Nederlandse digkuns gevier by Open Book Festival 2019 (Kaapstad)
2019-09-09Die jaarlikse Open Book Festival het van Woensdag 4 September tot Sondag 8 September in Kaapstad plaasgevind. Bekroonde Nederlandse digters Radna Fabias en Simone Atangana Bekono was by die fees te sien. Afrikaanse digters en skrywers Pieter Odendaal, Diana Ferrus, Chase Rhys, Jitsvinger en Hakkiesdraad Hartman het ook opgetree. Menán van Heerden het ’n fotogalery en ’n kort video van die fees saamgestel.
Afrikaans: nog 10 kitsfeite
2019-09-02’n Koplesboek; Argentinië; Jager Afrikaner en "skindertaal". Wat het hierdie woorde met die geskiedenis van Afrikaans te make?
Skreeusnaakse Nederlandse woorde en uitdrukkings II
2019-08-21Nederlands het woordeskat en uitdrukkings wat vir skreeusnaakse misverstande kan sorg!
Lekker Afrikaanse idiome III
2019-08-16"Kierankie", "witvoetjie", "kluitjies", "kreeftegang". Hoe pas hierdie woorde in Afrikaanse idiome in?
Hoekom word Afrikaans "kreools" genoem?
2019-08-14"Waarom word Afrikaans as ’n 'kreoolse' taal bestempel? Alle tale word deur taalkontak verander. Elke taal is 'gemeng'. Waarom dan hierdie etiket?"
Lekker Afrikaanse idiome, uitdrukkings en woordeskat II
2019-08-12“Snoeshaan”; “snotpsalm”; “soetvleisklier”; “skurwejan”; “spekstorie”. Wat beteken hierdie woorde?
Video: Kaapstad-bekendstelling van In my vel deur Azille Coetzee
2019-08-08"Met In my vel verken Azille Coetzee dwingende aktuele vrae oor Suid-Afrikanerskap op ’n verrassende, persoonlike manier. Dit is sowel ’n leesbare, dikwels skreeusnaakse liefdesverhaal, as ’n vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees." Op Dinsdag 6 Augustus 2019 is haar debuut by die Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Marianne Thamm het met Azille gesels. Menán van Heerden het die gesprek opgeneem en foto’s geneem.
Lekker Afrikaanse idiome I
2019-08-05“Pekel”, “noppies”, “keper”, “Kaapse draai”. Hoe pas hierdie woorde en frase in Afrikaanse idiome in? Hier volg vyf idiome en hul betekenisse.
Nuwe interkulturele bande word gesmee by SASNEV
2019-07-31Op Saterdag 27 Julie 2019 het veertig Suid-Afrikaanse en Nederlandse leerders by SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in Pinelands, Kaapstad, byeengekom om interkulturele kennismaking en leer te vier. Die leerders het saam met Frazer Barry leer rymklets. Diana Ferrus het ook op hierdie geleentheid haar nuutste boek, Die vrede kom later, bekend gestel. ’n Beursskema vir leerders van die Hoërskool Groenberg (Grabouw) is ook bekendgestel, waarmee hulle in 2020 na Nederland kan reis vir internasionale uitruiling en leer.
Jou Europa-toer en oorsee studeer survival guide
2019-07-29"Hierdie gids is vir enige jongmens wat beoog om nuwe horisonne te ontdek en om nuwe kuslyne te betree, of dit nou Barcelona, Rome, of Amsterdam is."
Matjiesfontein: jou Karoo blaaskansie
2019-07-26"Geurige lamstjops, ’n wyntjie op die stoep, en die beste appeltert in die geweste. ’n Blaaskansie by die Victoriana Karoo-oase Matjiesfontein, skuins voor die lente en somer, is net wat mens nodig het om tweede-helfte-van-die-jaar batterye te herlaai. Op Matjiesfontein is daar iets vir almal!"
Skreeusnaakse Nederlandse woordeskat en valse vriende
2019-07-23"'Fokkerij'; 'knuffel'; 'kater'; 'paraplu' ... Nederlandse en Afrikaanse woordeskat stem met ongeveer 70% ooreen, volgens Dorothea van Zyl. Maar net soos daar Afrikaanse woorde is wat uniek is, het Nederlands woordeskat wat vir skreeusnaakse misverstande kan sorg!
Mandela-dag 2019: Madiba se groen hart
2019-07-18“...the struggle for sustainable development nearly equals the struggle for political freedom. They can grow together or they can unravel each other.” – Nelson Mandela. Die jaarlikse Mandela-dag word internasionaal op 18 Julie, Madiba se verjaarsdag, gevier. Ter viering van Mandela-dag vanjaar het Menán van Heerden en Cliffordene Norton die “Tata Madiba. Father of our democracy: Father of our Nation”-uitstalling by die Iziko South African Museum in die hart van Kaapstad besoek.
Pebbles Project and Youth Day: an interview
2019-06-14Youth Day is celebrated annually in South Africa on 16 June. Menán van Heerden chats to Charmaine Gola, a fundraising and PR manager at Pebbles Project (Western Cape, South Africa), about the benefits of such an organisation for youth.
Marimba lessons for youth: an interview with Mabongi Thusi
2019-06-14Youth Day is celebrated annually in South Africa on 16 June. Menán van Heerden chats to Mabongi Thusi, founder of the music programme at Inkwenkwezi Secondary School in the Dunoon township (in Milnerton, Cape Town), about the benefits of such a programme for youth.