaroor moes klasgee by die Universiteit van KwaZulu-Natal.  

My “vertalingsgeskiedenis” het begin met ’n kinderboek op rym by die destydse Daan Retief-uitgewers, Ferdie Vlooi deur Stella Felthun, gevolg deur die verwerkings in Afrikaans van Ted Townsend se gedigte Foxtails in Bokspoortjies. Laasgenoemde was ’n interessante projek: die gedigte het elkeen gegaan oor ’n woord wat te make het met ’n blom/plant sowel as ’n dier, pragtig geïllustreer deur Leigh Voigt. Uiteraard het daar gedigte in die Afrikaanse weergawe verskyn wat nie in die Engelse een was nie. In daardie stadium het ek nie gedink vertaling is juis iets nie en nie gevra dat my naam op die voorblad moet verskyn nie!    

Omdat ek nooit aan myself as vertaler gedink het nie, het ek nooit goed in gedagte gehad nie – ek het vroeër gesê De zaak Alzheimer was die eerste teks wat ek self gekies het; De onbevlekte die tweede – en was verbaas toe Umuzi my gevra het om JM Coetzee se Disgrace te vertaal. Dit verskyn as In oneer; my keuse was In ongenade. Ek was destyds [en is nog steeds] onseker of dit nodig is om in die 21ste eeu Engelse tekste in Afrikaans te vertaal, behalwe waar deurgevoerde dialek of sterk-verouderde taal ter sprake sou wees. Maar ek beskou dit nog steeds as ’n besondere voorreg en eer om gevra te word om so ’n belangrike teks te vertaal.

Oor titels gepraat: die titels van die vertalings uit Nederlands was my eie keuse en die uitgewers het nog altyd saamgespeel. Ek dink dat titels [en die voorblad] belangrik is om lesers na die boek toe uit te nooi, maar om ook die vertaling as iets selfstandig aan te bied. “La Superba” sou  vir Afrikaanse lesers gewoon vreemd wees; hopelik sou Die mooiste meisie van Genua lekkerder wees. Toevallig word hierdie frase in die boek self gebruik.

Woesten  is die naam van die dorpie waar die handeling afspeel, maar die materiaal kant is ’n motief wat deur die verhaal aanwesig is, dus dinge wat van of uit kant gemaak is. Afrikaans het egter die pragtige uitdrukking “van kant gemaak”, wat beteken dat van iets ontslae geraak word. Hierdie “iets” is nie noodwendig ’n ding nie, maar binne die verhaal dui dit ook op moord van mense, natuurlik en veral, die verskrikkings van die Eerste Wêreldoorlog. Gelukkig het die voorblad waarop ons besluit het, albei hierdie fasette vasgevang om Van kant gemaak ’n goeie Afrikaanse titel te maak.   

Godenslaap se titel suggereer ’n tipe slaap, ’n toestand, wat binne die gegewe van die Eerste Wêreldoorlog gelaai word met negatiewe betekenis. Ek sien die Engelse vertaling is While the gods were sleeping, wat die titel herlei na iets wat klaar gebeur het. Persoonlik dink ek die gebruik van die verlede tyd verskraal die reikwydte van die oorspronklike. Ek moes kies tussen “As gode slaap”, “Terwyl gode slaap” en “Wanneer gode slaap” – elkeen met ’n ander betekenis.

“Die Alzheimer-saak” sou darem vaal geklink het en die indruk skep dat dit om een of ander hofsaak gaan! Mr Angelo Alzheimer se gevaar was dat dit Engels sou klink en dit is daarom dat dit met die verduideliking op die voorblad verskyn. Die jolige voorbladontwerp sou darem ook hopelik mense se aandag wegtrek van die mediese vooropstelling.

De onbevlekte bly voorlopig onseker, omdat die verwysing binne die Rooms-Katolieke sfeer vir die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes onbekend is. Met tyd kom daar sekerlik raad.  

Ek sien jy vra ook die moeilikste vraag wat jy kan vra: “En hoe zou je je vertaalstrategieën omschrijven?” Miskien vra elke boek en elke vertaling ’n eie strategie, onder die oorkoepelende uitgangspunt: Hoe kan ek aan hierdie spesifieke boek die beste reg laat geskied? 

Vir my is die uitdaging vir ’n vertaling na Afrikaans om die spel tussen die verlede tye in die vertelling of vertellings weer te gee. Ons gebrek aan die imperfektum beteken dat ’n mens soms moet rondskarrel om die onderskeiding in Nederlands [wat dikwels baie belangrik is] vas te vang. Hieroor sit ’n vertaler en die uitgewer se redakteur en/of proefleser dikwels vas, want die produksiespan wil daardie “het ge”-konstruksies tot die minimum beperk, maar besef nie dat Afrikaans se improvisasie rondom die historiese presens juis ook ’n beperkende effek het nie.

Vertaling wordt wel eens aangeduid met creatieve receptieproductie van literatuur (naast de kritische receptie). De vertaler is een medeschrijver, misschien beter: een betrokken interpreet, een meticuleus tekstgraver, zeker wanneer deze actor zelf dichter of romanschrijver is. Naast academisch onderzoeker ben jij ook een dichter. In de wijze van vertalen speelt die uitgesproken auteurspoëtica een rol: de opvattingen die – al dan niet expliciet geformuleerd – ten grondslag liggen aan het vertaalwerk. In hoeverre reflecteer jij hierover? Hoe belangrijk is het scheppende werk met het oog op vertaalkeuzes, het vinden van een adequate toon en een aangepast ritme in een andere taal dan de brontaal van het literaire werk?

