Suid-Afrikaners slyp hul tande vir Elon Musk se Starlink
2024-10-09"Volgens huidige regulasies in Suid-Afrika moet kommunikasiemaatskappye 30% in swart besit wees om in die land te kan werk. Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi van die DA, wil egter die reëls verander sodat Starlink ook in Suid-Afrika kan funksioneer."
Ramaphosa vra vir ’n einde aan "aanslag teen die Palestyne"
2024-10-08"Ramaphosa sê die realiteit is dat hierdie jongste eskalasie deel is van ’n patroon van geweld wat oor meer as ’n halfeeu strek as gevolg van die besetting van Palestina."
Kom daar ’n derde wêreldoorlog?
2024-10-04"Die heersende wêreldorde is besig om te verander en konflik neem wêreldwyd toe, maar dit beteken nie ’n derde wêreldoorlog is op pad nie."
Mislukkings van NVG-administrasie laat kinderverkragter op vrye voet
2024-10-03"’n Veroordeelde kinderverkragter is nou al vir meer as twee jaar op vrye voet en in die samelewing bedrywig omdat sy appèlsaak teen sy skuldigbevinding nooit na die Pretoriase Hooggeregshof verwys is nie."
Vakbonde vra groter minimumlone; DA sê dit sal meer werkloosheid skep
2024-10-02"Maandag was die sluitingsdatum vir die indien van skriftelike kommentaar oor moontlike aanpassings aan die nasionale minimumloon vir volgende jaar. Giwusa sê ’n verhoging tot R15 000 word genoodsaak deur die stygende lewenskoste."
Die nadraai van 29 Mei se verkiesingsuitslag
2024-10-01"Die enigste party wat volgens die paneel op die oomblik werklik groeipotensiaal in Suid-Afrika het, is die MKP van Jacob Zuma, en dit is nie wat die land graag wil hê nie."
Jakarandastad onder ANC, EFF en ActionSA se beheer
2024-09-27"ActionSA en die ANC-faksie, onder leiding van die Gautengse premier Panyaza Lesufi, is volgens die DA daarvoor verantwoordelik dat die Stad Tshwane weer in politieke onstabiliteit gedompel is en die hoofstad se toekoms opnuut bedreig word."
Finansiële krisis dreig om die land se onderwys te kelder
2024-09-26"Tensy daar proaktiewe maatreëls getref word, staar die land se provinsiale onderwysdepartemente binne die volgende twee tot drie jaar groot uitdagings in die gesig."
Donderdag is D-dag vir DA en Tshwane se koalisieregering
2024-09-24"Die stryd om die politieke mag in Tshwane gaan dié week op die spits gedryf word. Die ANC moet besluit of hulle voortgaan om ’n mosie van wantroue teen die stad se DA-burgemeester, Cilliers Brink, in te stel."
Vonke spat tussen Pandor en Malema oor VBS-skandaal
2024-09-20"Die VBS-plunderskandaal het in 2018 op die lappe gekom, en amptenare binne die bank, asook politici, insluitend senior leiers van die MKP, EFF en ANC, word daarby betrek."
Kaapstad wil Londen se swart taxi’s bont verf
2024-09-19"Dit is deel van die stad se direktoraat vir ekonomiese groei en Norse Atlantic Airways se bemarkingsveldtog om hulle eerste Londen-Kaapstad-vlugte te bevorder wat op 28 Oktober begin."
Wilgenhoffers wil hof toe oor koshuis se tydelike sluiting
2024-09-18"Volgens Wilgenhof se alumnivereniging was die verslag wat voor die universiteitsraad gedien het, gevul met ongegronde en dikwels ingrypende aansprake, sowel as feitefoute."
DA en ActionSA se politieke huwelik in Tshwane op die rotse
2024-09-17"ActionSA se besluit die afgelope naweek om hulle rug te keer op die veelpartykoalisie in Tshwane en nie die DA-burgemeester, Cilliers Brink, te steun wanneer die ANC later die week ’n mosie van wantroue teen hom gaan instel nie, kan tot gevolg hê dat die Jakarandastad nog dié week weer in die hande van die ANC en EFF beland."
Die land gis of die Bela-wet die RNA gaan kelder
2024-09-13"Die land sit met opgehoue asems en kyk of die RNE sy grootste krisis tot dusver gaan oorleef indien president Cyril Ramaphosa vandag (Vrydag) die omstrede Bela-wet gaan onderteken soos wat sy kantoor vroeër die week aangekondig het."
Regering van Nasionale Eenheid se toekoms in gedrang oor Bela-wet
2024-09-12"Die DA, wat die tweede grootste party in die RNE is, het Woensdag by monde van sy leier, John Steenhuisen, laat blyk dat die RNE in gedrang kan kom as Ramaphosa die wetsontwerp onderteken."