Suid-Afrikaners draai die rug op Eskom
2023-08-24"Eskom se eie data toon dat huishoudings en besighede ’n geraamde 4 400 MW fotovoltaïese sonkrag (FV) op die dak geïnstalleer het, wat volgens onafhanklike energie-ontleders dubbel die sonkragkapasiteit is wat onder Eskom se vier bodvensters verkry is. Hierdie merkwaardige prestasie is in net een jaar behaal."
Suid-Afrika rol die rooi tapyt uit vir Rooi-China
2023-08-23"Nadat Xi Maandagnag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg aangekom het, is hy verwelkom met ’n kulturele sang- en dansoptrede asook ’n militêre parade deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag."
Nederland kry ’n nuwe politieke party
2023-08-22"In Nederland is die nuweling in die politieke skrum, die konserwatiewe politikus Pieter Omtzigt se Nuwe Maatskaplike Kontrak, beslis ’n party om dop te hou."
Veelpartyhandves vir Suid-Afrika meer as net anti-ANC
2023-08-18"Daar is ooreengekom dat hulle gedeelde visie vir Suid-Afrika ’n nuwe regering sal wees wat ’n regverdige, inklusiewe en welvarende Suid-Afrika bou, gebaseer op geleenthede, vryheid en veiligheid vir al sy burgers."
Werkloosheid daal effens, maar miljoene jeugdiges sit op straat
2023-08-17"Geslagsverskille in die arbeidsmark duur ook voort. Statistiek SA sê die syfers eggo die behoefte om die verbetering van vroue se algehele deelname aan indiensneming te versnel."
Ramaphosa se stilswye oor plaasmoorde krap opposisiepartye om
2023-08-16"President Cyril Ramaphosa se stilswye oor die groot aantal plaasmoorde die afgelope tyd het opposisiepartye soos die DA en VF Plus die harnas in."
Eskom voorspel ’n donker beurtkragweek
2023-08-15"Om noodreserwes aan te vul sal fase 1-beurtkrag gedurende die dag tussen 05h00 en 16h00 geïmplementeer word, en sal fase 3-beurtkrag oornag van 16h00 tot 05h00 voortduur. Hierdie patroon sal onbepaald herhaal word."
Opposisiepartye gaan die net wyer span om die ANC te verslaan
2023-08-11"Die ses partye het Donderdag in ’n gesamentlike verklaring gesê hulle het met ’n proses begin om uit te reik na leiers oor ’n wye verskeidenheid van die burgerlike samelewing om hul leiding te soek voor die nasionale konvensie wat volgende week op 16 en 17 Augustus in Kempton Park gehou word."
Vonke spat tussen Kaapstad se burgemeester en Cele oor taxistaking
2023-08-10"Cele beskuldig Hill-Lewis daarvan dat hy nie bereid is om met die nodige rolspelers te onderhandel nie, terwyl die stad se burgemeester weier om met 'misdadigers' te onderhandel."
Lily-mynslagoffers se families wag al sewe jaar vergeefs vir bystand
2023-08-09"Die families van die drie slagoffers wag steeds op antwoorde nadat die myneienaars en die regering versuim het om hulle by te staan en die lyke terug te kry."
Kaapstad bloei weens taxistaking
2023-08-08"Ian Cameron van die burgerlike organisasie Action Society het op die sosialemediaplatform X (voorheen Twitter) gesê daar is iets polities dieper daaraan as net ’n taxistaking. Hy sê dit is ’n poging tot groterskaalse destabilisering."
Gesiene Suid-Afrikaner voorsitter van Moonshot-beraad
2023-08-04"William Gumede is as voorsitter aangestel van die Nasionale Konvensie wat op 16 en 17 Augustus 2023 by Emperor’s Palace in Kempton Park sal vergader om die beoogde Moonshot-pakt van stapel te stuur."
Malema sal aanhou sing en Ramaphosa hou aan swyg
2023-08-03"Malema het Woensdag tydens ’n inligtingsesse van sy party aan joernaliste gesê hy beplan om voort te gaan om die lied te sing omdat die Hooggeregshof in 2022 beslis het dat dit nie haatspraak is nie."
Nederland gee honderde kunsskatte terug aan lande van oorsprong
2023-08-02"Daar is toenemende druk in die internasionale gemeenskap vir die restitusie van gesteelde koloniale artefakte aan hul oorspronklike lande en gemeenskappe. Die komitee het aanbeveel dat Nederland ’n proaktiewe benadering moet volg om restitusie te fasiliteer en om eerlike, moreel-relevante en etiese beginsels toe te pas."
Malema se omstrede "Kill the boer" maak internasionale opslae
2023-08-02"Steenhuisen sê die eerste element van die DA se klag by die VN se Menseregteraad sal fokus op Malema se herhaalde aanhitsing van etniese geweld."