SASNEV
SASNEV Ontbytborrel was veel meer as netwerkgeleentheid
2025-10-17"Die SASNEV Ontbytborrel, wat Sondag die Week vir Nederlands op ’n hoë noot afgesluit het, was veel meer as net ’n netwerkgeleentheid tussen Suid-Afrikaners, Nederlanders en Belge. SASNEV het by hierdie Toyota Stellenbosch Woordfees-geleentheid aangekondig dat dit aanstaande week die hele Ingrid Jonker-argief van die Literatuurmuseum in Den Haag na Stellenbosch bring, waar dit ’n tuiste in die universiteitsbiblioteek sal hê."
Die eerste Afrikaanse diktee en ’n spookskip se koloniale skadu
2025-10-10"’n Taaltradisie uit Nederland het nuwe lewe in Suid-Afrika gekry toe die diktee op Saterdag 4 Oktober 2025 deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in samewerking met die Nederlandse Taalunie aangebied is vir graad 10- en 11-leerders. Hierdie spellingkompetisie is geskoei op die beroemde Groot Dictee der Nederlandse Taal, wat sedert 1990 ’n kulturele instelling in Nederland en Vlaandere is."
Uitnodiging: Lesing en gesprek, Diktee vir Afrikaans op 4 Okober 2025 by SASNEV
2025-09-28Die SAVN bied die openbare lesing van die wisseldosent, Agnes Andeweg, aan op Saterdag 4 Oktober 2025. Die tweede deel van die uitnodiging is vir die Eerste Diktee vir Afrikaans op inisiatief van SASNEV se voorsitter, Jan Mutton.
Persverklaring: Eerste Diktee vir Afrikaans
2025-09-06Die eerste Diktee vir Afrikaans is vir graad 10- en 11-leerders. Die Nederlandse Taalunie stel drie groot pryse beskikbaar: R3000 vir die wenner, R2000 vir die naaswenner en R1000 vir die leerder wat derde eindig. Slegs die eerste 60 inskrywings word aanvaar, ’n maksimum van drie leerders per skool. Skryf dus onmiddellik in om teleurstelling te vermy.
Uitnodiging: Yves T'Sjoen by SASNEV
2025-08-13Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms wat in samewerking met SASNEV aangebied word.
Joan Hambidge in gesprek met Antjie Krog: Binnerym van bloed, die einde van ’n skryflewe
2025-08-03Daar is verskeie redes waarom die bekroonde digter en skrywer Antjie Krog se outobiografiese roman haar laaste boek is. Joan Hambidge het by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, Kaapstad met Krog in gesprek getree. Hiermee Jean Oosthuizen se oorsig.
Uitnodiging: Joan Hambidge in gesprek met Antjie Krog
2025-07-05Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms wat in samewerking met SASNEV aangebied word. Joan Hambidge tree in gesprek met Antjie Krog oor haar outobiografiese roman Binnerym van bloed, wat in Mei 2025 gepubliseer is.
Die vergete erfenis van Suid-Afrikaanse Nederlandse literatuur
2025-05-09"Op 26 April 2025 is die gesogte prestasieprys van die Van Ewijck Stigting tydens ’n seremonie by SASNEV in Pinelands, Kaapstad, toegeken aan Eep Francken en Olf Praamstra vir hul baanbrekende boek Geen land voor dromen: geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur. ... Die boek, wat poësie, toneel en prosa in Suid-Afrikaanse Nederlands van 1652 tot die 21ste eeu dek, word geprys vir sy noukeurige navorsing en die manier waarop dit ’n verwaarlooste faset van die Nederlandse literêre erfenis na vore bring."
Uitnodiging na die bekendstelling van Wilma Stockenström: met my wysvingertop
2025-04-29Die SA Akademie en SASNEV nooi u vriendelik na die bekendstelling in Kaapstad van Ronel Foster (redadkteur) se boek Wilma Stockenström: met my wysvingertop. Dit is die sewentiende titel in die SA Akademie se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners.
Persverklaring: ’n Uitnodiging na Geen land voor dromen – prestasieprys van die Van Ewijck Stigting by SASNEV 26 April 2025
2025-04-17Op Saterdag 26 April om 11:00 word die prestasieprys van die Van Ewijck Stigting in die Kleine Zaal van ZASNEV (Huis der Nederlanden), Pinelands oorhandig aan Eep Francken en Olf Praamstra vir hul boek Geen land voor dromen, geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur.
Bekendstelling van Max Havelaar: Jaap Goedegebuure in gesprek met Ena Jansen
2025-02-21Die bekendstelling van die Afrikaanse vertaling van die monumentale roman Max Havelaar deur Multatuli (die skuilnaam van Eduard Douwes Dekker) het verlede Saterdag by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, Kaapstad plaasgevind. Hierdie roman, wat deur Ena Jansen in Afrikaans vertaal is, is waarskynlik die bekendste Nederlandse boek ooit. Dit lewer skerp kritiek op die Nederlandse koloniale bewind in Indonesië en word as ’n vroeë meesterwerk van sosiale geregtigheid beskou.
Uitnodiging: Bekendstelling van Max Havelaar, Jaap Goedegebuure in gesprek met Ena Jansen
2025-01-22Max Havelaar word as die grootste Nederlandse roman van alle tye beskou.
Persverklaring: Die volgende Orde van den Prince-byeenkoms
2024-10-22Die spreker is Danie Visser. Die titel van sy lesing is: "Die verlede, hede, en toekoms van die Romeins-Hollandse reg".
SASNEV akademiese konferensie: Vertalings ontsluit nuwe wêrelde
2024-08-22"Die belangrikheid van vertalings in die letterkunde en die akademie is die afgelope naweek opnuut beklemtoon tydens ’n vertaalkollokwium oor Nederlands-Afrikaanse vertaling wat deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Kaapstad aangebied is."
Persverklaring: Herinnering aan die kollokwium oor vertaling Nederlands-Afrikaans op 17 Augustus 2024
2024-08-13Graag herinner ons u aan SASNEV se kollokwium wat handel oor vertaling Nederlands-Afrikaans.
Persbericht: Uitnodiging – Colloquium over vertalen Nederlands-Afrikaans
2024-07-31Ook voor SASNEV werd een nieuwe wereld geopend toen we, samen met de Nederlandse Bibliotheek Kaapstad, nog niet zo lang geleden, met onze vertaalcollectie begonnen, de wereld van het vertaalde boek, met weer andere horizons die geopend worden.
Persverklaring: Uitnodiging – Kollokwium oor vertaling tussen Nederlands en Afrikaans
2024-07-31’n Nuwe wêreld het ook vir SASNEV oopgegaan toe ons en ons vennoot, die Nederlandse Bibliotheek Kaapstad, nie so lank gelede nie ons vertaalversameling begin het en die wêreld van die vertaalde boek met nóg meer horisonne opgemaak is.
Persverklaring: Die Orde van den Prince en die gebroeders van Lymborch
2024-06-07Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms op Saterdag 8 Junie 2024.
Persverklaring: ’n Spesiale uitnodiging
2024-05-28Dit is een van daardie lekker kultuurdae by SASNEV wat jy nie wil misloop nie, met ’n vintage-mark, Nederlandse lekkernye te koop en ’n happie en glasie na afloop van die gesprek.
Persverklaring: Yves T'Sjoen in gesprek met Andries Visagie (Saterdag 25 Mei by SASNEV)
2024-05-24"Bruggenhoofden" is ’n openbare platform wat die letterkundige wisselwerking tussen Suid-Afrika en die Lae Lande ondersoek. Dit word aangebied deur SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in samewerking met Yves T’Sjoen.