Vra die veearts: Toypom se pienk lipstick

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Goeiedag

Ek het dié e-pos-adres op Google gekry. 

Ek wil net vinnig hoor wat kan ek doen rakende my toypom-hondjie wat se pienk lipstick konstant uit is en dit is al ’n ruk so.

Ek heg ’n foto hierby aan. Ek is regtig baie bekommerd. 

Enige raad sal regtig baie waardeer word.

Vriendelike groete 

Louise

 

Beste Louise

Mannetjieshonde, veral dié wat nog nie “reggemaak” (gekastreer) is nie, kan nogal gereeld so rondloop. Dit gebeur maklik wanneer hulle opgewonde raak oor iets – en dit kan oor feitlik enigiets wees, dis nie noodwendig ’n seksuele ding nie. So, negentig persent van die tyd is dit niks om oor bekommerd te wees nie. Daar is wel twee gevalle waar ’n veeartsbesoek nodig is. Hulle kan per ongeluk die sensitiewe, ontblote deel teen iets stamp en seermaak. Nes in mense, is die geslagsorgane baie sensitief, so dit kan baie seer wees! ’n Ander probleem is as die haartjies op die voorhuid per ongeluk vasgevang word wanneer die hond bedaar, wat beteken dat die punt van die penis blootgestel bly aan die lug en dan uitdroog. Dit is ongelooflik pynlik en kan baie gevaarlik wees.

So, indien jou hondjie van tyd tot tyd opgewonde raak oor die lewe, is dit nie medies gevaarlik nie, maar as hy ooit ongemaklik of seer lyk, moet hy asseblief gou veearts toe vir hulp. En indien jy dit verkies om nie daagliks te sien hoe opwindend hy die wêreld vind nie, kan jy hom laat regmaak om die gedrag te voorkom.

Groete

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Babahondjies eet klippe

Vra die veearts: Jack Russell sit in die reën

Ask the vet: Our dog licks its paws raw

Vra die veearts: Ons woefie het katgriep

Vra die veearts: Optelkatjie se been is af

Vra die veearts: Vlooimedikasie

Vra die veearts: Boerboel grom vir my

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top