Nederlands het woordeskat en uitdrukkings wat vir skreeusnaakse misverstande kan sorg!
| Nederlands | Definisie in Afrikaans |
| Kakker | Iemand wat stuck up is en fancy probeer wees. |
| Bekakt (O my aarde!) | Hooghartig, arrogant |
| Strakke kont (Oi!) | Ferm boude |
| Bonnetje | Strokie (betaalstrokie) |
| Ananas | Pynappel |
| Vaak | Dikwels, gereeld |
| Vinnig | Bitsig, skerp, venynig |
| Gemeente | Munisipaliteit |
| Vies | Vuil |
| Zeepwater / zeepsop / “een sopje” | Die water waarin jy skottelgoed of klere was. Afrikaans “sop” is in Nederlands “soep”. |
| Pindakaas | Grondboontjiebotter |
| Banaan | Piesang (Maleis: pisang) |
| Wij | Ons |
| Auto | Kar (’n “kar” in Nederlands is ’n stootwaentjie van enige aard) |
| Alsjeblieft |
Daar’s hy / hier is hy
|
| Graag gedaan | Plesier (nadat ’n guns bewys is) |
| Vervelend | Nie saai nie, maar irriterend of onaangenaam |
Bronne
- Pharosaanlyn.co.za
- Azille Coetzee, In my vel. Tafelberg, 2019
- Natasja Schellaars-le Roux
Lees ook
Buro: MvH

