Vra die veearts: Babahondjies eet klippe

  • 0

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.

***

Rozan skryf:

Goeiedag

My twee babahondjies is nou drie maande oud. Hulle is ’n boerboel-skaaphond-kruising.

Ek het ’n week of so gelede agtergekom hulle eet klippe, sluk dit in, en dan hier in vroeë oggend bring hulle dit op.

Hoe kan ek maak om hul te stop? Ek het gehoor dit is nadelig vir hulle ingewande.

Raad asseblief?

Baie dankie

Rozan 

 

Beste Rozan

Een van die eerste dinge waaraan ons dink wanneer ons hoor dat kleingoed van enige spesie klippe eet, is dat hulle dalk ’n voedingstoftekort het. Interessant genoeg, en gelukkig vir jou kroos, is dit verkeerd bewys. Klippe eet – ook bekend as pica – het geen verband met tekorte nie.

Die twee grootste oorsake in klein hondjies is speelgewoontes en wurms.

Soms leer een woef vir die ander om met klippe te speel, en hulle kan die klippe dan per ongeluk insluk. Die raad daarteen is om vir hulle lekker groot speelgoed te gee waaraan hulle kan kou sonder om stukkies in te sluk, soos ou rugby- of sokkerballe, of soortgelyke speelgoed.

Soms kan wurminfestasies die magie ongekrap laat voel en kan diertjies klippe eet om van die gevoel ontslae te raak, dus is ’n goeie ontwurmmiddel ook ’n goeie idee, net vir ingeval.

Groete

Marianne

Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.

Lees ook:

Vra die veearts: Jack Russell sit in die reën

Ask the vet: Our dog licks its paws raw

Vra die veearts: ’n Loopmagie in ’n klein hondjie

Vra die veearts: Ons woefie het katgriep

Vra die veearts: Optelkatjie se been is af

Vra die veearts: Vlooimedikasie

Vra die veearts: Boerboel grom vir my

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top