Hoeveel het Jan van Riebeeck gedrink op die Drommedaris?
2021-08-31Menán van Heerden verduidelik hoe maklik misverstande kan ontstaan rondom Jan van Riebeeck se 1652-reis na die Kaap.
Afrikaans: die groter prentjie
2021-05-07Hoe kan Gariep-Afrikaans genoegsame blootstelling/eienaarskap geniet? Is daar gemeenskaplike kenmerke / wedersydse invloed tussen variëteite wat maatskaplike en geografiese grense oorskry? Wat behels "algemene Afrikaans"? Is herstandaardisering die antwoord? Waar pas Standaardafrikaans as gebruiksvorm vir spesifieke doeleindes in? Hoe praat jongmense in bv Namakwaland vandag Afrikaans? Menán van Heerden praat met linguiste Ernst Kotzé, Quentin Williams en Elvis Saal.
Belgiese akademikus stuur sterk boodskap aan US
2021-04-16Wat is die stand van Afrikaans en Nederlands as onderrigtale aan hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika en in die buiteland? Menán van Heerden voer ’n videogesprek met Yves T'Sjoen.
#opdielug met Tenita Kidelo
2020-09-18Tenita Kidelo vertel vir Robyn van de Rhede en Menán van Heerden meer oor haar vergelykende studie oor swart feminisme in die werke van Suid-Afrikaanse skrywer Ronelda Kamfer en die Nederlandse digter Simone Atangana Bekono. Sy gesels ook oor haar studiereise na Nederland en België.
Muurkuns in Soutrivier, Kaapstad
2020-08-27Die jaarlikse International Public Art Festival (IPAF), georganiseer deur die nieregeringsorganisasie Baz-Art, het vroeër vanjaar plaasgevind. Die tema vir 2020 was "Digitalisering".
Eg Suid-Afrikaanse woorde
2020-08-27Lees meer oor die herkoms van die woorde babbelas, kif, voetsek en spaza(winkel).
Samewerkingsooreenkoms met die Afrikaanse Taalraad: ’n onderhoud met Kris Van de Poel (Nederlandse Taalunie)
2020-04-16Die Nederlandse Taalunie (NTU) fokus op taalbeleid in Nederland, Vlaandere, Suriname en die Nederlandse Antille. Die Afrikaanse Taalraad (ATR) in Suid-Afrika fokus op die volle diversiteit van Afrikaans. Die doel van die samewerkingsooreenkoms tussen hierdie twee organisasies is om Afrikaans en Nederlands te bevorder. Kris Van de Poel (Nederlandse Taalunie) vertel vir Menán van Heerden meer hieroor.
Die Toyota US Woordfees se Nederlandse niggie
2020-03-19"Dit is altyd goed en gesond om jou kultuur deur ander mense se oë te sien en ’n vars perspektief te kry." – Saartjie Botha, direkteur: Toyota US Woordfees en WOW. Suid-Afrikaanse en buitelandse skrywers, sprekers en besoekers met ’n passie vir Afrikaans en Nederlands het aan die suidpunt van Afrika byeengekom vir die 21ste Toyota US Woordfees, wat onlangs op Stellenbosch ten einde geloop het. Met meer as 1 200 aanbiedinge wat oor 10 dae aangebied is, was dit die grootste fees nog. Maryke Roberts vertel meer.
Toyota US Woordfees 2020: Foto’s van die SASNEV-borrel
2020-03-12Die jaarlikse SASNEV-borrel het Saterdag 7 Maart by die Toyota US Woordfees 2020 plaasgevind. Hier is ʼn paar foto’s.
Toyota US Woordfees 2020: My moeder se moeder se moedertaal
2020-03-10My Mother’s Mother’s Mother: South African Women’s Writing from 17th-Century Dutch to Contemporary Afrikaans is die grootste boek nóg oor Afrikaanse vroueliteratuur. Komende Donderdag 12 Maart gesels Anastasia de Vries met die skrywers Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk by die Toyota US Woordfees. Menán van Heerden gesels met Pieta oor die heel vroegste teks wat deur ’n vrou, in haar eie woorde, geskryf is, oor die navorsingsproses en vandag se vroulike trailblazers. Dineke Ehlers, vertaler van die ouer, voorheen meestal ongepubliseerde tekste in die boek, vertel meer oor die vertalingsproses en taalontwikkeling.
Toyota US Woordfees 2020: HemelBesem en Tilman Dedering vertel meer oor Nama-vryheidsvegter Hendrik Witbooi
2020-03-09Komende Woensdag 11 Maart gesels Albert Grundlingh by die Toyota US Woordfees met Simon "HemelBesem" Witbooi en Tilman Dedering oor die Nederlandse skrywer Conny Braam se biografiese roman Ek is Hendrik Witbooi. Menán van Heerden gesels met Tilman Dedering, ’n kenner veral oor die Duitse en koloniale geskiedenis van Namibië, en HemelBesem, ’n agterkleinseun van Hendrik, oor die Duitse en koloniale geskiedenis van Namibië en die Nama-vryheidsvegter Hendrik Witbooi.
Toyota US Woordfees 2020: ’n onderhoud oor Blues vir die wit man deur Fred de Vries
2020-03-06Andries Bezuidenhout gaan by vanjaar se Toyota US Woordfees (Stellenbosch) met Nederlander Fred de Vries oor sy boek gesels. Menán van Heerden vind meer by Fred uit oor Blues vir die wit man / Wiegelied voor de witte man.
België en Suid-Afrika: kulturele en akademiese uitwisseling/samewerking
2020-02-14Daar is tans opwindende kulturele en akademiese uitwisseling-/samewerkingsooreenkomste tussen Vlaandere en Suid-Afrika. Menán van Heerden gesels met Geraldine Reymenants, algemene verteenwoordiger van die regering van Vlaandere in Suider-Afrika.
Leiden-studie-uitruil: ’n onderhoud met Teneal Apollis
2020-02-12Teneal is tans besig met haar MA-graad by die Universiteit van Wes-Kaapland en doseer deeltyds in die Departement Afrikaans en Nederlands. Sy het in 2018 ’n studie-uitruil by Leiden Universiteit voltooi. Sy vertel vir Menán van Heerden meer oor haar ervaring.
European Cultural Foundation: An interview
2020-02-10Menán van Heerden chats to Friso Wiersum about Europe as a cultural community and mobility programmes offered by the European Cultural Foundation.