Die mooi dinge wat Erwin Mortier oor my vertaling van Godenslaap gesê het, vat seker saam wat enige vertaler, of ek altans, sou wou bereik. Alles wat ek al gelees het en wat ek geskryf het, maak wat ek is wanneer ek begin om te vertaal. Digters het dalk ’n effens groter respek vir die individuele woord en miskien beter aanvoeling vir die aanslag, die toon en ritme, in die bronteks se taal. Mits hy of sy natuurlik vertroud is met sulke aspekte in die brontaal, ook rondom die tydvak waarin daar vertel word. Hy moet die taal op die bladsy kan hóór. Dalk gaan dit die belangrikste rede bly waarom KI-vertalings in baie gevalle nie die mas gaan opkom nie.

Dit is dan ook weer ’n bevestiging van my entoesiasme oor die idee van die voorgestelde “vertaler op kampus”.

Naast Mortier, Pfeijffer en Van Steenberge heb je ook een thriller van Jef Geeraerts vertaald. Mister Angelo Alzheimer (Naledi 2022) is de Afrikaanse versie van De zaak Alzheimer. In een vraaggesprek ter gelegenheid van de vertaling van Geeraerts’ boek spreek je over Black Venus (1968), het eerste deel in de Gangreen-tetralogie. Het is zoals je weet een gecontesteerde roman in het Nederlands. Ik pleit er al langer voor het boek te blijven lezen, maar dan als onderwerp van discussie, zoals in het licht van het gesprek over dekolonisering en stereotiepe voorstelling van de Afrikaanse vrouw. Literatuur is méér dan thematiek: daarom moeten we dat boek blijven lezen op school, aan de universiteit. Waarom is het zinvol om Black Venus met name voor een Zuid-Afrikaans publiek bereikbaar te maken (in het Afrikaans)? Spelen discussiepunten die in Vlaanderen zijn aangevoerd om de roman te weren uit de “dynamische canon”-lijst van de Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal en Letteren (Gent) dan geen rol in een postkoloniale Zuid-Afrikaanse context? Je hebt je daar destijds kwaad over gemaakt: https://www.literatuurvlaanderen.be/vertalingen-uitgeven-een-daad-van-liefde. Of leg je de klemtoon op de stilistische brille, de eruptieve herschrijving van het Hooglied of de eigenzinnige compositietechniek die de auteur aanwendt teneinde een vertaling te overwegen?

Ek haat politieke korrektheid. Alles bestaan binne een of ander tydsverband en om dit te probeer ignoreer of uitwis, is gewoon belaglik. Black Venus het my in 1968 oorrompel, óók rondom die wyse waarop Geeraerts met die rasse-dinamika omgaan. My eie siening rondom rassediskriminasie en -vooroordeel was toe reeds op die kampus bekend en nie besonder gewild nie, maar daarom was dit vir my maklik en moontlik om met ironiese ruimte met die roman om te gaan. Om ook dit te “dekolonialiseer”, net soos die fasette waarna jy in die elegante slotsin verwys, ook binne sekere “koloniale”, stilistiese, letterkundige en godsdienstige raamwerke geplaas kan [en moet] word.

Elke beduidende teks vra altyd vrae en daardie vrae se aard, omvang en erns is voortdurend aan die skuif.

Natuurlik behoort Black Venus in Afrikaans te bestaan, glo ek, maar binne die bestaande strukture en die heersende woke hiërargieë, is die waarskynlikheid daarvan kleiner as die kans dat beurtkrag [“load shedding”] einde Mei in Suid-Afrika gaan verdwyn of dat Groot-Brittanje die monargie gaan afskaf.

In het geciteerde interview op Literatuur Vlaanderen spreek je vertaalambities uit: ook Karel van de Woestijne en Paul van Ostaijen staan op je verlanglijstje. Vanwaar die keuze? Gedurfd, zoals het een vertaler betaamt.

Ek dink skielik aan Jacques Brel se “mijn platte land, mijn Vlaanderland” en die vraag oor Vlaandere waarmee hierdie gesels soveel lang sinne gelede begin het. Miskien moet ek nederiger begin rondom die poësie, Gezelle dalk?

Maar hoe kan Van Ostaijen in Engels voortleef en nie in Afrikaans bestaan nie!!

A, nee a...

Veel dank, Fanie. Nog een keer van harte gelukgewenst met de Vertaalprijs die een bekroning is voor een bijzonder vertaaloeuvre.

Lees ook:

"Wanneer gode slaap": Fanie Olivier deel sy ervaring van vertaalwerk aan ’n groot Belgiese Eerste Wêreldoorlog-roman

Wanneer gode slaap deur Erwin Mortier: ’n FMR-resensie

In vertaling verlore? In vertaling gevind?

Die vertaler ontbind, verklaar en bewaar ’n ruimte tussen tale

On(ver)taalbaarheden

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top